Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel?

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Carl »

soundzmad wrote:
Gaan kyk, gaan skiet en besluit vir jou self.

Groete
Hy het mos.
Brandewyn Ratel wrote:Dankie almal vir julle terugvoering. Die Glock 19 in n' 9 mm sal dan die pistool wees wat ek gaan vat
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
soundzmad
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Thu Apr 10, 2014 3:05 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by soundzmad »

Carl wrote:
soundzmad wrote:
Gaan kyk, gaan skiet en besluit vir jou self.

Groete
Hy het mos.
Brandewyn Ratel wrote:Dankie almal vir julle terugvoering. Die Glock 19 in n' 9 mm sal dan die pistool wees wat ek gaan vat
Ja Carl soos jy, het ek my inset ook gelewer. En is seker Brandewyn Ratel is nog opad 'na n koop transaksie en sal ook nie omgee oor insette gelewer van my kant af nie. Hy het allermins raad hier op die forum gevra. Maar dankie dat jy jouself aangestel het oor my en my mooi reggehelp het.

Groete
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Carl »

Het jou span die rugby verloor die naweek ;) ? Ek moes seker 'n smiley bygesit het bo, vir die sensitiewe kykers.

Jy het 'n inset gelewer maar nie regtig iets te sê gehad nie. BWRatel moes tussen die lyne lees, ek ook. Wil jy dus sê die Glock is nie betroubaar nie en is bekend vir storings by IDPA kompetisies? Of dan ander, noem hulle op die naam. Sê nou Ratel daag op die dag op wat die 1911's sleg doen ;)

Ek besef elke tipe meganiese toeusting op aarde kan breek of stoor. Maar jy kan nie alle foute by die toeusting sit nie. Wat van onderhoud en dan kwaliteit van ammunisie?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Ratel »

soundzmad wrote:Ratel

Jy het lekker advies hier gekry ek wil ook graag my 10c insit. Gaan kyk gerus na so een of twee IDPA skiete waar die sport rondom selfverdediging aangeleenthede gevorm is. Die wapens, ammunisie, drae en verberging aan jou lyf word dan ook so streng gereguleer.

Tipies sal jy met 'n standaard wapen skiet en drae soos jy dit daagliks (versteek) sal drae vir selfverdediging. Behalwe dat daar klasse is vir wapens wat nie standaard is of verbeteringe aangebring is wil ek fokus op die standaard wapens. Dit bring my by die punt wat ek wil maak.

Ek gaan nie vir jou se wat ek skiet nie want ek wil nie hê jy moet dink ek is bevooroordeeld nie. Maar om bloot net te aanvaar dat Glock betroubaar is, bo enige ander vergelykbare wapen, sal in my denke bevraagteken word. Ek dink bloot aan die vele skiete wat ek die jaar verby, bywewoon het. Wanneer die COF "course of fire" gestaak word vir wapens wat nie reg of verder wil werk of veilig is om daar op die "spot" reggestel te word nie, kan jy maar net gaan kyk wat skiet hulle.

Gaan kyk, gaan skiet en besluit vir jou self.

Groete
Die man wil nie teiken skiet nie, lees ook as nie IDPA nie. :) As ek hom reg verstaan soek hy 'n betroubare wapen vir selfverdediging. Selfs 'n AK en 'n Glock kan stoor afhandend van baie faktore waar onder andere die ammo. Niemand het gese 'n Glock is meer betroubaar as ander wapens nie. Wat wel 'n feit is soos 'n koei is is dat Glock uiters betroubaar is. Na watter wapen verwys jy wat stoor tydens COF? Ek sien baie wapens wat stoor tydens kompetisies en amper altyd is die ammo die probleem. Ek sal nie sommer 'n wapen bash op persoonlike voorkeure nie. Daar is vandag se dae amper nie meer 'n nuwe handwapen wat nie betroubaar is nie. Hang maar af van voorkeure. Dis amper soos die Corolla vs Polo argument.
Maak 'n verskil
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Jacko »

Storings = handloads.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by FCLoretz »

Jacko wrote:Storings = handloads.
90% van die tyd? Alle factory loads werk nie altyd in alle handwapens nie, of sit ek die pot mis?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Jacko »

FCLoretz wrote:
Jacko wrote:Storings = handloads.
90% van die tyd? Alle factory loads werk nie altyd in alle handwapens nie, of sit ek die pot mis?
Fair enough, maar dis voor die hand liggend.

Maar met handloads kan jy 'n betroubare wapen onbetroubaar maak.

Jacko wrote:

Jacko, dit was meer 'n vraag as 'n stelling. Handwapens leer ek maar nog van. Ek verstaan dat hand loads minder betroubaar is as Factory ammo. En vir daardie rede glo ek jy koop SD ammo en laai jou eie range ammo
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by spekieries »

Ek probeer nie moedswillig wees nie maar verduidelik vir my ook asb. hoekom fabrieksammunisie in handwapens meer betroubaar is. Ek is nie groot op handwapens nie. Ek het altyd 'n 9mm para ADP gedra. Ek het hom nou ingeruil op 'n CZ P 07.
Ek het nie baie met die ADP geskiet nie seker so 2000 rondtes vandat ek hom in die vroeë negentigs gekoop het. Ek het hom net met selfgelaaide ammo geskiet. As ek oefen het ek sommer gewone "ball" gelaai en my dra rondte was Speer se Gold Dot. In die tyd kon ek die storings op my een hand tel. Ek het nie dryfmiddel net met volume gelaai nie ek het so elke derde lading geweeg. Help asb. ek verstaan nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Carl »

Spiekeries. Kwaliteit beheer op die Ranger of Hydra Shock lyn is net soveel beter. Ja soms is ons hiper versigtig en laai ons werklik goeie ammunisie. Geweer manne se groepering spreek hiervan. Maar tog is daar foute wat kan insluip en ek dink die poeier en slagdoppe wat gebruik word is beter. Low flash wat die skiet in die aand makliker maak.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by spekieries »

Carl

Dankie ek verstaan die redenasie nou beter.
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by uitenwaj »

Brandewyn Ratel

Ek het n Glock 17 Gen4 en sal nie maklik weer kyk na na n ander wapen as Glock vir SD nie. Die belangrikste sou ek se maak nie saak wat jy koop nie is gebruik ordentlike ammunisie soos winchester Ranger T of Hornady Critical defense ens vur SD en dan koop van die begin af n ordentlike iwb of owb holster soos old faithfull, ross holster, jeff carter, safariland om net n paar te noem. Jy kan die beste pistool op aarde koop maar met n slegte holster gaan jy daai pistool na n maand of twee net in die kluis los.

Kyk n pistool is nie veronterstel om lekker aan jou sy te sit nie maar moet tenminste gemaklik wees dat dit jou nie konstant pla nie en dit sal n ordentlike holster vir jou gee.

Wat stoorings aanbetref het ek ondervind dat meerderheid van die tyd is dit oor die qc wat nie op standaard is as manne self laai nie en te min kruit ens ingooi met progressive herlaai toerusting dit is hoekom dit so belangrik is om gereeld jou punte te weeg. Ek laai maar nog een vir een en het nog nie een stooring of squib load gekry nie.

Groete
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel?

Post by Jacko »

FCLoretz wrote:
Jacko wrote:
FCLoretz wrote: 90% van die tyd? Alle factory loads werk nie altyd in alle handwapens nie, of sit ek die pot mis?
Fair enough, maar dis voor die hand liggend.

Maar met handloads kan jy 'n betroubare wapen onbetroubaar maak.
Jacko, dit was meer 'n vraag as 'n stelling. Handwapens leer ek maar nog van. Ek verstaan dat hand loads minder betroubaar is as Factory ammo. En vir daardie rede glo ek jy koop SD ammo en laai jou eie range ammo
Juis.

Onthou, handloads wat op range gebruik word, word tuis in grootmaat gelaai. Ek laai bv verskeie fabrikate se doppe deurmekaar (omdat jy dit so op baan optel).

As jy handloads benader soos geweer ammunisie, kan dit baie betroubaar wees, maar in die praktyk laai 'n man 'n minimum van 200 op 'n slag en laat waai.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by spekieries »

Dankie Jacko wat jy sê maak ook sin.

Ek moet sê ek het besluit op die CZ p07 op grond van die feit dat hy heelwat goedkoper is as die Glock 19 wat op sy dimensies geskoei is. Na aanleiding van baie navorsing lyk dit of hy betroubaar en redelik akkuraat is met " Double Stack" magasyn wat 15+1 rondtes vat.
Ek hou van die " Double action" en verkies dit bo die "striker fire" hoewel ek sien dat die Amerikaanse polisie juis oorskakel na die Glock toe want hulle sê dit is baie makliker om rekrute daarmee op te lei.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Arnold »

Ouens, julle moet ook besef dat die vorm van die koeël n invloed gaan hê op hoe hy voer in jou wapen.

Meeste moderne pistole het nie probleme nie nie maar ander pistole kan storings kry met fabrieks ammo agv die koeëls se vorm en die lengte teen wat hulle gelaai is.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Hein M. »

Arnold wrote:Ouens, julle moet ook besef dat die vorm van die koeël n invloed gaan hê op hoe hy voer in jou wapen.

Meeste moderne pistole het nie probleme nie nie maar ander pistole kan storings kry met fabrieks ammo agv die koeëls se vorm en die lengte teen wat hulle gelaai is.
Jy is reg. Veral die ou Colt 1911 ACP wat gesukkel het om iets anders as ball betroubaar te voer. Die Browning HP het ook daarmee gesukkel. Deesdae se pistole het nie baie sulke pyne nie.
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by uitenwaj »

Spiekeries daar is niks vout met die CZ p07 duty nie en met die gen2 is daar baie verbeterings aan gebring. Bly maar n persoonlike keuse oor hoe hy vir jou lyk en voel.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Ratel »

spekieries wrote:Ek probeer nie moedswillig wees nie maar verduidelik vir my ook asb. hoekom fabrieksammunisie in handwapens meer betroubaar is. Ek is nie groot op handwapens nie. Ek het altyd 'n 9mm para ADP gedra. Ek het hom nou ingeruil op 'n CZ P 07.
Ek het nie baie met die ADP geskiet nie seker so 2000 rondtes vandat ek hom in die vroeë negentigs gekoop het. Ek het hom net met selfgelaaide ammo geskiet. As ek oefen het ek sommer gewone "ball" gelaai en my dra rondte was Speer se Gold Dot. In die tyd kon ek die storings op my een hand tel. Ek het nie dryfmiddel net met volume gelaai nie ek het so elke derde lading geweeg. Help asb. ek verstaan nie.
Kom ek gee 'n voorbeeld van hoekom hand gelaaide ladings soms probleme gee. Handwapens met sogenaamde "unsupported" kamers (dis nou waar die kamer nie die dop heeltemaal toemaak nie aan die onderkant van die kamer, gewoonlik as jy die loop uithaal en 'n dop in die kamer sit kan jy so 'n half maan gedeelte van die agter-onderkant kant van die dop sien) Hier moet ons nie net lees Glock nie want baie handwapens het "not fully supported" kamers. Sodra jy 'n dop baie keer oor en oor herlaai vorm die deel van die dop wat unsupported in die kamer is 'n "bulge" of 'n tipe van 'n knop. Die matrys resize gewoonlik nie die dop tot agter teen die rim nie en die knop bly dan op die dop, maw. die dop se agterkant raak nou te dik vir die kamer. Dit kan dan tot gevolg het dat die herlaaide ronde volgende keer nie ten volle in die kamer wil pas nie. Dan is daar soos reeds genoem squibs en ander probleme waar te min kruit gegooi is om die slide ten volle terug te druk ens. Ander kere is die TPL heeltemaal te lank wat maak dat die rondte ook nie heeltemaal kamer nie. Baie ouens sal om die dood nie erken dat hulle nog meer moet leer van herlaai nie en sal eerder die indruk skep dat die wapen probleme gee. Net soos by herlaai vir gewere moet 'n ou ook maar streng kwaliteit beheer toepas.
Al die probleme hierbo genoem is maar foute van die herlaaier se kant. In jou geval soos genoem was jou kwaliteit beheer en manier van herlaai reg en daarom het jy geen probleme ondervind nie. Wat fabrieks ammo betref is daar 'n sekere handelsmerk van Suid Afrika wat ek nie in my wapens sal skiet nie. Ek sien my herlaaide ammo as van baie beter gehalte.
Maak 'n verskil
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Carl »

spekieries wrote:Ek moet sê ek het besluit op die CZ p07 op grond van die feit dat hy heelwat goedkoper is as die Glock 19 wat op sy dimensies geskoei is. Na aanleiding van baie navorsing lyk dit of hy betroubaar en redelik akkuraat is met " Double Stack" magasyn wat 15+1 rondtes vat.
Ek hou van die " Double action" en verkies dit bo die "striker fire" hoewel ek sien dat die Amerikaanse polisie juis oorskakel na die Glock toe want hulle sê dit is baie makliker om rekrute daarmee op te lei.
CZ is uitstekende pistole en hierdie pistool is 'n baie goeie opsie vir EDD. Oefen en oefen dan bly jy nie net 'n rekruut nie ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Plaashaas »

My opinie:
1. 9mmP - By verre die mees beskikbaar en goedkoopste om te skiet, dus gaan jy meer skiet/oefen wat die belangrikste factor is van EDC. Ongeag dit `n .22 of .45 is, jou skoot plasing op centre mass is die belangrikste. Dus oefen soveel jy kan. Ouens wat EDC moet volgens my nie minder as 200 rontes efektiewe opleiding per maand skiet. Doen bietjie senario's of nog beter word deel van `n club. Jy gaan verbaas wees hoe dinge verander as jy vanuit jou kar moet skiet.
2. Wat die pistool betref, kry iets wat vir jou werk. Iets wat jy sal kan EDC met jou kleredrag. My swaer is `n rep en het sy CZ75B (puik pistool) verkoop vir die Glock 42 wat baie klein is en beter conceal. Dus dra hy hom meer as die CZ en daardie geval is die Glock 9mm Short dan beter want die CZ in die kluis gaan nie sy lewe red nie.
3. Versorg jou pistol want jou lewe kan daarvan afhang. Ek het laas week my pel se Glock bekyk en hom gevra waarom hy so vuil is, sy antwoord was "mens maak nie `n Glock skoon nie" en "`n Glock fail nie". Ek het net daar verkeerd bewys en die pistol het 2 keer ge-double feed. In `n live or die situasie sou hy dit dalk nie gemaak het nie.
4. Onthou as jy begin dra vir selfverdedeging dat jou wapen nog steeds jou laaste opsie is. Jy sal weet wanneer dit is want as jy daaroor moet dink, is dit nie.

Gaan kyk gerus na die Ruger LC9 As j na iets compact soek wat nie te duur is nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Alwin »

My opinie: Daar is deesdae so baie goeie SV wapens om van te kies, dat die keuse nogal moeilik is. Maar almal is heel geskik. Wat verskil is smaak en voorkeure. Bv., ek het gister 'n S&W SD9 hanteer. Wat 'n ordentlike pistool! Maar ek persoonlik hou nie van die greep en sneller nie. Ek sou wel kon leer om reg te kom met hom, maar 'n Glock werk vir my beter. Die volgende persoon gaan anders dink daaroor, dit maak hom/haar nie verkeerd nie.

Wat wel 'n groot verskil maak in 'n lewe-en-dood situasie, is vaardigheid. Vaardigheid met jou wapen, ook in SV situasiues (nie net op statiese papierteikens nie) is wat jou lewe gaan red of nie in 'n geveg.

My advies is dus, kry 'n wapen waarvan jy hou, en kan bekostig, en gaan leer die ding gebruik in gesimuleerde gevegs-situasies. Uiteindelik is dit jou vaardigheid wat jou lewe kan red, nie die wapen alleen nie. (Herhalings is doelbewus!)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel

Post by Hein M. »

Alwin Fleischmann wrote:My opinie: Daar is deesdae so baie goeie SV wapens om van te kies, dat die keuse nogal moeilik is. Maar almal is heel geskik. Wat verskil is smaak en voorkeure. Bv., ek het gister 'n S&W SD9 hanteer. Wat 'n ordentlike pistool! Maar ek persoonlik hou nie van die greep en sneller nie. Ek sou wel kon leer om reg te kom met hom, maar 'n Glock werk vir my beter. Die volgende persoon gaan anders dink daaroor, dit maak hom/haar nie verkeerd nie.

Wat wel 'n groot verskil maak in 'n lewe-en-dood situasie, is vaardigheid. Vaardigheid met jou wapen, ook in SV situasiues (nie net op statiese papierteikens nie) is wat jou lewe gaan red of nie in 'n geveg.

My advies is dus, kry 'n wapen waarvan jy hou, en kan bekostig, en gaan leer die ding gebruik in gesimuleerde gevegs-situasies. Uiteindelik is dit jou vaardigheid wat jou lewe kan red, nie die wapen alleen nie. (Herhalings is doelbewus!)
Baie goeie raad! ;)
Post Reply