Ek het Saterdag gou Safari & Outdoor toe gegaan om bietjie "Scope Shopping" te doen.
Ek het na n hele paar Scopes gekyk en was beindruk, Maar..... Toe sien ek die daai Pragtige Rudolph Tactical T3 scope raak waarvan Dolph gepraat het laas week. Die Sights is regtig baie helder en voel sommer net reg vir my.
Ek wil graag vir Dolph baie dankie se. Jou span het my baie gehelp. Ek voel ek het die regte keuse gemaak en vir my die 6-24x50 T3 Tactical Rudolph Scope gekoop. My .270 Win se kaarte is oppad en ek kan nou nie meer wag om alles by Safari & Outdoor Rivonia te monteer nie. Gaan Blerrie Smart lyk!
Groete Thinus
