Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
karduci
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Feb 19, 2014 10:59 pm

Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by karduci »

Safari and Outdoor WP Ope 16 Mei 2015

Wanneer : Saterdag 16 Mei 2015

Waar : Goudini omgewing. Ongeveer 15km vanaf Worcester (S 33º 34” 35.66’; E 19º 19” 71’) (Kaapstad – Goudini 102km Paarl – Goudini 36km Worcester – Goudini 15km)

Tye: Registrasie: 07h00 tot 8h30. Opening 9h00 waarna kompetisie begin. Laat kommers kan slegs bane skiet waar hulle aflossing nog nie voltooi het nie. 100m en 200m inskietbaan sal oop wees vanaf 7h00 -8h30, inskiet borde sal verskaf word.

Formaat : 30 Skote (6 bane), 4 Diere papierbane, 2 Gong bane 5 Skote per baan. Aflossings word vooraftoegedeel en beweeg saam in baan orde. Geweer: Slegs een senterslag jaggeweer van enige kaliber vir totale kompetisie. Enige teleskoop. Posisies: Sit, staan of lê met hulpmiddels wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan. Hierdie kompetisie is oop vir alle skuts

Reëls: Die kompetisie sal volgens die SAJGSV reëls aangebied word en meer inligting is beskikbaar by www.sahuntingrifle.co.za . Geen rangefinders EN OF verkykers word toegelaat. Geen eie rus of dooierus hulpmiddels/toerusting sal toegelaat word nie. (Geen bi-pods toelaatbaar nie) Geweerbelde toelaatbaar wat geskik is om geweer veilig te dra en wat voor sowel as agter die snellerbeul heg.

Bring saam: Geweer,lisensie, geweersak, oormowwe, 30 patrone vir kompetisie en ekstra vir inskiet, stoel, hoed, sonbrandolie, bosluisweerder, grondseil/skietmat.

Inskrywings : Aanlyn inskrywings sluit Maandag 11 Mei 2015. Aantal skuts beperk tot 180. Moet nie laat slaap!!!

Aanlyn Inskrywing voor Dinsdag12 Mei 2015 op die web blad:
• Lede en nie lede: R300-00 Addisionele familie-lede (Gade, junior en penkoppe indien hooflid ingeskryf is): R200
• Span Kompetisie R200 per Span “Voorgee formaat” so alle spanne staan ‘n kans)

Inskrywing na Maandag 11 Mei 2015 sal op die baan gedoen moet word:
• Lede en Nie Lede: R450-00 Addisionele afhanklike familie-lede (hooflid ingeskryf): R 250-00
Bring u eie drink en eetgoed vir op die baan. Na afloop van die skiet word ‘n ete tydens die prysuitdeling aangebied. Bekostigbare gelisensieerde kontant kroeg is beskikbaar. Ondersteun die plaaslike vereeniging. Geen eie drank mag gebruik word op perseel. Additionele etes is beskikbaar teen R100-00 elk – bevestig asb. met inskrywing in die ADDISIONAL NOTES afdeling en betaal dit ekstra by die bedrag van jou inskrywing totaal.

Baie pryse terwaarde van R20,000+ te wen:
Almal staan kans om groot pryse te wen met geluks trekking. Span kompetisie met lekker pryse en ‘n “handicap” stelsel gee alle skutsspanne goeie kompiterende kans om te wen.

Besoek http://www.sahuntingrifle.co.za/article/49 vir meer besonderhede oor die Veldskiet kompetisie formaat.

Vir verdere inligting, kontak Conrad de Does, Sel 084 902 2000 by WPJSV.Entry@gmail.com of
Andre Volschenk, Sel 082 557 2497 by WPJSV.Entry@gmail.com

Veilig reis en hoop om julle daar te sien.
Last edited by karduci on Fri Apr 17, 2015 9:00 am, edited 3 times in total.
Kry die paar vriende wat jou tot die dood sal verdedig......en hou hulle.
Rem 260 Lazer
Zastava 243
38 SP
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by henning »

Wat mis ek? Hoe is die kompetisie op 16 Mei maar inskrywings voor 18 Mei?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
karduci
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Feb 19, 2014 10:59 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by karduci »

Toets net hoe goed lees julle :-[
Het dit reggestel.

Groete
Kry die paar vriende wat jou tot die dood sal verdedig......en hou hulle.
Rem 260 Lazer
Zastava 243
38 SP
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by Gerrit Visser »

Dit maak nie werklik saak wat die sluitings datum is nie, die opening van inskrywing is belangrik. Inskrywings(plek) is gewoonlik binne 14dae opgeneem, so die manne wat wil gaan skiet moenie wag nie, skryf in. Karduci en sy helpers doen hierdie jaar groot moeite om n great skiet aan te bied.
karduci
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Feb 19, 2014 10:59 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by karduci »

Hallo aan al die Veldskiet entoesiaste

Dit gaan fluks met die inskrywings vir die Jaggeweer Skiet Vereniging se Safari and Outdoor 2015 WP OPE.
Daar is nog net 12 dae voor die aanlyn inskrywings sluit en daarna gaan dit duurder begin raak om in te skryf. So moet maar nie te lank wag nie.

Daar is goeie belangstelling van reg oor die land en buiten die normale Boland en WP deelnemers is die die manne en dames op pad vanaf Noord Wes, Noord Kaap, Suid Kaap, en die Vrystaat.

As julle van daardie geweste belang stel om te kom deel neem moet julle maar hoor of daar nie saamry geleentheid is nie.

Statisties kan ons darem noem dat 50% van die jaar se Protea Skuts al klaar ingeskryf het.

Daar is vir die wat ook gelukkig voel, 'n Savage Axis geweer op die spel by 'n gelukstrekking saam met nog R20,000 se ander pryse. Die belangstelling is ook goed vir die Span skiet met die "Handicap" stelsel wat dit vir ons alledaagse skuts interessant maak om te kan kompeteer met daardie Proteas.

Besoek http://www.sahuntingrifle.co.za/article/49 om aanlyn in te skryf.

Groete en veilig reis vir die wat van ver af kom Kaap toe.
Kry die paar vriende wat jou tot die dood sal verdedig......en hou hulle.
Rem 260 Lazer
Zastava 243
38 SP
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by ruaanb »

Hoe toeskouer vriendelik is dit? Gaan nie self wil skiet maar sal graag die klong wil bring vir blootstelling om die belangstelling verder te prikkel.
karduci
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Feb 19, 2014 10:59 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by karduci »

Ruuan, daar is nou nie paviljoene nie ;D maar dit is baie interessant om saam te beweeg deur die bane en te sien wat die verskillende skuts aanvang. Daar is partykeer nogal innoverende skiet posisies wat tevoorskyn kom.

Julle sal nie saam met die skuts na vore kan gaan om die teikens te besigtig nie. Sleg die aflossing se skuts mag daar beweeg saam met baan offisiere en helpers. "Vollenteer" om teikens te help toe plak en julle kan dan seker so daar voor uit te kom >:D

Ons loop maar van baan tot baan maar daar gaan voertuie wees wat die skuts saamry geleentheid kan kry. Deelnemers en toeskouers mag nie self rond ry op die plaas nie.

Die Gong bane is natuurlik die mees aanskoulikste met onmiddellike terugvoer van sukses of teleurstelling.

Na die tyd is daar 'n vol ete by die prys uitdeling en kaartjies vir die ete kan ook bespreek word. Sal ongelukkig nie aan geluks trekking deel kan neem nie, net vir deelnemers.
Hoop jy en die klong kan die dag uit ry en saam met ons kom geniet.
Kry die paar vriende wat jou tot die dood sal verdedig......en hou hulle.
Rem 260 Lazer
Zastava 243
38 SP
karduci
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Feb 19, 2014 10:59 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by karduci »

Dankie aan almal se deelname en belangstelling in die Safari and Outdoor 2015 WP OPE

Volledige resultate is beskikbaar op http://www.SAHUNTINGRIFLE.co.za

Veelsgeluk aan Vaalseun Enslin wat as die WP OPE 2015 kampioen gekroon is.

Fotos of the event can be found on our facebook page to be found if you search "WP-Boland Veldskiet" or on the link https://www.facebook.com/wpveldskiet
Kry die paar vriende wat jou tot die dood sal verdedig......en hou hulle.
Rem 260 Lazer
Zastava 243
38 SP
User avatar
phb
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by phb »

Waar kan nie lede die resultate kry?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by Gawie(13mm) »

phb wrote:Waar kan nie lede die resultate kry?
Loer op die Facebook skakel.
Onder die fotos is die uitslae ook.
https://m.facebook.com/wpveldskiet/phot ... &source=42
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
phb
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by phb »

Dankie Gawie, daai op Facebook is net die top scores, ander vind ek nie.
karduci
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Wed Feb 19, 2014 10:59 pm

Re: Safari and Outdoor WP Ope 2015 veld skiet kompetisie

Post by karduci »

Safari and Outdoor WP OPE 2015

Dankie alma se deelname.
Ek glo die ondervinding was hard maar 'n goeie uitdagende ondervinding saam met die WP JSV veldskiet.

Ons besoekers is welkom om op die SAHUNTINGRIFLE se WEB blad in te teken deur as WEB blad besoeker in te teken by http://www.sahuntingrifle.co.za/login/1 . Daar is geen fooi of lidmaatskap nodig en dan sal julle die nuus en die resultate van al die Oper plus die ranglys daar kry.

Ek wil net ook vir almal laat weet dat die fotos van die Safari and Outdoor WP OPE 2015 is beskikbaar is by https://www.facebook.com/wpveldskiet .

Groete
Conrad
Kry die paar vriende wat jou tot die dood sal verdedig......en hou hulle.
Rem 260 Lazer
Zastava 243
38 SP
Post Reply