Vlie?nde voorwerpe

Post Reply
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Vlie?nde voorwerpe

Post by Jaktrap »

Goeie dag

Ek is maar 'n geleentheidsjagter maar wil dit 'n bietjie meer maak. Ek wil net graag hoor watter raad daar is vir al die (motte, torre en gorremajore) wat somermaande na die reen, na die lig toe kom. Dit sal bietjie snaaks lyk om met 'n helmet op agter op die bakkie rond te ry. Party torre is nogal hard en as die sinusse bietjie geblok is het jy gou 'n mondvol.

Sterkte
Jaktrap
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by James Wilson »

listerene gemeng met water of dettol gemeng met water. MAAAR, die jakkies gaan dit ryk. koop vir jou n deursigtige grainder bril( gaan nie meer as R50 kos nie) en hou maar uit met die res. ek het al gesien hier van die begin Maart raak hulle minder, intussen bly hulle n pes.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by Christo »

As die bestuurder so vinnig ry dat die torre projektiele raak gaan jy in elk geval nie 'n jekoltjie raaklig en sien nie. Koop in elk geval vir jou 'n GEEL lens bril en dra dit terwyl jy ry, jy sien net meer. Leer net die kleur van 'n oog deur die bril, dit lyk anders as met kaal oog.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by Jaktrap »

Dankie

Ja miskien bietjie viks vir die neus ook en dan hoef ek nie toothpics saam te ry om hulle tussen my tanne uit te krap nie.Nee ons ry darem nie so vinnig nie,maar motte is maar baie erg as jy stilstaan en die lig brand so tydjie.Dit dreun so dat ek bang is die Jakkalse sal dit ook kan hoor.

Ek het n geel bril en dit help wel.Moet nog net vinniger identifikasie gedoen kry.Is dit maar net genoeg tyd in die veld of is daar n defnitiewe proses van identifikasie terwyl jy ry.Party manne het al die oe ge ''ID" dan het ek nog nie eens n lyf gesien nie,maar as jy dan nader ry dan sien jy hulle is nie altyd reg nie.

Dit wil vir my lyk asof dit bietjie van streek tot streek verskil so kan n mens slegs op kleur en grote staatmaak om die drywer op die regte plek te stop.

Ek luister graag
Jaktrap
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by Freddie101 »

Jaktrap
Die rooi lig help wel vir motte. Minder opvallend  en ek glo kom minder in.
Groetnis 
yol bolsun
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by tafjak »

Jaktrap

Darie spuitgoete wat die muskiete probeer weghou, werk ook somtyds. As die motte pla om te kan sien draai ek die lig in die teenoorgestelde rigting van waar ek iets wil sien en swaai vinnig om, werk ook maar so nou en dan.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by JACQUES BOTHA »

Taffie
Daai draai vinnig om is ook een van daai waar jy moet byse- dont trry this at home ;lag lag lag
Ek het my keps so bietjie laat verander en swart gaasagtige materiaal reg romdom gewerk , Nou lyk dit soos n arabier of iets , maar daai "netting" werk redelik, dit hou die VVVVV weg van jou en jy kan nog alles sien wat jy wil,
Ongelukkig skiet ek nie met hom nie  , ek lig die netting op en skiet dan, ja dan kom die muskiete en motte weer naby, maar dis mos leeu wereld vir daai minuut of so, kan jy maar deurstaan. Maar die geel bruil werk ook goed en die wit bril net so goed. Daai wit brille wat die motorfiets manne mee  jaag het ek ookl al gesien.
O ja en as dit reen---gebruik n duikbril... :D :D :D
Sterkte maak maar planne  goed of sleg , maar moet net nie ophou planne maak nie ....
Groetnis
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by BLOK »

Probeer een van elke soort doodklap dan hou die res begrafnis en die probleem is opgelos. ;D ;D ;D

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by James Wilson »

ek gebruik juis die kleurlose brille dan sien ek die kleur van die oe mooi.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Vlie?nde voorwerpe

Post by Jaktrap »

Goeie dag

Ja n plan sal ek moet maak want die "gekrioel" op my lyf kan ek nie vat nie.En dit is bietjie warm om nog daie toe klere te dra.

Miskien is dit nou die tyd vir meer dag trippies.

Groete
Jaktrap
Post Reply