Roes op slagysters
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Roes op slagysters
Dagse Almal,
Ek wil bietjie hoor by julle manne wat met die slagysters werk, wat maak julle met ysters wat bietjie roes op het?
Vlekkie se neus is so skerp en die blikskottels grawe van my ysters uit. Ek stel met handskoene en maak seker daar is geen reuke wat vlekkie kan ontstel in die area nie, maar die etters grawe hulle nogsteeds uit. Die yster wat uitgegrawe word het al bietjie roes op, so ek glo dit is wat hulle ruik.
Ek kan mos darem nie elke keer nuwe ysters koop as daar roes op is nie. Die ysters le in die veld en as dit reen met die klam grond, kom daar maar roes op.
Gee maar bietjie raad asseblief

- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Roes op slagysters
ons het n self gemaakde sand blastertjie, sandblast roes af en kook hom so 10min in karoobossie tee en al die reuke is weg.
herhaal die proses sodra roes weer erg sit.
herhaal die proses sodra roes weer erg sit.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Roes op slagysters
Roes op 'n yster maak geen verskil nie. In fact al my ysters het 'n mate van roes op, as hy in die grond lê sal hy roes tensy jy was gebruik. Ek het in die begin, maar later agter gekom dat dit onnodig is, vat 'n staal borsel en vee hulle liggies af voor jy weer stel. Vlekkie grawe ysters uit as hulle nie goed gebed is nie, as daar enige beweging is as hy op of langs die kake trap, grawe hy hom uit. Dit is ook 'n goeie idee om hulle vir 'n paar dae te laat lê voor die lok middel geplaas is.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Roes op slagysters
Wat sit jy onder of op jou trapplaat, is dit nie dalk wat hulle ruik nie? Stem saam Mac, my ysters ook maar
roes op, dink nie dit pla. Maak myne na elke stel met staalborsel skoon.
roes op, dink nie dit pla. Maak myne na elke stel met staalborsel skoon.
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Roes op slagysters
More julle,
Dankie vir die terugvoer. Ek stel die ysters met n sponsie onder die trap plaat. Dalk moet ek weer begin stel met iets oor die yster, dink dit kan dalk help met die verdoesiling van reuk.
Groete

Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Roes op slagysters
More
As julle wil he die ysters moenie roes roes nie, maak hulle skoon en bere hulle in die wolkant van n vel
Die olie in die wol keer dat hulle roes en hulle ruik pure skaap
Smirre
As julle wil he die ysters moenie roes roes nie, maak hulle skoon en bere hulle in die wolkant van n vel
Die olie in die wol keer dat hulle roes en hulle ruik pure skaap
Smirre
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Roes op slagysters
Smirre,
Ek het al daardie een gehoor en glo dit werk soos n bom. Ek glo egter n yster wat in n skaapvel in my skuur le, gaan nie n jakkals vang nie. Die roes kom maar waar hulle in die veld le en die grond klam raak. En ek laat le ysters lank op n plek, voor hulle opgetel en geskuif word.
Groete
Suidwes
NS. Eendag as ek nie jakkalse meer het nie........Sal ek hulle bere in n skaapvel.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Roes op slagysters
Manne wat met ysters jag, loer hier: http://peterickard.com/index.php?main_p ... Path=32_37
Laat weet my wat julle soek. Ons is besig om 'n bestelling in te sit.
Dalk van die was wat hulle adverteer?
Laat weet my wat julle soek. Ons is besig om 'n bestelling in te sit.
Dalk van die was wat hulle adverteer?
Goed, beter, 6millimeter!
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Roes op slagysters
Suidwes wrote:Smirre,
NS. Eendag as ek nie jakkalse meer het nie........Sal ek hulle bere in n skaapvel.
Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
josh..
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Fri Dec 21, 2012 1:47 pm
Re: Roes op slagysters
I've never worried about rust either just set ur trap properly and old jakman won't or shouldn't notice it. I have a boy that traps for us who is very good. He's never worried about gloves or covering his hands to hide scent or anything he also keeps the traps in a bag of wool when not being used and only realy sets them when I have a skelm jack that I can't call in or I have missed. He caught a very old bitch on Monday night. I missed her two weeks ago during a day call and it came back to bite me as she killed two goats after that in same area. Sunday night she killed a goat kapater Monday night her skin was on the wall. Slagyster still one of the most effective methods for vlekkie if used correctly.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Roes op slagysters
Suidwes, 'n sponsie onder die trapplaat is in my opinie nie 'n goeie ding nie. Gebruik eerder skaapwol of die issolasie materiaal wat op plafonne kom. 'n Saamgepersde stukkie spons onder die trapplaat is nie goed nie.
Ek vermoed ook die jakkals wat uitgrawe, doen dit nie oor doodgewone roes op die yster nie. Was en skrop maar die ysters, veral as hul reeds iets gevang het. Vlekkie gaan jou ruik, maak nie saak of jy handskoene gebruik of nie.
Baie goeie tip v Mac om lokaas eers te plaas na ysters reeds hele paar dae in die grond lê...