500m Groeperings 7x64

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

500m Groeperings 7x64

Post by fanie.myburgh »

Halo Manne.

Hierdie is my 1ste probeerslag op 500m met my CZ 550 Lux 7x64, 162gr SST teen 2765fps.

Die wit was so week terug 4 skote 1ste een was links op die kant toe het ek gestel en 3 geskiet.
Die rooi was my broer met my geweer die naweek en die groen myne van die naweek.

My geweer het 'n Nikon 5-20x44 scope op en ekt 11.3 MOA gestel vir afstand.

Is dit n aanvaarbare groepering vir 500m vir jag? Ek wil nie somer oor 400m skiet nie, maar as 'n ou n kwesbok het wat net ver wil staan, dan wil ek vertoue he om n skoot tevat.

Groete
Fanie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by Gawie(13mm) »

Jy is darem nou besig om fyn te brag maat. ;D

Ek ken manne wat sukkel om daai klas groepe op 300m te skiet.

Jy kan maar aanlê op daai kwes bokkie. Ek dink nie hy gaan ver nie. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by joe rocket »

Ek dink daai is n dooie bok mooi gegooi!
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by Carl »

Fanie, het jy vir die middel gat gemik ;) Baie mooi geskiet, veral met die standaard jag geweer.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by Gawie(13mm) »

Carl wrote:Fanie, het jy vir die middel gat gemik ;)
Ja. Kan jy nie sien die ander twee groen ghoenne is daar deur nie? >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by fanie.myburgh »

Gawie ek brag glad nie ek het net nog nooit meer as 1 skoot so ver n gong raak geskiet nie, dis hkm ek vra. Carl ek is maar net wens daar was een in die middel gat deur.

Gawie, kan mens n afleiding maak oor die vertikale groepering of is dit reg so?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by Gawie(13mm) »

Fanie, ek neem aan julle het oor twee poot geskiet?

Die "laai" van die twee poot om konstante druk op die skiet platform te kry is belangrik. Indien die verspreiding horisontaal was sou ek sê dat jy na die kantel van die geweer moet kyk.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: 500m Groeperings 7x64

Post by fanie.myburgh »

Ja, van n bipod afgeskiet. Baie dankie Gawie. Ek sal nog vir my n Bubble level kry... Ek sal bietjie moet konsentreer op die "laai" van die bipod as ek weer skiet.
Post Reply