Robbie,
Ek het laas seisoen n klomp vet gevries wat aan my geskenk is.
Dit is van die geel vet wat gewoontlik op biltong is.
Twee vragies:
1) Behoort dit nog goed genoeg te wees om te gebruik?
2) Is hierdie vet geskik vir braaiwors of net vir droeewors?
Hoor graag
n "VET" vragie vir ROBBIE1
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: n "VET" vragie vir ROBBIE1
Tokolos dis nou vetterige gemors die.............
Vet is maar n bokker, hy wil nie so baie lank gevries word nie. Die beste is om dit te ontdooi in die sak waarin dit is, tot dit lekker sak is, dan maak jy die sak oop en ruik hom. As hy galserig is, gaan jy dit dadelik ruik.
Ja, jy kan dit gebruik vir boerewors en droewors, mits dit nog reg is natuurlik.
Hoop dit help.

- TOKELOS
- Hero Member

- Posts: 555
- Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm
Re: n "VET" vragie vir ROBBIE1
Dankie Robbie!
ek sal dan maar kyk of ek n snuffie in die neus kry!
ek sal dan maar kyk of ek n snuffie in die neus kry!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: n "VET" vragie vir ROBBIE1
Nee wat as hy af is sal hom duidelik ruik. Hou net die sak toe tot dit ontdooi is, en druk jou neus sommer lekker in die sak in, snuif ma eers net klein vir ingeval daar dalk fout is.