Semi Auto ladings?

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Semi Auto ladings?

Post by tau »

More Manne.

Hoe laai julle manne vir die AR's ens. Kan standaard .223 ladings die aksie laat cycle?

Koeel keuse vir die 1"9 groef lope?

Ek sal graag 55gr V-max of so iet wil skiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

Standaard 223 ladings kan moontlik te warm wees.

in 'n 1 in 9" twist sal jy gemaklik enige van die loodkern koeëls onder 70gr kan skiet. Ek beoog om die 77gr Nosler Custom Competition 'n go te gee en my loop is ook 'n 9 tiwst.
Die 77gr het maar 'n kort ogief en is bv. nie so lank soos die 75gr A-Max nie. Applied Ballistics wys dat die 77gr sal stabiliseer so ek sal maar kyk.

Wat is jou loop se lengte?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tau »

16" loop.

https://www.stagarms.com/model-3/

Die outjie.
Last edited by tau on Thu May 07, 2015 9:25 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

dan behoort jy 'n 55gr hier naby 2900 fps te kan gooi

Ek het 'n klompie 55gr PMP FMJ rondtes gekoop om te sien hoe warm fabrieks ammo is en dit as benchmark te gebruik.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tau »

Sal hy hom stabiliseer in die 1:9 twist?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

watse koeël?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tau »

55gr v-max
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

Die 9 twist sal beslis die 55gr stabiliseer
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tau »

Dankie.

Sien Nosler 55gr BT is nou R990/250 R3.96 per koeel. Dink ek sal graag hulle wil skiet. "n Brass catcher sal ook 'n moet wees.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Semi Auto ladings?

Post by LoopSoosStroop »

Hier is wat ek al gechrony het uit my 18" Mini-14. Hy het 'n 1 in 10" groefdraai loop en 5.56 kamer.

PMP .223 55 gr FMJBT (bruin boks) - 3070 fps

PMP weermag 5.56 55 gr FMJBT rontes - 3183 fps

70 gr CMJ met 22 gr S 321 - 2461 fps

70 gr CMJ met 24 gr S 321 - 2771 fps

55 gr CMJ met 24 gr S 321 - 2838 fps

1 in 9 behoort seker tot by die 70 greiners te stabiliseer? Dalk bietjie stadig. Def die 55, die LM4's met 1 in 12" in ontwerp vir die 55 greiners.

As jy jouself baie pyn wil spaar laat die kamer ream tot 5.56 indien hy nie reeds is nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Semi Auto ladings?

Post by LoopSoosStroop »

Al daardie ladings sal 'n AR cycle.

Daar is baie bewerings dat die Somchem tabel te warm is vir die swaarder 70 gr koeels en S321, met ouens wat al gewere beskadig het.

Wees maar versigtig en gebruik 'n chrony.

Ek het nog geen jacketed patrone gelaai nie, net CMJs, maar 24 gr S321 behoort lekker te werk agter 'n 55 gr jacketed koeel.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

LSS, laai julle ouens net om te faktor of kyk julle ook na akuraatheid?
Wat is jou oorwegings as jy laai?

Dit is maar iets waaroor ek wonder.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tripodmvr »

Tau, daar was onlangs baie besprekings op Gunsite rakende AR ladings. My raad is wees konserwatief en moet nie geweerladings sommer gebruik nie. Lyk asof 20gr S321 'n veilige vertrekpunt is. Iemand het rapporteer van 3 slotte van verskillende make wat beskadig is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tau »

Dankie Oom Marius.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Semi Auto ladings?

Post by LoopSoosStroop »

Arnold wrote:LSS, laai julle ouens net om te faktor of kyk julle ook na akuraatheid?
Wat is jou oorwegings as jy laai?

Dit is maar iets waaroor ek wonder.
Arnold, ek laai vir High Power Rifle skiet en plinking, so al wat ek wil he is is om en by 4 MOA en betroubaarheid, en dit kry ek beide reg met die CMJ's en S321.

My Mini wil bietjie warmer gelaai wees as meeste AR's om lekker te cycle. Mini's is elkgeval nie so akkuraat nie, gaan def nie 1 MOA groepe skiet met die oopvisiere nie.

Ek is nie eers seker wat factor is vir .223 nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Semi Auto ladings?

Post by LoopSoosStroop »

Wou maar net my data gee sodat julle 'n idee het van die snelhede deur 'n semi. As gevolg van die gas wat afgelei word vir die aksie sal dit altyd bietjie laer wees as vir 'n slot aksie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

Dankie LSS

Die invloed van die gas wat afgelei word is vir my 'n groot vraag en dit sal interessant wees om die effek te toets met 'n verstelbare gasblok ...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tripodmvr »

Die Ruger is 'n kwaliteit vuurwapen. Die spoed van die PMP uit 'n 18 duim loop sal my bekommer. Ek kry 3300vps uit my 24 duim Howa met bruin boks ammo - die druk is hoog want ek kry gepriemde slagdoppe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Semi Auto ladings?

Post by LoopSoosStroop »

Arnold wrote: Die invloed van die gas wat afgelei word is vir my 'n groot vraag en dit sal interessant wees om die effek te toets met 'n verstelbare gasblok ...
Ek het al die 24 gr S321 met 70 gr CMJ lading geskiet met my gasblok gesluit (hy is verstelbaar). Ongelukkig het die koeels gedisintegreer, jackets gestrip etc, 'n stuk het selfs my chrony getref (gelukkig oorleef). So die spoed was sodanig meer dat dit bo die koeels se ontwerps perk gegaan het in 'n 1 in 10" loop. Was nie meetbaar nie, het snaakse lesings gekry. Scary.

Sal dit weer eendag probeer met 'n laer lading of met van die jacketed goed.
tripodmvr wrote:Die Ruger is 'n kwaliteit vuurwapen. Die spoed van die PMP uit 'n 18 duim loop sal my bekommer. Ek kry 3300vps uit my 24 duim Howa met bruin boks ammo - die druk is hoog want ek kry gepriemde slagdoppe.
Geen druk tekens by my nie, maar sal hul liefs nie skiet met gasblok toe nie. Ek weet nie of maksimum druk voor of na die gas gaatjie geberu nie, dit sal seker vir mens baie kon vertel.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

Maksimum druk gebeur binne die eerste 2" van wat die koeël beweeg, so lank voor die gasblok.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Semi Auto ladings?

Post by LoopSoosStroop »

Arnold wrote:Maksimum druk gebeur binne die eerste 2" van wat die koeël beweeg, so lank voor die gasblok.
Ok, in daardie geval gaan die gas aksie geen effek he oor hoe en waneer druk tekens voorkom nie, maar wel op die trompsnelheid.

Sal bietjie weer die toets doen as ek by die baan uitkom.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

Jip, dit is my redenasie ook en daarom kan mens nie n semi-auto se spoed met druk vergelyk as jy QL gebruik nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tripodmvr »

Die verskil in spoed tussen gas oop en toe sal ek ook graag wil weet. Stroop, ons wag in spanning.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by Arnold »

Ek kon uiteindelik ook 'n lading toets

69gr Nosler CC en 24gr S321 gee 2800 fps uit my 16" loop.
Hierdie is warm en ek kan ejector merke op die doppe sien, volgens QL speel ek rondom 60k PSI.
Die groepering wat ek geskiet het was aanvaarbaar vir my, vinnig oor die bakkie se bonnet met 'n 6x vergroting scope
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/Colt%20AR6721/20160915_112136.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/Colt%20AR6721/20160820_124441.jpg

Die 55gr PMP bruin boks FMJ gee my so +-2875fps met swak groepe
Met S335 wat ek probeer het saam met die 77gr Noslers het ek baie lae spoed gekry teenoor QL, S321 was nie so vêr af nie.

Wil nog beter toets vir groepe so het 'n groter scope opgesit.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/Colt%20AR6721/20160913_195145.jpg
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Semi Auto ladings?

Post by tau »

So Arnold deel bietjie meer info en ondervinding. Ek het nou dies en 200 x Sierra 55gr Gamekings en 100 x 49gr Kriek L1 koeels om te toets as ek eers my PMP en Sako ammo uitgeskiet het.

So ek gaan begin met 20gr S321 vir di 55gr koeels. Waar begin ek met die 69gr krieke?

Dankie
Last edited by tau on Thu Oct 20, 2016 7:26 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply