SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek vind hierdie storie van die lewe van 'n kalkoen 'n duisend dae voor en 'n dag na "Thanks giving" interssant. Ek se geensins dat dit so sal uitdraai nie. Ek let net op dat hierdie moontlikheid geensin oorweeg of gedebateer word nie.
Net een wet (Wet wat natuurlike verspreiding beheer), of klassifikasie van ons sisteem as ongewens vir oorsese klante kan 'n hele ketting reaksie tot gevolg he waarvan nie een mens die gevolge kan voorspel nie. Maar tog voorspel ons dat dit nie kan sink nie, dat alles nog sal hou vir so "drie of vier jaar" ens.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Sako75 on Thu Feb 19, 2015 5:05 pm, edited 3 times in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Die Wet op Biodiversiteit, 10 van 2004 spreek sekere aspekte hier aan. Die natuurlike voorkoms van ons wild word verander en hulle is nie meer so vrylopend as tevore nie. Wat laat ons vir ons kinders en kleinkinders na. Nog maar 'n mak ras diere wat soos bees en skaap mee geboer gaan word?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek weet nie of die volgende argument ook hier van toe passing gaan wees nie as jy en n persoon ooreenkom op n salaris jy aanvaar dit en hy aanvaar dit dan kan jy mos nie na die tyd se hy betaal jou n swak salaris nie nou moet die regering ingryp om nou te se wat dit moet wees. Nou wat jy neem nie die persoon in diens nie want jy kan nie meer bekostig nie want die regering se so en jy kan tronkstraf kry vir die oortreding so nou as die pryse te duur raak vir jag moet dan nie by die boer gaan jag nie. Die boer gaan hom mos nou nie skuldig maak aan n oortreding nie. Dit is wat mnr sa jagter lyk my wil he of so verstaan ek die regering se inmening hy sal ook seker n lidmaatskap verhoging van sy lede verwag . Net so terloops ek verstaan hy het sy eie besigheid kan ons nie dalk vra dat daar deur die regering na die besigheid gekyk moet word nie daar moet mos nou na die wildsboere gekyk word
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Dit is vir my snaaks dat almal iets te se het oor die geld kant van die argument, aangesien dit sekerlik n direkte effek het op ons jagters se sak. maar die groot probleem is eintlik nie die geld nie dit is die feit dat die kleur fratse teen die natuur is. Dit is nie reg nie. En ek self het n morele , etiese en geloofs probleem met dit. Ek dink Koos het dit mooi aangeraak. Die geld is n pyn in die gat sak maar dit gaan nie hou nie. Maar die impak op die natuur , die gene poel en dit wat ons vir ons kinders na laat pla my baie meer. Met 400k koop ek vir my familie n mooi kar, as jy dit op n rooibok wil blaas is dit jou probleem. Ek is al die laaste 15 jaar in die finansiele industrie en ek het al meer as een sceme gesien. krion en fidentia is maar twee wat die laaste paar jaar mense miljoene gekos het. Hoor my brom die geld gaan inkom en dit gaan uitgaan. Maar na dit waarmee sit ons. N gene poel wat M@&rtoe is.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek stem saam met Ludwig en Koos se posts.
Ek het nie 'n probleem met manne wat geld maak nie. Ek dink ook nie die regering kan noodwendig help nie.
Maar wat gebeur met ons jagbedryf as RW en SCI eweskielik se hulle erken nie ons geteelde horing lengtes nie.
Gaan 'n gewone rooibok eendag skaars wees?
Ek dink ook nie die SAJWV is arrogant nie. Hulle verteenwoordig ons jagters. Gaan lees enige jag forum, Almal kla oor jag pryse. Dus, probeer hulle die biltong Jagter se belange beskerm.

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Mors met die natuur en een of ander tyd gaan die natuur die oortreder bykom . . .
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Vir die manne wat bang is RW gaan nie meer ons horing lengtes aanvaar nie. Slaap maar rustig hieroor, dit is in Suid Afrikaanse besit.
Hulle spreek die sg. Fair chase argument aan met betrekking tot plasing in die rekord boek, wat op alle diere van toepassing is. Hulle tref ook nie kleur onderskeid nie, maw as jou Saalrug Bosvark die boek maak, gaan hy bloot onder n Bosvark in.
Wat SCI betref. Hulle was die eerste organisasie om onderskeid te tref vir, eerstens boogjag (lees baie keer klein eiendomme) en kleur variante. Dus twyfel ek ook oor hulle wat kop uittrek.
Daar is wel onder die kleiner, maar nie minder gerekende instansies soos Boon & Crocket en die Europese jag geledere, vrae wat onder di vergrootglas kom, en ja, ons moet versigtig wees om naam weg te gooi.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
En wie van julle wat so mildelik deelneem aan die gesprek is betrokke in die wildbedryf?
Wie van julle weet werklik iets van die bedryf?
Wie van julle weet werklik iets van die bedryf?
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Die wildbedryf het tot nou toe gesorg dat die genepoel groot en gesond is, dat daar gesonde buffels is en dat die veld nie meer deur makdiere vernietig word nie.
Nou sê ek ook maar net wat reeds gesê is. Hierdie genepoel kry nou besmetting in. Die veld word weer op onnatuurlike maniere gebruik wat die gehalte gaan benadeel. Die goed wat die wildbedryf gedoen het, kan nou ongedaan gemaak word.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1116
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Gromit, met alle respek: Ek dink naby aan 100% van Jaracal lede is betrokke in die wildbsbedryf. Die meeste is verbruikers (jagters) en 'n klompie verskaffers (Wildsboere, waaronder 'n paar telers).
Ek glo dit is katastrofies om die eindverbruiker (jagters----nie nuwe telers nie!) se standpunte, besware en bowenal aptyt vir besteding af te lag.
"The customer is always right" is nie altyd van toepassing nie, maar as jy 'n belegging in 'n besigheid maak is dit virseker belangrik om seker te maak daar is 'n verbruikersmark wat die produk teen 'n winsgewende prys gaan koop. Ek glo nie baie jagters stel belang om selfs so laag as R5000 vir 'n gekleurde rooibok te betaal nie. Miskien sommiges vir die eienaardigheid daarvan maar virseker nie in hul massas nie.
So die jagter en biltongjagter se opinie kan lig op geneem word, maar wie gaan die "super" wild skiet as die telers en spekuleerders nie meer onder mekaar wil koop nie? Ons sal kom skiet, maar ek glo prysweerstand gaan die telers en beleggers skok.

Last edited by J le Roux on Fri Feb 20, 2015 8:12 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- soundzmad
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Thu Apr 10, 2014 3:05 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Klink vir my reg!stompe wrote:Ja nee dis so goed om te sê die staat moet ingryp op die JSE, banke en myne. Ek sal dit wel interessant vind as die kompetisie kommissie bietjie price fixing gerugte ondersoek.Smitstertjies wrote:Ek is n jagter, nie n boer nie. Maar ek dink dit is wel gevaarlik vir die staat om betrokke te raak. Vraag en aanbod moet maar hier besluit wie is reg en wie is verkeerd.
Ons moet so min as moontlik besluitneming in die staat se hande los.
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
[quote="Gromit"]En wie van julle wat so mildelik deelneem aan die gesprek is betrokke in die wildbedryf?
Wie van julle weet werklik iets van die bedryf?[/quote]
Eish Gromit, ons gesels mos almal hier op Jaracal oor alles saam? Dit ons mos die doel van hierdie forum, om meer te leer oor 'n wye reeks aspekte? Dit is soos om te sê dat as jy nie vir 'n politieke party werk nie mag jy nie oor die toestand van ons land praat nie, of as jy nie vir Eskom werk nie, mag jy nie oor load shedding uitvra nie?
Hier kan ons mos leer by mekaar, en persepsies uit die weg ruim? Daar waar die wat nie betrokke is in die bedryf oningeligte stellings maak, is dit mos 'n gulde geleentheid vir manne in die bedryf om hulle reg te help, want met die volgende braaivleis versprei hul die woord verder..
Groete

- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Hi Almal,
Wanneer gaan die wit tarentaal wat ons soms raakloop n moewiese prys haal. As voëljagter doen ek my bes om hom uit te haal en dan is selfs die boer bly dat die onding uit die swerm is. Miskien moet ek met hulle begin teel want hel my blesbokke wil net nie bont word nie.
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ferdi Bam wrote:Hi Almal,
Wanneer gaan die wit tarentaal wat ons soms raakloop n moewiese prys haal. As voëljagter doen ek my bes om hom uit te haal en dan is selfs die boer bly dat die onding uit die swerm is. Miskien moet ek met hulle begin teel want hel my blesbokke wil net nie bont word nie.
Groete
Ferdi Bam
Jy Moet die die regte peroxide gebruik.
- soundzmad
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Thu Apr 10, 2014 3:05 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Wat my nogal bekommer is die telers se heftige reaksie. Selfs teenoor my, oor Peter Flack se artikel in SA Jagters verlede jaar. As hierdie manne met hul multi-miljoene opgewonde raak oor 'n nul op 'n kontrak soos ek 'n artikel in SA Jagter publiseer wat te velde trek teen kleurvariante, dan begin ek ernstig vrae te vra. Is iets dalk wel verkeerd met die bedryf? Ek vra maar net.
Mooi loop
NS Baie bewaringskundiges is bekommerd oor die manier waarop kleurwild (en gewone wild) deesdae geteel word.[/quote]
Koos
So deel ek ook jou verskeie menings en dankie dat jy dit met ons deel. So van 'n ander hoek af, dinge nie altyd is wat dit se of voorgee om te wees nie. Ek is van mening (en ek se mening met 'n rede want ek gaan dit nie verdedig nie) dat daar van hierdie bedrywe is wat nie veel meer as 'n werkswinkel vir geld wassery en belasting ontduiking is nie.

Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek wil net gou paar goed sê
(En 'n vraag of drie vra aan die "Betrokenes")
Die stelling word gedurig gemaak dat dit slegs telers is wat onder mekaar verkoop.
Die teler is dan vinnig om te skerm en te sê "dit is onsin, daar is nuwe toetreders"
My vraag is, wie is die nuwe toetreders? is hulle dalk telers?!?!?
99% van die tyd JA
Dus ou teler verkoop aan nuwe teler
Dus teler verkoop aan teler
Jy kan dit probeer inkleur soos jy wil, as albei partye telers is, is dit telers wat onder mekaar verkoop.
So kan ons nou asseblief wegbeweeg van die argument (dit laat my nogal dink aan redenasies wat deur 'n sekere party in 'n sekere gebou in kaapstad gevoer word)
Hoeveel van die wild wat julle verkoop het, is gejag, by julself, of verkoop aan 'n plaas waar dit gejag is? TEEN ENIGE PRYS
As die andwoord is geen (of selfs min) het jou produk/industrie geen endverbruiker nie.
Dit maak dit per definisie 'n piramide skema.
Wat hier gebeur is soos 'n fabriek wat produkte maak, met baie duur materiaal, maar dan al die produkte net in die stoor hou en niks aan VERBRUIKERS verkoop nie.
Op papier het daai besigheid 'n m#@rse hoë nett asset value, maar as besigheid is hy NIKS werd nie.
Ps: Ek het Wildplaas bestuur aan die Technikon Pretoria studeer, so ek weet darem so bietjie van die bedryf af...

Last edited by Chris Swart on Fri Feb 20, 2015 1:26 pm, edited 3 times in total.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek volg die gesprek met baie belangstelling en ek dink Frikkie se twee vra is nogal rellefant.Gromit wrote:En wie van julle wat so mildelik deelneem aan die gesprek is betrokke in die wildbedryf?
Wie van julle weet werklik iets van die bedryf?
Die biltongjagter se siening is alom bekend: "Ek sal hom nie skiet nie, want teen daai prys gaan die biltong nie lekkerder smaak nie."
Die wildteler staan hier in die ander hoek en probeer 'n baie brose bedryf beskerm omrede hy so baie daarin belê het.
Niemand van ons hou van staats inmenging nie, want al die akronieme is reeds gevat en net EKSTEEL bly nog oor.
Almal van ons spekuleer lekker hier en dit is ons reg, maar min van ons besef dat die staat nie onderskeid sal tref tussen wildtelers van kleur variante en telers van "biltong-bokke" nie.
Los die slapende honde. As die ding met gekleurde wild sy alie sien, gaan ons lekker pienkwildebeeste jag teen afslagpryse.
Sonder 'n eindverbruiker is dit suiwer spekulasie en ek sien "vrotmelk" in my geestes-oog.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
"Kry n paar vriende of beleggers, koop vir jou n stuk grond en wild en raak deel van die ongelooflike opbrengste en leef jou inner opgekropte passie uit."
Die stelling spook by my al van gister af
Is dit Wildsboere of sakemanne wat nou met "wild" teel?
Soek hulle heeltyd nuwe "telers"?
Smirre
Die stelling spook by my al van gister af
Is dit Wildsboere of sakemanne wat nou met "wild" teel?
Soek hulle heeltyd nuwe "telers"?
Smirre
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Baie van die nuwe "telers" is eintlik ryk sake manne wat plase het en net mooi niks weet van die bedryf af nie. Hulle maak besluite gebasseer op "experts" wat hulle kontrakteer in die bedryf. Hulle stoot dan net die geld in. Ek ken drie sulke "telers".Smirre wrote:"Kry n paar vriende of beleggers, koop vir jou n stuk grond en wild en raak deel van die ongelooflike opbrengste en leef jou inner opgekropte passie uit."
Die stelling spook by my al van gister af
Is dit Wildsboere of sakemanne wat nou met "wild" teel?
Soek hulle heeltyd nuwe "telers"?
Smirre
Daar is verseker pro's en con's sover wild teel gaan, as voorbeelde kan ons die Swartwitpens en Roan en ander skaars spesie telers gebruik wat werklik 'n positiewe bydrae gelewer het maar ek kan nie dieselfde se van die reenboog bokkie telers nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek gun elke ou sy besigheid en die wins wat hy daaruit maak. Ek weet nie veel van wildsboerdery nie en is ook maar deel vand aai "gehate" biltongjagter geledere.Gawie(13mm) wrote: Sonder 'n eindverbruiker is dit suiwer spekulasie en ek sien "vrotmelk" in my geestes-oog.
My gedagtes gaan ook maar oor bovermelde quote. Wie is die eindverbruiker? En wie is die kopers? As die kopers tans net uit nuwe "boere/telers" bestaan, waarheen dan? Ek is nie doodseker nie, maar is onder die indruk dat RW en SCI nie tans enige van die "kleur variante" erken as afsonderlike spesies nie. As dit so is, wat is die dryfkrag dan vir enige trofeejagter om hierdie spesies, teen 5x die normale prys, te jag en hoe gereeld gebeur dit?
Nou indien ons "jaloerse en kleinlike mense" se vrese onnodig was, wie het skade gely? Beslis nie die manne wat nou met 'n spoed inklim en geld maak soos das k.. nie. Dus, no harm no foul...
Maar wat as ons vrese bewaarheid word en die borrel bars, hoe gaan die prentjie dan lyk? Gaan jou buurman, wat gaan skuld maak het en al sy beeste verkoop en sy lande onder aangeplante weiding gesit het, oorleef? En indien nie, hoe gaan dit jou beinvloed? Of die streek? Of die jag en wildbedryf in die algemeen? Natuurlik sal rooibokke nooit weer R50 kos nie, maar watse invloed gaan die ding hê, in die odd chance dat die borrel wel bars?
Kan iemand wat wel kennis het van die bedryf my dalk hieroor antwoord?
Aim small, miss small
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Wat beskou julle as die 'reenboog" bokke?
Iets wat onnatuurlik geteel is?
Daars bitter baie gekleurde springbokke, mense meng die goed vreeslik dan pop daar snaakse karakters uit. Daarmee stem ek glad nie saam nie.
Maar die Swartrooibok is n natuurlike geen, asook die wit.
Kyk maar die goue bees kom van Botswana af, en kom natuurlik daar voor. As die boere nie jare gelede die "drek" bokke geskiet het nie was hulle maar ook in troppies op elke plaas.
Ek haal Jacques Malan aan, en dink mooi wat hy hier se, moenie nou weer se ja maar hy is n teler en hy die en dat nie asb,
“We’re not here to create something that was never there before, we’re trying to replace.”
“We breed them to be able to breed back the top genetics,”

Onthou net hierdie ryk sake manne kan van die beste plaas bestuurders bekostig om sy plaas te bestuur. Al wat hulle hoef te doen is om ekonomiese produk lewens siklus van spesifieke smarty spesies dop te hou, en op die regte tyd te verkoop, en na die volgende spesie toe aan te beweeg. Ek dink die bonte bok is 'n goeie voorbeeld oor die trant wat sekere spesie markte gaan volg. In spesifiek verwys ek na die swart rooibok mark, teen die koers wat telers f2 en f3 splits produseer is die spesifieke mark naby aan sy maturity fase. Ek is glad nie 'n wildboer ekspert nie, maar as jy na dit gaan kyk in die lig van beleggings dink ek eksotiese wild telery is hier om te bly. Ja spesifieke "produk" markte sal versadig word, maar hulle sal altyd 'n nuwe variant ontwikkel. Ek wag nou in afwagting vir 'n kruising tussen 'n swart en wit rooibok om zebra rooibokke te vorm.Hein22 wrote:Baie van die nuwe "telers" is eintlik ryk sake manne wat plase het en net mooi niks weet van die bedryf af nie. Hulle maak besluite gebasseer op "experts" wat hulle kontrakteer in die bedryf. Hulle stoot dan net die geld in. Ek ken drie sulke "telers".Smirre wrote:"Kry n paar vriende of beleggers, koop vir jou n stuk grond en wild en raak deel van die ongelooflike opbrengste en leef jou inner opgekropte passie uit."
Die stelling spook by my al van gister af
Is dit Wildsboere of sakemanne wat nou met "wild" teel?
Soek hulle heeltyd nuwe "telers"?
Smirre
Daar is verseker pro's en con's sover wild teel gaan, as voorbeelde kan ons die Swartwitpens en Roan en ander skaars spesie telers gebruik wat werklik 'n positiewe bydrae gelewer het maar ek kan nie dieselfde se van die reenboog bokkie telers nie.
Hierdie hele storie laat my dink aan 'n man in die geskiedenis wat mense wou teel met wit hare en blou oë (tong in die kies).
Ek weet net egter nie hoe lank dit ons liewe regering gaan vat om te besef dat daar vir hulle lekker geld maak geleentheid kan wees in die vorm van nuwe belasting toepassings is spesifiek tot die industrie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Vir wie word die top genetics terug geteel? Vir ander telers of is daar 'n eindverbruiker?Hugo wrote: Ek haal Jacques Malan aan, en dink mooi wat hy hier se, moenie nou weer se ja maar hy is n teler en hy die en dat nie asb,
“We’re not here to create something that was never there before, we’re trying to replace.”
“We breed them to be able to breed back the top genetics,”
Verstaan mooi Hugo, ek kan niks wen of verloor uit die wildsmark uit nie, maak nie saak watter kant die ding heengaan nie. Ek wonder net hoe julle manne wat in die mark is, daaroor redeneer?
Aim small, miss small
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Eugene
ek is n small fry, ek beinvloed niks, ek doen dit oor ek dit like.
As ek paar rand maak even beter!
Dalk koop reservate die top gene terug, 50" buffels. 50" Sables, 60" Kudus, 30" Rooibokke. 30" Wildebeeste.
Ek weet nie...
ek is n small fry, ek beinvloed niks, ek doen dit oor ek dit like.
As ek paar rand maak even beter!
Dalk koop reservate die top gene terug, 50" buffels. 50" Sables, 60" Kudus, 30" Rooibokke. 30" Wildebeeste.
Ek weet nie...
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ja, en Zuma wou ook net die swembad gehad het in geval van 'n brand op Nkandla.Hugo wrote:
“We’re not here to create something that was never there before, we’re trying to replace.”
Weereens, ek wil nie se wat die wild telers doen is altyd sleg nie. Maar hierdie finansieel gemotiveerd en nie "because I care and I want to do the right thing" nie. My persoonlikke opinie is dat niks goed kan kom van hierdie gene manipulasie nie, veral nie waar daar sulke groot geld betrokke is nie.
Gooi nou maar die klippe!