algemene jakkals vra
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Yalair
Sal baie graag daai tweede foto sien
Sal baie graag daai tweede foto sien
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: algemene jakkals vra
Oom Ben,
Help my reg, maar ek sien 'n voël op die draad sit. Waar is die jakkals in die foto?
Help my reg, maar ek sien 'n voël op die draad sit. Waar is die jakkals in die foto?
Goed, beter, 6millimeter!
-
Chuck
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am
Re: algemene jakkals vra
Goeie naand manne. Ek het vanaand gaan roep- skaars begin toe wals 'n kat dood luiters verby. Nadat ek hom geskiet het, het ek vir 'n rukkie stil gesit voor ek weer begin roep het. Op 18 min begin ek weer roep- 'n jakkals kom in gestorm en ek skiet die reun. Ek het dadelik rond gelig na die skoot en tel toe sy maat se oë op, maar toe die lig op haar val toe is sy weg. Ek het besluit om nie verder te roep nie en eerder stil gesit vir so 40 min. Nou my vraag is, moes ek aan gehou het met roep? Sal dit verkeerd wees om 'n dagroep in te werk so na 2-3 dae?
Groete,
Chuck
Groete,
Chuck
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: algemene jakkals vra
chuck ek dink jyt als reg gedoen.ek sou dalk net na n halfuur wat jy net gesit en lig het na n ander staanplek geskuif het en n enkel jakkals roep gegooi het.ek sou binne 2dae weer n aandroep gaan doen in dieselfde omgewing net van n ander staanplek af met n aleen jak klankChuck wrote:Goeie naand manne. Ek het vanaand gaan roep- skaars begin toe wals 'n kat dood luiters verby. Nadat ek hom geskiet het, het ek vir 'n rukkie stil gesit voor ek weer begin roep het. Op 18 min begin ek weer roep- 'n jakkals kom in gestorm en ek skiet die reun. Ek het dadelik rond gelig na die skoot en tel toe sy maat se oë op, maar toe die lig op haar val toe is sy weg. Ek het besluit om nie verder te roep nie en eerder stil gesit vir so 40 min. Nou my vraag is, moes ek aan gehou het met roep? Sal dit verkeerd wees om 'n dagroep in te werk so na 2-3 dae?
Groete,
Chuck
-
Chuck
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am
Re: algemene jakkals vra
Baie dankie vir die terugvoer Johans. Die enigste rede hoekom ek nie gisteraand verder wou roep nie is oor ek skrikkerig was dat sy die lig sou wou vermy na die skoot. Wat sal jy aanbeveel as ek weer uitgaan- net 'n enkel klank met dalk 'n kombinasie baklei of kan ek 'n kossie hier en daar in bring?
Groete
Groete
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: algemene jakkals vra
Ek sou moreaand ander staanplek soek en Paljas Sukimaat speel. As sy antwoord, iets soos KatJak Spitskop of KatJak Ratelfontein speel.
Sterkte!
Sterkte!
Goed, beter, 6millimeter!
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
-
Chuck
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am
Re: algemene jakkals vra
Dankie Geno, ek het ook Sukimaat ingedagte gehad. Nog nie geleentheid gekry om dit te probeer nie, so hierdie is die ideale kans!
Baie dankie vir die raad manne, mooi aand!!
Baie dankie vir die raad manne, mooi aand!!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
As jy nou lekker tips wil vang om hoe jakkalse te skiet gaan na jou pc maak koffie en maak die deur toe en begin by bladsy 1 van Taffie:TafjakTips en vrae en begin lees Ek het laas week begin en trek nou op bl 60 en dit het defnitief die naweek baie gehelp dinge begin nou sense maak as jy daar in die veld is Ek kan dit defnitief aanbeveel.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: algemene jakkals vra
Nico..
Baie goeie voorstel.....net jammer meeste van ons soek n kitsoplossing en stel nie belang om bq effort in te sit nie......
Mooi loop
Francois
Baie goeie voorstel.....net jammer meeste van ons soek n kitsoplossing en stel nie belang om bq effort in te sit nie......
Mooi loop
Francois
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: algemene jakkals vra
Nico
Wou vir jou sê ek het 'n opsomming van al daai blaaie gemaak ma jy is nou al so ver en lees so lekker dat jy dit ma net so wel kan klaar maak!
Wou vir jou sê ek het 'n opsomming van al daai blaaie gemaak ma jy is nou al so ver en lees so lekker dat jy dit ma net so wel kan klaar maak!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Dinsdag oggend toe my Baas by die kantoor kom toe vra hy vir my ek moet een aand na sy plaas toe gaan, hy't weer twee bokkies verloor. Die rooikatte vang hom nou bankrot, maar as ek 'n jakkals kry moet ek skiet.musgrave270 wrote:Vanoggend kom my baas by die werk aan met 'n vanghok agter op sy bakkie. Hy't 'n landbou student wat hom op sy plaas help, die stop ook daar en vra hom toe wat aangaan. Nee sê hy, rooikat het weer 'n boerbok gevang.
Ek praat met die baas om nou meer uit te vind. Die bokke slaap snags in 'n kraal, bedags wei die bokke in die randte. Dus vang iets die bokke bedags in die randte. Ek was nog nie op die plaas nie maar mens kan blykbaar nie met 'n voertuig inkom nie.
Volgens hom kan dit nie die jakkalse wees nie want die skape word in die dag gevang, so hy glo dit kan net 'n rooikat wees. Maar, teen die tyd wat die werkers die karkas kry het die jakkalse die bene al skoon gevreet, so hul kan ook nie 100% seker wees dat dit nie 'n jakkals is nie.
Ander snaakse ding wat hy vertel is, is dat die karkas rondgesleep word. By een plek onder deur die draad.
Ongelukkig is hy een van die boere wat glo dat as jy die dominante jakkals skiet dan kom die ander in die gebied in, en aangesien " dit nie 'n jakkals kan wees nie want jakkalse vang nie in die dag nie", wil hy nie regtig die jakkalse laat skiet nie.
Jakkalse vang mos dag en nag, en aangesien die bokke snags in 'n kraal staan sal hy mos in die dag ook vang, veral as die bokke op sy voorstoep kom wei.
Maar, vang rooikatte in die dag?
Jakkalse sal mos nie die karkas onder deur 'n draad sleep nie? Is dit nie meer rooikat se manier nie?
Niemand kan op die stadium vir my sê wat die skuldige is nie ,aangesien hul te laat op die karkas afkom.
My baas is 'n professionele naweek boer en is maar afhanklik van sy werkers op die plaas, en hulle kan nie veel sê oor spore nie. Hul kan wel die jakkals spore uitken by die oorblywende bene.
My indruk is dat jakkals hier die skuldige een is, aangesien ek nie weet van rooikatte wat in die dag vang nie.
sal graag wil hoor wat julle dink.
Groete
Ruan
Gisteraand kry ek toe die kans om te gaan. Ek skiet toe 3 jakkalse in die kamp waar sy bokke loop, 4e een het wind gewerk voordat ek kon skiet. Al 3 was tewe gewees.
Die pad na sy plaas toe loop deur twee ander plase. Oppad uit ry ek 'n groep van 5 jakkalse raak in die buurman se grond. Ek het toe nie toestemming om daar te skiet nie, toe los ek maar, maar is dit normaal vir jakkalse om die tyd van die jaar nog so saam te loop? of is dit nie ongesiens nie?
Groete
Ruan
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Net waar jakkalse baie is. Sien dit nie sommer nou op plase waar getalle effektief beheer word nie.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Oom Louis
Soos ek vanoggend van my baas verstaan is die meeste plase om hom BEE boere. So dit op sy eie verduidelik dan vir my baie.
Soos ek vanoggend van my baas verstaan is die meeste plase om hom BEE boere. So dit op sy eie verduidelik dan vir my baie.
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: algemene jakkals vra
Last night I got a male to come in, up wind. He then started working the wind so I put the lamb on for short burst, it got him to turn and all was looking good. All of a sudden he turned away and was off at a steady pace, not rushing.
With the moon as it is, could he have seen a reflection or seen the bakkie / me, or is it a jackal that knows the light or possibly something else as he was still up wind of me?
He got a Texas heart shot for his trouble.
With the moon as it is, could he have seen a reflection or seen the bakkie / me, or is it a jackal that knows the light or possibly something else as he was still up wind of me?
He got a Texas heart shot for his trouble.
