DIY Skietstoel
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: DIY Skietstoel
Okay, so die stoel is uiteindelik werkbaar maar nog nie klaar nie. Sitplek nog oortrek, gun vise nog fine tune en nog so paar klein goedtjies. N week terug dink ek vir hom n naam uit raai wat trek ek gister aand plat?? n monster pappie 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1652
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: DIY Skietstoel
Wat is jou totale onkoste? Wanneer bemark jy hom??? Lyk bakgat!!!
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: DIY Skietstoel
Dis moeilik om te se aangesien ek hom 5 keer oorgebou het haha, maar ek moet se die skietstoele wat huidiglik bemark word is baie billik geprys
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1652
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: DIY Skietstoel
Waar is jy?
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1652
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: DIY Skietstoel
Ek kan ook met yster werk... wil dalk kom afneem en jou idee try kopie vir my eie gebruik! Dit lyk rerig baie gemakliker as ander wat ek mee te doen gehad het...
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: DIY Skietstoel
Baie netjies maat - geniet hom
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: DIY Skietstoel
Jacalsniper, ek het jou bou van jou stoel gevolg. Ek moet erken jy het darm deursettingsvermoeë.
Om 5 keer n stoel oor te bou totdat jy tevrede is, moet gedoen word.
Baie geluk met jou eindproduk, dit lyk goed en ek glo dit werk vir jou goed.
Ek het ook n paar modelle voorsit skiet stoele gebou wat ek verkoop het en nog n paar ander goedjies. Wat my omkrap is as jy soveel tyd en geld daar ingesit het en ander mense vra jou om beter fotos te stuur dat hy dit kan kopie.
As jy dan so handig is bou jou eie stoel en gebruik n bietjie jou eie kop om dit te bou. Ek gee nie om, om my kennis te deel nie, maar jy hoef nie my produk te kopie en dan nog te verkoop ook nie

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: DIY Skietstoel
Janee Heinz hiers baie werk . Ek het begin stoel bou voor ek nog my geweer lisensie gekry het, dit was drie jaar gelede, soos wat n mens maar besig is met klomp goed en probeer survive om die maand se rekeninge te betaal kry mens darm n idee hier en daar en dan werk dit ook maar nie altyd nie, maar ek moet se, baie goed op die stoel het wragties toevallig gewerk en dis net als lekker. dit wat ek nou in 3 jaar geleer het, het ek in 3 dae an en af nog n skiet stoel gebou vir n vriend wat baie smart werk sal nog foto's opsit van hom, my werksplek was te deurmekaar vir foto's neem haha. Die volgende model is reeds in my kop, sodra ek kans kry gaan ek begin aanmekaar plak en kyk wat gebeur. Die gun vise as ek dit so kan noem, werk op my geweer ,maar ek gaan hom universal maak dat enige geweer pas. Ek moet se sy balans punte werk perfek, mens het 100% beheer oor jou wapen, ek sal n video ook maak wat ek sal oplaai om als te wys.
-
stan man
Re: DIY Skietstoel
mater dit is fantasties dat jy al jou insig en kennis deel.
MAAR!!!! moet nie al jou kennis verniet weg gee nie. jy praat self van finansies en as jy in die toekoms dalk daaraan dink om met stoele vir jouself n eksra geldjie te maak om bv. nog n roer te koop of iets in dier voege dan is jy besig om jou potensieele gesigheid weg te gee.
maar nogtans dink ek dit is groot van jou om alles so in detail te deel. ekself het nou ook al my 3de stoel gebou ,en elke keer as ek klaar is dan het ek weer nuwe plannetjies. ek hoop om eendag tevrede te wees.
op n ligter luim moet ek jou darem vertel van n insident met my eerste stoel. die as waarop die stoel gedraai het was gemonteer op n sleepwa se hub wat op die basis vas geswys was. om die ding sterk te maak gebruik ek toe n 5duim pyp om die stoel op te monteer. n destydse vriend doen toe vir my die swys werk en alles lyk net te pienk en pragtig. een aand gaan ek en n mede jagter toe so n bietjie jakkatese roep en als is gunstig. die eeste jakkals val sommer gou so ook die 2de en die 3de. ek verskuif so effens van posisie want die area werk lekker en ek wil nie net een kolletjie bang maak nie. begin toe roep op die 2de staanplek en sommer gou kom daar n spitsoor katjie in gekruip. die maat wat saam is staan op die grond en jag en ek gee hom die goeie nuus. die kat is op daardie stadium so 150m van die bakkie af en hy is maar n groot seun en probeer die bakkie bestyg. in die proses trek hy aan die stoel se arm leuning en toe is daar marakkas. die pyp breek op die basis af en daar gaan ek met stoel en roer en lig en trots af aarde toe. dit was nogal n petalje want herman ontwrig sy enkel op die grond die stoel breek sy ribbetjie en ek breek my ribbetjies (2) op die stoel se leuning en die geweer gee my n ligte harsing skuddingkie. die ou stampie op die slaap maak my toe onwillekeurig doe-doe vir so n oomblik en herman dink ek is dood omdat ek voorheen my nek gebreek het en ek nogsteeds robocop is met die ysters in my nek. sy poot is krom en die stoel is swaar en alles is deurmekaar. hy pik verward en ek is deur die weer en so is ons toe maar huistoe om ons wonde te gaan lek.
glo my as ek jou se die stoel se basis is vir my baaaaaaaaie belangrik en ek laat niemand aan my stoel trek nie.
groetnis
frans

hahaha lekker lag ek nou, ek kan jou nie vertel hoe groot nagmerrie dit vir my is om te dink die stoel "snap" van die basis af en ek en als black-sam af nie. jislike ou maat dis sleg as sulke goed gebeur. vriend van my se nuwe stoel het mos van sy bakkie afgewaai net na hy hom gekry het, en nooit weer gesien nie....
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: DIY Skietstoel
Baie mooi gedoen....jy het baie ure ingesit.