Meopta verkykers

Post Reply
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Meopta verkykers

Post by Dries101 »

Het enige een van julle dalk al Meopta verkykers in die winkels gesien erens?
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: Meopta verkykers

Post by ThinusD »

Dries het jy Zimbi se nommer? Kontak hulle dalk.
Amper seker ek het daai verkyker al daar gesien.....ek kan verkeerd wees.

Groete Thinus
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS


[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Meopta verkykers

Post by Dries101 »

Meopta meopro HD 8x42 terugevoer.

Ek het die laaste 2 maande myself in die wereld van verkykers ingeleef. Die doel was om vir my n stel te kry wat baie goed is maar binne my begroting val. Dit het natuurlik die Leica's , swaro's en die top punt Nikons' uitgesluit wat almal hier van 17-30k kos.
Die opsies wat ek na gekyk en vergelyk het was die Nikon monarch 7, Zeiss Terra, Zeiss conquest, Vangaurd endevour II Hd, Bushnell Elite, Vortex Viper en die Meopta meopro HD. Almal wissel hier tussen R5500-R13500.

My doel was om die beste bang for buck te kry.

Ek gaan nou nie in detail ingaan op cromatic abberation en al die fancy "bino lingo" wat ek oor die tyd opgetel het nie. Ek het iets gesoek wat op my gesig pas, goeie field of view het, verkieslik n metaal struktuur, goeie eye relief en beter as gemiddelde optiese vermoens het.
Van die wat vir my uitgestaan het was die Nikon 7 wat n ongelooflike filed of view het, die Vangaurd wat net n great pakket oor die algemeen is ,die Zeiss conquest en die Meopta weens hulle glas. Op die einde het ek met die Meopta's gegaan vir die volgende rede, hulle is n rapsie ligter as die Zeiss, het ook n metaal struktuur en bou kwaliteit van die twee is lig jare voor die res.
Wat wel opmerklik is en die besluit baie maklik gemaak het is dat die Zeiss R13500 kos en die Meopta kon ek by Huntex kry vir R7000. In die Vsa is daar n $100 verskil tussen die twee verkykers so huidiglik is die Meopro in suid Afrika goedkoper as wat jy hom direk in die Vsa kan koop.

Dit is duidelik dat die twee baie van dieselfde genetika deel en ek kan nie die verskil opties tussen die twee sien nie. Altwee is metaal met rubber oorgetrek en basies dieselfde grote. Die Meopta is n paar onse ligter maar as on na field of view en eye relief kyk is die twee duidelik gebou om direk met mekaar te kompiteer. En teen amper die helfte die prys glo ek die Meopta meopro HD reeks huidiglik die grootse bargain wat jy in die wereld van verkykers kan kry.
Jy gaan in my opinie 20k plus moet spandeer om beter te kry en dan praat ons nie van merkbare verbetterings nie en ons is diep in die wereld van "diminishing" returns



[IMG]//images.tapatalk-cdn.com/15/05/07 ... 97abad.jpg[/IMG]
Last edited by Dries101 on Thu May 07, 2015 3:49 pm, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Meopta verkykers

Post by Swede »

Daai Meoptas is maar puik produkte, kom hulle net in groen(ek dink), of swart ook. Baie geluk hulle gaan jou nog baie baie jare se gebruik gee ;D
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Meopta verkykers

Post by Dries101 »

Hi Swede so ver ek weet kom die meopro hd's net in groen. En baie dankie- hulle het reeds hul eerste jagtog agter die rug.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Post Reply