Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
- Phillip
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Fri Apr 26, 2013 3:34 pm

Hallo,
Ek het twee Jack Russell tefies. 18 maande en 13 maande oud.
Die jonger een van die twee eet onophoudelik gras. Ek weet honde eet soms gras maar dan ook net n bietjie. Die tefie vreet gras erger as wat n skaap kan droom om te eet. Ek vat die twee elke middag om oefening te kry maar driekwart van die tyd staan sy en gras vreet.
Ek gee hulle Hills se honde pille en hulle kry elke dag honde koekies en soms seenings.
Wat kan die rede wees dat sy so gras eet? Terloops, haar stoelgang is normaal.

-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Ek het gehoor dat wanneer 'n hond gras vreet dat hy sooibrand ervaar, maar is nie seker van die stelling nie.
Dalk help dit om hul dieet aan te pas of te verander?

Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Dit kan dalk die Hills wees. Gesels met jou veearts en verander die dieet.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
My Rottie doe dieselfde. Veearts sê dis goed vir hulle
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Kyk na die hond se voorgeslag.... Dalk is daar skaapbloed in die hond 
Gewoonlik is dit as hulle mae effe omgekrap is of soos voorheen gesê as hulle sooibrand het. Dit help braking aan wat weer tot gevolg het dat hulle meer normaal voel. Wysig hulle dieet. Veearts het my die raad gegee om hulle bietjie melk 2x per dag te gee. Probeer maar ek kyk of dit vir jou honde werk.

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2117
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Phillip,ek het Nelspruit toe getrek Desember en ewe skielik geniet my Jack dit ook om gras te vreet. hy word April 10 ma die ou is heel ok en poep soos hy moed.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Phillip gee die honde kos jong............
Nog n oumens storie, ma hulle het altyd gese dis die hond se manier as hy lakseer middel nodig het, so as sy ha kossies eet is da mos nie fout nie.

Polla1983
- Sr. Member

- Posts: 281
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
[quote="Duracell"]Kyk na die hond se voorgeslag.... Dalk is daar skaapbloed in die hond 
Sit daai Russel op die volgende skaarswild veiling... !!! Jy sit dalk met n vet pensionfonds!

- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Wanneer laas het jy ontwurm?
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- Phillip
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Fri Apr 26, 2013 3:34 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Hulle is Desember laast ontwurm.
Daar is niks in my hond se optrede waaroor ek bekommerd is nie behalwe die gras etery. Verder is alles normaal. Ons was die naweek in die Vaaldriehoek en daar het sy niks gras geeet nie. Miskien is die laeveld gras lekker Vossie1? Hahahaha!
Omtrent die skaarswild veiling, neewat, my twee Jack Russells is my kinders en geen geld gaan hulle by my wegkry nie! Hulle kan ook nie eens meer vir aanteling gebruik word nie. LOL!

- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Phillip wrote:Hallo,
Ek het twee Jack Russell tefies. 18 maande en 13 maande oud.
Die jonger een van die twee eet onophoudelik gras. Ek weet honde eet soms gras maar dan ook net n bietjie. Die tefie vreet gras erger as wat n skaap kan droom om te eet. Ek vat die twee elke middag om oefening te kry maar driekwart van die tyd staan sy en gras vreet.
Ek gee hulle Hills se honde pille en hulle kry elke dag honde koekies en soms seenings.
Wat kan die rede wees dat sy so gras eet? Terloops, haar stoelgang is normaal.
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Advies asseblief - Jack Russell eet onophoudelik gras.
Jy kan bly wees sy vreet net gras. Myne vreet die potplante, en struike, en tuinslang, en sproeiers, en
skoene, die hondebakke, die wendy-house, die tuingereedskap....................................

PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.