Manne ek skied van tyd tot tyd met my 303 wat ek sub laai, dit is baie efektief op n voerplek met n kop skoot tot so op 40 mtr. Wat wel gebeur is dat die varke wel skrik vir die klap van die kop skoot.
Die vark wat weg hardloop weet nie waarvoor hy geskrik het nie,hy sal egter ruik die geskiedte vark is nog by die kos en sal ek jou amper belowe hulle sal na n rukkie weer in kom.
Ek het al meer as n paarkeer dit reg gekry om n hele familie varke so uit te skied.
N sub soniese koeel moet n kop skoot wees, anders moet jy n goee hond he.
Bosvarke in die mielies.
- Dweetster
- Sr. Member

- Posts: 455
- Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm
Re: Bosvarke in die mielies.
Sterkte.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Bosvarke in die mielies.
Dankie vir die info. Ek het self gewonder. Ek cast self lood vir die 303 en is lief om te plink met lood. Gaan die raad verseker onthou.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Bosvarke in die mielies.
Manne hiermee my 1ste amper sukses storie.
Was gister aand in die mielies agter die otte aan. So teen 9:30 hoor ek die otte waar hulle die mielies breek. Stap toe windaf se kant toe en begin hulle posisie bepaal.
Loop toe al in die 2 spoor paadjie af nader aan hulle. So 20-30m van hulle af besef ek dat hulle aan beide kante van die paadjie in die mielies vreet. Wind is toe nie so goed vir die otte aan my regterkant nie.
Ek beweeg toe mooi sag regs in die mielies in. Was seker nie vêrder as 5-10m van 1 van die varke nie, hoor hoe die sop spat as hy die mielie kou.
Volgende oomblik snork 'n ot regs van my reg onder my wind en daar verdwyn hulle soos mis voor die son.
Ek hardloop toe die hele senario oor en oor in my kop.
As ek net in die paadjie gebly het en so bietjie terug beweeg het om die wind weer gunstig te kry sou ek seker net moes wag vir 1 van die otte om oor die pad te stap om by die ander uit te kom. Dis nou waar 'n tekort aan ondervinding jou in die voet skiet maar ek sal nie weer daai fout maak nie.
Wel, vir 'n begin was dit baie opwindend en die Jaracal raad het baie gehelp. Ek moet nou maar net oefen en meer ondervinding kry.
Sodra die 1ste 1 val sal julle dit gou weet.

- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Bosvarke in die mielies.
Lekker man. Dis nou maar een ding van ot jag, lang aande en min geleenthede vir skiet. Maar aanhouer wen.
Groete
Groete
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Bosvarke in die mielies.
Mooi man!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"