SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

http://www.sahunters.co.za/index.php?op ... Itemid=288
Is hierdie dieselfde wat in die Beeld verskyn het vanoggend?
Baie goeie antwoord hierop ook raakgelees:
Fred Camphor, SAJWV se uitvoerende hoof, maak n paar oningeligte en belaglike stellings in vandag se Beeld.Ons as wildboere het die meeste bygedra tot bewaring, genetiese diversiteit, ekonomie, werkskepping en jagbedryf. Sonder ons was daar nie Buffels, Roan en Sable om aan oorsese jagters te bemark nie. Die dag sal ook kom dat jagters ons kleurvariasies vir bekostigbare jag pryse kom jag en in sommige gevalle gebeur dit al klaar. Om te vra vir regulering en ingryping vanaf die regering omdat ons kunsmatige kleure en horinglengtes nastreef is belaglik, afgunstig en kortsigtig. Wat Camphor nie besef nie is dat sekere spesies dalk wel in kleiner kampe geboer word maar dat dieselfde boer ook n ekstensiewe area het waar hy ander spesies teel en laat jag. Die kleure en horing lengtes het natuurlik voorgekom in die natuur en ons gebruik ingeligte en professionele teelpraktyke om sekere fenotipes te lig. Dit dring geheel en al nie in op bewaring nie en instansies moet ophou om wildboerdery onder dieselfde regulatoriese riglyne te probeer inboks as Nasionale Parke en Reservate se bewarings mandate. Die bestuur in meeste van die instansies is in elkgeval so pateties dat skaars spesies al uitgesterf het in van hulle en aan n draadjie hang by ander. As dit nie was vir privaat sektor se invoer en teel inisiatiewe nie was daar nie die genetiese diversiteit en getalle in veral spesies soos Lichtenstein Hartebees, Bastergemsbok, Swartwitpens en Buffels nie. Ek is ook keelvol vir die geleerde persone wat meen dat dit net klomp boere is wat tussen mekaar koop. Ek kan hulle verseker dat amper 90% van ouens wat by ons koop nuwe toetreders tot die mark is. Die groot pryse op veilings is baie keer bestaande boere wat gene wil verbeter maar n baie groot gedeelte van die lewendige wild handel vind nie plaas op veilings nie. Ek kan hulle ook verseker dat elke dier wat gekoop word op n veiling deur die koper betaal word teen volprys tensy n betalings ooreenkoms gemaak word. Elke sent! Veilings word nie gebruik om pryse op te jaag nie maar is eerder n eerlike aanduiding van wat die vraag en aanbod in die bedryf vir die spesifieke spesies is. Dis hartseer dat mense wildboere moet oordeel en onder een kam skeer net omdat hulle geseend is om n bestaan te kan maak met hulle passie om wild te teel! Erken nou maar dat jy jou kantoor wil verruil vir ons bosveld en jou opbrengs ook op wil skuif na minimum 50% per jaar. Die realiteit is ook dat n groot meerderheid van die bedryf se dae in die week ook daaruit bestaan. Besigheids persone wat die skuif gemaak het en die beleggings moontlikheid n realiteit gemaak het. Jou aandele en eiendomsmark kan nie kers vashou nie. Besef egter ook dat die "Wild geld" nie net in die wildbedryf bly nie maar versprei word in beleggings, mynwese, eiendom en ander lae risiko lae opbrengs fasette wat die Nasionale ekonomie dryf.So stop trying to beat us and join us! Kry n paar vriende of beleggers, koop vir jou n stuk grond en wild en raak deel van die ongelooflike opbrengste en leef jou inner opgekropte passie uit.
Jacques Kriek

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek kry solank my soda en popcorn - hier kom pret.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
".So stop trying to beat us and join us! Kry n paar vriende of beleggers, koop vir jou n stuk grond en wild en raak deel van die ongelooflike opbrengste en leef jou inner opgekropte passie uit" As ek na Mr Kriek luister klink dit my eerder SA jagters moet die FSB betrokke kry.... Teel skaars diere daar is n mark- moenie "common" diere probeer skaars maak nie- dan gaan jou koper blesbok se spraypaint ook na die eerste reens af was.....
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Net 1 vraag
RW erken slegs gewone wild sover ek weet.....so gaan jy die variasies vir biltong skiet?

- pietbak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
PuikLudwig wrote:http://weknowgifs.com/wp-content/uploads/2013/03/dear-eating-popcorn-gif.gif
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek kry nie die Beeld berig gespoeg en plak nie, hiers die link.
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-02-1 ... ng-versoek

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek kry die stuk per email.......met erkenning aan die skrywer. Ek het geen idee wie hy is nie.
Eendag sit daar 'n beesboer en 'n wildboer in'n stroompie. So sien die wildboer 'n plat-anna in die water en hy sê vir die beesboer: " Ek sal jou 'n R1,000 gee as jy daai padda insluk. Beesboer dink toe - dis min moeite vir R1000 en sluk toe die paddatjie in. Hy voel toe aardig en sê toe vir Wildboer: " As jy ook 'n plat anna insluk gee ek vir jou ook R1,000. So gesê, so gemaak. Na so rukkie sê Beesboer vir Wildboer: " Hier sit ons nou - elkeen met 'n padda in die maag en nie 1 is beter af as wat ons netnou was nie.. ". Wildboer sê toe vir Beesboer: " jy moenie so daarna kyk nie, ons het nounet R2,000 se omset tussen ons 2 gehad!" Nou voel altwee sommer beter oor die saak. Die volgende week is hulle weer in die stroompie. Die keer bied hulle mekaar egter R100,000 elk aan vir die sluk van so 'n plat anna elk. En die omset skiet op na R200,000 vir die week!! Die derde naweek beloof vir groooot omset toe hul mekaar elkeen R1miljoen aanbied vir hierdie slukkerasie. Skielik begin die bure kennis neem van hierdie geweldige omsette wat so gegenereer word. Mielieboer en Skaapboer wil nou ook deel word en voor jy kan sê: " Gesonde Plat-Anna" trek die omset by R4miljoen vir een naweek se platannas!!! Die 4 besef toe baie gou: ons sal hierdie platannas uit die rivier moet kry en elkeen 'n teel troppie aanhou. So gesê, so gemaak! Wildboer kry toe 'n paar platannas met stewige webbe tussen die tone en Beesboer kry toe platannas met lang toon naels en Skaapboer kry toe die twee neon groen plat annas, terwyl Mielieboer die plat annas kry met die donker groen pigment. So verkoop hulle naweek na naweek die paddas onder mekaar en kort voor lank is hulle omsette sommer R10miljoen per naweek!! Nou is dit 'n uitsonderlike bedryf met baie groei potensiaal want elke Jan Rap en sy maat wil nou ook van hierdie duur Plat annas hê! In tussen is arme Visterman erg verward, want hy kan nou nie eers meer 'n ou platannatjie uit die rivier gaan haal vir aas, soos in die verlede nie. Sy visvang dae is vir eers getel! En so dames en here bou jy die mooiste grootste Egiptiese piramiede skema in 'n moderne wereld waar die prys die waarde van 'n item met miljoene rande klop - gebaseer op die webbe, lengte van toon naels en die snaaksheid van die kleur wat die padda boere uit hul kruisteling kan opdis!!

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
My persoonlike mening is dat daar tog oor die saak gedebateer behoort te word. Die klem op die debateer en nie argumenteer nie. Die afgelope 6 maande lyk my raak die debat al minder en die argument al meer in die verskeie forums.
Na my mening, om die hele prentjie te verstaan moet daar gekyk word na die inkomstes, uitgawes EN risikos verbonde aan die hele bedryf. Dit geld vir die finansieele en die ekologiese aspekte van die die boer met wild. Al wat duidelik sigbaar is op hede is die hoe pryse (inkomste kant) van die bedryf. Die uitgawes en die risikos is nie so duidelik nie. Hoe min daar oor die uitgawes en risikos gese word laat mens amper dink dat daar nie uitgawes in risikos is om in die bedryf betrokke te wees nie.
So ver dit my betref is die argumente vir of teen die hele bedryf maar dun as daar nie aandag gegee word aan hierdie drie aspekte vanuit 'n finansiele en ekologiese oogpunt nie.

- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Dawie, dit it is nou die beste beskrywing van hierdie wild teel ding wat ek nog gehoor het. Skitterend!!
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Verlede jaar op die SAJWV kongres het Adri Kisthoff van PHasa genoem dat volgens hulle menings opname dit nie internasional jagters is wat die kleur variasies kom jag nie.
Dit is ook nie die tradisionele biltong jagter nie.
So wie koop dan die kleur bokke? Wie is die eindverbruiker?
Is die kopers maar net nuwe wildboere? Wat gebeur dan as daar nie meer nuwe wildboere toetree tot die industrie nie. Gaan daar dan 'n einverbruiker wees?
My broer en 'n vriend wil nou met die kleur teling begin. Ek is meer konserwatief. My enigste advies aan hom was om net nie geld te leen om so besigheid op te sit nie.

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Die Krieks boer al bitter lank met wild, en het 30 jaar terug al vir Parkeraad Lichtensteins, Swartwitpens en Bastergemsbokke ingebring, en toe met hulle eie bedryf begin. Ek dink hy maak n goeie punt. Ongelukkig is baie van die opinies maar soos altyd oningelig rakende die bedryf, en is die negatiewe komentaar vanaf die persone met die minste kennis.
Baie waar wat hy noem dat die verskille rakende bewarings doktrines op Wildplase vs Parkeraad raakgesien moet word.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Net 'n klein bietjie ander perspektief. Op die onlangse wildveilig is 'n saalrug-rooiboklam van 2mde vir R6.5 miljoen verkoop. Een van die manne merk toe op: "As ek soveel vir 'n dier betaal, sit ek hom saam met my vrou in die bed en ek gaan slaap buite." Die punt wat ek wil maak is dit:
Koop iemand wild teen daardie prys sal hy alles in sy vermoë doen om dit te beskerm. Dit sluit in doseermiddels, spesiale voeding, baie klein kampies wat spesiaal omhein is, ens, ens. Volgens my inligting omhein sommige mense met elektrisiteit en wel so intensief dat nie eens 'n miskruier kan ontsnap nie. Gerhard Verdoorn lig twee ervarings uit. Hy was onlangs op 'n plaas waar hy groot getalle miskruiers gesien het wat dood teen die drade van so 'n wildskamp lê. Iemand anders met so 'n klein kampie vir wild bel hom en noem dat hy twee aardwolwe in die kampie opgemerk het en dat hy hulle wil doodmaak want hy is bang hulle vang sy rooiwillepienk-bloubokke. Gerhard moet asb sê hoe hy hulle kan doodmaak want die aardwolwe is baie skelm. Dis maar twee gevalle, daar is vele ander wat genoem kan word. Aardvarke, ietermagog's en talle ander klein diertjies loop deur as hulle die drade probeer kruis.
Hierdie duur bokke word gereeld gedoseer, deur veeartse besoek en gepamperlang. Dus verminder ons die diere se natuurlike weerstand teen parasiete, ekto- en endo. Waarmee ons dus hier besig is, is die makmaak (domestication) van wild. As ons tevrede is om in die toekoms baie mak wild te hê wat gedurig soos skaap en bees gedip en gedoseer moet word om te voorkom dat hulle vrek, dan is dit seker reg. Baie telers reken hoeka ons het geen wilde wild meer oor nie. Een het aan my genoem dat nie eens die Krugerwildtuin se wild, meer wild is nie.
Die probleem met die kleurvariante is nie soseer die prys nie (my mening) maar dat daar gedurig nuwe variante geteel word. Telers is lief om te sê hierdie goed het almal in die vrye natuur bestaan maar dis nie waar nie. Swart en wit bokke van sommige spesies en goed soos die konings jagluiperd en wit leeus bevoorbeeld, kom voor. Maar al die ongelooflike kleure wild wat nou na vore kom is 'n resultaat van selektiewe inteling en lynteling.
En selfs die bont diere wat in die natuur voorgekom het, se getalle was uiters, uiters beperk. Hulle het nooit in groot getalle voorgekom nie. Nou teel ons dit op groot skaal. Daar is talle bewyse dat die mens in die verlede nie diere wat gevange gehou is kan beperk tot een plek nie. Daar is altyd iewers een of meer wat ontsnap en dan ongestoord kan teel. Sal sulke enkeles ander troppe wild heeltemal besoedel? Nee sekerlik nie. Maar as een of twee kan ontsnap, kan meer ook ontsnap en as jy genoeg van hierdie diere het wat ontsnap het, kan dit probleme veroorsaak.
Vir baie mense is die uitermate hoë pryse wel 'n probleem. Ek dink nie dit verg 'n Einstein om te sien dat die pryse heeltemal buite verhouding hoog is nie. Diegene soos ek wat gekant is teen die teel van kleurvariante wil glad nie die boer ontsê om wins te maak nie. Maar die pryse is heeltemal buite verhouding, enige swaap kan dit sien. Op die veilig Vrydag is gewone rooibokooie teen R30 000 stuk verkoop. Ek het ongelukkig geen bewyse swart op wit vir wat ek nou gaan skryf nie want dit is mondelings aan my oorgedra (ek en my vrou was in die persoon se geselskap). Ek het verlede jaar met 'n familielid van een van die groot telers gepraat. Sy woorde was dat dié familielid aan hom genoem het dat die pryse wel tussen telers gemanipuleer word. 'n Mens weet nie meer wat om te glo nie, daar vlieg baie stories rond en nie almal is mooi nie... So hoor ek van swart rooibokke wat skielik na 'n paar weke nie meer so swart was nie. Landbou.com het nou 'n berig oor 'n geel blesbok wat nie meer so geel is nie. Dis glo van beter voeding waar die dier nou is, of so spekuleer die manne.
Baie mense is bekommerd, dis nie net SA Jagters nie (dis duidelik ook uit gesprekke hier op die forum). Vir my persoonlik is dit verkeerd om al hierdie kleurvariante te teel. Ek wou sê oneties maar etiek is mos nou deesdae die evangelie wat elke man vir homself uitdink en volg. Ek steun SA Jagters se bekommernis ten volle. En terloops, ek is een van die gelukkiges wat verskeie plekke het waar ek heeltemal verniet kan gaan jag. So ek propageer glad nie laer pryse omdat ek jaloers is of omdat ek dit nie kan bekostig om te jag nie. Ek het familie en vriende in Suidwes en Suid-Afrika waar ek na hartelus kan skiet sonder om 'n sent te betaal. Ook verskeie plekke waar ek teen billike pryse kan jag (jammer, die adresse is nie beskikbaar nie, ha-ha).
IEts wat ek nogal vreemd vind is dat so baie mense my deesdae vertel daar is geen geld in jag nie. Nou teel hulle. Tog snaaks dat hulle vir baie jare so aangekarring het teen verliese. Ek sou mos lankal teruggekeer het na bees- en skaapbooerdery toe as jag so onbetalend was. En ek glo dis net 'n baie dom man wat sy hele plaas skielik omskep in 'n jagplaas. Ek ken verskeie mense wat met jag en makvee boer en as ek na hul motors kyk, sien waar hul kinders op skool is of was en na hul leefstyl kyk, dan is dit vir my duidelik dat hulle nie sukkel om kos op die tafel te sit nie.
Wat my nogal bekommer is die telers se heftige reaksie. Selfs teenoor my, oor Peter Flack se artikel in SA Jagters verlede jaar. As hierdie manne met hul multi-miljoene opgewonde raak oor 'n nul op 'n kontrak soos ek 'n artikel in SA Jagter publiseer wat te velde trek teen kleurvariante, dan begin ek ernstig vrae te vra. Is iets dalk wel verkeerd met die bedryf? Ek vra maar net.
Mooi loop
NS Baie bewaringskundiges is bekommerd oor die manier waarop kleurwild (en gewone wild) deesdae geteel word.

Aitsa! Nou hierdie STAAT wat dan nou moet inmeng, is daar erns n link tot iets goed waar ek meer van hierdie 'redder op n wit perd' kan leer?
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Jagters vs Boer
SAJWV vs WRSA
SAJWV vs WRSA
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
madako wrote:Ek kry die stuk per email.......met erkenning aan die skrywer. Ek het geen idee wie hy is nie.
Eendag sit daar 'n beesboer en 'n wildboer in'n stroompie. So sien die wildboer 'n plat-anna in die water en hy sê vir die beesboer: " Ek sal jou 'n R1,000 gee as jy daai padda insluk. Beesboer dink toe - dis min moeite vir R1000 en sluk toe die paddatjie in. Hy voel toe aardig en sê toe vir Wildboer: " As jy ook 'n plat anna insluk gee ek vir jou ook R1,000. So gesê, so gemaak. Na so rukkie sê Beesboer vir Wildboer: " Hier sit ons nou - elkeen met 'n padda in die maag en nie 1 is beter af as wat ons netnou was nie.. ". Wildboer sê toe vir Beesboer: " jy moenie so daarna kyk nie, ons het nounet R2,000 se omset tussen ons 2 gehad!" Nou voel altwee sommer beter oor die saak. Die volgende week is hulle weer in die stroompie. Die keer bied hulle mekaar egter R100,000 elk aan vir die sluk van so 'n plat anna elk. En die omset skiet op na R200,000 vir die week!! Die derde naweek beloof vir groooot omset toe hul mekaar elkeen R1miljoen aanbied vir hierdie slukkerasie. Skielik begin die bure kennis neem van hierdie geweldige omsette wat so gegenereer word. Mielieboer en Skaapboer wil nou ook deel word en voor jy kan sê: " Gesonde Plat-Anna" trek die omset by R4miljoen vir een naweek se platannas!!! Die 4 besef toe baie gou: ons sal hierdie platannas uit die rivier moet kry en elkeen 'n teel troppie aanhou. So gesê, so gemaak! Wildboer kry toe 'n paar platannas met stewige webbe tussen die tone en Beesboer kry toe platannas met lang toon naels en Skaapboer kry toe die twee neon groen plat annas, terwyl Mielieboer die plat annas kry met die donker groen pigment. So verkoop hulle naweek na naweek die paddas onder mekaar en kort voor lank is hulle omsette sommer R10miljoen per naweek!! Nou is dit 'n uitsonderlike bedryf met baie groei potensiaal want elke Jan Rap en sy maat wil nou ook van hierdie duur Plat annas hê! In tussen is arme Visterman erg verward, want hy kan nou nie eers meer 'n ou platannatjie uit die rivier gaan haal vir aas, soos in die verlede nie. Sy visvang dae is vir eers getel! En so dames en here bou jy die mooiste grootste Egiptiese piramiede skema in 'n moderne wereld waar die prys die waarde van 'n item met miljoene rande klop - gebaseer op die webbe, lengte van toon naels en die snaaksheid van die kleur wat die padda boere uit hul kruisteling kan opdis!!
Mooi opgesom
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ludwig jy het nou my dag gemaakLudwig wrote:http://weknowgifs.com/wp-content/uploads/2013/03/dear-eating-popcorn-gif.gif
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek is n jagter, nie n boer nie. Maar ek dink dit is wel gevaarlik vir die staat om betrokke te raak. Vraag en aanbod moet maar hier besluit wie is reg en wie is verkeerd.
Ons moet so min as moontlik besluitneming in die staat se hande los.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Last edited by Hugo on Thu Feb 19, 2015 4:07 pm, edited 1 time in total.
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ja nee dis so goed om te sê die staat moet ingryp op die JSE, banke en myne. Ek sal dit wel interessant vind as die kompetisie kommissie bietjie price fixing gerugte ondersoek.Smitstertjies wrote:Ek is n jagter, nie n boer nie. Maar ek dink dit is wel gevaarlik vir die staat om betrokke te raak. Vraag en aanbod moet maar hier besluit wie is reg en wie is verkeerd.
Ons moet so min as moontlik besluitneming in die staat se hande los.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Ek stem heelhartig saam dat die staat nie in staat sal wees om iets positiefs te doen nie. Ek glo in elk geval nie hulle sal ingryp nie. Hulle gee nie 'n duit om oor baie dinge nie, allermins wildboere en jagters. Cyril Ramaphosa is een van die groot telers. Hy sal sy invloed gebruik, so glo ek, dat die regering niks doen nie. Die staat is nie die redder nie. Wie is? Net vraag en aanbod en dit sal nog 'n tydjie duur.
Wat my bekommer is dat ons reputasie as jagbestemming op die spel is. Ons is alreeds die muishond van die wereld oor sekere van ons jagpraktyke. Ek was in Desember in Duitsland waar daar jagskrywers van regoor die wereld teenwoordig was. Ek het 'n punt daarvan gemaak om met baie te gesels en hulle was dit almal eens dat hulle sommige van ons jagpraktyke en ook die kleurboerdery en skiet van mak wild glad nie goedkeur nie en dat hulle nie so wil jag nie.
Mooi loop
Wat my bekommer is dat ons reputasie as jagbestemming op die spel is. Ons is alreeds die muishond van die wereld oor sekere van ons jagpraktyke. Ek was in Desember in Duitsland waar daar jagskrywers van regoor die wereld teenwoordig was. Ek het 'n punt daarvan gemaak om met baie te gesels en hulle was dit almal eens dat hulle sommige van ons jagpraktyke en ook die kleurboerdery en skiet van mak wild glad nie goedkeur nie en dat hulle nie so wil jag nie.
Mooi loop
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
In Gerhard Verdoorn en SAJWV se neul kla hul ook onderandere oor:
Buitensporige hoë pryse en -
buitengewone hoë horinglengtes.
Hoe wil SAJWV dan nou hê moet die 'staat' hier ingryp?
Plafon pryse vir wild?
Maksimum toelaatbare horinglengte?
SAJWV moet gerus saam met hulle 300m maatband n kleur en horinglengte 'chart' uitreik. Net ingeval daardie volgende vlakte springbok te donker, te groot en te ver is....

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Die man en sy organisasie ken nie die perke van arogansie nie wie is hy om vir iemand te probeer voorskryf hoe hy moet handel met sy geld en besigheid. Ek dink dit het tyd geword dat elke boer maar vir homself moet besluit of hy dit wil doen of nie. Nie mnr Sa jagter nie. Ek kon dit nie glo toe ek dit lees in die Beeld nie. As ek n wit buffel wil koop teen 100000000 dan is dit my geld en my keuse nie om deur mnr sa jagter en kie vertel te word of dit reg of verkeerd is nie daar is nie enige lands wette wat oortree word nie mnr die voorsitter dink voor jy uitsprake maak ek beskou dit as uiters arrogant die volgende gaan hy seker vir iemand se hy moet nie by die of daardie winkel koop nie want hulle is baie goedkoper. Jy as persoon het mos n keuse of jy dit wil betaal of nie soos ek dit verstaan is dit demokrasie en nie n old boys club nie. Ek persoonlik sal dit nie betaal nie want ek het nie die soort geld nie.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Oom Koos. Dit is n groot jammerte dat die wereld ons as muishond sien. Dit is hoekom ek en menige ander jagter soveel respek het vir julle wat wel die regte waardes in julle rubrieke wat julle skryf uitdra.Koos Barnard wrote:Ek stem heelhartig saam dat die staat nie in staat sal wees om iets positiefs te doen nie. Ek glo in elk geval nie hulle sal ingryp nie. Hulle gee nie 'n duit om oor baie dinge nie, allermins wildboere en jagters. Cyril Ramaphosa is een van die groot telers. Hy sal sy invloed gebruik, so glo ek, dat die regering niks doen nie. Die staat is nie die redder nie. Wie is? Net vraag en aanbod en dit sal nog 'n tydjie duur.
Wat my bekommer is dat ons reputasie as jagbestemming op die spel is. Ons is alreeds die muishond van die wereld oor sekere van ons jagpraktyke. Ek was in Desember in Duitsland waar daar jagskrywers van regoor die wereld teenwoordig was. Ek het 'n punt daarvan gemaak om met baie te gesels en hulle was dit almal eens dat hulle sommige van ons jagpraktyke en ook die kleurboerdery en skiet van mak wild glad nie goedkeur nie en dat hulle nie so wil jag nie.
Mooi loop
Ongelukkig gaan ons die pakslae moet vat totdat die jagpraktyke wat nie reg is nie n natuurlike dood sterf.
Die gesondste instansies reg oor die wereld is die waar die staat min of geen invloed het. Selfregulering het baie meer waarde as enige wet.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Koos, ek steun jou siening en bekommernis oor die teël van kleurvariante. Diegene wat dit wel die sterkste ondersteun, slaap waarkynlik ook die slegste.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.
Johnnie De Wet wrote: SAJWV moet gerus saam met hulle 300m maatband n kleur en horinglengte 'chart' uitreik. Net ingeval daardie volgende vlakte springbok te donker, te groot en te ver is....
Kyk Johnnie, ek stem nie saammet al jou argumente nie, maar dit was nogals snaaks. Het nou lekker gelag.
Ek sal jou tog aanraai om verder te dink oor die saak (net soos wat ek ook maar probeer doen deur myself in die wildboer se skoene te sit). Die kwessie met die horinglengtes kan ons land se toerisme erg knou as RW en SCI nie meer ons trofees erken nie. En die buitensporige pryse wat miljoene meer is as die intrinsieke waarde van die bok is mos nou 'n geldelike punt tot kommer.Johnnie De Wet wrote:In Gerhard Verdoorn en SAJWV se neul kla hul ook onderandere oor:
Buitensporige hoë pryse en -
buitengewone hoë horinglengtes.
Hoe wil SAJWV dan nou hê moet die 'staat' hier ingryp?
Plafon pryse vir wild?
Maksimum toelaatbare horinglengte?
te groot en te ver is....
Ek het laasjaar na Chris Niehaus se argumente teen selektiewe wildteling geluister en ek moet sê, dit het vir my baie sin gemaak.