My nuwe semi

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
Post Reply
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

My nuwe semi

Post by Jake1 »

Voorbeeld van hoe hy lyk http://guns-pictures.drippic.com/rifles ... 67381.jpg/ Het vandag vir 1e keer met my remington 243 semi outomaties gaan skiet, hy voer mooi, geen jams, skiet bakgat. Ek kan nog nie sê presies hoe akkuraat hy is nie want ek het sommer vinnig met visier en korrel geskiet.

Ek het hom by n oom gekry wat hom lank terug vanaf België af ingevoer het. Hy het net 4 skote deur die loop gehad en is in nuwe toestand.

Kan nie wag om die bosvarke te gaan aanvat op die nuwe koringlande in die aand nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: My nuwe semi

Post by Boesman10 »

Baie netjies. Daai magasyn lyk maar klein. Hoeveel skote vat hy voor jy herlaai?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My nuwe semi

Post by Jake1 »

Hy vat maar 5 maar mens kry groter magasyne
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My nuwe semi

Post by Marc »

Netjies, baie geluk. My Semi se aansoek is in vir oorweeging
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Rappie
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Mon Jul 14, 2014 4:03 pm

Re: My nuwe semi

Post by Rappie »

Geluk man en sterkte met die bosvarke.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: My nuwe semi

Post by Finfan »

Netjies man. Gewonder of hy jou doppe sal buig as hy hulle uitgooi?
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My nuwe semi

Post by tau »

Baie netjies. My vriend het so een in .308 en hy breek heeltyd sy extractor. Miskien is dit die ou Army ammo wat hy gebruik.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My nuwe semi

Post by Jake1 »

FinFan, nee hy buig nie die die doppe as hy hulle uitgooi nie gelukkig, mens sal maar moet laai vir hom omdat mens so maklik deur die rondtes hardloop as mens speel op die skietbaan, anders gaan dit bietjie duur raak.

Tau, ek het vooraf baie navorsing gedoen oor die kwessie dat van hulle soms kan jam. Die oplossing het die amerikaners toe later gevind is toe net bloot om die geweer se kamer 100% vry van roes en vuiligheid te hou en geolie te hou, as hy roes in het sit die dop soms vas en kan dan jam. Hulle stel voor indien hy n jam kry moet mens net die loop afhaal en kamer ordentlik in die rondte skuur met staalwol.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply