SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Nee, Eugene julle vra nie eerlike vrae oor hoe dit werk nie! Julle vrae dat 'n korrupte regering ingryp en ons reguleer! Jy vra die vraag of as kleurvariasies dieselfde prys was of ons nog steeds so sou reageer? Julle lewer kommentaar maar boer nie self nie! Net soos ek nou nou gemaak het of ek 'n brood kenner is en kommentaar gelewer het op 375fanatic se bakkery, maar eintlik niks van broodbak weet nie, probeer elke ou kommentaar lewer oor wild telery en leen hom uit as 'n kenner. Ek vra jou as kleur variante dieselfde prys was sou julle nog so gereageer het en sou die biltong sleg gesmaak het.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Eugene, ek wil ook steeds weet waar die verwagte aanvraag vir hierdie kleurvariante is. Lyk my sommige jagters (plaaslik of van oorsee weet ek nie) het al die springbokke in kleurvariante gejag, maar hoe die aanvraag vorentoe gaan ontwikkel, weet ek nie. Tans is die aanvraag groot by veilings en ook onder wildboere, lyk dit my. Daar moet mos kenners onder ons wildtelers wees wat hierdie vrae kan beantwoord.
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Win270, eks nie die kenner waarna jy soek nie en niemand kan die toekoms voorspel nie, maar daai vraag is in my opinie reeds in een van my vroeër posts beantwoord.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Wys asb vir my uit enige van my posts hierbo, waar ek dit vra? Ek het al jou post baie mooi deurgelees, dalk moet jy dieselfde met myne doen? Terwyl jy nou van die regering praat, hulle gebruik ook emosionele argumente om die aandag weg te lei van die ongemaklike vrae.....Tarzan wrote:Nee, Eugene julle vra nie eerlike vrae oor hoe dit werk nie! Julle vrae dat 'n korrupte regering ingryp en ons reguleer! Jy vra die vraag of as kleurvariasies dieselfde prys was of ons nog steeds so sou reageer? Julle lewer kommentaar maar boer nie self nie! Net soos ek nou nou gemaak het of ek 'n brood kenner is en kommentaar gelewer het op 375fanatic se bakkery, maar eintlik niks van broodbak weet nie, probeer elke ou kommentaar lewer oor wild telery en leen hom uit as 'n kenner. Ek vra jou as kleur variante dieselfde prys was sou julle nog so gereageer het en sou die biltong sleg gesmaak het.
Last edited by Eugene on Mon Feb 23, 2015 4:40 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Is die kleurvariante se gene dus van beter gehalte as die oorspronklike of gewone spesie? Hoe verklaar mens dit dat 'n "ongewone kleur" in die natuur 'n sterkter dier voortbring? Indien dit so is, sou die natuur nie alreeds op so 'n wyse deur die jare self nuwe kleure in spesies navore bring nie en die nuwe kleur dus dan die nuwe norm word nie? Miskien is daar natuurkenners wat wel hierop kan reageer.
Ek weet net dat ek in die toekoms die kleur van die kruishaar van my teleskoop sal moet heroorweeg. Op 'n wit springbok sal hy mooi werk, swart springbok, dalk nie so goed nie.
Ek weet net dat ek in die toekoms die kleur van die kruishaar van my teleskoop sal moet heroorweeg. Op 'n wit springbok sal hy mooi werk, swart springbok, dalk nie so goed nie.
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek het ook nie gesê jy nie, ek het gesê julle! Uit die aard van jou kommentaar was jy deel van die julle, nie waar nie?Eugene wrote: Wat wel my gat se deksel is, is dat wanneer mens eerlike vrae vra oor hoe die besigheid werk en wat die uiteinde is, dan word jy beskuldig daarvan dat jy armoedig en jaloers is oor jy nie ook kan deelneem aan die "skema" nie. Dit laat my wonder.....
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Daai bewering het ek nog nie gehoor nie! Niemand het nog gesê dis 'n beter bok nie! Dis andersen skaars en dis hoekom hulle duur is! By ons gewone bokke sit ons nog steeds gereeld nuwe gene by, en by die skaars wild word presies dieselfde gedoen. Die Goue Bees word afgehaal wanneer dit tyd raak dat hy sy eie kinders gaan dek, en 'n ander een kom in sy plek. Word selfs beter bestuur as wat 'n gewone trop normaalweg bestuur wordwin270 wrote:Is die kleurvariante se gene dus van beter gehalte as die oorspronklike of gewone spesie? Hoe verklaar mens dit dat 'n "ongewone kleur" in die natuur 'n sterkter dier voortbring? Indien dit so is, sou die natuur nie alreeds op so 'n wyse deur die jare self nuwe kleure in spesies navore bring nie en die nuwe kleur dus dan die nuwe norm word nie? Miskien is daar natuurkenners wat wel hierop kan reageer.
Last edited by Tarzan on Sun Feb 22, 2015 9:37 am, edited 2 times in total.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
375
Dankie vir jou antwoord ek weet nie wanner laas jy by n weermag basis was nie ek was nou wil ek graag weer vir jou vra oor die draad storie. Ek sien jy is n bedrewe sakeman bakker en kan lekker broodbak volgens jou post. Net so terloops die brood prys is deur die staat vasgestel sover ek kan onthou. Nou kom dit maar vir my op dieselfde neer hoekom praat sajagters nie oor dit nie koste as jy gaan jag vat jy mos brood saam so hulle wil nou vir die boere kom vertel hoe hulle wat moet doen en wat hulle moet betaal.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Gromit
Ek is jammer as jy verontreg voel deur my opmerking. Ek moes dit beter gekwalifiseer het. Nooit jou naam genoem nie. Ek het in die algemeen gepraat. Daar is verseker bontbokke wat spontaan iewers ontstaan en as dit by jou so is, goed vir jou, ek glo jou. Wat my egter opval is dat ons skielik reg oor die land so baie hiervan sien.
Ek dink Beretta het gevra oor die joernaliste: Nee ek het hulle nie aangemoedig of ontmoedig om gewone of bontbokke te kom jag nie. Ek het vrae gevra en geluister. Drie dinge het my opgeval wat hulle genoem het behalwe die bontbokke. Hulle hou glad nie van ons sogenaamde "geblikte leeujag" nie. Tweedens: Van die manne wat al in SA was en plase besoek het waar diere intensief geteel word glo blykbaar dat ons die wild in daardie klein kampies jag. En dis hierdie persepsie wat hulle van SA het wat hulle dan oral verkondig. Navorsing het oor en oor bewys dat as mense negatief is oor iets hulle dit vir meer mense vertel as die dinge waaroor hulle positief is. Die derde ding is dat hulle my oor en oor vertel het van die diesel stalks en Land Cruiser stalks "that you South Africans are famous for". En dan sluit hulle af, "that is not hunting". Hoe ons ook daarteen stry, hulle vergelyk ons met die res van Afrika waar daar nog in oop areas gejag word.
Hierdie mense het 'n sekere beeld van Afrika waarby hulle Suid-Afrika insluit. Selfs van die PHs wat in die res van Afrika jag, verwys dikwels half spottenderwys na die tipe jag wat ons hier doen. Nou, ek besef maar te goed dat ons nie ons land en boerdery-opset met die res van Afrika kan vergelyk nie. Ek is maar te bly dat daar mense is wat met wild boer. Dis egter hoe ons die jagding doen wat belangrik is. Iemand het onlangs hier op Jaracal na hulle jag gepost hoe lekker dit was om wye Afrika ipv SA te jag.
'n Paar joernaliste wat nie van ons manier van jag hou nie gaan verseker nie ons jagindustrie in duie laat stort nie. Tog het 'n heel bekende PH wat onlangs van Amerika af teruggekeer het (gaan skou het) nou die ander dag op facebook genoem dat besigheid maar stil was. Hy het genoem dat daar bitter min nuwe jagters was wat hul stalletjie besoek het en dat ander mense ook gekla het. As ek reg het, het hy ook iets te se gehad oor die SA bull shitters wat hy daar teengekom het. Ek weet egter ook dat sommige mense wel goeie jagte vasgemaak het oorsee.
Ongelukkig sal ons nie altyd kan se: Te hel met julle almal, ons maak soos ons wil nie. As ek reg het genereer die jagbedryf iets soos R8 biljoen jaarliks in SA, waarvan oorsese jagters sowat R2 biljoen bydra en plaaslike jagters R6 biljoen (syfers benaderd). Met wildpryse wat nou drasties styg wonder ek hoe hierdie verdeling in die toekoms gaan lyk. Wat my werklik bekommer oor ons bedryf, meer nog as die bontbokke, is dat ons nie moet naam weggooi nie.
Dink net 'n bietjie mooi terug aan al die video/film opnames van "geblikte jag", gerugte van swart rooibokke wat bruin word, swart maanhaarleeus wat nadat hulle opgestop is, skielik blond word. 'n Prominente boogjagter wat in 'n tydskrif skryf hoe jy drinkbakke snags met wit seile moet toemaak en harde musiek daar speel om die diere te dwing om bedags te drink sodat hulle met die boog geskiet kan word. Ek kan nog 'n paar stories vertel want ek was self vir 'n rukkie in die bedryf. Al hierdie dinge maak ons naam as jagbestemming baie sleg. En die kleurbokke, en sommige vorme van intensiewe telery dra daartoe by. Let wel, hierdie telery is hoegenaamd nie onwettig nie, maar die persepsie wat dit by baie mense skep is nie goed nie.
Mooi loop

Last edited by Koos Barnard on Sun Feb 22, 2015 2:33 pm, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Nee ek was nie. Ek het nerens gevra vir ingryping of regulering nie, so versigtig met die beskuldigings. Ek is ook nie ten gunste van regulering van die wildsbedryf nie. Ek het ook geen probleem met wildsboere/telers/genetika beskermers/liefhebbers van die kleur variante nie. Dis julle geld en julle besigheid.Tarzan wrote:Ek het ook nie gesê jy nie, ek het gesê julle! Uit die aard van jou kommentaar was jy deel van die julle, nie waar nie?Eugene wrote: Wat wel my gat se deksel is, is dat wanneer mens eerlike vrae vra oor hoe die besigheid werk en wat die uiteinde is, dan word jy beskuldig daarvan dat jy armoedig en jaloers is oor jy nie ook kan deelneem aan die "skema" nie. Dit laat my wonder.....
Ek het maar net gewonder oor sekere aspekte wat ek nie verstaan het nie en nog nooit beantwoord is nie. Ek het gedink dat dit dalk hier beantwoord sou word, maar na die emosionele beskuldigings, sal ek maar my eie afleidings maak oor moontlike antwoorde.
Aim small, miss small
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Oom Koos
Waar het sajagters hulle uitgespreek teen die wit seile swart maanhare wat wit word en die harde musiek sover my kennis strek en dit is maar kort nerens. Dankie vir jou antwoord oor die joernaliste. Geblikte leeus dit sal maar altyd n storie wees ek het nie n behoefte om een te skiet nie nie die regte geweer en ammo nie. My argument gaan oor die inmenging van sajagters. Wat jy oor die pryse se is sover my kennis strek reg my dogter en skoonseun kom Dinsdag van Amerika af terug.

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Manne ek deel met n hele paar telers op n weeklikse basis. Ek skiet baie goue wildebees bul splits en swart rooibok ram splits uit, by groot name in die bedryf. Ek skiet ook by n hele paar manne varke in hulle teelkampe.
My waarneming is as volg:
1. Dit is tans n baie baie lonende bedryf, en betaal die manne miljoene OMDAT HULLE DIT HET EN ANDERSINS VIR DIE ONTVANGER SOU MOES GEE,
2. Die groot telers, is altyd aan die voorpunt van n nuwe spesie, en koop die kleiner teler die groot manne se bokke om ook te poog om paar rand te maak,
3. Hulle almal besef terdee, dat hierdie eintlik op die ou end net n piramide skema is, en die prys op sekere spesies, in n baie versekerde nabye toekoms, gaan neerplons, maar dan het hulle klaar hulle geld gemaak, en die ou wat nou eers met swart rooibokke begin, sit dan met sy hande in die hare.
4. Almal besef, dat daar binne n paar jaar, n totale oorskot van veral swart rooibokke en goue wildebeeste gaan wees, want wie gaan hulle jag? Daar is net soveel internasionale jagters wat een salmwil skiet. As daar nie n vraag na jag is nie, hoekom gaan hulle dan verder geteel word teen miljoene rande per bok?
5. Merk n bietjie op, hoe al die smartie bok telers, nog steeds hulle sables, buffels, njalas, tsetsebe ens ook aanhou teel. Hoekom? Want hulle weet self as die smartie boks water kry en die prys val, het hulle nog steeds hulle back up bokke wat markverwant en redelik prys stabiel is.
Manne, eks nie n boer soos Tarzan se, maar ek luister waar ek kom en sien. Die ding sal nooit hou nie, n paar jaar van nou af skiet ons swart rooies vir n knippie meer as die gewone rooibok, so dink ek, my beskeie opinie.
Verder dink ek ook nie ons moet te veel klippe gooi na SA Jagters nie. Hulle baklei vir hulle lede wat die gewone biltong jagter so Eugene en die "julle" is hier op die forum. In werklikheid moet ons hulle hande vat. Dankie ook Koos, paar manne moet dalk jou post nog n slag of twee lees.
Die teel van geneties gemanupileerde bokke is nie wat die natuur en die skepping bedoel het nie, anders sou God met die skepping mos klaar n swart en rooi rooibok gemaak het, klaar n konings, goue en gewone bwb gemaak het, en so kan ons hulle opnoem. Dis nie normaal nie, dis n filestein wat nou n jood raak........

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Kleurvariante en goeie gene wat bydra tot biodiversiteit het absoluut niks met mekaar te doen nie.
Eersgenoemde is 'n komoditeit met 'n hoë monitere waarde wat deur die eienaar besit word en in 'n vryemarkstelsel is dit sy reg om die prys te stel. Hy het die reg om sy bates te beskerm en die nodige voorsorg te tref.
Indien hy egter die pryse van "gewone" ooie met goeie gene manupileer deur buitensporige hoë pryse vir hul te betaal, het dit 'n impak op alle rolspelers. Hierdie ooie word as "broeikaste" gebruik om minderwaardige gene oor te dra wat verantwoordelik is vir die voortsetting van die kleurafweikings.
Hier is te veel punte in die debat, wat veroorsaak dat manne vir mekaar kwaad raak.
Ek stem in wese saam met SAJWV se rede tot kommer, maar die aanspreek van die probleem, in hul oë, dra nie my goedkeuring weg nie. Hul wil hê dat die staat, wat geen infrastruktuur kan onderhou en bestuur, as wagter by die hek aanstel word.
Soos reeds genoem sal geld in elkgeval veroorsaak dat daar net 'n nuwe bron van korupsie tot stand sal kom. Die Status Quo sal gehandhaaf word en die pryse sal net verder styg om die soustrein se ratte ge-olie te hou.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Eugene, die onderwerp is "Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf" Dit gaan vir my oor die feit dat dieselfde ouens wat laas week gal gebraak het oor die STAAT se onvermoë om die die land te regeer, plase wil vat, wit mense uit werk wil hou, ons geld steel(is dit regtig nodig om aan te gaan), nou sy VRIEND, die STAAT, wil inroep om my boerdery te reguleer, sodat sy jagbelange beskerm kan word. Ek kry skaam om as ek dink dis my mense wat my so kruisig. Boere was nog altyd prysnemers, en julle wil dit so hou, want dit maak nie saak of ek dink daai Koedoe is 10k werd nie, die jagter gee my 2k, take it or leave it. Noudat daar 'n moontlikheid vir ons bestaan om prysbepalers(al is dit net tot dit hou) te wees, moet die staat ingryp!Eugene wrote:Nee ek was nie. Ek het nerens gevra vir ingryping of regulering nie, so versigtig met die beskuldigings. Ek is ook nie ten gunste van regulering van die wildsbedryf nie. Ek het ook geen probleem met wildsboere/telers/genetika beskermers/liefhebbers van die kleur variante nie. Dis julle geld en julle besigheid.Tarzan wrote:Ek het ook nie gesê jy nie, ek het gesê julle! Uit die aard van jou kommentaar was jy deel van die julle, nie waar nie?Eugene wrote: Wat wel my gat se deksel is, is dat wanneer mens eerlike vrae vra oor hoe die besigheid werk en wat die uiteinde is, dan word jy beskuldig daarvan dat jy armoedig en jaloers is oor jy nie ook kan deelneem aan die "skema" nie. Dit laat my wonder.....
Ek het maar net gewonder oor sekere aspekte wat ek nie verstaan het nie en nog nooit beantwoord is nie. Ek het gedink dat dit dalk hier beantwoord sou word, maar na die emosionele beskuldigings, sal ek maar my eie afleidings maak oor moontlike antwoorde.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Tarzan, vergeet dat ek iets gesê het... Sterkte met jou boerdery, ek hoop dit gaan van krag tot krag.Aim small, miss small
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Eugene ek voel jou pyn. Some you win some you lose. 
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Eugene wrote:Vir wie word die top genetics terug geteel? Vir ander telers of is daar 'n eindverbruiker?Hugo wrote: Ek haal Jacques Malan aan, en dink mooi wat hy hier se, moenie nou weer se ja maar hy is n teler en hy die en dat nie asb,
“We’re not here to create something that was never there before, we’re trying to replace.”
“We breed them to be able to breed back the top genetics,”
Verstaan mooi Hugo, ek kan niks wen of verloor uit die wildsmark uit nie, maak nie saak watter kant die ding heengaan nie. Ek wonder net hoe julle manne wat in die mark is, daaroor redeneer?
Tarzan,
Hoewel ek heelhartig saam met die teler/ boer staan op hierdie tema, seinde ons nou almal besef die kleurbok ding is n kort termyn, hoë risiko belegging, waar die eerste manne in gaan geld maak, en die laastes verloor, dink ek nie Eugene het beskuldigings uitgedeel nie.
Ek het nou deur sy posts gelees, en dit as objektiewe vrae ervaar, uit die agtergrond van n persoon wat nie aan die produksie kant van die bedryf is nie, maar wel n verbruiker. Ek kan dus maklik daarmee assosieer, seinde ek myself, sans die paar jaar wat ek deeltyds met klieënte gejag het, in presies die selfde boodjie vind.
Manne, biltongjagters is bliksems op die beste van tye... Frederik het anderdag 'n post begin oor Rowland Ward bokke. Ek plyt skuldig dat ek self 'n RW Swartwildebees, Ribbok, Bosbok en Springbok geskiet het. So ook het ek baie ander mooi trofees wat net net nie die boek haal nie. Al hierdie diere is as biltong bokke teen biltong pryse geskiet. Dit was nou wel, nie teen die boer se instruksies nie, maar ek kon maklik kleiner of vroulike diere geskiet het. Feit bly staan, ons like dit moerse om n groot manlike bok met spog horings te skiet, en besef nie altyd die vergunning wat dit is as ons dit doen nie.
Ter selfde tyd is biltongjagters ook die manne wat die boer in kontant betaal, dat hy sy lone kan betaal, sy slegter gene en surplus afhaal einde van die seisoen, en die groter bedryf ( lees wapenhandel, skietbane, verenigings ens ens) aan die gang hou.
Kom ons gesels hier met respek oor die temas wat genoem is en ons wees duidelik in ons stellinge.
As ons praat oor kleure, hou by kleure.
As ons praat oor gene, hou by gene.
As ons praat oor horinglengtes hou daarby ( dis nou die diere sin...)
Soos genoem, staan ek as verbruiker in die bedryf, en is ek regtig gretig om te leer en te verstaan wat die Teler se posisie is.
Win270. Ek is nie 'n geleerde natuurkenner nie, maar wat jy hier noem staan basies bekend as evolusie. Nou voor ek gekersten word as n aanbidder van Satan se opperhoof Darwin deur mense hier, Evolusie is die stelselmatige verandering van n spesie om sy individue beter aan te pas vir oorlewing in sy omgewing. 'n Paar voorbeelde volg.win270 wrote: Indien dit so is, sou die natuur nie alreeds op so 'n wyse deur die jare self nuwe kleure in spesies navore bring nie en die nuwe kleur dus dan die nuwe norm word nie? Miskien is daar natuurkenners wat wel hierop kan reageer.
1. Tydens die industriele revolusie in die VK, het die wit bas op die bome swart verkleur agv roet. Dit het die primêre fenotipe wit pepermot laat uitstaan, waar hy voorheen gekamofleer was, en aanleiding gegee tot die resesiewe swart geen om na vore te kom en meer te word.
2. Die eekhorings weerskante van die Grand Canyon is identies wat DNA genetika betref. Hulle verskil egter van ligbruin aan die een kant tot donker grys aan die ander, soos wat fenotipe seleksie plaasgevind het na die vorming van die canyon en skeiding van die twee groepe.
3. Kyk n bietjie na die taksonomie van soogdiere. Ons noem hulle genus en specie, en soms subspecie naam. Bv. Antidorcas marsupialis marsupialis & en Antidorcas marsupialis hofmeyri. Dit is die karoo en Khalahari Springbok onderskeidelik.
Die rede hoekom ons die benaming so gebruik is omdat hulle n gemene voorouer het, en in hierdie geval nog die selfde specie is, maar wel al so verander het, weens eksterne faktore soos isolasie, predasie druk (dit sluit jag in) dat subspecies al erken word.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Staat moet beslis hier uitbly en as die manne in beheer van SAJWV daai wiskunde nie kan verstaan is ek maar jammer vir al hulle lede. Die ding sal homself uitsort binne 'n paar jaar en soos reeds gese sal die uitende net 'n groter verskeidenheid opsies vir ons as jagters wees.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Dewald, ja ek glo stellig jys reg om te sê ek vat dalk vir Eugene verkeerdelik aan. Jy sal ook sien dat ek die enigste pleb is wat my tyd mors om op hierdie jagters forum, jagters aan te vat ten gunste van die boer! Jy sal sien die slimmer boere bly uit sulke argumente! Maar nou ja! Ons kan baie debatteer oor gene en variante, ens. Dis nie die punt vir my nie! Daar is 2kampe hier, die wat saam met SA Jagters stem en die wat nie, en klaar! As jy saam met SAJ stem wil jy my laat reguleer deur die staat en klaar! Dis tog duidelik! Alles is klaar gesê, maar in my opinie gaan daar 2 uiteindes wees. Die staat gaan ons reguleer en jy sal lekker jag vir die volgende 5 jaar tot alles opgeskiet is! As ek dan nog my plaas het sal daar net met beeste en skape geboer word want ek sal ook help om alles uit te skiet!
Of jy ondersteun ons boere(wild is nog steeds die goedkoopste bron van vleis) en kom jag oorskot, manlike biltong diere, ons maak geld(ek weet dis 'n harde een om te sluk!), en oor 10 jaar het jy 'n keuse of jy 'n gewone Impala teen 5k(inflasie sommer ingewerk) of 'n swart Impala teen 10k wil skiet!
Ek sien nou voor ek pos dehacked het alles nou net gesê wat ek wou sê, net korter!
Of jy ondersteun ons boere(wild is nog steeds die goedkoopste bron van vleis) en kom jag oorskot, manlike biltong diere, ons maak geld(ek weet dis 'n harde een om te sluk!), en oor 10 jaar het jy 'n keuse of jy 'n gewone Impala teen 5k(inflasie sommer ingewerk) of 'n swart Impala teen 10k wil skiet!
Ek sien nou voor ek pos dehacked het alles nou net gesê wat ek wou sê, net korter!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Tarzan
Nie almal wat saam met SA Jagters bekommerd is stem saam dat die staat moet ingryp nie, dit is al duidelik hier uitgelig - ek is een van daardies. Jy kan, dink ek, in elk geval rustig slaap, ek glo nie die staat sal ingryp nie, die kans daarvoor is seker minder as 1%. Die wildboere het een groot bondgenoot, Cyril Ramaphosa, een van die groot telers. Hy sal dalk sy invloed gebruik om inmenging te stop - of dis maar wat ek glo. Ek hoop net nie die staat begin self met glinsterende oe te kyk na die goeie returns wat die boere kry en begin dan self inklim nie.

- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
die argument van ons weet dit gaan n kort rukkie wees maar nou moet ons skep is seker fine my bekommernis is wat gaan die skade aan die einde van die dag wees ?
ons kan dan seker die argument gebruik by ons skole ook dan is dit mos reg om ligte dwelms by die skole te verkoop en lekker wins te maak want ligte dwelm maak seker nie skade nie en dit is goeie geld. die kinders kan mos self kies of hulle dit wil gebruik.
ek stem saam die regering is nie die opsie nie maar niemand mag waag om iets daarteen te se nie dan is dit jullle biltong jagters dit en julle biltong jagters dat dis fine want dis nie ons grond nie.
soms gaan dit oor meer as geld en oor ons verantwoordelikheid as mens.
hoekom is daar goed soos zenophobia want mense word uitgebuit en dan raak hulle g@tvol en staan dan daar teen op .
net nog n vraag as jou kind onverantwoordelik optree wat doen jy reguleer die situasie so aan die anderkant as die bedryf nie self verantwoordelikheid kan vat en hulle self reguleer nie dan moet iemand anders dit dalk vir hulle doen
kom ons skep die scenario as al die biltong jagters verwilder is en daar is n oorsese boikot teen jag in suid afrika wat dan? vra maar net gaan jou wildsvleis meer werd wees as bees ek glo nie so dan moet hulle maar R600 vir n groot rooibok ooi aanvaar kry jy dan waarde vir jou wild .
menigte groot maatskappy het al onder gegaan oordat hulle hul kliente vervreem het.
jag sal ons jag al is dit rotte,duiwe en dassies .
gelukkig draai die wiel en wat comes around goes around
sterkte verder

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Interessante vergelyk wat jy maak! Ek dink dis my teken dat ek en jy nie intellektueel by mekaar gaan uitkom nie. Gesels julle manne maar verder!375fanatic wrote: ons kan dan seker die argument gebruik by ons skole ook dan is dit mos reg om ligte dwelms by die skole te verkoop en lekker wins te maak want ligte dwelm maak seker nie skade nie en dit is goeie geld.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Tarzan kan jy vir my paar antwoorde gee asb.
1. Ek neem aan jys n groot teler. Wat beplan jy om met al jou smartie bokke te doen, kom ons se oor 5jaar van nou af?
2. Hoe volhoubaar is die teling van kom ons gebruik net swart rooibok, as gewone ooie nou al R30k stuk gaan, duurder as n Njala bul.
3. Nou, jou eerlike opinie, hoe lank voor die swart rooibok mark soos n verskietende ster, uit die hemel neer voeter?
4. Wat gaan jy vir klein opkomende teler boere se, wat dan met F1 of 2 splits sit, wat by jou n swart ram gekoop, as die prys neerslaan? Sorry boet, dis maar so, of gaan jy darm so effe sleg voel omdat jy daai ram vir R1m aan die outjie verkoop het terwyl jy wat dalk op die bestuur van WRSA of n ander instansie sit, en geweet het hier kom n ding, en die ram verkoop het om laaste paar miljoene te maak voor als oor is?
5. Voel jy enigsins iets vir die biltong jagter wat vir die volgende 5 jaar, nie n rooibok of bwb kan skiet nie, a.g.v. die mal prys stygings.
Dit is dalk nou baie direkte vrae, maar ek dink dis waaroor dit vir Fred gaan. Ek glo nie vir een oomblik dat hy graag die regering wil betrek nie, dit sal n laaste uitweg wees, maar kan jy in alle eerlikheid ontken dat hierdie in effek n onvolhoubare geldwassery is, wat n kompetiese tussen die rykstes van die ryk wildsboere geword het? Dis n afshow besigheid op die veiling, elke 2de perd kom met sy R44 daar aangevlieg, en kyk of hy sy naam op die koper lys kan kry, deur sulke belaglike pryse te betaal, en homself so op die kaart probeer sit.
Jammer as ek kras was, maar dis hoe dit lyk, belaglik, ek hoop werklik Fred hulle kan iets uitrig hier, om ander manne groot verdriet te spaar, en ons biltong jagters te help.

Robbie,ROBBIE1 wrote:Tarzan kan jy vir my paar antwoorde gee asb.

Vraag1
Nee, eks nie 'n groot Teler nie,net 'n groot mond en dalk nie eers gekwalifiseerd om kommentaar te lewer nie! Ek het wel 'n Teel kamp met Sable en Njalas. Verder het ek koper, wit, swart en gewone Springbok. Swart en gewoon is te jag. Ek het Blesbok Swb BWB gems bles berg zebra ens. Ek gun egter ander ouens hulle keuse. So ek het net bogenoemde "smartie bokke" wat ek te jag aanbied
Maar as ek Swart Impala gehad sou dit DALK so gelyk het:
Jaar 1 1000 beskikbaar 5000 kopers(prys gaan hoër wees volgende jaar)
Jaar 2 2000 beskikbaar 10000 kopers(prys gaan hoër wees volgende jaar)
Jaar 3 5000 beskikbaar 10000 kopers(prys gaan hoër wees volgende jaar)
Jaar 4 20000 beskikbaar 15000 kopers(prys gaan selfde bly volgende jaar)
Jaar 4 50000 beskikbaar 20000 kopers(prys gaan volgende jaar daal)
Jaar 5 100000 beskikbaar 20000 kopers 500 jagters(prys gaan volgende jaar verder daal)
Jaar 6 500000 beskikbaar 40000 kopers 5000 jagters(prys gaan volgende jaar verder daal)
Jaar 10 gewone bok 5k Swart Impala 10k(inflasie hier ingereken)
Ens.
Dis net ter illustrasie, asb moet dit nie quote nie dis net om te verduidelik hoe ek dit sien met fiktiewe getalle en bedrae!
Last edited by Tarzan on Sun Feb 22, 2015 5:05 pm, edited 1 time in total.
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Vraag 2 Reeds beantwoordROBBIE1 wrote:Tarzan kan jy vir my paar antwoorde gee asb.
2. Hoe volhoubaar is die teling van kom ons gebruik net swart rooibok, as gewone ooie nou al R30k stuk gaan, duurder as n Njala bul.
3. Nou, jou eerlike opinie, hoe lank voor die swart rooibok mark soos n verskietende ster, uit die hemel neer voeter?
4. Wat gaan jy vir klein opkomende teler boere se, wat dan met F1 of 2 splits sit, wat by jou n swart ram gekoop, as die prys neerslaan? Sorry boet, dis maar so, of gaan jy darm so effe sleg voel omdat jy daai ram vir R1m aan die outjie verkoop het terwyl jy wat dalk op die bestuur van WRSA of n ander instansie sit, en geweet het hier kom n ding, en die ram verkoop het om laaste paar miljoene te maak voor als oor is?
5. Voel jy enigsins iets vir die biltong jagter wat vir die volgende 5 jaar, nie n rooibok of bwb kan skiet nie, a.g.v. die mal prys stygings.
Vraag 3 Hy gaan nie val nie maar elke jaar minder word as die vraag en aanbod mekaar gaan begin ontmoet.
Vraag 4
Ek gaan dieselfde vir hom se as wat die kwekery wat 100000 kool plantjies aan 'n boer verkoop het en wanner die koolkoppe op die land is reg om te oes en hy kry nie eers iemand om dit verniet uit die land te kom nie en hy moet dit omploeg. Dis hoe boerdery maar is. As my Boerbokke reg is om te bemark wil niemand dit hê nie, as die prys reg is het ek nie om te bemark nie.
Vraag 5
Biltong jagters jag by my! Jys mos nie 'n biltong jagter as jy net Impala en BWB wil skiet nie? Ek het koedoe, SWB en Springbokke te jag hierdie jaar! Is dit nie ook goeie biltong nie?