Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Dag mense
Eks seker hierdie onderwerp is alreeds iewers bespreek en julle kan verwys daarna vir verdere inligting. Ek wil graag hê mense met ondervinding, asook mense wat wil bylas of saamgesels moet graag hulle voorkeuse en opinies gee vir scope spes vir lang afstand papier skiet:
1) MRad of MOA en
2) 1st FP of 2nd FP en
3) jou rede staaf asook ondervinding
Ons is almal meestal geneigd (soos my kennis strek) om MOA scopes te koop weens die internasionale taal, alhoewel ons meestal in metrics werk en nie imperials nie. Hoe vergelyk die 1st en 2nd FP as dit kom by langafstand teiken skiet?
Ek het geen ondervinding in MRad en 1st FP nie, maar julle opinies kan my moontlik help op keuse vir n scope wat ek wil koop vir 'n 6.5x47L wat huidiglik gebou word. Ek wil neig na MRad en 1st FP, maar wil eers sien wat mense sê.
Sien uit om te hoor....
Groetnis

Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Finfan ek reken jy neig reg. Makliker somme.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Die probleem wat party ouens het met 1stFP is die kruishaar wat partykeer te dik raak.
MOA werk vir my beter met my Bilistic calculator.

- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Finfan ek dink jy kan interne verstellimg ook op daai lys van jou sit as dit n langafstand scope moet wees.
Ek het so maand terug ook met daai besluit gesit en toe vir my die Kahles K624i gekoop.
Hy werk met MRad en is FFP so hy het al die regte boksies getik en kom ook op my 6.5x47 L. Ek het nog nooit n probleem gehad om met MOA te werk nie maar ek dink ook maar in metric so ek glo ek gaan lekker reg kom met die scope.
Ek het so maand terug ook met daai besluit gesit en toe vir my die Kahles K624i gekoop.
Hy werk met MRad en is FFP so hy het al die regte boksies getik en kom ook op my 6.5x47 L. Ek het nog nooit n probleem gehad om met MOA te werk nie maar ek dink ook maar in metric so ek glo ek gaan lekker reg kom met die scope.
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Een ding wat my ook getrek het na MRad toe is dat as jou app vir jou se 22 cliks weet jy dit is 2.2 MRad. Dit is dus maklik om op die scope se turret ook te sien.
Met MOA sal 22 clicks (.25 MOA per click) 5.5 MOA wees so ek glo dis net makliker om nie n fout te maak nie.
Dit is maar eintlik baie simpel maar ek glo dit kan help as jy vinnig moet dial.

- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Ek lees my click op Strelok en dial daarvolgens. Werk mooi
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Haan, ek het my app se setting so gestel dat hy beide moa en clicks gee. Ek verstel dan net in moa volgens die merke op die teleskoop se turret.
Ek dink die belangrikste is om alles dieselfde te hou. Kies een eenheid en hou daarby. Dit is natuurlik belangrik dat jou teleskoop se kruishaar en sy verstellings in dieselfde eenheid is.

Aim small, miss small
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Eugene ek het ook my app so gestel maar het myself altyd gekry dat ek die clicks ook tel net om seker te maak.
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Baie dankie vir die terugvoering sover. Haan, lyk my jy was presies in dieselfde boodjie! Ek wil ook neig in die MRad en FFP rigting, net bang dis dalk n duur besluit wat my later gaan inhaal. Ek lees nog.
Groetnis
Groetnis
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Finfan ja dis maar n moeilike een ek het maar my oe toe geknyp en klaar gekoop.
As dit by ver skiet kom glo ek dat die FFP baie handig in kom as jy die reticle ook gebruik om skote te "track" en vir iemand wil spot.
As dit by ver skiet kom glo ek dat die FFP baie handig in kom as jy die reticle ook gebruik om skote te "track" en vir iemand wil spot.
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Dis hoe ek hom ook lees. Ek sal seker net moet seker maak eers hoe fyn die kruishaar op langer afstande is, voordat ek vasmaak! Maar ek dink ek is al redelik oortuig wat ek moet doen. Dankie vir jou insette.
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
My beskeie opinie:
As jy dink in Jaart en Duime, sal MOA verstellings en "recticule" merke makliker werk.
As jy dink in meters, dan is die MRAD / Mils (milliradiaal) die makliker opsie.
My persoonlike voorkeur is 'n FFP "recticle" van die "krismisboom" soort (Horus H..., Vortex EBR-3C ens.) in MRAD en bypassende "turrets".
Die rede vir die keuse is as volg:
'n Milliradiaal, is 'n hoek met 'n verhouding van 1/1000. (teenoorstaande sy / skuins sy). Die oorspronklike rede vir die gebruik van mils op "recticules" was vir afstandskat. Die afstandskat formule is baie eenvoudig: Teikengrootte (in mm) / Mils = Afstand (in m). Wat kan nou makliker wees? Vir die selfde prosedure met MOA het jy 'n korreksiefaktor en sompompie nodig.
Ek wil graag dieselfde eenhede op die "recticule" en die "turrets" hê, sodat ek my korreksies kan maak waar ek wil. Die 2 kan ook sommer bymekaar getel word vir ekstra lang skote.
Hierdie opstelling is vinniger vir lang skote, maar natuurlik kan jy maklik deurmekaar raak met die besige prentjie op kort afstande.
Die FFP maak dat die kalibrasies op alle vergrotings werk. Jy kan dus jou vergroting aanpas vir swak lig, mirage of wat ookal, en die kalibrasie bly konstant. Een ding minder wat jy hoef te kontroleer.

Last edited by Alwin on Tue Sep 08, 2015 9:08 pm, edited 1 time in total.
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Alwin
Baie dankie vir jou breedvoerige en insiggewende opinie. Dit maak vir my sin en steun in die rigting waarna ek kyk.
Baie dankie
Baie dankie vir jou breedvoerige en insiggewende opinie. Dit maak vir my sin en steun in die rigting waarna ek kyk.
Baie dankie
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Finfan
As jy wil kompeterend langafstand teikenskiet doen (lees F-klas Bisley), dan is MOA en 2nd FFP die antwoord.
Daar word op bekende afstande geskiet, jy het nie nodig om afstand te skat nie (jy het in elk geval seker 'n rangefinder?), en in spanskiet verband "lees" alle ervare windafrigters die wind in terme van MOA. Klein reticles help ook om presies te korrel.
Besluit wat is jou aanwending, kies dan daarvolgens.

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Finfan
Hierdie is 'n interessante onderwerp en menings kan baie uiteenlopend wees. Ek ondersteun egter Schalk se mening hierbo.
Gaan kyk eers deur 'n FFP teleskoop en verstel die vergroting en kyk of die effek daarvan op die kruisdraad vir jou aanvaarbaar is. Hoe groter die teleskoop se zoom bestek is (4x of meer), hoe groter word die probleem met die kruisdraad. MilRad verstellings is ook te grof vir baie skuts, 1 kliek verstel 1cm op 100m teenoor die 7.28mm van 1/4 MOA. Wees egter ook versigtig vir 1/8 MOA verstellings, ek het al baie gesien hoe my skietmaats deurmekaar raak veral wanneer daar meer as 1 rotasie verstel moet word. Daar is goeie redes waarom 2ndFP teleskope met 1/4MOA verstellings die algemene standaard is.
By militêre/ polisie skerpskutter toepassings waar daar standaard gewere (Bv 308 met 168gr match koeëls) gebruik word, maak FFP teleskope met "Krismisboom" kruisdrade spesifiek vir die betriokke kaliber en koeël ontwerp, baie sin - die kruisdraad is dan vir alle vergrotings korrek om mee af te mik. Waar jy egter vir siviele gebruik met verskillende koeëls en trompsnelhede werk en van laser afstandmeters gebruik kan maak, raak so 'n vaste opstelling 'n probleem en is dit beter om die zoom te kan verstel om die kruisdraad by jou trajek te laat aanpas, of om die turrets te verstel.
Ek was onlangs betrokke by die ontwerp van 'n kruisdraad vir die nuwe Lynx sport teleskoop (5-30 met 34mm buis) wat in Julie op die mark gaan kom en al die aspekte waarmee Finfan nou worstel, is oorweeg. Na alles oorweeg is en die groter bruikbaarheid in die mark ook in ag geneem is, was my aanbeveling 2nFP, 1/4MOA turrets en 'n MOA reticle wat teen 20x vergroting gekalibreer is.

Last edited by Hercules Louw on Wed May 06, 2015 2:42 pm, edited 2 times in total.
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Schalk en Hercules
Baie dankie vir julle opinies. Dis waardevol om julle siening as ervare skutte te lees sodat ek als kan opweeg op die einde van die dag.
Groetnis
Baie dankie vir julle opinies. Dis waardevol om julle siening as ervare skutte te lees sodat ek als kan opweeg op die einde van die dag.
Groetnis
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Finfan
Nog iets wat my opgeval het, toe ek laas 'n langafstand teleskoop gesoek het: Teleskope wat in MOA werk (soos meeste van my eie) stel gewoonlik 0,25 MOA per click, en 1 MOA per 4 clicks (1/8 MOA click modelle uitgesluit.) Volgens my algebra is 1 MOA ongeveer 27mm op 100 jaart en 29,1mm op 100m. Dus moet 1 click jou 7,3mm gee op 100m. (Sin 1/60 x 100 000 = 29.08882) Daar is 'n vangplek met die berekening, aangesien die aantal syfers na die desimaal 'n aansienlike verskil kan maak aan die antwoord. Dis 'n baie klein hoek. Daarom kry jy verskillende werklike verstellings op verskillende teleskope. Net die bestes gee regtig 1 MOA op die teiken. Baie is net benaderd en spesifiseer sommer 1 duim (25,4mm). Dit maak akkurate verstellings, wat dood-noodsaaklik is op lang afstande, 'n pyn.
Voeg daarby dat SFP telekope net op 1 spesifieke vergroting gekalibreer is, en daardie vergroting nie noodwendig 'n akkurate merk op die verstellingsring het nie. Daar is dus by sommige modelle heelwat raaiwerk ter sprake.
Ek vermoed dat die ontwerpers van hierdie teleskope, en hulle konsultante, meer op bekende afstande skiet en 'n sekere "kultuur" gewoond is. Hulle mag wel goed wees daarmee en regkom met daardie tipe toerusting. Ek is dalk net te lui om so veel te sukkel...
My toepassing, wat my denkwyse behoort te dikteer, is probleem-bobbejane in die veld. Ek werk dus in heeltemal ander omstandighede as bv. 'n F-klas skut.
Ek hou ook byvoorbeeld van "recticules" wat in afstande gekalibreer is, soos bv. Leupold se "varmint hunter" en B&C modelle. Tot op ongeveer 500m, in bekende atmosferiese omstandighede, met gekalibreerde ammunisie en vergroting, werk hulle goed. Hulle voordeel is dat hulle die trajek-berekeninge klaar gedoen het. Daarna (verder) is hulle te "middelmatig" om fyn verstellings te akkomodeer en verby 1000m val hulle almal uit die bus uit...
Uiteindelik moet jy 'n sisteem kies, waar jou teleskoop, aftstandmeter, windmeter, weerstasie en ballistiese rekenaar die selfde taal praat. Daarna is dit net die moer agter die sneller wat nog reg gestel moet word.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Alwin, jou redenasie van akurate verstelling op scopes is ook van toepassing op scopes wat in 0.1 MRad stel. Goeie scopes het min afwyking en indien daar afwyking is is dit konstant en daarvoor kan gekompenseer word ...
Hold over reticles is van min waarde, soos jy noem, en moet liefs vermy word indien hulle vir sekere kalibers en kondisies gekalibreer is.
Ek skiet al lank met n 2FP scope. Ek stel in MOA, doen afstande in meters, temperatuur in Celsius en windspoed in mph ... my sagteware neem al hierdie eenhede in ag. Julle wat so een eenheid stelsel voorskryf, hoeveel van julle doen die berekeninge self vanaf n formule?
FFP is nice as jy in sekere kondisies op ander vergrotings skiet maar jou toepassing moet baie spesifiek wees om regtig die finansiële implikasie te regverdig.
Elke ou het seker maar sy eie opinie ...

Last edited by Arnold on Wed Sep 09, 2015 6:00 am, edited 1 time in total.
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Dankie vir almal se opinies en ervarings. Word opreg waardeer!
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
-
jjmare
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Daar is baie verkeerde info daar buite - moenie alles glo wat jy op die net lees nie. Soos bv dat Mils "metric" is en dat jy in meters moet begin skiet of dat jy in duime dink en daarom MOA verkies - die meeste ouens wat dit vir jou se weet nie eintlik waaroor hulle praat nie... Beide MOA en Mils is "angular measurements" en MOET so aangewend word.
Mils is NIE metric NIE en MOA is NIE imperial NIE.
Die probleem het gekom toe ons die stelsels begin meng het - MOA verstellings met n MILDOT reticle. Chaos volg met sakrekenaars en ballistiese rekenaars wat nodig geword het om n skoot te skiet - sg.
"firing solutions" word deur n app uitgeskop en al wat jy hoef te doen is stel en skiet die skoot (ekke weet daar is meer tot die prentjie).
Ons kan natuurlik die waardes vir MRAD/ true MOA en shooter MOA (IPHY) neer pen maar dit word gewoonlik verwar en maak alles deurmekaar. So hier is waaroor dit eintlik gaan:
MRAD is n "Base 10" sisteem - betekende dat alle afmetings in inkremente van tiendes van n hele syfer gemaak word bv 1.1, 1.2, 1.3 ensevoorts
MOA gebruik n "fractional" sisteem en daar is teleskope wat stel in 1/8 MOA, 1/4 MOA en selfs in 1/2MOA.
As jy hulle wil vergelyk is 0.1 MRAD naastenby gelyk aan 1/3MOA.
Soos alles in die lewe gaan dit hier oor persoonlike voorkeur. So sal n Benchrest skut verkies dat sy teleskoop in 1/8 MOA verstel om sy POI presies te kan verstel waar n "tactical" skut eerder MRAD sal verkies omdat dit makliker verstel en ook makliker is om te gebruik oor n wye verskeidenheid groote teikens en afstande. Wat jy ook al doen moet asb net nie die kruishaar in een stelsel en die teleskoop in n ander afmeting kies nie. Hou ook op om "clicks' te stel (tel) en moenie jou trajek in duime of sentimeters visualiseer nie. Afstand na teikens word linear gemeet omdat dit n "line-of-sight" kwessie is.
voorbeeld : n 1/4MOA verstelling op 1000yd = 2.6" en n 0.1mrad verstelling op 1000yd is 3.6" Wie van ons kan 1" hou op 1000yd? Daardie 1" verdwyn in die wind, ES velocity, skietposisie variasie, wangdruk , sneller druk, asemhaling...

Jy kan maklik jou ou "DOPE" in MOA na Mils convert deur die MOA totaal deur 3.43 te deel. die antwoord is in Mils. Dit wat jy sien gebeur in die kruishaar, verstel jy met die turrets, dit wat jy kan stel met die turrets kan jy "hold" met die kruishaar.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
jjmare, jy het my nou ook bietjie dronk gepraat maat.
Ek maak ook soos Arnold hierbo. Ek meet die afstand in meter. Meet die wind in mph. Die druk in hPa. Dit alles kom in my ballistiese app waarop my koeël se snelheid in vt/sek aangegee word. Die katoeter skop dan my elavasie en windskuif in MOA uit. Ek stel dan my teleskoop wat in kwart MOA/ click stel. My teleskoop se kruis haar is in Milrad afgemeet en ek gebruik dit om die ghong plate se afstand akkuraat te bepaal wanneer ons nie afstand taster mag gebruik nie.
Is julle nog by?
Wat ek eintlik wil sê is dat teleskoop vervaardigers nie miljoene dollars sal spandeer aan iets wat nie werk nie.
My eenvoudige raad is dus. Bepaal eers jou behoefte en begroting en kies dan jou teleskoop met die relevante kruishaar, vergroting en stel knoppe.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Ek stem 100% saam dat die applikasie jou besluit gaan bepaal.
Soos bo genoem, op bane waar afstande bekend is of range finders gebruik mag word en jy voldoende tyd het om jou app te werk, sal die ekstra geld nie noodwendig geregverdig wees nie soos bv bisley skiet.
Benchrest skiet sal mrad te grof wees en ffp se kruis dalk te dik.
Ek skiet hoofsaaklik veldskiete en vir my is daar nie 'n beter kombinasie as FFP, MRAD nie. Onbekende afstande kan voorwerpe maklik gerange word op enige vergroting en verstellings maklik in jou kop uitgewerk word - ja jy kan nie die afmerkings sien op 6 x vergroting nie maar as jy nodig het om 'n rooibok op 70m te range moet jy eerder.... Bygese, ek het al 200mm gonge 4 uit 5 keer raakgeskiet op 700m in die laat middag so die growwe verstelling is beslis nie onbruikbaar op langer afstande en klein teikens nie. Omdat ek dan ook die scope goed ken met die veldskiete wat jag probeer naboots, jag ek net so lekker met hom sonder om heeltyd my app te probeer raadpleeg!

Ek wil net bylas: as al die goed nie vir jou sin maak nie, skiet jy nie genoeg nie. Dit is nie negatief bedoel nie, maar slegs deur oefening en foute maak gaan jy op die regte pad kom. Ses jaar terug was alles vir my Grieks maar as jy 2000 skote 'n jaar skiet, tel jy so 'n paar dinge op langs die pad. Shit, ek besef nou net dat ek 'n geweer 'n jaar wegskiet. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
jjmare
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm
Re: Teleskoop spesifikasie voorkeuse???
Jy kan maklik jou ou "DOPE" in MOA na Mils convert deur die MOA totaal deur 3.43 te deel. die antwoord is in Mils.
Dit wat jy sien gebeur in die kruishaar, verstel jy met die turrets, dit wat jy kan stel met die turrets kan jy "hold" met die kruishaar.