Naand Almal,
Ek het bietjie inspeksie gedoen op my 375 H&H vanaand en gesien die aksie skroewe was nie 100% vas. Ek kon dit tussen n halwe sirkel tot 2/3 draai.
My vraag nou - sal dit n impak he op waar my geweer skiet? Hy was mooi gezero.
Groete
Cornelius
Aksie skroewe
-
Chrisjan
Re: Aksie skroewe
Elke geweer verskil, die bedding ens is nie dieselfde nie. Maar as jou aksie nie uit die kolf was nie en jy net n halwe draai vas gedraai het sal daar nie n meetbare veskil wees nie. Indien wel sal dit n kwart of half duim op 100m wees. Moet nie jou bekommer nie, jy gaan mos zero cueck as jy op jagplaas kom weens lugdruk n groter verskil op zero maak.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Aksie skroewe
Los boute kan 'n redelike verskil maak, so ook vuilgeid soos olie tussen die aksie en die kolf. Ek het gesukkel met my een roer, tot ek weer die kolf afgehaal het, dit en die aksie mooi skoon gemaak het en weer aanmekaar gesit het. Die boute moet goed vas wees. 'n Vriend van my het so klein "torque wrench" altyd by hom as hy gaan skiet. Na 'n klompie skote maak hy weer seker dit is reg.
Indien jou aksie gebed is moet dit styf vas te wees vir konstantheid.
Indien jou aksie gebed is moet dit styf vas te wees vir konstantheid.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Cornelius
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm
Re: Aksie skroewe
Dankie Chrisjan en Giepie - ek gaan die naweek sommer gou kyk watse verskil dit gemaak het. Dis goed om al die goed na te gaan lank voor die eerste jag dan kry n mens nie verrassings.
Lekker dag
Lekker dag