Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek heg die fotos van voor en na die tyd aan. Ek kan die man regtig aanbeveel. Hy weet wat hy doen en doen baie moeite wat mens nie vra nie. Die kolf is n kevlar kolf. Die werk om die Cerakote op te sit het maw verskil van die gewone hout of sintetiese kolwe.
Die kleur noem hy : "50 shades of grey"
Ek het wel al in Spetember 2014 my kolf se plekkie in die produksielyn bespreek en is in Febriarie 2015 gehelp. Dit was die wag werd. Hy is baie besig en ek kan verstaan as ek na die kwaliteit kyk.
Wat vra hy vir die werk,het hy die opvul en voorbereiding ook gedoen? Dink daaraan om my kolf ook te doen.
Al sy werk wat ek nog gesien het lyk baie netjies
Hy het sekere opvullings gedoen.
Die prys is iets wat gaan verskil agv die bogenoemde. Piet het gesê die kevlar is maar n ander tipe materiaal om mee te werk.
Jy sal maar met hom moet skakel en vir hom fotos ens stuur dat hy self n prys vir jou kan gee. Die pryse op sy website is baie naby aan reg as dit net Cerakote is van die kolf.
VdWalt
Ja wat kan ek sê. Hulle kom soms so vinnig in en naby aan die bakkie. Ek het hulle maar gem$#r. Ek hou nie van koeëls mors nie.
Dit lyk mooi ja.Piet doen uitstekende werk.Die man sing ook nogals mooi,jy kan sy musiek download op iTunes.Soek Piet Van Wyk De Vries.Een van sy mooiste liedjies is MadelaineMadelaine.Ondersteun hom ook daar as julle kan.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?