SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Daar is definitief twee groepe hier en as ek dit so kyk is dit hoofsaaklik die manne wat een of ander betrokkenheid by telery het wat pro kleur variante is. Sal my so bietjie laat dink as ek met honderde duisende rande se kleur bokke sit.

- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Fritz ek verstaan ook nie jou vraag 100% nie, sal graag wil hoor
Giepie hoe verstaan jy sy vraag en stem saam?

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Giepie
Nou hoekom antwoord jy dit dan nie. Oom tripod hoe is die teel van die wild totaal on natuurlik. Miskien verstaan ek dit nie mooi nie ek dink tog so. Maar een ding wat ek verstaan en dit is dat sajagters se verklaring uiters arrogant is. Deur vir die boere waar hulle wil jag te se wat hulle moet doen en nie moet nie. En nog vir die regering te vra om na die praktyk te kyk. Dit is die punt. Wys vir my een boere organisasie of wildtelers organisasie wat vir hulle gese het hoeveel hulle lede geld moet wees. Sover ek weet niemand nie.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Beretta, jy het 'n passie rondom SA Jagters. Hulle is 'n vrywillige organisasie. Jy hoef nie aan hulle te behoort nie.Beretta wrote:Giepie
Nou hoekom antwoord jy dit dan nie. Oom tripod hoe is die teel van die wild totaal on natuurlik. Miskien verstaan ek dit nie mooi nie ek dink tog so. Maar een ding wat ek verstaan en dit is dat sajagters se verklaring uiters arrogant is. Deur vir die boere waar hulle wil jag te se wat hulle moet doen en nie moet nie. En nog vir die regering te vra om na die praktyk te kyk. Dit is die punt. Wys vir my een boere organisasie of wildtelers organisasie wat vir hulle gese het hoeveel hulle lede geld moet wees. Sover ek weet niemand nie.
Dink jy om lid van die boere of wildtelers organisasie te word, kos nie geld nie. Wie bepaal daardie lidmaatskapfooi? Nou betaal jy jou geld en word lid en is onderhewig aan hul reëls en voorskrifte.
My verwysing na teel is om die diere in klein kampies te hou, in te meng met siekte ens. en hul velkleur te selekteer deur intensiewe inmenging. By boer bedoel ek die aanhou van wild op 'n groot stuk grond sodat die natuur sy gang kan gaan. Ons as inwoners van Suid-Afrika moet kapsie maak oor sulke onnatuurlike doen en late met ons vrye natuurlewe - dit is wat my punt is - jy hoef nie jouself jagter te noem nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Jy is reg ek het n passie oor sajagters en dit is nie n goeie passie nie. Ek het ook nie gese dat dit jou nie gaan geld kos as jy aan die boere of wildtelers organisasie behoort nie nou net weer gaan lees daar staan het hulle al ooit vir sajagters voirgeskryf hoeveel lidmaatskap fooie hulle mag vra so maw sajagters wil vir die boere vvorskryf wat hulle mag en nie mag doen nie of. Met jou verwysing dat ek my nie n jagter hoef te noem nie vind ek jou uitspraak uiters vreemd. Net ter inligting ek is liewers in wese en in my hart n jagter as om te betaal om een genoem te kan word.
Sterkte en groete my vriend
Beretta
Sterkte en groete my vriend
Beretta
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Pheewwwww hier is 'n paar manne wat bietjie moet afkoel voor hulle iets bars in hulle koppe.....

- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek en my vriende sal in die toekoms baie meer selektief wees waar ons ons geldjies spandeer en slegs die plase ondersteun wat nie die met hierdie smartie bokkies teel nie. IPV staats ingryping kan SA jagters dalk hulle lede ook aanmoedig om dieselfde te doen (Sorry Beretta - ek dink jy het sopas 'n tripple backflip gedoen
)
Ek vir een is bly dat daar darem een groot organisasie is wat bereid is om in te gryp. As individu gaan ons sukkel om iets uitgevoer te kry. Dit gee ook so bietjie gemoedsrus dat daar so baie hier op die forum is wat die groter prentie sien.

Last edited by Hein22 on Wed Feb 25, 2015 11:54 am, edited 2 times in total.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Dink terug aan die 300m-debakel en wat eintlik aanstoot gegee het. Die manier waarop dit gedoen is het waarskynlik gelei tot die meeste ongelukkigheid.
Daar is in beginsel nie veel verskil tussen hierdie SA Jagters kommunikasie en die vorige debakel oor die 300m perk nie. In albei gevalle is SA Jagters se intensie goed maar die manier waarop die boodskap verwoord en uitgedra word dalk nie heeltemal reg nie. Net soos met die 300m, moes die verklaring van die begin af bygevoeg het dat dit wel met die nodige kennis, oefening en toerusting baie suksesvol gedoen kan word. Die gewone "biltongjagter" (hoe is die benaming nie rondgegooi die laaste ruk nie...) word egter op die risikos gewys en dat dit riskant is om dit te probeer op lewendige teikens oor daardie afstand met jou oupa se 303 indien jy nie voorbereid is nie.
Dieselfde geld vir die teel van variasies. Onder die regte omstandighede en met die nodige kennis kan dit baie suksesvol gedoen word, sonder enige risiko dat dit nadelige gevolge gaan hê vir ons nalatenskap. Daar is baie kundige telers wat dit al vir jare doen. Die risiko wat SA Jagters voor versigtig is kan eerder spruit uit kansvatters wat 'n vinnige rand wil maak en sodoende kortpaaie vat en onskuldiges inloop. Wat SA Jagter (en WilDBEWARING) egter kon doen is om die boodskap sagter te stel. Dit is die eerste keer wat hul 'n verklaring hieroor uitreik... dalk is daar effens met die deur in die huis geval. Net soos met die 300m-ding gaan dit natuurlik die ander party warm onder die kraag maak.
Die bedoeling glo ek is opreg en sonder bybedoelings, maar dalk kan SA Jagters in die toekoms net bietjie aan hul PR-inslag skaaf. Dalk sien ons weer 'n 2de verklaring wat moontlik beter verwoord sal wees?
Bly kalm vriende, ons is in dieselfde span.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Matewis
Uitstekend gestel!
Groetnis
Wouter
Uitstekend gestel!
Groetnis
Wouter
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Het jy dan nie gelees dat die bokke nie geteel word vir WIT JAGTERS nie en dat ons geen invloed op die telery het nie?Hein22 wrote:Ek en my vriende sal in die toekoms baie meer selektief wees waar ons ons geldjies spandeer en slegs die plase ondersteun wat nie die met hierdie smartie bokkies teel nie.
Dit word seker net geteel vir SMARTIE JAGTERS om jag, want die manne systap die vraag of die eindverbruiker net nog 'n teler is...
Skote (Petoors) Matewis!
Koel maar af manne en onthou gerus, nie almal wat vrae vra, is jou vyand nie, party mense is wragtag net nuuskierig oor jou uitkyk oor die ding.
Aim small, miss small
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Die hoeveelste ou het nou al by my kom kla oor SAjagters se inmenging, ek het niks daarmee te doen nie, alle jagters is nie lid van SAjagters nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Kleurvariasies word hoofsaaklik vir teeldoeleindes aangewend teen astronomiese pryse (wat net aanhou styg). Slegs enkele oorsese jagters stel belang en kan bekostig om hierdie bokke te jag.
Die plaaslike jagter stel belang in die maksimum pond vleis vir sy Rand. Ek dink nie kleur is vir hom belangrik nie, tensy hy verniet kan skiet.
Beide stellings is feite.
Doelstellings van die teler en die jagter is dus werelde verskillend van mekaar. Dis iets wat beide partye moet besef en verstaan, veral die teler aangesien hy die enigste party is wat moontlik finansiele verlies gaan ly - mens noem dit risiko en dis elke ou se eie indaba hoe hy sy risiko wil bestuur.
Die jagter gaan geensins finansieel skade ly nie, hy gaan dalk net harder moet soek en verder moet ry vir 'n bekostigbare jagtrippie.
Is dit nodig vir staatsinmenging - NEE. Tensy SAjagters hunker na nog 'n Eksdom situasie in die wildbedryf.
Dis baie keer nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen wat 'n positiewe of negatiewe nagevolg kan he.
Ek verstaan dat nie alle jagters "'n klomp dronkgatte" is nie en net so is nie alle wildboere/telers oneties/skelm nie. Ongelukkig is daar in beide gevalle altyd die uitsonderings.
Ek probeer self swart rooibokke teel (met 'n mindere mate van sukses). Is ek in die proses besig om die omgewing, ekologies, natuurerfenis, ens vir die nageslag op te foeter - ek dink nie so nie. My bydrae met al die bewarings praktyke van kleinwild, voels, reptiele, plante, ens op my stukkie grond dra baie meer tot ekologiese biodiversiteit as wat 'n handjievol swart rooibokke voorgenoemde kan afbreek. Kan ek met my gewete saamleef - absoluut!
En terloops, laaste keer wat ek deur die Karoo gery het, het nie 'n enkele bok gesien nie, wat nou nog van oor al die kleur variasies val.

Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Manne, ek gaan nou (hoopelik) vir die laaste keer mond spoel oor hierdie onderwerp.
Voor ek dit doen, wil ek net die volgende paar goed duidelik maak. (Om die onvermeidbare beskuldigings minder te maak)
1) Ek is nie lid van SAJWV nie.( Ek het my eie redes daarvoor wat nie relevant is tot hierdie bespreking nie)
2) Ek besit geen grond behalwe die gras rondom my huis nie (Dit behoort in elkgeval vir die volgende 19 jaar nog aan FNB)
3) Ek teel nie met wild van enige aard nie
4) Ek gun elke man die geleentheid om 'n bestaan te maak soos hy dit wil doen binne die wet
5) Ek is gekant teen die kunsmatige teel van onnatuurlike kleur variasies
6) Ek is 'n groot voorstander van die uitruil van NATUURLIKE genetiese materiaal, om inteling teen te werk en ek het die wereld se respek vir boere/telers wat hierdie praktyk op etiese wyse toepas.
7) Ek is nie in die regering (of enige iemand anders) se g@tte opgekruip nie
Ek jag slegs vir eie gebruik, omdat ek 'n liefde vir jag en die natuur het. Ek is dus 'n "biltongjagter"
Die probleem (volgens my) is dat baie mense hier, die debat deurmekaar krap omdat hulle sekere feite en stellings verdraai en sekere feite ignoreer omdat dit nie hul argument steun nie.
Eerstens
Die probleem is dat meeste ouens die W in SAJWV mislees.
SAJWV is nie net 'n jag vereniging nie, hulle is 'n jag EN bewarings vereniging, dus is dit hul gestelde besigheid, soos in hul Visie, Misie en Grondwet opgeteken, om hulself te bemoei met bewaring. In kort, die argument dat die saak niks met hulle uittewaai het nie, DRA GEEN GEWIG NIE
Tweedens
Ek het die aangehegte verklaring in die eerste post nou al 'n paar keer gelees.
Op geen plek sê SAJWV dat hulle boere wil voorskryf wat om op hul plase te doen nie. Hulle sê bloot dat hulle nie saamstem met die praktyke van sommige boere/telers/"rolspelers" nie. Hulle is geregtig op hierdie opinie.
Derdens
SAJWV is 'n VRYWILLIGE organisasie, niemand is verplig om daaraan te behoort, of om aan hulle geld te betaal nie.
Die volgende is 'n direkte aanhaling uit die aansoekvorm wat deur elke lid ingevul en geteken is:
Hiermee onderneem ek, die ondergetekende, om my te onderwerp aan die Konstitusie en Dissiplinêre Kode van hierdie Vereniging en
ek verklaar ook dat ek nog nooit binne of buite die Republiek van Suid-Afrika skuldig bevind is aan enige oortreding van enige Wet,
Ordonansie of Regulasies met betrekking tot jag, natuurbewaring en vuurwapenwette nie
SAJWV is dus deur elke lid die reg gegee om aan hul lede voor te skryf soos die uitvoerende komitee goeddink.
Die uitvoerende komitee is immers demokraties volgens die vereniging se grondwet verkies om besluite vir en namens die lede te maak.
Dus, volgens wet, is die opinie van die komitee, die opinie van die lede wat hulle verkies het.
As jy nie hiermee gelukkig is nie, is jy welkom om jou opinie op die jaarvergadering te lug, en as jy steeds nie tevrede is nie, is jy vry om jou lidmaatskap te beeindig, soos wat baie manne hier gedoen het na die 300m storie (Terloops, SAJWV was binne hulle reg om daardie verklaring te maak, ongeag of dit sinvol was of nie.)
Vierdens
As BEWARINGS organisasie, moet hulle hulself beywer vir die behoud van biodiversiteit, goeie ekologiese praktyk, en die "natuurerfenis"
Natuurbewaring word gereguleer deur landswette, meer spesefiek die Wet op Omgewingsbewaring, 1989 (Wet No. 73 van 1989).
(Toevallig 'n wet uit die ou bedeling, dus is "Staats ingryping" nie 'n ANC ding nie)
SAJWV het geen reg om aan boere/telers/"rolspelers" voor te skryf, wat hulle op hul grond mag, of nie mag doen nie, hulle MOET dus die staat vra om die saak te ondersoek, en indien nodig, die nodige wette uit te vaardig om die situasie te reguleer. DIT IS HOE DIT IN 'N DEMOKRATIESE LAND WERK!
(Of die regering die korekte wette gaan maak, of dit regverdig gaan toepas, is 'n debat op sy eie)
Wat is hul alternatief?
Moet SAJWV hul lede voorskryf om nie op die telers se plase te jag nie?
Hulle kan immers weier om jagtogte op sekere plase in ag te neem as aktiwiteite vir die instandhouding van toegewyde status...
Sou dit meer aanvaarbaar wees as om op landswette te berus?
Vyfdens
Aan die boere wat reken die staat het geen reg of kan nie voorskryf wat op jou eie plaas gebeur nie, slegte nuus meneer dit gebeur nog altyd.
Geen grondeienaar mag 'n lodge, huis vir meer as 10 mense, dam ens. bou sonder dat die nodige Impak studies gedoen is, en die nodige toestemming gekry is nie.
Jy mag ook nie die minerale op jou eie grond myn en ontgin nie
(Of boere gehoor gee aan die bepalings, het met wetsgehoorsaamheid te make, en NIE met die regering se vermoë om wette uit te vaardig nie)
Die regering sê tans dat, 'n boer nie dagga mag aanplant op sy eie plaas nie, hy mag wel Mielies, sonneblom en ander gewasse plant.
Op dieselfde manier KAN die staat voorskryf dat 'n boer gewone wild mag teel/aanhou maar NIE kleurvariasies nie.
Ek sê nie so wet sal regverdig wees nie, maar die regering kan beslis op die wyse ingryp.
As jy nie hiervan hou nie, is jou enigste opsie om jou plaas te verkoop en 'n ander heenkome te soek. Staats regulering is nog altyd 'n realiteit.
Mense, hierdie was 'n lang manier om te sê, ons stry oor ST$@NT.
Dit help nie om warm onder die kraag te raak, en mekaar sleg te sê nie
Respekteer mekaar se opinie.
Dit help nie as die telers vereniging reageer deur net eenvoudig SAJWV te beledig en as onnosel of jaloers uit te kryt nie.
Vind eerder uit wat presies hul kwelpunte is, en spreek dit SINVOL aan.
Voer eerder 'n sinvolle debat soos wat die gewenste praktyke is, en wat nie.
Kom ooreen oor wat die werklike probleme in die bedryf is, en vind OPLOSSINGS, voordat dit nodig is, vir oningeligtes, om regulasies af te dwing
(Jagpryse is volgens my 'n bron van ongemak, maar is nie 'n PROBLEEM wat gevaar vir die jag of teel bedryf inhou nie)
Manne, die regering weet van die geld wat te maak is in die teelbedryf, dit is nie onmoontlik dat hulle op 'n punt gaan kom wat hulle ook hul pond vleis gaan soek nie.
Dit kan die vorm van voorskrifte, super belasting, BEE regulasies of die nuwe belaglike 50/50 verdeling doelwit wees, en solank daar komuniste in beheer is, sal dit 'n gevaar bly.
Ek is nou klaar gebraak.
Kap nou maar my kop af en Gooi nou maar klippe
(Of kom ons voer 'n opbouende debat wat die werklike probleme identifiseer en aanspreek)

Last edited by Chris Swart on Wed Feb 25, 2015 3:41 pm, edited 1 time in total.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Chris
Ek salueer jou!
Elkeen is geregtig op sy opinie maar jy het 'n stel feite op die tafel gesit wat, volgens my, moeilik verkeerd bewys sal word.
Ek salueer jou!
Elkeen is geregtig op sy opinie maar jy het 'n stel feite op die tafel gesit wat, volgens my, moeilik verkeerd bewys sal word.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Mooi stukkie skryfwerk chris.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Chris Swart, ek het klaar vir Driepoot as President genomineer, maar nou nomineer ek jou as Eersteminister!!!
Dis lekker om iets te lees wat 'n man skryf wat duidelik sy huiswerk gedoen het en nie argumente lukraak uit die lug pluk nie - wat lees wat geskryf is en nie allerhande absurdhede tussen die lyne lees en dan probeer regverdig nie.
Ek voeg my by wlm en salueer jou!!!

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Chris, ek sekondeer Wlm se stelling.
Objektiewiteit in oorvloed. Niemand kan met die komkrete feite stry nie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
My kroon!!!!wlm wrote:Chris
Ek salueer jou!
Elkeen is geregtig op sy opinie maar jy het 'n stel feite op die tafel gesit wat, volgens my, moeilik verkeerd bewys sal word.
Aim small, miss small
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Goed gestel, Chris. Ek ondersteun jou opinies en bekommernisse wat jy uiteengesit het.
Hopelik bedaar die debat en word dit op veel gesonder en volwasse wyse verder gevoer totdat duidelikheid verkry word oor die volhoubaarheid en sin van die teel van kleurvariante, asook die langtermyn impak en voor- en nadele daarvan op alle sektore.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Wel gedaan Chris!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Chris, dankie vir jou analise en saamstel van 'n sinvolle stuk. Ek het elemente aangeraak wat jy nou mooi duidelik bymekaar gevoeg het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Chris
Ek beam ook wat die mense hier vir jou gese deurdat jy n baie mooi deurdagte skrywe hier geplaas het.
Vergun my asb om net iets by te voeg as ek mag. Wanneer n bestuur gekies word tot n kommitee van enige organisasie beteken dit nie dat die bestuur noodwendig dan vir jaar in issolasie kan optree nie. In daai tyd moet daar nog steeds gehoor gegee en ag geslaan word op die lede se algemene gevoel. Ek voel ook in die lewe is daar maniere van goed doen en een van hulle is dat wanneer neetlige sake hanteer word n mens elke enkele maatreel eers uitput tot jou beskikking alvorens jy jou na ekstreme maatreels wend.
Hierdie is gewoonlik ook die geheim van suksesvolle mense sowel as organisasies. Kry ander mense of organisasies om te doen wat jy wil he uit hulle eie vrye wil uit tot bate van beide. Nou ons het die voordeel hier dat ons hierdie gesprek het op Jaracal wat ons insette so bietjie meer relavant maak as een om n braaivleisvuur. Nou wat wat ek graag onder mense se aandag wil bring is dat ons juis hierdie baie neetlige situasie met die nodige agting wat hy verdien sal hanteer. Uit die aard van die saak is die produsent en verbruiker hier betrokke en wil n mens graag sien dat beide mekaar se bekommernisse sowel as uitdagings raaksien. Ons spreek verseker ons hoop uit dat daar n gesamentlike uitkoms gevind kan word uit hierdie baie komplekse saak wat so baie van ons naby die hart le.
Sterkte aan almal.

- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
as jy nie n probleem het met die teel van smartie bokke nie dan sal jy ook nie omgee om jou dogters in n saal saam met smartie kerels toe te sluit nie . Met die hoofdoel om smartie kleinkinders te kry nie .
"Ag ouma ek wonder hoe kleur gaan die kleinkind wees ek kan nie wag nie. dalk het het hy saal rug oooo. "

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Wout, jy kan n baie suksesvolle loopbaan as diplomaat he. Miskien moet Zuma jou talente benut en n aanstelling in sy korps gee.Wouter Roets wrote:Chris
Ek beam ook wat die mense hier vir jou gese deurdat jy n baie mooi deurdagte skrywe hier geplaas het.
Vergun my asb om net iets by te voeg as ek mag. Wanneer n bestuur gekies word tot n kommitee van enige organisasie beteken dit nie dat die bestuur noodwendig dan vir jaar in issolasie kan optree nie. In daai tyd moet daar nog steeds gehoor gegee en ag geslaan word op die lede se algemene gevoel. Ek voel ook in die lewe is daar maniere van goed doen en een van hulle is dat wanneer neetlige sake hanteer word n mens elke enkele maatreel eers uitput tot jou beskikking alvorens jy jou na ekstreme maatreels wend.
Hierdie is gewoonlik ook die geheim van suksesvolle mense sowel as organisasies. Kry ander mense of organisasies om te doen wat jy wil he uit hulle eie vrye wil uit tot bate van beide. Nou ons het die voordeel hier dat ons hierdie gesprek het op Jaracal wat ons insette so bietjie meer relavant maak as een om n braaivleisvuur. Nou wat wat ek graag onder mense se aandag wil bring is dat ons juis hierdie baie neetlige situasie met die nodige agting wat hy verdien sal hanteer. Uit die aard van die saak is die produsent en verbruiker hier betrokke en wil n mens graag sien dat beide mekaar se bekommernisse sowel as uitdagings raaksien. Ons spreek verseker ons hoop uit dat daar n gesamentlike uitkoms gevind kan word uit hierdie baie komplekse saak wat so baie van ons naby die hart le.
Sterkte aan almal.
Wouter
Doe so voort!!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Chris ek moet saam met die vorige manne stem. Wel deurdag, op die man af en verseker raak gevat. Ek wil maar ek kan nie soos jy nie.