Lisensies

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensies

Post by Frederik »

23 Maart goedgekeur, was by DFO hy se kaartjie die week of volgende week kom ons kyk.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Lisensies

Post by NEGE3 »

Duracell wrote:
Jou lisensie is toe al goedgekeur maar jy het nog nie die kaartjie gekry nie. Indien die wapen nou by 'n handelaar lê, mag jy hom gaan haal en gebruik met die papierbewys wat die plaaslike dfo vir jou vanaf die cfr-stelsel trek wat toon dat die lisensie goedgekeur is, of moet jy wag tot jy die kaatjielisensie in jou hand het om die wapen te gaan haal by die handelaar?
Weereens 'n grys area. Somige handelaars aanvaar die print out ander weier weer en wil die fisiese lisensie sien. Daar was al blykbaar tuis gemaakte print outs in omloop. :'(
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3647
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Lisensies

Post by Fanta300 »

My geweerwinkel aanvaar die drukstuk as voldoende bewys dat jy 'n lisensie het. Maak vir my sin. Die registrasie op CFR se register tel tog meer as 'n plastiek kaartjie.

1. As die wapen op die stelsel in my naam is, dan is die handelaar mos nou onwettig in besit van my vuurwapen.
2. As ek my plastiek kaartjie verloor is ek mos nie nou skielik onwettig in besit van 'n vuurwapen nie. As ek my bestuurslisensie verloor, mag ek dan nie motor bestuur nie?
3. Aan die ander kant weet ek daar is sekere DFO's wat weier om vir jou 'n drukstuk te gee.

Bly maar 'n grys area soos Koos sê.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensies

Post by Frederik »

My kaartjie is nogsteeds nie by DFO nie maar vir die manne en dames wat wag vir kaartjies daar is seker oor 200 daar wat wag dit is nou vir Garsfontein.
bsaaiman
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:41 pm

Re: Lisensies

Post by bsaaiman »

Goeie dag

My lisensie aansoek vir 6.5 x 55 is op 27 Maart ingehandig by my plaaslike DFO (Brackenfell). Sopas eerste sms "your licence application is receiving attention at Central Firearms Register" ontvang.

So far so good so wie weet, Boeta mag dalk net met die nuwe outjie kan jag in Julie.

Bartho
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Lisensies

Post by Suikermuis »

Goeiedag almal

Verlede Vrydag (17/4) het ek n lisensie aansoek ingedien vir n 6.5x58 Portugese Mauser. Dieselfde dag het my vrou haar aansoek om bevoegdheid ingedien.

Dit is nie my eerste aansoek nie, maar dit voel of die wag al langer en swaarder raak. Ek oorweeg om te gaan vir berading of om aan te sluit by n ondersteuningsgroep soos "Lisensie Afwagtendes Anoniem".

Groete
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Lisensies

Post by JacquesT (Stompe) »

Dag Kêrels,

So vandag ry ek na die polisie stasie toe om my 243 se aansoek in te dien. Oppad soontoe bel ek sommer die CFR om te hoor hoe ver is hulle met my 308 aansoek. Hul laat weet my toe hy is gister goed gekeur. Hy was die 23ste Jan ingedien. Ek is redelik in 'n ekstase. Nou net vir die kaartjie.

Groete
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensies

Post by Frederik »

Net so update lisensie ingegee 15 Des 2014 lisensie goedgekeur 23 Maart 2015 maar ek wag nogsteeds vir my kaartjie. Die man met wie gesels het op die Cfr hulplyn het gese hy sal navraag log kom ons Kyk maar volgens hom is my kaartjie nog nie gedruk nie. :'(
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Lisensies

Post by ruaanb »

Hulle druk daai kaartjies by die provinsiale kantoor so kyk of jy iemand daar in die hande kan kry of vra jou dfo hy moet n reprint log
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensies

Post by Frederik »

Ruaan, was Woensdag by my DFO en as jy die verklarende woord van ongeskik will sien dan moet jy net bietjie probeer om iets te vra. Hy is ook die persoon wat verantwoordlik is om die kaartjies te gaan haal. "Het ons vir jou 'n sms gestuur dat jy kaartjie hier is, nou wag maat daarvoor!"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Lisensies

Post by ruaanb »

genade sterkte met daai een. hier is ons bevoorreg. my dfo het my gebel net na hy kaartjie opgetel het en gese ek solank vir gaan wag!
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Lisensies

Post by 30-0Kwes »

Ek het begin Februarie aansoek ingegee vir pistool. Is 22 April approved en vandag kaartjie en pistool gaan optel. Als en als 3.5 maande. Verseker die langste van al die lisensies nog.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Lisensies

Post by Hein M. »

30-0Kwes wrote:Ek het begin Februarie aansoek ingegee vir pistool. Is 22 April approved en vandag kaartjie en pistool gaan optel. Als en als 3.5 maande. Verseker die langste van al die lisensies nog.
Dit gaan blykbaar nou ons voorland wees... My vrou het ook nou 4 maande gewag vir haar pistool se liksens.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

Hein M. wrote:
30-0Kwes wrote:Ek het begin Februarie aansoek ingegee vir pistool. Is 22 April approved en vandag kaartjie en pistool gaan optel. Als en als 3.5 maande. Verseker die langste van al die lisensies nog.
Dit gaan blykbaar nou ons voorland wees... My vrou het ook nou 4 maande gewag vir haar pistool se liksens.
Ek hoop so, maar nie te hard nie.

Ek het 24/04/2015 aansoek ingegee vir nuwe o/u. POP is gefile en als. Vanmore gebel se die ouens die aansoek le nog by my stasie "pending payment". Sal seker weer emmer KFC moet gaan aflaai voor daai aansoek aanskaf.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensies

Post by JAGTERSREG-JRM »

BRNO (Pierre) wrote:
Hein M. wrote:
30-0Kwes wrote:Ek het begin Februarie aansoek ingegee vir pistool. Is 22 April approved en vandag kaartjie en pistool gaan optel. Als en als 3.5 maande. Verseker die langste van al die lisensies nog.
Dit gaan blykbaar nou ons voorland wees... My vrou het ook nou 4 maande gewag vir haar pistool se liksens.
Ek hoop so, maar nie te hard nie.

Ek het 24/04/2015 aansoek ingegee vir nuwe o/u. POP is gefile en als. Vanmore gebel se die ouens die aansoek le nog by my stasie "pending payment". Sal seker weer emmer KFC moet gaan aflaai voor daai aansoek aanskaf.
Daai klomp is rerig treurig, ek doen n temp aansoek en my laaste een 2 weke geneem (vandat ek ingegee het tot in my sak)
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Lisensies

Post by Riaan Kriel »

Ek stap gister sommer by die plaaslike dfo in om navraag te doen oor die vordering op my 308 Norma Magnum en 'n Vektor 9mm pistool se aansoek. Die vertel my sommer onmiddelik ek moet net vasstaan, hulle het my vrou se geweerlisensie wat op 15 April goedgekeur is gekry. Ek kan daarvoor teken.

Hulle doen navraag op die stelsel. My 2 aansoeke is ingegee op 6 maart 2015 en is op 11 Mei 2015 goedgekeur by cfr. Net mooi 2 maande en 5 dae :)

Ek kan regtig ook nie kla oor diens by ons plaaslike dfo's nie en moet al twee dfo's komplimenteer oor goeie en vriendelike diens. Hulle lewer werklik goeie diens en dit is BAIE meer as wat ek kan sê van die res van die plaaslike saps. Die ander kan by die dfo's kom leer wat is diens en vriendelikheid.
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

Re: Lisensies

Post by Jakkels 223 »

Het vanoggend gebel om te hoor van wat is die situasie met my vrou en my se aansoeke.
Beide is goed gekeur, my vrou se 6.5 Creedmoore ingedien op 20/01/2015 en op 22/05/2015 goedgekeur.
My 260 rem is ingedien 11/02/2015 en ook op 22/05/2015 goedgekeur.
Nou wag ons maar vir die kaartjies sodat ons die gewere kan gaan haal.

Groete
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Lisensies

Post by Plaashaas »

Duracell wrote:Ek stap gister sommer by die plaaslike dfo in om navraag te doen oor die vordering op my 308 Norma Magnum en 'n Vektor 9mm pistool se aansoek. Die vertel my sommer onmiddelik ek moet net vasstaan, hulle het my vrou se geweerlisensie wat op 15 April goedgekeur is gekry. Ek kan daarvoor teken.

Hulle doen navraag op die stelsel. My 2 aansoeke is ingegee op 6 maart 2015 en is op 11 Mei 2015 goedgekeur by cfr. Net mooi 2 maande en 5 dae :)

Ek kan regtig ook nie kla oor diens by ons plaaslike dfo's nie en moet al twee dfo's komplimenteer oor goeie en vriendelike diens. Hulle lewer werklik goeie diens en dit is BAIE meer as wat ek kan sê van die res van die plaaslike saps. Die ander kan by die dfo's kom leer wat is diens en vriendelikheid.
Duracell

Baie geluk met daai .308 Norma Magnum!!! Ek sal daai kaliber vetrou met my lewe as n buffel storm!

Lekker man lekker.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensies

Post by Frederik »

Is daar nie iemand wat my kan uithelp met kaartjies te druk nie ek bly bel by die kaart afdeling maar met geen geluk nie. Al twee keer logs gecall maar nog geen hulp van enige iemand nie my lisensie die 23ste Maart goedgekeur maar geen joy van die DFO ook nie om lisensie uit te druk nie. As enige iemand kontak het en my kan uithelp jy kan dit PM as jy niemand anders wil laat sien nie.

Eks raadop het ook nie hare om uit te trek nie.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Lisensies

Post by ruaanb »

Vra jou DFO om 'n reprint te versoek. Dit is al wat ek nou aan kan dink.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensies

Post by Frederik »

Ruaan dit is presies hoekom ek my hare wil uit trek die DFO wil nie saamspeel nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lisensies

Post by tau »

tau wrote:Mense ek sukkel nou vanaf Mei 2013 met my .375 Ruger wat ek 'n lisensie voor het, maar wat nie op CFR sisteem is nie. So ek kan nie die wapen oor die grens neem Nam toe nie. Na meer as 12 maande moet ek nou op my onkoste wapen by geweersmit kry en laat inspekteer dat dit wel die wapen is en dan inhandig by SAPD. Wee vingerafdrukke en dan sal hulle dit uitsorteer. Belaglik as jy my vra. Ek het mos nie die fout gemaak nie, maar nou kos dit my geld. Wapen is nuut by Safari & Outdoor gekoop, maar nou volgens CFR is dit 'n SAPS "stoor wapen" soos haelgewere en semi auto's wat hulle tydens onluste gebruik!!!!!

My nuwe aansoek vir my 9de wapen besluit hulle ook nou ek moet weer kluisinspeksie kry. EN dit vat nou al 7 dae om by my te kom. Ek bly 800m vanaf die SAPS stasie.
Mense ek deel net ny frustrasie met julle.. Intussen het ons baie bekwame DPO bedank en is hy tydelik vervang. EK het die roer na geweersmit gevat en verklaring gekry dit my geweer is en dat hy nie verander of verkeerd geregestreer nie.

Handig dit nou by 'n nuwe dame in wat ons nuwe DPO is so maand terug.. Kry Vrydag 'n oproep ' Middag meneer ek is jammer, maar jou geweer wat jy verander het is nie op jou naam mie ons kan nie die verandering aanbring nie :-[ :-[ :-[ :-[

" Dame onthou jy dit is juis waarom ek die verslag gekry ingehandig het om die wapen terug op my naam te kry. EK het reeds 'n lisensie kaartjie gekry in 2012 en ons probeer al vanaf 2013 om die fout wat op die sisteem ingekruip het reg temaak".


" Ok meneer dan moet jy maar inkom dat ons dit kan regmaak"

Liewe ouers!!!!!!!!!!!! Help my iemand help my asb.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
bsaaiman
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:41 pm

Re: Lisensies

Post by bsaaiman »

More almal,

Soos voorheen gemeld was my 6.5x55 aansoek op 27 Maart ingehandig by my plaaslike DFO (Brackenfell). Die papierwerk is op 22 April by CFR ontvang om aandag te kry en is op 26 Mei finaal goedgekeur.

Nou moet ek net wag dat die papierwerk en als hulle pad vind Kaap toe en dan moet die kaartjie gedruk word.

Kan nie meer wag nie, maar is ook nie optimisties dat ek dit voor ons jag gaan kry nie so boeta sal maar met my 7x64 moet skiet!

Groete,
Bar2
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Lisensies

Post by Plaashaas »

[quote="SersSuikermuis]
Dit is nie my eerste aansoek nie, maar dit voel of die wag al langer en swaarder raak. Ek oorweeg om te gaan vir berading of om aan te sluit by n ondersteuningsgroep soos "Lisensie Afwagtendes Anoniem".

Groete[/quote]

Ek hoor jou hard en duidelik Sersant

Ek het myself al belowe om nie weer n wapen te koop nie. Ek kan nie die gewag vat nie! Om te wag vir Kersfees is maklik want mens weet darem wanneer dit is.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1116
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Lisensies

Post by J le Roux »

My .375 aansoek 6de Maart ingedien. Nou net gehoor dis goedgekeur! Ook maar 3 maande soos Ludwig s'n, maar dit wys darem daar is nog lewe by die CFR kantore. Ek hou maar duim vas die kaartjie druk neem net 2 weke soos belowe.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Post Reply