Goeiedag menere.
Ek het bietjie raad nodig asb?
Op my 300 Win Mag het ek n Warne (0 MOA) rail en Leupold se Mark 4 tactical ringe. Die medium ringe. Saam met die 4-12 x50 teleskoop werk hulle baie mooi met die objective wat so 4mm van die loop af is.
My probleem is dat ek rails op my 22-250 en 270 ook wil sit. Beide roere het 3.5-18x44 scopes op. Bg Leupold ringe, medium hoogte is te hoog vir die x44 teleskope. As ek reg is maak Leupold nie die mark 4 in lae ringe nie. Watter alternatief kan ek gebruik wat soortgelyk is aan die Mark 4 ring behalwe Warne, wat beskikbaar is in lae ringe vir die bietjie kleiner x44?
Baie dankie.
Met n vleisie....
