Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Goeienaand almal.
Ek is van Pretoria. Lief vir jag maar het gladnie so baie in die veld gekom soos ek graag wou nie.
Wil dit nou regstel. Het ñ 7 x 57 Bruno wat brand om ñ paar rondtes deur die loop te jaag.
Gaan ook die herlaai ding aanpak.
Het so vinnig al deur van die posts gelees. Het by ñ vriend van my van die forum gehoor.
Dit is ñ voorreg om te kan aansluit. Sien uit na die saamgesêls!
Ysman bly jy het deel van Jaracal geword jy sien sal jy gaan dit baie geniet soos ek vir jou genoem het. Ek waarsku jou nou al, moet nie fotos van jou pragtige Bruno 7 x 57 hier op sit nie hier is paar Bruno mal mense.
Welkom Ysman
Hier is n paar manne wat al n koel of twee gelaai het so hulle sal viseker kan help.
Jy moet net weet dat Jaracal BAIE verslwend is en as jy eers begin kan jy nie ophou nie
Groete
Christiaan
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer