Buris Iliminator III

Post Reply
User avatar
DriesdlR
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am

Buris Iliminator III

Post by DriesdlR »

Dagse

Wie is vertroud of gebruik hierdie scope?

Ek sal graag n gebruikers opinie oor die scope wil he vir ALGEMENE skiet en jag. Bosveld sowel as vlakte jag?
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Buris Iliminator III

Post by Boesman10 »

Ek gebruik nou al 3 jaar lank die Eliminator III op my .308. Die voordele vir my is as volg:
1) Ek gebruik ligte 130 grein Impala punte asook swaar 180 grein punte. Afhangende van watter punt ek die dag veld toe neem of baan toe neem kan ek maklik die ballistiek verander op die scope en ek is op teiken.
2) My seun skiet nie gereeld nie en om vir hom te se hy moet 2 duim of 6 duim op of af mik of om te se hy moet drie lyne in die teleskoop aftel en daar skiet werk nie lekker nie. Met die Burris druk hy die knoppie en die scope se presies waar hy moet skiet.
3) Ek is ook 'n PH wat gereeld kliente uitneem of korporatiewe jagtogte vergesel. Vir mense wat nie gereeld skiet nie is die scope fantasties.

Die enigste negatief is dat die vertikale lyn in die scope bietjie dik is en vir baie naby papier teikens kan dit miskien die senter kol verberg.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Post Reply