Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Strelok Pro het hier oor kersfees 'n baie nuttige opsie by gekry. Dit help baie vir daai lang skote met 'n swakker bc koeël waar jy dalk uit verstelling mag hardloop op jou teleskoop.
Ek skiet op die oomblik 85gr Sierra HPBT @ 3150vt/sek met 'n G1 bc van 0.282 uit my 243, met 'n 24 duim loop.
My Leupold MK 4 sit knus op 'n 20 moa piccatiny en gee my 60 moa elevasie verstelling.
Om by 62 moa elevasie uit tekom vir 'n 1085m skoot stel ek 55 moa en mik dan "op" tot op die tweede dik strepie. Die kruishaar is in Mrad of Mills afgemerk en dit kos kopkrap om dit vinnig in die veld uit te werk.
Dit is hier waar Strelok dit nou nog makliker maak.
Skuif net die "wiel" bo op jou verstelling wat jy "ge-dail" het en kyk waar jou mikpunt op die kruishaar val en stoot lood.
Screenshot_2015-02-16-16-42-24.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Smaak my met al hierdie nuwe goeters op die mark, is skiet ook nie meer dieselfde nie.
Van die oop visier af tot by die teleskoop met turrets, kon ek nog byhou, maar my gryskop steek nou vas en wil nie verder nie.
Ek is nou besig om meer prakties-gerigte goeters te onwikkel, bv. my vasvatstangetjie. Hier apparaat bekruip 'n springbok en vang hom aan die agterpoot. Jy kan nou nader sluip tot so 100 meter van die bok af en dan 'n kopskoot probeer.
Verbeeldingsvlugte is wonderlike goed!
Groetnis
P.W.V.
Ons het vandag met Strelok en die nuwe NF SHV gespeel. Die teleskoop is op n 308 plank en strelok is dakkuraat vanaf 100m tot 300m met sy verstellings.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...