National geographic 20-60x60 Spotty
-
Monster
- Sr. Member

- Posts: 363
- Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
National geographic 20-60x60 Spotty
Ek het laas week 'n 20-60x60 National geographic spotty gekoop vir R799 by takealot. Ek moet se ek was baie skepties maar was baie aangenaam verbaas. Ek kon vanoggend op 50m 'n duif se geel oog kleur en detail op sy vere sien terwyl dit amper helemal bewolk was.
- superjakes
- Jr. Member

- Posts: 51
- Joined: Fri Jul 18, 2014 2:26 pm
Re: National geographic 20-60x60 Spotty
Hi Monster, hoe voel jy nou oor die spotty na so bietjie se gebruik? Ek het Donderdag een gekry en is nogal teleurgesteld. Weet nie of myne foutief is en of joune ook dalk so is nie, maar ek het meer verwag van 20-60x vergroting - dit was nie juis beter as 12x op my Vortex scope nie. Op die skietbaan wou hy ook nie juis fokus op 200 meter nie, het nie eers 300 probeer nie...
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: National geographic 20-60x60 Spotty
Ek het ook een gekoop nadat ek die draad raak gelees het, maar sou eerder die ekstra geld betaal het om iets ordentlik te kry. Was ook maar baie teleurgesteld. Jy kan hom net gebruik op 20x enige iets groter en jy kan niks sien nie. Nie die geld werd nie.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: National geographic 20-60x60 Spotty
Manne enige optiese toerusting in die prysklas kan jy nie veel van verwag nie. Daar is 'n rede hoekom bilike spoting svopes kos wat hulle kos..
Jammer om te hoor die een het nie mooi vir julle uitgewerk nie.
Jammer om te hoor die een het nie mooi vir julle uitgewerk nie.
- superjakes
- Jr. Member

- Posts: 51
- Joined: Fri Jul 18, 2014 2:26 pm
Re: National geographic 20-60x60 Spotty
Wel, ek sal maar sien hoe Takealot se "returns policy" werk. Het hulle ge-mail en hopelik tel hulle dit sommer vinnig op en gee my geld terug. Ek moet se ek het nog nooit drama met hulle gehad nie.
Dan het ek R1000 as 'n deposito op iets beters. Weet enige iemand hoe die Hawke spotties is? Iwarehouse het 'n netjiese een vir R2200 of iets.
Dan het ek R1000 as 'n deposito op iets beters. Weet enige iemand hoe die Hawke spotties is? Iwarehouse het 'n netjiese een vir R2200 of iets.