Leon Crous wrote:Sorry , maar ek dink enige ou wat paralaks nodig het vir .22 is effe deumekaar!
My genade, hoe ver wil 'n mens nou met 'n .22 skiet!!!
Daar is menigte scopes wat teen R1000 oor goed genoeg vir .22 is.
Kies enige een.
Leon, die rede hoekom dit absoluut belangrik is om paralax wat van 10 yards af, of daar naby is op n .22 geweer scope te he is die volgende.
Meeste scopes wat gemaak word is paralax vry op 100y of m gestel, en as jy so scope op n .22 sit en jy wil naby skiet, soos by meeste jagtersverenigings se .22 tabelle gaan jy nooit so akuraat kan skiet as met een wat paralax vry gestel kan word op so kort afstand. Dit kan baie duidelik gesien word wanneer jy aanle, en dan jou kop effens na links en regs beweeg, en op en af. Jy sal sien dat die kruishaar dan lyk of hy baie op en af en links en regs beweeg. Dit is agv die paralax wat nie reg gestel is. As jy dan jou kop nie presies in die regte plek hou en jou wang nie elke keer presies op die regte plek en hoek hou teen die wangstuk, gaan jy beslis n paralax fout he. Dit is bykans onmoontlik om jou wang op presies dieselfde plek te he in al die verskillende skietposisies soos, sit staan en le.
Dit gaan die verskil tussen n wen score en net n goeie score maak, glo my.