Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Capt. Yoda »

Pelle van my se March, Zeiss en Leupold scopes het al so gemaak met Warne ringe.Manne by S&O het vir hul NF en Leupold ringe gegee en die problem was weg.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Swede »

Ek moet se Warne ringe is nie die maklikste ringe om mee te werk nie, die montering van hulle en scope level te kry het my baie frustreer. Ek dink hulle moet behoorlik gelap word!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Piet Breedt »

Dit is verseker Warne ringe wat die probleem veroorsaak. As jy n Warne ring vastrek op die basisse, of Piccatini rail met die onderste skroewe, en nog nie eers gevat het aan die boonste skroewe, dan druk hy al harder op die scope tube as wat die aanbevole fabrieks setting van 25lbs torque is. As jy dan die boonste skroewe nog vasdraai is jy ver oor die toelaatbare druk op die tube.

Warne ringe doen dit ook met Swarovski scopes, asook met Kahles. (Eie ondervinding).Die Duitse en Oostenryk'se scopes se toleransies is so fein binne, dat die geringste wat die tubes misvorm word deur die swak mounts, dit die werking van die paralax lense binne in belemmer. Die paralax lens beweeg in die stukkie net voor die turret, presies daar waar die meeste voorste mounts vaskom.

Ek het 2 van die HD5 5 - 25 x 50 scopes en albei is verskriklik helder en daar is nie n manier wat n VX3 naby hom kom in helderheid nie. My eerste een was ook met Warne mounts gemonteer en vandaar die ondervinding, asook op my Swarovski Z6 5 - 30 wat ek verkoop het. Nadat ek die Warnes verwyder het en gewone konvensionele ringe gebruik het, is die scopes 100% reg soos hulle moet wees.

Wouter, miskien is die toleransies binne die Leupold so groot, en is die lense so los dat die Warnes niks aan sy verstel vermoe doen nie....he...he...he

Terloops, Meopta se lense word deur Zeiss vervaardig. Dit was aan my persoonlik vertel deur Meopta se verteenwoordiger by ons skiet toets teen die Czech Rep in Czech Rep. Dit is hoekom Meopta so helder is.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Pappabeer »

Piet, dink jy dit sal n verskil maak as n mens die Warne ringe lap?

Ek self het twee ou Zeiss Conquest 3-9x40 teleskope met Warne ringe op Brno aksies en hulle werk foutloos, natuurlik sonder paralaks.

Ditto vir my 3-15x42 wat met Tikka ringe vas is. Sy paralaks is baie sensitief.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by joe rocket »

Pappabeer wrote:Piet, dink jy dit sal n verskil maak as n mens die Warne ringe lap?

Ek self het twee ou Zeiss Conquest 3-9x40 teleskope met Warne ringe op Brno aksies en hulle werk foutloos, natuurlik sonder paralaks.

Ditto vir my 3-15x42 wat met Tikka ringe vas is. Sy paralaks is baie sensitief.

Ek het ook gehoor dat warne ringe gelap moet word hoekom, weet ek nie. Miskien kan Gawie 13mm vir ons sê. Gawie kom in.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Pappabeer »

joe rocket wrote:
Pappabeer wrote:Piet, dink jy dit sal n verskil maak as n mens die Warne ringe lap?

Ek self het twee ou Zeiss Conquest 3-9x40 teleskope met Warne ringe op Brno aksies en hulle werk foutloos, natuurlik sonder paralaks.

Ditto vir my 3-15x42 wat met Tikka ringe vas is. Sy paralaks is baie sensitief.

Ek het ook gehoor dat warne ringe gelap moet word hoekom, weet ek nie. Miskien kan Gawie 13mm vir ons sê. Gawie kom in.

Omdat hulle, net soos enige ander ringe wat op twee aparte basisse gemonteer word nie altyd oplyn nie. Ek stem saam dat dit goeie praktyk is, ten minste om di lapping tool deur te hardloop, en te kyk of dit vleis afhaal. In beide my gewere se geval lyn alles mooi op, en alles werk sonder Lapping, maar dit is baie maal wel nodig.

Ek wonder egter of dit die paralaks probleem gaan aanspreek, deur die wanbelyning aan te spreek.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Piet Breedt »

Ek dink nie dit gaan help om hulle te lap nie. Dit is nie dat hy nie reg oplyn nie. Hulle doen dit tot op n piccatini rail wat onmoontlik is om skeef op te lyn. Hulle knyp heeltemal te veel toe as jy die onderste skroewe vas draai op die basisse, en dit veroorsaak die oormate druk op die buis, nog voordat jy aan die boonste skroewe vat.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Nico Harris »

Oom Piet. Daai ringe line selfs skeef op , op n rail. Dis omdat hulle die twee helftes afsonderlik maak. Ek het op twee gewere die ringe laat ream en dan lap. Probleem opgelos. Die gewere skiet ons tot op 1000yds en die paralaks werk foutloos!

Groete

Nico
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Piet Breedt »

Dankie Nico. As ek soveel moeite moet doen met ringe voor hulle werk, koop ek baie eerder ringe wat glad nie pla, uit die boks uit
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Nico Harris »

Eks met oom op daai een!!!
Post Reply