Hugo wrote:
en dink mooi wat hy hier se, moenie nou weer se ja maar hy is n teler en hy die en dat nie asb,
SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Geld wassery werks winkel stront man net so ter inligting as jy weet van iemand wat dit n werks winkel vir geld wassery maak dan moet jy dit by die inkomste diens aanmeld sodat die mense hulle belasting kan betaal dit is jou plig as n burger van die land ek wonder hoe mnr Rupert sal voel oor die werks winkel
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Beretta wrote:Geld wassery werks winkel stront man net so ter inligting as jy weet van iemand wat dit n werks winkel vir geld wassery maak dan moet jy dit by die inkomste diens aanmeld sodat die mense hulle belasting kan betaal dit is jou plig as n burger van die land ek wonder hoe mnr Rupert sal voel oor die werks winkel
Geno? Wie hou die rekord vir die langste sin op Jaracal? Ek onthou jy het eenkeer die toekkening gemaak, maar ek dink hier is n nuwe wenner.
Ou Beretta, ek trek sommer bietjie jou been ou maat, ek deel jou frustrasie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek het twee probleme met hierdie kleurvariant scam: prys en moreel-eties.
Eerstens op prys - as dit my meer kos om wildsvleis op my vord te sit as beesvleis of skaap, dan jag ek eenvoudig nie meer nie. Ek kan my liefde vir gewere uitleef met teiekenskiet en my liefde vir die natuur met besoeke aan reservate met my seuns. Ek is nog bereid om 'n 10-20% duurder bedrag te betaal as waarvoor ek 'n karkas kan koop ter wille van die "gevoel" en romantiek verwant aan jag, maar R100+ rand per kg karkas gewig vir gewone bok - nooit nie! My gemiddelde geld gespandeer per jagseisoen was in die omgewing van R40 000 - 60 000 per jagseisoen - daarmee kan ek baie lekker vakansie gaan hou met my vrou en kinders. Die wildboere (sommiges) en wildtelers se houding dat die nuwe hoë pryse die nuwe normaal is, gaan 'n baie onaangename verassing kry 'n entjie verder af in die pad. Iemand hierbo het reeds gepraat van prysweerstand en ek kan nie sien dat die gewone biltongjagter wat salaris trek bereid gaan wees om hierdie belaglike pryse te betaal nie.
Tweedens moreel-eties. Ek het sopas SA Jagters se verklaring gaan lees en kan net sê dat ek heelhartig daarmee saamstem. Soos die Engelsman sê: "Beware of the law of unintended consequences...."
So aan manne soos Beretta, Gromit, Hugo, Johnnie de Wet en andere - wat baie te sê het oor hoe edel die hele kleurvariasie teelproses is - sterkte vir julle boys! Julle gaan dit dalk nodig hê....
Is dit die Namibiese grens wat ek daar voor my sien....

James jy maak n goeie punt...., nee my maat as dit van jou af kom beskou ek dit as n kompliment jy is darem skerp met jou humor ek het lekker gelag
ek verstaan al van skool af nie die hele spel storie nie.
Groete
Beretta
Groete
Beretta
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Naand Doomslayer,Doomslayer wrote:Ek het twee probleme met hierdie kleurvariant scam: prys en moreel-eties.
Eerstens op prys - as dit my meer kos om wildsvleis op my vord te sit as beesvleis of skaap, dan jag ek eenvoudig nie meer nie. Ek kan my liefde vir gewere uitleef met teiekenskiet en my liefde vir die natuur met besoeke aan reservate met my seuns. Ek is nog bereid om 'n 10-20% duurder bedrag te betaal as waarvoor ek 'n karkas kan koop ter wille van die "gevoel" en romantiek verwant aan jag, maar R100+ rand per kg karkas gewig vir gewone bok - nooit nie! My gemiddelde geld gespandeer per jagseisoen was in die omgewing van R40 000 - 60 000 per jagseisoen - daarmee kan ek baie lekker vakansie gaan hou met my vrou en kinders. Die wildboere (sommiges) en wildtelers se houding dat die nuwe hoë pryse die nuwe normaal is, gaan 'n baie onaangename verassing kry 'n entjie verder af in die pad. Iemand hierbo het reeds gepraat van prysweerstand en ek kan nie sien dat die gewone biltongjagter wat salaris trek bereid gaan wees om hierdie belaglike pryse te betaal nie.
Tweedens moreel-eties. Ek het sopas SA Jagters se verklaring gaan lees en kan net sê dat ek heelhartig daarmee saamstem. Soos die Engelsman sê: "Beware of the law of unintended consequences...."
So aan manne soos Beretta, Gromit, Hugo, Johnnie de Wet en andere - wat baie te sê het oor hoe edel die hele kleurvariasie teelproses is - sterkte vir julle boys! Julle gaan dit dalk nodig hê....
Is dit die Namibiese grens wat ek daar voor my sien....
Niemand force jou om te jag nie, niemand force jou om die bedryf te geniet of te ondersteun nie. Die feit bly staan dat sonder die wild boere is daar nie n bedryf nie, punt.
As jy heel hartig saam ons geliefde vereeniging saam stem is dit jou keuse, maar moenie n oninteligente gesprek bederf met stellings soos " wildsboere gaan onaangename verrasings kry" nie.
As die bedryf more sink, en die sogenaamde "regering" neem oor, wie jy ondersteun neem besit van die wild, dink jy dat jy ooit weer goeie jag velde gaan sien?
Kyk hoe lyk ons parke my vriend, die plekke val uitmekaar, wanneer laas was jy in die wildtuin, die privaat kampe is baie mooi, die res is in skerwe,
Nou hiers my punt, jy ondersteun SAJWV se siening, vra die manne om op hul plase te gaan jag...
Meeste indien dalk almal is dorpers, hulle is ook maar net manne met n hoë genoeg inkomste om gereeld te loop jag.
Ek is self maar n dorper, naweek boer, nou wil jy snaakse stellings maak en ons vaarwel roep,
Oor 2 jaar is die vraag nIe meer so groot nie dan sit jy langs die kamp vuur saam die einste boer wat jy namibia toe gehelp het vanaand en skink n koue bier, komaan man.
As jy in die bedryf was en jou finansies het jou toegelaat, sou jy nie dieselfde giedoen het nie?
Dis bitter maklik om op jou crafton everist bank te sit en jou flat screen te beheer saam met die karre in die agtergrond wat dice, en mense wat hul passie probeer uileef af te kraak,
Ek blaas af, ek voel nou beter, jammer vir die manne wat saam met my n ope opinie het, en stellings maak wat mens in ag kan neem,
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Naandsê manne.
Ek weet die week was lank en swaar, maar doen julself 'n guns en lees mekaar se plasings aandagtig deur met 'n oop gemoed. Hier is heelwat manne wat sterk voel oor die saak van buite-reggilering en dit is te verstane, maar omdat iemand met jou siening verskil beteken nie noodwendig dat hy in beginsel teen jou is nie.
Die "bottom-line" is dat die jagtersverenigings nie die wild-telers en boere moet probeer voorskryf nie. Hul motiewe is dalk edel, maar om 'n beroep op die staat te doen om 'n mede rolspeler in die wildbedryf te polisieer is on van pas.
Dit dryf 'n wig tussen manne wat mekaar nodig het.
Dit sien ons reeds hier op Jaracal.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Waneer dit by teling kom is daar 2 markte, die kommersieele mark en die stoet mark. Waneer n ram vir R100000 op n veiling verhandel beteken nie nou dat jy nou die ram in die jagveld gaan aantref teen 'cost + 10' nie. Hierdie ram word waarskynlik verkoop aan n ander teler, n nuwe teler of n boer. Die ram besit oor sekere eienskappe wat sy eienaar benodig om sy kudde te bevorder, het jul al gesien hoe bestudeer die boer die bok se kop, bouvorm en tot sy kloutjies om te sien of hy reg getrap het? Kleur en horinglengte is maar 2 van vele faktore waarvoor daar geteel word. Nou kom die vraag hoeveel is dit vir die boer werd om nuwe bloed byvoorbeeld in n trop te teel om n gebrek aan te spreek bv. effe kort onderkaak op sy oupa se troppie wat die laaste 20 jaar geiisoleerd was. Hoe lekker kan dit nie raak as hy terselfdetyd ook n bietjie langer horinglengtes in sy kudde kan kry nie? Is daardie nuwe ram vir die boer vleisprys werd of gaan hy sy hand dieper in sy boesem druk? Wie het al n tagbok geskiet en verstaan nie hoekom die boer steeds kwaad is nadat jy betaal het vir die bok nie. Dit was moeite om die regte eienskappe te soek en kry, en nou sit jy sy bedryf n jaar terug, n bok is nie net vleis en horings nie.
Maar wag, die teler is nie heeltemal tevrede nie, sy oupa en later sy pa het nie net hierdie beter genetika onder n bos op die plaas opgetel nie, dis geslagte se selektiewe teling, harde werk en geld uitgee. Om n naby perfekte dier te teel is nie eenvoudig nie, in genetika is 1+1 dikwels -3. ( n goeie voorbeeld is hoe mooi jou susie en lelik jy is.) Hoe nou gemaak waneer n nuwe speler toetree tot die mark? Moet jy jou geslagte se genetika verkwansel teen vleispreis? Saam met jou bok verkoop jy ook n stukkie van die mark en skep jy jou eie kompetisie vir die toekoms. Wie gaan baat vind daarby as daar plafonpryse geskep word op wild? Ek reken slegs nuwe spelers, nie die biltong jagters nie. Daardie duur bokke is nie vir jag nie, miskien as hy afgeleef is, maar jy gaan beslis ook nie n paar honderd duisende spandeer nie.
Die volgende vraag sal nou wees hoe die boer sy bok se geld kan verhaal. Maklik, sy kudde se nageslag kry n 20 jaar sprong in goeie genetika. Hulle gebit is beter en daarom vreet hulle beter, ooie se bou is beter en daarom lam hul makliker, ek weet nie of hul hulself beter kan verdedig met groter horings nie maar dit maak darem n mooier foto.
Vir 300 jaar skiet ons die grootste horings uit, maar as daar n handjievol van wat oor is gebruik word vir 30 jaar om groter horing lengtes te teel gooi ons die morele kaart na hulle?
Oor bont kleure gaan ek nie myself uitspreek nie. Ek het ook nog nie soos daar nou beweer word nie. Gaan lees gerus weer my vorige posts.
Daars baie manne met wie SAJWV kon gesels het voor hul na die staat gehardloop het. Verder moet SAJWV besef dat enigiets wat telers negatief beinvloed, die jagters negatief gaan beinvloed, net so ook anders om ook. Laat die mark homself reguleer. As dit dan nou onbekombaar duur is om te jag gaan oefen maar en sit die jaar uit tot hy stabiliseer of die bubble bars, miskien het jy n plekkie waar 3 dagga boys mooi sal lyk.
Vrede!

Johnnie
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Nee Johnnie. Ek sien ek word ook sommer beskuldig my dat ek n voorstaander is van kleurvariasies.
Ek dink ongelukkig maak mense emosionele besluite eerder as deurdinkte besluite. Jy maak goeie punte oor genetika. Dis baie waar en mens verloor dit maklik uit oog. Meeste jagters moan as hulle klein sprinkbokkies met 12 duim horings moet skiet. En nou moan hulle oor jy by n ramteler groter mooier bokke met mooi lywe en horings koop ook.
Springbokke het by ons van gemiddd 13 kg opgegaan na 17 kg binne enkele jare bloot deurgeteelde Suidwes genetika in te bring. Dis niks verskillend nie.
Nou vra ek direk. My gemsbokke het goue kalwers gegooi. Nou mnr slimjan. Moet ek hulle doodskiet vir R3000 of mag ek hulle oppas en verkoop vir R800 000 stuk. Of is dit ??
Wat van my buurman se trop blouwildebees wat spontaan n King gelewer het?
Ek sien daar in noorde betaal jy aansienlik meer vir n 60 " koedoe as n 50". So nou mag ek nie op veiling gaan beter genetika soek om aan die jagter te lewer wat hy wil he nie en my inkomste te verhoog nie?
Cir baie jare al het ons swart en wit springbokke en wit blesbokke. Niemand moan daaroor nie. Wat is verskil? En hulle was altyd duurder.

M98mauser
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Die is n moelike een, twee redes hoekom die regering nie gaan betrokke raak nie ons Adjunk president is n groot teler en dink net aan die lekker BTW wat die regering verdien uit die opbrengste op veilings en dan is daar tog sekerlik die kwessie van kapitaalwins belasting wat een of andertyd tersprake gaan kom.
Vir my persoonlik is hierdie halfbreed nie mooi nie jammer maar daardie Gouebees is m..r lelik eintlik ek wil hom nie teen my muur he nie so ook die swart rooibok en witblesbok nie. Die Europeers is ook baie gesteld op tradisie en jag etiek so ek dink nie daar gaan n groot aanvraag wees van hulle kant af nie miskien die Amerikaners. Die vraag is nou maar weer vir wie word die bokke geteel? Miskien kan iemand hier vir ons se hoeveel gouewildebeeste is die laaste paar jaar gejag en teen watter prys dieselfde met die swart rooibokke?

Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
as jagters was ons baie ontstel oordat die greenies olifant uitdunnings gestop gekry het en waste skade n oormaat olifante doen veral aan habitat en die effeck daarvan op kleiner species .
ons kan ook nie verstaan hoe Africa verwoes word vir n paar mense se gewin nie en Mugabe is op die voorgrond en daar is nog menigde voorbeelde .
so my vraag is hoe kan ons dit goed keur dat die species wat ons het so verwoes word deur wins bejag . JA EK VERSTAAN DAT DIE DIERE SO GEBORE IS en die tellers nou net verder met hulle teel. Ek stem saam met Koos dat hulle die diere domesticate en afhanklik maak .
So gaan ons oor 10 jaar nog by vuur kan sit en n jakkals hoor? gaan jy nog kleiner soogdiere sien ? gaan daar nog gewone wild oorwees of gaan alles verbaster wees en ons dan geforsser wees om die basters te skiet
ek wonder maar net is ons nie maar met dieselfde as Mugabe besig nie

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek wil net weer herhaal wat ek vantevore gese het; ek is glad nie gekant daarteen dat boere geld maak nie en sonder hulle sou ons nie wild gehad het om te jag nie. En soos ek reeds ook genoem het, ek glo beslis nie die regering sal kan of moet help nie. Die vraag is net, wie gaan 'n mate van regulering bewerkstellig. Almal ken my standpunt: ek is gekant teen die kleurvariante. Wat my opval is dat daar ewe skielik oral in die land spontaan kleurvariante opduik uit gewone kuddes. Dit vind ek 'n bietjie moeilik om te sluk. Vir blou jare al jag ek en baie ander en het jy nooit van hierdie spontane geboortes van bontbokke gehoor nie. Geen wildboer het dit eens aan jou genoem nie. Nou ewe skielik gooi die bokke sommer so links en regs bontbokke...
Ek dink die SAJWV se rol moet maar gesien word as 'n soort waghond, soos die opposisie in die Parlement. Iemand moet blaf en waghond speel anders ruk dinge baie gou heeltemal handuit. Die mens is van wese 'n gierige dierasie. waar geld ter sprake kom sny ons summier ons naaste se kele af of wat ook al in ons pad staan. Juis daarom is waghonde nodig. Al vestig dit net die aandag op moontlike wanpraktyke. Hopelik... hopelik spoor dit wel mense aan om hul huise in orde te kry as dit nie die geval is nie.
As ek die bogaande posts lees dan wil dit voorkom asof daar telers is wat nie heeltemal saamstem met die kleurvariant ding nie maar dat hulle baie versigtig is om hulle daarteen uit te spreek want hulle wil nie hul broedertelers die harnas in jaag nie.
Ons het wildboere nodig en hulle het nodig om geld te maak anders is daar geen sin om wild aan te hou nie. Maar as ons wild het, het ons ook jagters nodig en hulle kan nie almal R3000 of R5000 vir 'n rooibokram betaal nie. Ons sal vorentoe moet saamwerk, die een kan nie die ander dreig nie want dan gaan ons hele wildbedryf verlore en die enigste wenner is dan dalk wel die regering wat soos in Zimbabwe totale chaos veroorsaak.
Mooi loop

Last edited by Koos Barnard on Sat Feb 21, 2015 1:28 pm, edited 1 time in total.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Oom Koos
Met alle respek sa jagters moet hulle neuse uit hierdie so genaamde waghond storie uithou. Ek stel nie belang in hulle as n organisasie nie. Nog minder in hulle adsurde uitlatings. Volgens my verstaan hulle nie die grondwet van ons land nie. Jy sien die regeing wil al klaar vir die boere se net een plaas en hoe groot hy moet wees ens ens. Nou wil hulle nog kom stook met stront. Kyk en lees maar mooi wat Hugo se en kyk hoe lyk die parke ens. As ek n boer was sou ek nie een van sy lede tegelaat hom tejjag op my plaas nie nie voordat hulle hulle verklaring terug trek nie. Ek raak vreeslik bekommerd hulle verstaan nie die vrye mark stelsel nie. Ek jag baie minder my self weens die koste nie net die prys van die dier nie maar die onkoste om dit te kan doen. Maar ek sien nerens dat sajagters kla oor die prys van gewere ammo diesel ens nie maar soos die kleur en prys van n dier het hulle baie te se.

Koos Barnard. Jy vat my integriteit aan. Dis onbetaamlik van jou. Klim in jou kar en kom kyk. Ek weet van minstens 4 gevalle waar spontane kleurvariasies opgeduik het. En voor jy weer n leunaar van my wil maak maak seker van jou feite.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
As mens baie in die veld kom, veral as dit werklik jou lewe is sien jy baie snaakse goed. Ek het al in die laaste 15 jaar spontaan die volgende aangetref en met my eie oe gesien:
Wit bont koedoe
Wit bont ribbok
Goue gemsbok
King wildebees
Blonde duiker
Blougrys springbokke
Goue baster gemsbok
Swartneus impala
By gewone boere met die uitsobdering van die baster gemsbok.
Praat met jou ouer boere. Hulle sal jou se dat kleur variasies al jare met ons is. Voor hulle n waarde gekry het, was hulle voor die voet geskiet.
Wit bont koedoe
Wit bont ribbok
Goue gemsbok
King wildebees
Blonde duiker
Blougrys springbokke
Goue baster gemsbok
Swartneus impala
By gewone boere met die uitsobdering van die baster gemsbok.
Praat met jou ouer boere. Hulle sal jou se dat kleur variasies al jare met ons is. Voor hulle n waarde gekry het, was hulle voor die voet geskiet.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Waar dink jy my vriend is die grootste trop goue gemsbokke?Doomslayer wrote:Ek het twee probleme met hierdie kleurvariant scam: prys en moreel-eties.
Eerstens op prys - as dit my meer kos om wildsvleis op my vord te sit as beesvleis of skaap, dan jag ek eenvoudig nie meer nie. Ek kan my liefde vir gewere uitleef met teiekenskiet en my liefde vir die natuur met besoeke aan reservate met my seuns. Ek is nog bereid om 'n 10-20% duurder bedrag te betaal as waarvoor ek 'n karkas kan koop ter wille van die "gevoel" en romantiek verwant aan jag, maar R100+ rand per kg karkas gewig vir gewone bok - nooit nie! My gemiddelde geld gespandeer per jagseisoen was in die omgewing van R40 000 - 60 000 per jagseisoen - daarmee kan ek baie lekker vakansie gaan hou met my vrou en kinders. Die wildboere (sommiges) en wildtelers se houding dat die nuwe hoë pryse die nuwe normaal is, gaan 'n baie onaangename verassing kry 'n entjie verder af in die pad. Iemand hierbo het reeds gepraat van prysweerstand en ek kan nie sien dat die gewone biltongjagter wat salaris trek bereid gaan wees om hierdie belaglike pryse te betaal nie.
Tweedens moreel-eties. Ek het sopas SA Jagters se verklaring gaan lees en kan net sê dat ek heelhartig daarmee saamstem. Soos die Engelsman sê: "Beware of the law of unintended consequences...."
So aan manne soos Beretta, Gromit, Hugo, Johnnie de Wet en andere - wat baie te sê het oor hoe edel die hele kleurvariasie teelproses is - sterkte vir julle boys! Julle gaan dit dalk nodig hê....
Is dit die Namibiese grens wat ek daar voor my sien....
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
As die smartie bokkies so briljant is hoekom moet hulle die volgende kry
1. Elke dag gevoer word
2. Alles om hulle vernietig word
3. Alle kompetiesie uit die kamp verwyder word
4. Wat van natuurlike seleksie boer speel god nie die eeu oue natuur wet van the strong will survive
5. As hulle nou klaar my kinders se natuur erfenis op ge f@k het wat gaan hulle se sorry nee hulle gaan allerhande stories uitdink
6. Laat my kots dit is soos hitler wat die percect duitser will teel maar ons moet eers al die jode(normale manlike diere) uitmoor
7.geniet jou geld want as jy dalk by die poorte kom gaan jy moet verduidelik hoekom jy God se werk nie waardevol genoeg gevind het nie
Sit die ou swart ram saam met die gewones op die plaas dan sien ons hoe lank hou hy as hulle dan so seker is hoekom doen hulle dit nie put your money where your mouth is. Hulle sal nie want hulle weet wat die waarheid is die normale diere gaan hom uit stoot . Ek dare enige ou om my hier verkeerd te bewys. En as ek verkeerd is sal erken my siening is verkeerd.
As hulle so aangaan gaan die normale wild so baie werd wees want daar gaan nie baie oor wees nie .
Ek praat nie hier van natuurlike goed soos njala buffel ens. Nie maar kleur bokke
Nou is ek klaar bel my gerus dan kan ons dit verder bespreek

- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Gromit, kyk ek kom maar baie min in die veld die laaste tyd so ek is tans dalk so bietjie uit voeling en wil nie beskuldig word dat ek jou itegriteit aanvat nie, maar so rukkie terug het ek vir goeie paar jaar in die KNP gewerk. Ek beskou dit as een van die mees natuurlikke ekostelsels wat ons nog in SA oor het met baie plekke binne die 2miljoen ha wat baie min menslikke impak gehad het. Ek het in die tyd wat ek daar gewerk het nie een snaakse kleur variant gesien of van gehoor nie en ek het 1000de km daar gestap en gery. Die ou hande het ook nooit van hulle gepraat nie, wel van swp en b-gemsbok en tsessebes. Ek het wel 'n wit olifant en leeu daar gesien en 'n king cheetah (die wit olifante hou ook nie lank nie, die son brand hulle klaar).Gromit wrote:Koos Barnard. Jy vat my integriteit aan. Dis onbetaamlik van jou. Klim in jou kar en kom kyk. Ek weet van minstens 4 gevalle waar spontane kleurvariasies opgeduik het. En voor jy weer n leunaar van my wil maak maak seker van jou feite.
Ek se nie hierdie goed gebeur nie in die natuur nie maar dit is beslis die exception rather than the rule en deur hierdie kleur variasies in gewone troppe los te laat besmet ons beslis die gene poel.
Ek stem saam met die horing lengte wat terug geteel word want daar was reeds navorsing gedoen en is bewyse dat selektiewe jag wel die groter trofee diere se getalle verminder het, maar die kleur variasies kan ek uit my ondervinding nie mee saam stem nie.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Mooi gestel Hein. Ek jag nou 32 jaar- ja vandat ek 6 is. En al die kleur afwykings wat ek in my lewe gesien het was in die laaste 5 jaar, met die uitsondering van wit blesbokke wat nou al vir jare n oogseer is. Het darem 1 wit leeu gesien... Maar sy het meer gps op haar gehad as n marlyn boot in sodwana. Vreeslik natuurlik gelyk.....Hein22 wrote:Gromit, kyk ek kom maar baie min in die veld die laaste tyd so ek is tans dalk so bietjie uit voeling en wil nie beskuldig word dat ek jou itegriteit aanvat nie, maar so rukkie terug het ek vir goeie paar jaar in die KNP gewerk. Ek beskou dit as een van die mees natuurlikke ekostelsels wat ons nog in SA oor het met baie plekke binne die 2miljoen ha wat baie min menslikke impak gehad het. Ek het in die tyd wat ek daar gewerk het nie een snaakse kleur variant gesien of van gehoor nie en ek het 1000de km daar gestap en gery. Die ou hande het ook nooit van hulle gepraat nie, wel van swp en b-gemsbok en tsessebes. Ek het wel 'n wit olifant en leeu daar gesien en 'n king cheetah (die wit olifante hou ook nie lank nie, die son brand hulle klaar).Gromit wrote:Koos Barnard. Jy vat my integriteit aan. Dis onbetaamlik van jou. Klim in jou kar en kom kyk. Ek weet van minstens 4 gevalle waar spontane kleurvariasies opgeduik het. En voor jy weer n leunaar van my wil maak maak seker van jou feite.
Ek se nie hierdie goed gebeur nie in die natuur nie maar dit is beslis die exception rather than the rule en deur hierdie kleur variasies in gewone troppe los te laat besmet ons beslis die gene poel.
Ek stem saam met die horing lengte wat terug geteel word want daar was reeds navorsing gedoen en is bewyse dat selektiewe jag wel die groter trofee diere se getalle verminder het, maar die kleur variasies kan ek uit my ondervinding nie mee saam stem nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Netso dries. Net op by te voeg, wild op wildsplase is nie 'n natuurlike ekostelsel is nie, hulle word intensief bestuur en daar word gereeld nuwe gene in hierdie ekostels ingebring om inteling te voorkom. Dit is dus baie makliker dat hierdie snaakse kleur gene meer gereeld op plase sal opduik.
Om 'n meer ware en duidelike prentjie te kry moet jy na groot ongerepte natuur areas soos die KNP kyk as 'n benchmark. Mens sal dan stewe om so na as moontlik aan hierdie benchmark area te probeer wees.
Om 'n meer ware en duidelike prentjie te kry moet jy na groot ongerepte natuur areas soos die KNP kyk as 'n benchmark. Mens sal dan stewe om so na as moontlik aan hierdie benchmark area te probeer wees.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Wel Hein. Dit gebeur. As jy soos Kkos my n leunaar wil doen. Kom uit en se dit reguit.
As jy bevestiging wil he vir wat ek se, het jy n ope uitnodiging om jou self persoonlik te kom vergewis.
Ek Het nie enige issue met enige persoon se siening oor wild nie, maar wel oor my integriteit. Elke persoon het sy eie siening oor wild en ek respekteer dit. Maar as ek vir jou se dat ek hierdie bogenoemde kleurvariasies gesien het op plase waar daar nie lynteling plaasvind nie en ook op oop plase en jy glo my nie, noem jy my n leunaar. En daarmee neem ek aanstoot.
As jy bevestiging wil he vir wat ek se, het jy n ope uitnodiging om jou self persoonlik te kom vergewis.
Ek Het nie enige issue met enige persoon se siening oor wild nie, maar wel oor my integriteit. Elke persoon het sy eie siening oor wild en ek respekteer dit. Maar as ek vir jou se dat ek hierdie bogenoemde kleurvariasies gesien het op plase waar daar nie lynteling plaasvind nie en ook op oop plase en jy glo my nie, noem jy my n leunaar. En daarmee neem ek aanstoot.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ps Dries. Net ter inligting ek het my eerste koffie springbok gesien op n plaas in die middel tagtigs op John Lake se plaas in Patterson. Dit is nie iets wat nou plaasvind nie. Dit was nog altyd daar.
Kleurvariasies hou net nie lank in die natuur gewoonlik nie. N wit springbok staan effe uit in die Karoo. En hulle is al met ons vir seker 30 jaar. Dit is niks anders as n kleur variasie nie.
Wit koedoes in ons area is raar maar kom natuurlik voor.
Is hulle raar? Ja. Hulle is. Dit is hoekom mense mal pryse betaal!
Maar moet nie vir my kom vertel dit gebeur nie spontaan nie.
Kleurvariasies hou net nie lank in die natuur gewoonlik nie. N wit springbok staan effe uit in die Karoo. En hulle is al met ons vir seker 30 jaar. Dit is niks anders as n kleur variasie nie.
Wit koedoes in ons area is raar maar kom natuurlik voor.
Is hulle raar? Ja. Hulle is. Dit is hoekom mense mal pryse betaal!
Maar moet nie vir my kom vertel dit gebeur nie spontaan nie.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Nou hoekom hulle probeer baie maak deur hulle te teel?Gromit wrote:
Wit koedoes in ons area is raar maar kom natuurlik voor.
Is hulle raar? Ja. Hulle is. Dit is hoekom mense mal pryse betaal!
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Met erkenning aan Gerhard Heyneke: Antwoord op berig in Beeld en Die Burger
"Staatsingryping in die wildbedryf versoek"
Ek boer met Goue wildebeeste , swartrooibokke en gewone wild.
Besluit toe verlede jaar om so draai te ry deur ons mooi land. Verby
mede boere se plase wat ontbos het vir landerye vir saaiboerdery
met geneties gemanupileerde mielies om al ons mense te kan voed
en ek voel so trots op hul baanbrekerswerk.
Verby die sitrusboere wat biodiversiteit moes opoffer vir top kwaliteit sitrus.Mooi so het ek gedink. Julle maak ons trots. Hoop julle voer net meer en meer uit.
So deur die Kaap met sy pragtige druiwe prieele wat vir beter kultivars ook gemanupileer word vir beter smaak en om markverwand te bly.
So trots op julle wat naam maak oorsee. Doen so voort.
Die pragtige Marino skape was volgende. Ingevoer uit Duitsland....
So fantasties bly vir ons boere... al is die skape uitheems... wol net waar jy kyk al moet daar jakkalsdraad gespan word vir beskerming en ook maar skilpaaie en miskruiers verhoed om te migreer.
Volgende was n plaas met pragtige Bonsmara beeste. Die boere het hulle ook geteel uit ingevoerde rasse op die plaas Mara. Baanbrekerswerk deur Prof Jan Bonsma om vroee groei by vleisbeestete te beinvloed. So trots op ons boere. Mooi gedink. Ons eet elke dag lekker steaks. Baie dankie.
Sjoe en dan die pragtige kleurvariasies in al ons dorpe en stede... Pragtige geel Strelitzia "Mandelas Gold" en die geel clivias in ons tuine.Van die mooiste kleurvariasies.So bly ons kan dit geniet in ons leeftyd.Hoop nie ons hoef al die bogenoemde te verwoes nie. Ons sou veel armer wees en sonder kos ook.
Inteling op my diere sal my maar 'n swak boertjie maak... en dom ook soos ek sien baie van ons dink. My wild is nie uitheems "eksoties" soos die berig en sekere kenners na verwys nie. My wild het net 'n kleurverskil. So "inheems" soos die boer in Afrika. Nee... ek doen nie inteling nie... my diere word geneties getoets... dis net 'n lekker stok om ons wildboere te slaan.
ENIGE boer met enige spesie doen inteling indien hy nie nuwe diere inkoop om dit te verhoed nie. Ek boer op 'n plaas wat gedeeltelik bebos is en net vir wild geskik is. Ek ploeg etlike duisende rande terug in my gemeenskap. Ek skep werk en betaal my belasting. Ek teel die mooiste trofee vir die jagter om te kom jag. Nie teen 'n weggee prys nie maar teen 'n prys om my te help om aan te hou boer.
'n Mark word ontwikkel en geskep... 'n Mark word nie met ope arms gekry nie. Daar word reeds kleurvariasies gejag. Hierdie wild is net is SA beskikbaar. Vraag en aanbod en die uiteindelike jagprys sal die mark bepaal. ONTWIKKEL DIT soos die bees ,saai, sitrus, skaap, druiwe en ander boere.
Ons boere is nie parkerade nie. Ons is boere. Gun die son oor ons soos met soveel negatief teen ons. Agv ons boere is genetika drasties verbeter. Daar is ongelooflik vooruitgang gemaak op alle terreine van wildboerdery. Met die koms van stede, dorpe, paaie en drade om plase is alle vorme van wild migrasie in elk geval gestuit of gewysig.
Hou op om ons uit te kryt vir als wat sleg is. Gun ons om uit ons liefde geld te maak. Raak meer ingelig voor daar soveel nonsens geskryf word. Ek is net nog 'n boer soos enige ander boer. Gun my dit terwyl ek daagliks beter trofees en groter verskeidenheid teel vir die jagters om sodoende ook meer geld te verdien.
Groete
Gerhard Heyneke

375
Wil net graag by jou hooroor die punt wat jy maak oor die alles om hulle vernietig verstaan hom nie so mooi nie