Teleskoop vir 223

Post Reply
Shaker
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Mon Sep 16, 2013 9:42 am

Teleskoop vir 223

Post by Shaker »

Dagse Manne, Ek wil graag so bietjie raad/opinies kry rondom ‘n teleskoop vir my .223 (CZ Varminter)

Die geweer sal waarskynlik 80% nagskiet en 20% papier.

Ek sal verkies om nie meer as 7K te spandeer nie maar sal kyk na opsies indien dit sin maak.

Spesifiek wil ek hoor:

Vervaardigers – (Spesifiek rondom waarde vir geld en diens)

Illuminated Reticle – Vir die manne wat baie skiet: Maak dit verskil?

Vergroting – Watse vergroting stel julle voor.

Buisdikte – Is 30mm nodig?


Ek lees graag.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Teleskoop vir 223

Post by musgrave270 »

Shaker

Ek het 'n 6.5-20*50 Burris Fullfield met die Balistic plex op my 223. Lewenslange waarborg, puik glas, 25mm buis. Jy behoort dit gemaklik vir onder R7k te kan koop. kruishaar is lekker fyn vir papierskiet, maar nie te fyn vir in die nag skiet nie. Die Balistic plex kruishaar maak die opmik vir die verder skote in die nag makliker. Ek moet ook by sê, die geweer het al 'n bietjie rowwe pak gevat en die teleskoop hou nog sy zero. Daarmee is ek baie beindruk.

Groete
Ruan
Shaker
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Mon Sep 16, 2013 9:42 am

Re: Teleskoop vir 223

Post by Shaker »

Dankie Musgrave, het joune die AO knop of stel dit voor?
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Teleskoop vir 223

Post by musgrave270 »

Die Parralaks stel mens aan die voorkant
Post Reply