Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
johans wrote:Kalahari welkom.het julle ook n bool?
Dankie johans, nee nie sover ek weet nie, maar hier is ook maar 'n hele paar "groenes" wat ronddwaal en mens die harnas injaag.
Julle "bool" het ook al met van ons manne se name en foto's rondgeloop, so is maar in dieselfde boot.
Ek ken vir sPRINGHAAS (Cobus de Jager) en hy was nou al 8 keer saam my in die veld gewees en is gretig om te leer en het ook sy eie toerusting maar gaan nogsteeds saam my uit om verder te leer. Hy is nie n voltydse jagter nie en is n Ingenieur by Sasol. Hy jag op n plaas waar hy bly en dan op vriende se plase en doen die ding reg.
Last edited by uitenwaj on Sun Mar 15, 2015 4:21 pm, edited 1 time in total.
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
Is van Theunissen in die Vrystaat en jag nou so twee jaar jakkalse. Het n inleiding tot probleemdier beheer kursus gedoen, 6 Desember 2014 by oom Jacqeus Botha. Doen dit deeltyds ma wil dit graag reg doen. Forum lede wat my ken is Arno Uitenwere, Blok Botha, Paul Krige, Visstok en dan oom Jacqeus Botha ook.
Glo jy sal als in orde vind.
By voorbaat dankie
J.A. Oberholzer
Kerneels
Wessie
Hulle jag saam op die Wes Rand. Hulle ken niemand op die forum nie, en is in die leerfase.
Tokka777
Tokka777 wrote:Dankie baie Geno ek het die request gestuur.
Weet net nie waar ek my storie moet stel nie.
Ek het 2008-2010 op n plaas gewerk in usa waar ek coyotes en racoons geskiet het vir ekstra sak geld.
Ons het Familie grond in die oos Vrystaat waar die jakkalse floreer en ek het daar begin skiet en die kennis van roep wat ek in usa op gedoen het toegepas. Ek het toe werk in Bloemfontein gekry en vordering Pta toe nou sit ek in die stad en my gat jeuk om te skiet so elke keer wat ek kans kry pak ek en my vrou die trokkie en ons sleep plaas toe om jakkies te roep. Ek skiet op my ma en op myvrou hulle se gronde nou jakkalse. Ek het egter gestop om op my vrou hul se grond te skiet want haar broer is n regte cowboy en maak dinge moeilik vir my. Van die boere in die omgewing het my gevra om by hul te kom skiet en so het ek toe n kurses gedoen en is huidiglik besig om al my gereedskap wat ek gebruik bietjie op te gradeer want ek wil heel profesioneel darm ook lyk as ek by mense skiet. En dit is hoekom ek graag die geslote jgroep wil join want ek weet ek kan daar baie baie julle groot manne leer en vrae vra en so dalk nuwe vriende maak hier in die stad. Ek ken nie iemand op die forum wat my kan nomineer nie so ek sal verstaan ook as jul my nie aanvaar nie. Dankie baie vir die kans wat jy my gee om aansoek te doen tot die groep ek wardeer dit regtig!
Lekker dag verder en laat die jakkalse val
Groete tokkie
Is dit nie moontlik om die jagters in leerfase steeds by ope forum te help nie, want elke ou wat ons wou uithou kan dalk net inkom as n jagter in leerfase.... As hy dan n jaar of twee op forum of korter tyd dalk toegewyd deelneem en hul manne op die forum leer ken, dan eerder toelaat, anders gaan die groep nie veel help nie. Net my opinie
Danie,
Die idee met die groep is nie om al die ongediertebeheer hierheen te skuif nie.
Dis net die paar sensitiewe topics en die fotos wat daaroor gekla word.
Kerneels
Wessie
Hulle jag saam op die Wes Rand. Hulle ken niemand op die forum nie, en is in die leerfase.
Tallies
Tallies wrote:Middag Geno
Ek wil graag toegang he tot bg.
Skiet afgelope 5 jaar al jakkalse en het kurses in Bloem by Poena en by Niel Viljoen en is lid van die Vrystaatse Ongediertebeheertak.Henry7 op die forum ken my goed en ons skiet soms saam.Ek is nie groot om komersieel te skiet nie, maar hoofsaaklik op my eie grond(skaap) en by die bure(beesboere) rondom my.Die hoofdoel is om my speen % te lig.Daar is soms nutige wenke wat van die lede op die forum post.
BAIE DANKIE - DIE PAAR VAN JULLE WAT MY KEN SAL WEET EK PRAAT MAAR NIE TE VEEL NIE. MY GROOT LOLLERY IS DAT ONS MEER GEPIGMENTEERDE MEDE SA INWONERS MY BAKKIE HULSELF TOE-GEEIEN HET EN EK TANS MAAR MIN IN DIE VELD KOM EN MET TWEE JONGES OP KAMPUS IS FONDSE NIE OORDADIG OM DIE BAKKIE TE VERVANG NIE, MAAR EEN VAN DIE DAE, WATCH NET.