Ek sien in vandag se Burger 2011/01/14 (bladsy 2 onder links) dat die Forum se reputasie is besig om nou die Jakkalse in Rusland al so bang te maak, dat hulle al begin terug skiet as hulle die geleentheid kry!!
Die DUIDELIK NIE 'n FORUM lid NIE, het blykbaar aan die stoei met 'n Russiese jakkals geraak, deur hom met die KOLF van alles te wou slaan, toe daar 'n skoot afgegaan (skynbaar deur die jakkals afgetrek) wat die nie forum lid getref het!!! Die jakkals het die man darem in die hospitaal besorg voordat hy hom uit die voete gemaak het!!
Pasop manne die Jakkalse raak nog slimmer, dit kan nogal gevaarlik raak om jakkalse te jag, lyk dit my, veral in Rusland!!! - Nie geweet daar is Jakkalse daar nie?
Net so terloops uitstekende Forum geniet elke sekond daarvan en dankie vir die uitstekende advies wat die ervare en nie ervare manne met hulle vrae aan 'n man KOSTELOOS laat kry - Ongelooflike ervaring om so maklik uitstekende raad verniet te kry, veral as 'n man in ag neem dat dit duur ondervinding is en baie manure gekos het!!!
Nogmaals dankie en stuur 'n paar ervare Jaracal Forumlede om die Russe te loop oplei!!! (Dalk kan Hein hulle loop leer??)

