.300 wsm

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
LouisC
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Aug 02, 2014 11:39 am

.300 wsm

Post by LouisC »

Nou toe manne weet nie een geweer is dieselle nie. Maar as dit vir iemand n begin punt kan wees of net goeie lees stof is dit goed.

.300wsm Savage mod12 vlp dbm

165grein sierra hpbt
65grein S365
Tpl 1.2mm van die groewe af.

Hy werk baie mooi.

Sterkte en geniet dit.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .300 wsm

Post by tripodmvr »

Looplengte, dopvolume, werklik TPL in mm, spoed van koeël en dan kan ek jou meer vertel van jou "goeie lading".
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
LouisC
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Aug 02, 2014 11:39 am

Re: .300 wsm

Post by LouisC »

26"
Dopvolume weet ek nie. Dis nuwe norma doppe
68.8mm tpl
Spoed weet ek ook nog nie.
Ekt tot op 600m gegaan en Strelok pro app was spot on met spoed op 3000ft

Hoop dit help.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .300 wsm

Post by tripodmvr »

LouisC WSM 00 S365 65gr lading.JPG
Hiermee teoretiese berekening. As jy Lot 76, 78 of 79 gebruik kan dit beteken dat S365 stadiger is as dit wat bereken is. Jou 3000vps kan dan naby aan die waarheid wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
LouisC
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Aug 02, 2014 11:39 am

Re: .300 wsm

Post by LouisC »

Dankie.

Wat is n goeie chrono om nou te koop. Ek en n pel wil een saam koop.
Enige raad?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .300 wsm

Post by tripodmvr »

Kyk na ProChrono by S&O. Goedkoopste wat ek van weet en myne het nog nie een skoot uit seker 100 laat val nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
maweled
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Apr 15, 2015 2:00 pm

Re: .300 wsm

Post by maweled »

Middag julle,
wou hoor oor die 300wsm, het die savage, ek wil graag 180g punte skiet, het my fabrieksrondtes uitgeskiet so wil graag begin herlaai, enige raad vir my oor waar ek kan begin op die 365 kruid ??
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: .300 wsm

Post by musgrave270 »

Middag Maweled

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312

Lees gerus die draad. Daar sal jy die lys van inligting sien wat jy vir die manne sal moet verskaf om jou te kan help.

Welkom op die forum.

Groete
Ruan
maweled
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Apr 15, 2015 2:00 pm

Re: .300 wsm

Post by maweled »

Baie dankie Ruan,

Ek het nog nie spoed gemeet nie, sal dan by somchem se data begin wat se 58-62grein op 180g punte, en dan so die lesings kry, dan met al die inligting na vore kom,

praat later
dankie
maweled
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Apr 15, 2015 2:00 pm

Re: .300 wsm

Post by maweled »

Ekskuus dit is 58-64g wat somchem voorstel.
het nog n vraag: Hoe meet jy die dop volume?
die rondte is 'n sako super hammerhead 180g maar die dop volume moet seker gemeet word as hy leeg is neem ek aan?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .300 wsm

Post by tripodmvr »

maweled wrote:Ekskuus dit is 58-64g wat somchem voorstel.
het nog n vraag: Hoe meet jy die dop volume?
die rondte is 'n sako super hammerhead 180g maar die dop volume moet seker gemeet word as hy leeg is neem ek aan?
Gaan kyk onder "Herlaai" hofie en kyk by QL. Daar is metodes vir baie dinge. Lees, geniet en leer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Skapie
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Tue May 05, 2015 3:39 pm

Re: .300 wsm

Post by Skapie »

Goeie middag manne

Ek het bietjie raad nodig asb. Ek het verlede jaar 'n Tikka T3 Hunter gekoop. Ek is mal daaroor, maar ek is belowe dit sal baie goeie akkuraatheid toon. Ek het nou al 3 verskillende punte probeer, AccuBonds, Ballistic tips en Peregrine VRG4. Al drie het gemiddelde resultate gelewer, elk met so gemiddeld 1 duim groeperings. Maar ek hoor en sien hoe ander mense met ander kalibers hul punte konstant laat sny. Ek hoor nou gereeld ek moet Sierra punte probeer, dat hulle baie akkuraat is. Dalk skiet ek net nie goed genoeg nie. Het julle manne asb. vir my raad oor Sierras in 300 wsm of goeie resultate met ander punte. Baie dankie
LouisC
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Aug 02, 2014 11:39 am

Re: .300 wsm

Post by LouisC »

Middag Skapie

Man, ek het n savage mod 12 vlp-dbm, volgens die boek n 1:10 twist
Ek is n sierra man, skiet 30.06, musgrave 6mm net sierra punte en het toe besluit om in my .300wsm ook sierra te skiet.
Ek het die 150gr sierra Palma match probeer en kon net nie kleiner as 1' groepering kry nie. Ek het daarna oorgeskuif na Sierra 165grein HPBT Gameking en ek sal vir jou se ek is baie meer as tevrede!

Ek laai s365 kryt (65grein) met 165gr HPBT gameking en my free bore(Jump) is 1.2mm. 3180fps deur die chrono
Weet dat 2 gewere nie dieselfde is nie. Maar as jy daardie rigting wil gaan is dit n goeie begin.

Sterkte
Post Reply