Kameelperd Jag

Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Thunderhead »

Brock one word of advice with big game dont shoot one shot and stand back and look what the result is. Take a relaxed first shot then reload immediately and put in a backup shot. Sounds silly but I have had to tell countless clients to reload and shoot again. My favourite backup shot is base of the neck Its a big target and results are instant. I also love when they run directly away as thespine is a couple of meters long and as thick as as corner post.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Giepie »

Baie dankie Driepoot. Maak vir my sin.

Die 450-400 met die DGX is reg deur en die bul het so 40 gegaan, maar by gesê met die dubbelloop is daar twee skote kort op mekaar. Al twee reg deur en deur die hart.

Het van die droeë wors geëet, was baie lekker. Maar dan sê daardie slagter dat kruie is baie geduldig. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Brock
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Nov 24, 2012 7:21 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Brock »

Julle manne help my baie dankie. Al so baie geleer hoop net ek onthou alles.
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by mossie »

Moet met Tripod saamstem - baie mense maak die fout om met mono-metaal koeels te gaan vir gewigte wat ooreenstem met die gewigte van loodkern- koeels en dan eindig n ou op met n koeel wat telank is. Op teiken gaan die koeel dalk goed presteer, maar die poefies kom by die gedrag as soliede weefsel getref word. Hierdie lang 375 mono - koeels is eerder vir goed soos die 375 Cheytac met die stywer groefdraaie en vinniger spoed.

As jy daai camelhorse gaan doen vat ook goeie messe en slypgoed - daai vel martel n lem.

MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Viking »

Brock,

Wat is jou plan met die vel?
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by tau »

mossie wrote:Skiet so paar jaar terug saam met twee vriende kameelperdbulle. Een skiet met 303 en die ander met n 30-06 (niks teen die kalibers nie) Man met 30-06 skiet 180gr pmp self gelaai en die man met 303 skiet met 180gr Sierra self gelaai.

Man met 303 wen die loot om eerste te skiet - perfekte kopskoot en die man draai spoggerig om en vra wie het nog twyfel oor n 303. " nee ons twyfel nie, maar skiet net weer, daar staan hy op!!!" Soos daaie bul weghardloop laat waai die man oorlogstyl met daai 303. n Rukkie later eindig die 300wm met n GS Custom die geveg.

Die volgende dag is dit die man met die 30-06 se beurt. Die skoot slaan net-net weg van die middellyn op die voorkop en die kameelperd se agterbene knak, maar onmiddelik ruk hy weer regop. " Nee o F@#$#$k skree die man en laat loop nog n skoot - reg in lyn met die eerste skoot, net aan ander kant van die middellyn. Die kameelperd steier rond, probeer hardloop,struikel en lyk die hele tyd of hy enige oomblik gaan val, maar nee hy bly op sy pote.

n 375 op die blad bring die einde. Nou hierdie manne is spoggerig - hulle vat vir die trippie hulle taksidermis saam en met die afslag wys hy hulle - as hy n potlood vat en hy druk hom gatkant eerste in die koeelgate, tik hy teen die basis van die koeels! Daai koeels het in die skedelbeen vasgesit!

Oor die kaliber kan n man nog gesels, maar gebruik n BAIE goeie koeel en skiet reguit. Daaie diere lyk lomp en "docile", maar kan n swak gehalte koeel eet vir brekfis

MOSSIE
Ons het 'n 9.3x62 gebruik met 270gr Nosler Partitions om 'n Kameelperd wat nie helemal dood was na 'n .416 kopskoot nie, maar wel gele het, net 'n sekermaak skoot te gee op so 15m. Hy het binne die kop gebly en het nie deur die kop gegaan nie. Almal weet hoe goed penetreer 'n 9.3 x 62. 'n Bul se kopbeen strukteer is super dik en sterk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by sako 30-06 »

Wat weeg n volwasse bul en n jong bul?
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Thunderhead »

It depends from area to area. A big black bull will slaughter about 700kgs. Cows you looking about 500kgs.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Giepie »

tau wrote:Ons het 'n 9.3x62 gebruik met 270gr Nosler Partitions om 'n Kameelperd wat nie helemal dood was na 'n .416 kopskoot nie, maar wel gele het, net 'n sekermaak skoot te gee op so 15m. Hy het binne die kop gebly en het nie deur die kop gegaan nie. Almal weet hoe goed penetreer 'n 9.3 x 62. 'n Bul se kopbeen strukteer is super dik en sterk.
Al gekyk na 'n kameelperdbul se skedel, dit is nogal swaar en die been is dik. Hulle "baklei" met die koppe, daarom moet dit so hard wees. Besef nou dat kopskote dalk nie so goeie ding by hulle is nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Viking »

Die kameelperd het buitengewone eienskappe a.g.v sy hoogte.

Die dier het 'n dik vel om hom te beskerm teen boomtakke ens. Tersefde tyd werk die vel amper soos 'n "fighter pilot" se drukpak. Dit help die bloedsirkulasie van die dier.

Die dier se hartwand is heelwat dikker as die van ander diere omdat die brein so hoog geleë is - soms tot 2 meter van die hart af. Die hart wat die bloed "pomp" is moet die bloed opstoot tot 'n enorme hoogte en daarom is die ouer diere se hartwande gewoonlik dikker.

'n Hartskoot vereis dus ook 'n koeël met genoeg penetrasie vermoë!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Kameelperd Jag

Post by henning »

Vir die manne wat weet, se tog hoe "rate" julle n jong kameelperd se vleis as tafel vleis?

Ek begin nou wonder of dit n goeie opsie is vir wilds vleis vir die jaar.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Flip Nel »

henning wrote:Vir die manne wat weet, se tog hoe "rate" julle n jong kameelperd se vleis as tafel vleis?

Ek begin nou wonder of dit n goeie opsie is vir wilds vleis vir die jaar.

Groete
Henning
Het nog nie maar 'n paar mense het al vir my gesê 'n jong koei se vleis is baie goed.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Kameelperd Jag

Post by henning »

Flip nel wrote:
henning wrote:Vir die manne wat weet, se tog hoe "rate" julle n jong kameelperd se vleis as tafel vleis?

Ek begin nou wonder of dit n goeie opsie is vir wilds vleis vir die jaar.

Groete
Henning
Het nog nie maar 'n paar mense het al vir my gesê 'n jong koei se vleis is baie goed.
Dankie Flip, dit is n goeie begin. Sal graag wil hoor wat se nog manne.
Moet se ek sal graag wil hoor dat die manne se dit is lekker maar om so n klomp vleis te skiet en dit is nie so oraait nie sal n groot flop wees.
Probleem is dat ek is darem maar lief vir my Eland en Gemsbok vleis.

groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Frederik »

Henning, jy moet verstaan dit is 'n groot dier en die grein van die vleis is baie growwer ek geniet kameelperd maar sal nie aan 'n ou bul raak nie. Ons het in 2004 Oktober met droogte 'n ou bul geskiet wat net onder 900kg uitgeslag het die weet ek want die karkas was aan 'n krok plaas verkoop. Kan jy dink wat daardie bul geweeg het op sy voete in April toe dit groen was ??
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Kameelperd Jag

Post by henning »

Frederik wrote:Henning, jy moet verstaan dit is 'n groot dier en die grein van die vleis is baie growwer ek geniet kameelperd maar sal nie aan 'n ou bul raak nie. Ons het in 2004 Oktober met droogte 'n ou bul geskiet wat net onder 900kg uitgeslag het die weet ek want die karkas was aan 'n krok plaas verkoop. Kan jy dink wat daardie bul geweeg het op sy voete in April toe dit groen was ??
Frederik, ek het begrip vir n ou dier maar ek probeer uitvis oor die geur van n jong dier se vleis, wat se jy.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Kameelperd Jag

Post by 30-0Kwes »

Ek moet se hoe meer ek lees hoe aanloklik klink die kameelperd vir my om te jag!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Frederik »

henning wrote: Frederik, ek het begrip vir n ou dier maar ek probeer uitvis oor die geur van n jong dier se vleis, wat se jy.

Groete
Henning
Kameelperd proe soos kameelperd as jy dalk wil probeer hoekom nie Carnivor restaurant in Mulderstdrift.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Kameelperd Jag

Post by henning »

30-0Kwes wrote:Ek moet se hoe meer ek lees hoe aanloklik klink die kameelperd vir my om te jag!
My probleem is juis dat ek hom graag sal wil jag maar as hy te sleg smaak is dit n flop.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Kameelperd Jag

Post by 30-0Kwes »

Ek hoor jou Henning, selfde die kant. Maar ek kyk hom met n ander oog - verskooning vir nuwe 416 Rigby dalk?
Brock
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Nov 24, 2012 7:21 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Brock »

Viking ek weet ni rerig wat mens als maak met dit ni. Eerlik waar nogi daar aan gedink ni eers geworrry oor hoe om hom te skiet.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Petrie303 »

Hi,

Hier is foto van hoe duk cammelhorse se nek vel is... was op jag gewees waar 3 kameelperd bulle geskiet is met relatief klein calibers onder andere 308, 3006 en 8x57. Al drie calibers was gelaai met goeie premuim punte en skootplasing was goed gewees. Bladskoot is net nie so maklik as wat mens dink nie as gevolg van groot bladbeen... Passop ok ma vir daai kopskoot....

Sterkte!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Kameelperd Jag

Post by DWB »

Hierdie was nou een van die beter drade op die forum in 'n lang ruk.

Ek is ook nou sommer lus vir 'n lang nek!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by sako 30-06 »

So is R8000 vir n jong bul n goeie prys?
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Kameelperd Jag

Post by 30-0Kwes »

Verseker!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by tripodmvr »

Werk daardie om na prys per kg as jy 400kg vleis kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply