Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Sommer so onder die Geweerjag hofie vir die manne onder ons wat nog nie in 2015 Bloedgetrek het nie.
EK het gisteraand my herlaai tafel afgestof en so paar patrone gelaai vir volgende maand se Springbok jag. Toe sit en dink ek hoe mens in die Somer hitte vinnig vergeet van jou tools, koeels en herlaai toerusting. EN dan van al die dinge wat tydens 'n jagtog gebeur. Die stories om die vuur en die nuwe wat jy maak in die dag.
En dan die Cowboys onder ons wat so deurloop in Oom Koos se boek en op die forums en onder die jagplaas eienaars, wat van hulle/ons. Waar gaan die diep-lieg vuurstaan stories nou ontsaan of sy halfwaarhede begin verspei om te verseker dat daar jaarliks honderde bokke in die hardloop, hol en anderkant DIE HEILIGE merk geskiet word met jou 30-o6 en Weaver K4???
Wie gaan vanjaar sy ammunisie by die huis vergeet of sy kep, en rooikop of gevreet iewers langs 'n vuur sit en sy koue goue geniet?
Maak ons nie te veel van hierdie koeel daardie Camo so bekruip en daar opstel van die jag, voor die jag net om na drie dae se stap iewers langs 'n doringboom te staan met so vaag kyk in jou oe, terwyl jy dehidrasie beveg en jou liefde van jag bevraagteken.Jy draa om en gleur na jou gids Jonas en die vraag vra " is jy seker hier is Kudu's op die plaas, is ons nie in verkeerde kamp of plaas nie?". Net om daai aand as jy wel daai Krulbul geskiet het om die vuur jou jaggenote doeksag vertel hoe jy geweet het aanhouer wen en dat jou spoorsny vermooens julle gelei het tot by die bul.
Ja kerels hierdie jaar wil ek 'n gesonde balans geniet. Hard jag, lekker vuurstories praat. So paar gewaagde skote neem en sukses behaal en dan so nou en dan 'n bok bekruip en hom so naby skiet dat ek hom eers moet weg jaag sodat ek hom in fokus kan kry met my teleskoop of 1x vergroting gestel. Ja ek gaan so nou en dan te haastig bekruip en 'n Krulbul laat blaf en weghol en so paar gevleude woorde aflaat wat my Ma en Sondagskool tannie van pre-Mandela release tye onstel, maar dit sal nodig wees. EK gaan ook iewers 'n veltie maak en vir myself lag as ek dink aan die feit dat ek soos Siener van Rensburg dit hier aan julle genoem het en dus 'n waar-se-ery begin het.
So manne geniet die jaar, moenie te veel klem le op die klein dingetjies nie, Pasop vir die Cowboy jagters en die Skelm plekke met hulle versteekte kostes vir hout, seep en afslag kostes nadat die vuur uitgebrand is die bokke in jou waentjie gelaai is en die gat in jou Navara se radiator met daai Groen Sunlight seep gestop is.

Last edited by tau on Tue Feb 24, 2015 3:09 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Ja nee, die winter moet nou kom!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Johan308
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Gee die man 'n Bells
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Jy slaan die spyker op sy kop!
Kan nie wag nie!!!
Kan nie wag nie!!!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B

- Philip J
- Hero Member

- Posts: 930
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Net so!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Philip
Philip
- NetEk
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Ag ja nou sit ek hier en my siel vlieg ver uit die beton en stop daar iewers lanks 'n wilds padjie.
Die punte is reg die geweer is reg nou net die wag vir die dag om inpak en ry..................

22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Die trailcams is uitgesit om te sien wat gebeur op nuwe jagplek wat bespreek is. BAIE foto's is geneem. Die 2 het uitgestaan
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Koedoekoei_zps8b9cdb5f.jpg
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Koedoebul_zpsa53e920b.jpg
Ek kan nie meer wag nie

- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Mooi stukkie mnr. Webb.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Tau!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 995
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
netjies geskry Jhon
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Ag lekker man!!!
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Magtig nou is ek eers lus vir jag.
Dis n pragtige stuk.
Dankie
Dis n pragtige stuk.
Dankie
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Lyk my hier is iemand wat vir Koos kan instaan. 
Dit maak my so lus vir jag, maar daar is nog so paar goedjies wat uitgesorteer moet word.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Nee Oom Koos is soos Bakkies Botha, Danie Gerber of Jacques Kallis. Baie manne kan probeer, maar hulle gaan te min wees.Giepie wrote:Lyk my hier is iemand wat vir Koos kan instaan.
Dit maak my so lus vir jag, maar daar is nog so paar goedjies wat uitgesorteer moet word.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Duracell ek kry sommer so lam gevoel in my bene as ek dink dat so krul-bul dalk op my kan wag! Al gaan ek hom nie bestel of soek nie, as hy in my visier kom staan gaan ek moeilik verbyhou!
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Tau, jou lieplapper. As jy net so goed kan skiet soos wat jy k*kpraat, was jy 'n legende.
Jy moet my nuwe herlaaibank sien, pappie. Jy gaan groen van jaloesie wees. Hy's so wonderlik ek weet met een oogopslag waar alles is - alles behalwe 'n akkurate lading vir my f&$&$n 243.
Jy moet my nuwe herlaaibank sien, pappie. Jy gaan groen van jaloesie wees. Hy's so wonderlik ek weet met een oogopslag waar alles is - alles behalwe 'n akkurate lading vir my f&$&$n 243.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Ek het iewers 'n Whutsupp boodskap van so 12 maande gelede waar ek jou maan om nie 'n .243 te neem(verniet gekry is mos neem??)nie, maar eerder 'n 22-250 1:9 of 'n 6.5 (6.5x55 of .260 Rem) en as jy so graag 'n .243 wil kry om hom te Ugly Improve. Steeds het jy soos 'n tipiese dwars middeljarigehartaanval oorlewende Afrikaner teen my aanbeveling gegaan. Sterkte met die .243 as jy daai een wen kom help my asseblief met my eenJacko wrote:Tau, jou lieplapper. As jy net so goed kan skiet soos wat jy k*kpraat, was jy 'n legende.
Jy moet my nuwe herlaaibank sien, pappie. Jy gaan groen van jaloesie wees. Hy's so wonderlik ek weet met een oogopslag waar alles is - alles behalwe 'n akkurate lading vir my f&$&$n 243.
Ek moet eerdaags 'n voertuig in Montague Gardens kom haal ek moet dalk kom groet daar in die Fancy beurt waar jy bly. Dan kan ek julle sekuriteit maatskappy se reaksie tyd toets as ons 'n ND veroorsaak in daai deftige herlaai lokaal van jou.
En laastens oor my skiet vermoe. Ek skiet miskien nie so goed nie, maar so aanhoudend.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.
Daai deurmekaar wapenwinkel in die Paarl het geen Howas in 6.5x55 gehad nie! Altans, al het hulle gehad, dink ek nie hulle so dit tussen al daai bokse en goed kon kry nie.tau wrote:Ek het iewers 'n Whutsupp boodskap van so 12 maande gelede waar ek jou maan om nie 'n .243 te neem(verniet gekry is mos neem??)nie, maar eerder 'n 22-250 1:9 of 'n 6.5 (6.5x55 of .260 Rem) en as jy so graag 'n .243 wil kry om hom te Ugly Improve. Steeds het jy soos 'n tipiese dwars middeljarigehartaanval oorlewende Afrikaner teen my aanbeveling gegaan. Sterkte met die .243 as jy daai een wen kom help my asseblief met my eenJacko wrote:Tau, jou lieplapper. As jy net so goed kan skiet soos wat jy k*kpraat, was jy 'n legende.
Jy moet my nuwe herlaaibank sien, pappie. Jy gaan groen van jaloesie wees. Hy's so wonderlik ek weet met een oogopslag waar alles is - alles behalwe 'n akkurate lading vir my f&$&$n 243.![]()
Ek moet eerdaags 'n voertuig in Montague Gardens kom haal ek moet dalk kom groet daar in die Fancy beurt waar jy bly. Dan kan ek julle sekuriteit maatskappy se reaksie tyd toets as ons 'n ND veroorsaak in daai deftige herlaai lokaal van jou.
En laastens oor my skiet vermoe. Ek skiet miskien nie so goed nie, maar so aanhoudend.
Ek het die 243 ore aangesit - ek het hom verkoop! Ha, hy sal nou sien wie's baas. Die 270 Win Howa wag vir my...
PS: Laat weet wanneer jy kom, dan reel ek dat die koerant se mense kom.