Wat vang so?

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat vang so?

Post by Stefan764 »

SwartlandNooi wrote: is daar enige ander alternatief, en met watter aas stel ek die wip of hok (en dan weereens - waar kom ek aan so iets?)
More nooi en welkom op die forum.

Met hierdie behoort jou plaaslike natuurbewaringskantoor (of die naaste een aan jou distrik) jou mee te kan help. Hulle kom stel die hok gewoonlik vir jou (een van hul eie hokke). Dit werk so in die Wes-Transvaal (Noordwes-provinsie) weet nie of dit daar by jou ook die geval gaan wees nie. Maar ja, dis my raad. Kontak hulle ivm vanghokke. Hulle wil mos gewoonlik die kwaaddoener "relocate".

My alternatief is: V-max'e...
Kry n proffessionele probleemdierbeheerder in. Haal mar die paar randjies uit en weet ten minste jy het nou als gedoen wat jy kan, die bol is nou in sy hande... Dis nou bygese as dit Jakkalse of katte is. Met die ratels en otters weet eki so lekke of die Jaracal manne se roepe al so gevorder is nie...

In alle geval, baie sterkte en kry hulp vroegtydig in.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat vang so?

Post by Louis102 »

SwartlandNooi wrote: ... en sy was nog spekvet en gesond ... die groot bloedsmeersels op die lyf ...
Swartlandnooi

Daar is baie redes hoekom 'n spekvet en gesonde ooi dood aangetref kan word.  Dit is wel moontlik dat dit wat so aan die kop gevreet het, nie die ooi doodgemaak het nie, is wat ek probeer s?.  

Byvoorbeeld:  Hond / jong jakkals byt ooi, sy kom weg maar bloei vreeslik.  Of dalk 'n fietsspeek wond van 'n twee been jakkals.  Vrek van ontbering, stres en bloedverlies.  Iets anders (soos 'n roofvo?l) vreet die wange.  Nou bring die eienares nie die kloutjie by die oortjie nie.

Het egter weer na die foto's gekyk en ek mag dalk die pot heeltemal mis sit.  Dit was net 'n vinnige teorie van my kant.  Sal steeds wil weet of die ooie al lank in die betrokke kamp loop?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Wat vang so?

Post by Namib »

More julle

Net so van die os op die jas Stefan764 ek het al n ratel op my fox Pro XR6 gehad.Tande merke sit nog,was met Lightning Jack.

Louis102 niks fout met jou teorie;Het so tyd trug n maat in nood gaan help en was 4 nagte in die velt.Hier en daar groukat,bakoor,draaijak maar niks vlekkie of rooikat gehoor of gesien nie.Die byt en vreet het baie na die vangs gelyk.Die buurman se wagter se huis nie ver van sy draat,stop die een middag om te hoor of hulle darem in die aand die jekkoltjies hoor.Ja gooi hy ,hulle skree sommer helder oor dag en wys in die rigting waar die skaap gevang word.Vra een of twee,nee moet n klomp wees.
Ek maak nie hond haar af nie en kom met n rooi gesig huis toe.Was nie 3 weke later bel hy my ,hulle het die jakkals gevang(Toe voel ek soos n aap)nee se hy was toe al die tyd die buurman se wagter met sy 5 honde.Honde byt dood,hy vat een en los die res.

Groete
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Wat vang so?

Post by Mac »

Ek is nogal in lyn met Louis op hierdie een, weet nie wat se giftige plante in julle gebied is nie, maar party kan 'n skaap sommer binne 'n paar tree laat vrek onder die optimale toestande. As jy weer dit oorkom, laat jou veearts 'n PM doen, want die enigste ander opsie is hyena, en dit is onvaarskynlik in die dag. Die meeste roof voels begin by die kop eet, en ek het al hier by my gekry dat witkruis arende al begin eet voor die dier gevrek het. Kry ook heelwat bloed dan.

In FM se taal, my 2c
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Baie dankie vir al die 5sente!! Die paar rand begin darem nou al rigting gee!

@ Louis - jong die skapies van my loop al so 3 weke in die kamp .. Was net erg snaaks die gesig wat so gevreet was en indien dit n roofvoel was, hoekom is die oe nie uit nie (of sit ek die pot hier mis??) En dan hoekom die diep kloof onder die regteroor - of kan die roofvoels dit ook doen?

@ Stefan - ja nee jong, gaan maar eerder alle teoriee en opsies vat voor lamtyd - nou besig met jakkalsdraad om die kamp en n veel ligter broeksak  :(
Sal def die natuurbewaring opsie probeer - kom ons kyk wat hulel kan doen, anders was op die forum se lys van jagters - sien daar n ou in Ceres wat naby genoeg is

Ware dank vir al julle hulp en 2 sente
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

P.S. en as dit n roofvoel was - hoekom sou die res van die skape krapmerke opgehad het en uitgebreek het uit die kamp uit (ja miskein die krappe opgedoen met die uitbreek)
Jammer vir al die vrae - maar in my leuke ondervinding het ek al agtergekom dat vrae vra die beste is eerder as naief..

Moi bly
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Wat vang so?

Post by fanie17 »

Natuurbewaring sal n hok bring.Jy kan n bruinheina nie roep,as jy kan weet ek nie daarvan nie,n Aap is die beste in die hok.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Wat vang so?

Post by Skolla »

SwartlandNooi wrote: 3. Buurman se 4 been kind loop saam mamma sondae rond (Belgian sheperd kruis) ??? ??? ???
Die dorpers is my goud op die plaas,
Is daar nog skape wat daar naby aangehou word?
En het daar niks van die aard gebeur nie?
Sal graag op die einde wil hoor wat dit toe was.

Skolla
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Mirag

Begin al hoe meer dink dit was n rondloperbrak ..
Daar is nog baie skape in die area - hier en daar jakkals se kind wat kom kuier - maar kan def sy tendens ID.
Buurman so 2 plase weg het so 8 ooie en lammer verloor n week terug aan n pak rondloperhonde - ongelukkig nog nie vasgetrek nie .. en wonder of dit nie een van die groep is wat nou solo gaan nie..

Verder begin ek ook nou moed verloor om die wetter die kry - maar terugsit, kyk en wag (geduld nie my sterkste punt nie  :-\ )

Tara
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Menerens

Ek dink ons het die wetters gekry - buurman se werkers se honde
2 van hulle

So ver ek verstaan en van my Pa se tyd ook - het bure n 'gemeenskaplike' ooreenkoms gehad: geen aanbly werkers mag honde he nie - is dit vandag ook nog so?
En aan wie se deur gaan ek nou klop?

Tara
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Wat vang so?

Post by 222 »

SwartlandNooi wrote: So ver ek verstaan en van my Pa se tyd ook - het bure n 'gemeenskaplike' ooreenkoms gehad: geen aanbly werkers mag honde he nie - is dit vandag ook nog so?
Dit is soos jy s?, dit is 'n onderlinge ooreenkoms tussen bure, ons het ook so ooreenkoms tussen ons bure net met die byvoegsel op die ooreenkoms dat as ons 'n losloper hond in die buurman se veld sien ons hom maar mag aanhelp na honde-hemel.

Jy kan die saak by die SAPD aangee maar ek glo nie dit sal help nie, as jy dit aangee het jy darem 'n saaknommer en dit help soms. Meskien moet jy vir hulle so stukkie wors met bietjie Aromat uitsit. ;D
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Wat vang so?

Post by frinam »

Tara, geluk en dankie vir terugvoer. Was van die begin af redelik seker dit is een of meer honde. Hulle mors so wanneer hul skaap vang(bytplekke ens). Rondloperhonde is deesdae 'n moeilike enetjie. Jy is blykbaar redelik sensitief oor sekere beheermetodes maar met die brakke moet jul hul of "redhanded" tussen die skape betrap en skiet(uit selfverdediging)  :angel:, of die minder aanvaarbare ene, plaas lokaas met "1080" uit in die omgewing waar hulle mors en kraal die skape snags. Voorspoed, laat gerus weet watter opsie jy gevolg het en hoe dit gewerk het, die "ou" ooreenkoms tussen bure dat honde nie deur werkers mag aangehou word nie, sal deesdae nie baie water dra nie, die direkte metode is ongelukkig die enigste opsie op die stadium. My 2c, Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Wat vang so?

Post by Namib »

Middag
fanie17 wrote: Natuurbewaring sal n hok bring.Jy kan n bruinheina nie roep,as jy kan weet ek nie daarvan nie,n Aap is die beste in die hok.
Fanie17 hier by ons kry jy die bruinheina en ek het op 7 geleenthede waar ek jak geroep het,het hy in gekom.Dan moet ek se hy kom nie draai -draai nie,nee hy hol sommer.

SwartlandNooi, bly jy het die wetters.Nou net geen genade,eenkeer gedoen hy sal dit weer doen.(Gooi hulle al op die ore met Blitz King/v-max maak nie saak nie...laat hulle net val.)

Mooiloop
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Naandse

Dankie vir al die terugvoering: ja jong ek glo dis die wetters - toe die 'eienaars' van die 2 loslopers gekonfronteer is (het n klip in die bos gegooi en was nie seker nie) - het hulle niks ontken nie en gese die honde breek so uit (sekerlik moes hulle bebloede bekke gesien met die terugkoms Sondag - en so bou ons mos 'n nasie.... )
Gaan more met meneer die buurman gaan koffie drink en kyk wat is die uitloop van sake - sal verkies om hulle 'menslik' mee weg te doen i.e. te skiet of eerder n middel dan wat vinniger werk as 1080.
As buurman nie oorgee nie - honde lok en self groener weivelde vir hulle offer

Sal julle menerens op hoogte hou

Moi bly
L
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat vang so?

Post by Christo »

Lara, mmak met seker die neienaars teken een of ander toestemmingsbrief. Hier al lelike stelle afgetrap voor die toestemmingsbriewe geteken is.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat vang so?

Post by Geno »

ek het op die Ho?veld al 'n klomp skaapvanger honde geskiet, insluitend my eie hond. Kyk gerus tussen die brakke se tande, die wol sit partykeer daar vas, ek weet net nie of dit nou nog na 4 dae daar sal wees nie. Groete, Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang so?

Post by Gerhard »

SwartlandNooi wrote: Naandse

Dankie vir al die terugvoering: ja jong ek glo dis die wetters - toe die 'eienaars' van die 2 loslopers gekonfronteer is (het n klip in die bos gegooi en was nie seker nie) - het hulle niks ontken nie en gese die honde breek so uit (sekerlik moes hulle bebloede bekke gesien met die terugkoms Sondag - en so bou ons mos 'n nasie.... )
Gaan more met meneer die buurman gaan koffie drink en kyk wat is die uitloop van sake - sal verkies om hulle 'menslik' mee weg te doen i.e. te skiet of eerder n middel dan wat vinniger werk as 1080.
As buurman nie oorgee nie - honde lok en self groener weivelde vir hulle offer

Sal julle menerens op hoogte hou

Moi bly
L
Hulle moet maar gedokter word soos die 2 been jakkalse dit hier in die stad doen....

"2 Step"

As jy hulle op jou grond kry klop hulle.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Mirag Menerens

Verseker as ek hulle hier op die grond kry !!
Ding is nou net om hulle hier te kry ... mmm

@Gerhard - lol @ 2step - gee n ander mening aan danspassies

@ Eugene - nee jong, vir vlos is daar nei tyd nie - en glo ook nie nou meer enige iets werd nie

@Christo - dito vir die brief - geoie een daai - en sal dit in my broeksak hou wanne die papsak da vloei

Moi bly maters

Liezl  (Die "L" was vir Liezl, die "Ta" en  "Tara" net n lui manier om koebaai te se  ;) )
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang so?

Post by Gerhard »

SwartlandNooi wrote: Mirag Menerens

Verseker as ek hulle hier op die grond kry !!
Ding is nou net om hulle hier te kry ... mmm

@Gerhard - lol @ 2step - gee n ander mening aan danspassies

@ Eugene - nee jong, vir vlos is daar nei tyd nie - en glo ook nie nou meer enige iets werd nie

@Christo - dito vir die brief - geoie een daai - en sal dit in my broeksak hou wanne die papsak da vloei

Moi bly maters

Liezl  (Die "L" was vir Liezl, die "Ta" en  "Tara" net n lui manier om koebaai te se  ;) )
Liezel,


2 step is lekke sterk medisyne vir honde...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

@ Gerhard

Jip al gehoor van die "2step" - net so in my binneste gewonder hoekom dan nou 2step..? (Neem ma an dit werk vinnigste - net jammerte een van ons lekeste danspassies is daarmee heen)
Volgende uitnodiging op die dansvloer vir 'n 2step - sal ek maar "2" keer moet dink!!  ;)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat vang so?

Post by BLOK »

Two step werk soos n bom, jakkals loop letterlik net twee tree voor hy val. Ek het lank terug met wolwe gesukkel wat my volstruise se eiers ge eet het. sit toe letterlik net mespint vol in een van die eiers. Wragtag die volgende oggend le ta met sy kom sommer so binne in die sop so vinnig werk dit. Ek weet mens moet net nie te veel gebruik nie anders braak dit net als uit en al wat dan gedeer is hy word baie siek.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Wat vang so?

Post by frinam »

L, dankie dat jy nou uiteindelik die naam ding uitgeklaar het, anders het die forum menerens soos jy ons noem, jou heel herdoop. Vanaf Tara tot Lara en alles tussenin, amper het jy 'n id krisis ontwikkel :D. Voorspoed met die brakke, maak nie saak watter steps jy gee nie, hoop jy kry hul "uitgesort". Duitswes groetnis- Nambabwe meneren
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat vang so?

Post by Christo »

frinam wrote: L, dankie dat jy nou uiteindelik die naam ding uitgeklaar het, anders het die forum menerens soos jy ons noem, jou heel herdoop. Vanaf Tara tot Lara en alles tussenin, amper het jy 'n id krisis ontwikkel :D. Voorspoed met die brakke, maak nie saak watter steps jy gee nie, hoop jy kry hul "uitgesort". Duitswes groetnis- Nambabwe meneren
Jip, dit is wat gebeur. En ons verwilder die dames ook so.

Sorry vir die naamding Liezel. Is daar nie van die wilde "mak" varke daar by julle nie?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Wat vang so?

Post by Ambessa »

Hallo Swartlandnooi
SwartlandNooi wrote:...die Ooi was net in die Gesig byt - geen ander merke by die boude of pens nie
Weer na die fotos gekyk. Wonder nog steeds, bitter min skade - vel elders geskeur ens - vir 'n hond(e).

Ambessa
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Morese Ambessa

Nope, niks nerens anders gebyt of merke nie ..

Tussen al die replies etc - berus ek my nou maar by 2 opsies:
1. Ratel - heel onwaarskynlik dat hy dit deur de dag sal doen - maar die bytwonde is kermerkende
2. Hond se kind - al dier wat in helderdaglig so grot ooi kan platttrek ...

Help my asb indien ek pad af is

Moi bly

L  :)
Post Reply