Peregrine punte
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Peregrine punte
Sterkte ek hoop jy kry nou 'n lekker akkurate lading.
Mooi loop
Mooi loop
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Peregrine punte
Ek het die 300gr VRG 2/3 vir my 375 H&H gekry, het dadelik vir Peregrine se grootbaas gebel vir n lading,hy was ongelooflik behulpsaam hy het my basies een lading gegee met twee seating depths en bob was your uncle 66gr S335 teen 2520ft/s gekrimp in eerste en tweede canelure,tweede krimp het vir my gewerk en gee konstante 14mm groepe op 100m. Verkoopsmanne hit and mis maar baie,ons het wel in die geval van peregrine die voordeel om hulle self te kontak,ons moet dit ten volle benut as jy hulle produk wil probeer.
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Peregrine punte
Vossie ek sekondeer wat jy sê. ek het die Peregrines in my 30-06 en 375 getoets en kry baie goeie resultate. Ek het selfs 'n reloading table van hul gekry vir alle kalibers en as jy hou by hul voorgestelde ladings en seating depth dan werk dit. Wel in elk geval vir my...as iemand die data soek stuur my net jul email adresse en ek deel met graagte.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Peregrine punte
Asb Dawie ek het ook daai data gekry maar het dit verloor toe my pc uitgebom het Email adress is smitns@telkom.co.za Dankie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Peregrine punte
dis oppad Nico!
Mooiloop
Mooiloop
-
bsaaiman
- Full Member

- Posts: 120
- Joined: Fri Oct 12, 2012 1:41 pm
Re: Peregrine punte
Last edited by bsaaiman on Mon Feb 02, 2015 11:13 am, edited 1 time in total.
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Peregrine punte
oppad Bartho!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Peregrine punte
Vossievossie1 wrote:Ek het die 300gr VRG 2/3 vir my 375 H&H gekry, het dadelik vir Peregrine se grootbaas gebel vir n lading,hy was ongelooflik behulpsaam hy het my basies een lading gegee met twee seating depths en bob was your uncle 66gr S335 teen 2520ft/s gekrimp in eerste en tweede canelure,tweede krimp het vir my gewerk en gee konstante 14mm groepe op 100m. Verkoopsmanne hit and mis maar baie,ons het wel in die geval van peregrine die voordeel om hulle self te kontak,ons moet dit ten volle benut as jy hulle produk wil probeer.
Alles dui dat daai lading se drukvlakke by die 70 000psi draai. Wees asb versigtig aangesien hierdie nie die eerste keer is waar daar baie snaakse/gevaarlike herlaai raad deur Peregrine personeel uitgedeel is nie.
Groetnis
Wouter
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Naandse BasieBasie2 wrote:Wil iemand met 'n diklens bril net bietjie kyk na die 140gr 6.5mm. Rede: het vandag die Rangemasters se ouens gaan sien oor hulle papier skiet punt. Rangemaster is 2.5mm langer as jagpunt ( by benadering). Met die metery meet ons ook die peregrine en sien toe dat sy kontak in die geweer se groewe is net op sy 'bande' (hoop jy verstaan) dus net 12mm vir 140gr punt waar die rangemaster se kontak 16mm is. Asseblief die syfers is baie benaderd en moet my nou nie oor 1 mm aanvat nie, maar is dit goeie ontwerp/ praktyk. (rangemaster is 120gr punt). Ek sit met 20x140gr peregrine punte (6.5mm) wat almal keyhole, so indien iemand dit wil hê, ek is in Klerksdorp. Ek is erg vies oor die punte, het dit by S&O gekoop op aanbeveling van 'kenner van herlaai' en nou werk niks. Gaan 120gr Barnes X laai en daarmee jag.
Aan almal. Ek is heeltemal nuut en nie vertroud met die werkinge van Jaracal nie maar ek sal my bes probeer.
My naam is Alliwyn Oberholster en ek is van Peregrine Bullets. Nou ja... ek het nie 'n diklens bril nie, hulle word maar dikker so met die jare en hopelik kwalifiseer ek om jou te kan antwoord.
Dis baie jammer dat iemand jou verkeerdelik adviseer het om die 140gr punte te gebruik. Ons probeer regtig ons bes om verkoops mense op te lei maar daar is baie handelaars en dan kom en gaan die verkoops mense ook boonop. So dit is moeilik om voor te bly maar daar is darem ook inligting op ons web blad onder ballistiek wat aanbevole groef draai gee vir die verskillende punte. Ek kan jou verseker dat ons nie iemand sou oplei of adviseer om vir jou 140gr punte voor te skryf sonder goeie rede nie.
Soos Koos elders geskryf het is jy regtig welkom om ons enige tyd te kontak met jou probleme. Ons help graag.
Dalk het jy nie geweet nie, maar omdat lood kern punte 'n hoër digtheid het as suiwer koper, is dit nooit wys om dieselfde gewig in koper monolitiese punte te probeer skiet as lood kern nie. Ek sien hier is manne wat praat van 20% minder wat al 'n goeie benadering is. Maar Peregrine het data soos reeds gesê op ons web werf wat beter is om te gebruik as om te raai.
Terloops die 12mm vs 16mm dravlak het absoluut niks te doen met die feit dat jy "keyhole" probleme kry nie en omtrent alles met die lengte van die punt te doen. Dis net eenvoudig te lank vir jou geweer se groefdraai. Daarom behoort die 120gr punte waarna jy nou kyk te werk vir jou geweer. As jy die Peregrine 120gr punt probeer sal jy ook vind dat dit net so goed skiet.
Jy is welkom om jou half gebruikte pakkie vir ons te bring sodat ons dit vir jou kan omruil met die regte gewig vir jou geweer.
Groete
Alliwyn
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Hello WouterWouter Roets wrote:Vossievossie1 wrote:Ek het die 300gr VRG 2/3 vir my 375 H&H gekry, het dadelik vir Peregrine se grootbaas gebel vir n lading,hy was ongelooflik behulpsaam hy het my basies een lading gegee met twee seating depths en bob was your uncle 66gr S335 teen 2520ft/s gekrimp in eerste en tweede canelure,tweede krimp het vir my gewerk en gee konstante 14mm groepe op 100m. Verkoopsmanne hit and mis maar baie,ons het wel in die geval van peregrine die voordeel om hulle self te kontak,ons moet dit ten volle benut as jy hulle produk wil probeer.
Alles dui dat daai lading se drukvlakke by die 70 000psi draai. Wees asb versigtig aangesien hierdie nie die eerste keer is waar daar baie snaakse/gevaarlike herlaai raad deur Peregrine personeel uitgedeel is nie.
Groetnis
Wouter
Ons/Peregrine staan glad nie gevaarlike herlaai praktyke voor nie. Dit sou uiters onverantwoordelik wees. Die 66gr lading is deur verskeie skuts landwyd gelaai en geskiet met uitstekende resultate. Geen persoon het nog ooit druk probleme aan ons gerapporteer op die lading nie. Ons het natuurlik dit eers self getoets en volgens veilige herlaai beginsels op gewerk tot by die optimum en selfs hoër ladings. Het jy persoonlik enige ervaring van gevaarlike herlaai inligting wat aan jou gegee is deur Peregrine personeel, dan sal ek dit dadelik ondersoek en vir jou terugvoer gee?
Ons beveel n veilige begin lading vir nuwe gebruikers aan op ons tabelle. Ons begin lading is 62gr en volgens QL is die druk 57 000 psi wat heel aanvaarbaar is. As jy nou met QL na 66gr wat ons optimum aanbevole lading gaan is die druk 67 000 psi wat hoog bleik. Onthou egter dat QL net 'n teoretiese simulasie en goeie gereedskap stuk is.
Groete
Alliwyn
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Peregrine punte
Alliwyn, julle koeëls se kwaliteit en skietvermoë is nie onder verdenking. Ek skiet al vanaf die 90's met die ou Goodnel koeëls en julle produk is daarop geskoei. Gou het ek uitgevind oor lengte synde die 90 greiners nie wou skiet in my 243 nie. Die' word vervang met 80gr en daar begin my voorliefde vir monos en hul minder vleisskade. PMP betrek toe die mark en laai Barnes X in hul super reeks. Die meeste van die gewigte wat gebruik is stem ooreen met konvensionele koeëlgewigte. Ek weet slegs van die 300gr in die 375 wat goed gewerk het. Swak werkverrigting en drukprobleme maak dat PMP uiteindelik produksie staak.
Hierdie bietjie geskiedenis dui op geen of swak toetsing van die komponent wat bemark word. Goodnel sowel as PMP moet tog seker van groefdraai en lengtes van koeëls geweet het? Dit wil egter nie so voorkom as mens na dit kyk wat plaasgevind het nie. Ek wil nou dieselfde vraag aan Peregrine vra. Julle moet koeëls verkoop om 'n sukses van jul besigheid te maak. Al die formules en rekenaars is daar om koeëlgewigte en lengtes se werkverrigting na te gaan. Die slegte publisiteit verbonde aan die 140gr koeël wat te lank is het julle nie punte laat wen nie. Dra die kennis van ligter monos se werkverrigting oor aan jul kliente en dan sal hulle verstaan dat ligter beteken nie swakker nie - bemark dan slegs die' gewigte wat goed in die normale groefdraai sal werk. So 140gr koeël is dus 'n spesialis koeël meer bedoel vir skyfskiet as jag - sy gebruiker is 'n man wat vêr wil skiet op die baan.
Sien my skrywe as positiewe aanbevelings en nie kritiek nie. Julle het reeds die skietmanne se ondersteuning en behou dit met jul gehalte produk, maar een wat nie negatiewe kommentare gaan ontlok nie.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Peregrine punte
Hallo AlliwynAlliwyn wrote:Hello WouterWouter Roets wrote:Vossievossie1 wrote:Ek het die 300gr VRG 2/3 vir my 375 H&H gekry, het dadelik vir Peregrine se grootbaas gebel vir n lading,hy was ongelooflik behulpsaam hy het my basies een lading gegee met twee seating depths en bob was your uncle 66gr S335 teen 2520ft/s gekrimp in eerste en tweede canelure,tweede krimp het vir my gewerk en gee konstante 14mm groepe op 100m. Verkoopsmanne hit and mis maar baie,ons het wel in die geval van peregrine die voordeel om hulle self te kontak,ons moet dit ten volle benut as jy hulle produk wil probeer.
Alles dui dat daai lading se drukvlakke by die 70 000psi draai. Wees asb versigtig aangesien hierdie nie die eerste keer is waar daar baie snaakse/gevaarlike herlaai raad deur Peregrine personeel uitgedeel is nie.
Groetnis
Wouter
Ons/Peregrine staan glad nie gevaarlike herlaai praktyke voor nie. Dit sou uiters onverantwoordelik wees. Die 66gr lading is deur verskeie skuts landwyd gelaai en geskiet met uitstekende resultate. Geen persoon het nog ooit druk probleme aan ons gerapporteer op die lading nie. Ons het natuurlik dit eers self getoets en volgens veilige herlaai beginsels op gewerk tot by die optimum en selfs hoër ladings. Het jy persoonlik enige ervaring van gevaarlike herlaai inligting wat aan jou gegee is deur Peregrine personeel, dan sal ek dit dadelik ondersoek en vir jou terugvoer gee?
Ons beveel n veilige begin lading vir nuwe gebruikers aan op ons tabelle. Ons begin lading is 62gr en volgens QL is die druk 57 000 psi wat heel aanvaarbaar is. As jy nou met QL na 66gr wat ons optimum aanbevole lading gaan is die druk 67 000 psi wat hoog bleik. Onthou egter dat QL net 'n teoretiese simulasie en goeie gereedskap stuk is.
Groete
Alliwyn
Eerstens baie welkom op Jaracal en ons hoop regtig van harte jy geniet dit hier. Hopelik sal jy gereeld hier kom inloer en sommer vining deel raak van hierdie skiet en jag gemeenskap.
Alliwyn kom ek deel my ondervinding in die verband met jou. n Groot pel van my wat ek glo ook baie bekend is aan jou het julle 500gr koeels in sy 450 Rigby getoets. Hy was deur n personeel lid van julle n begin lading gegee met S365 en n verwagte snelheid daarmee sowel as n maksimum snelheid. Hy het dit so gelaai en sy spoed was redelik ver weg van wat julle verwag het met die begin lading. Hy het dit so weergegee aan die personeellid en die het hom toe aangeraai om oor te slaan na S335 met dieselfde lading. Hy het onraad vermoed met die aanbeveling en my toe gekontak. Op aanbeveling van my is die personeellid weer gekontak waar die raad weereens bevestig was. Nou indien hy die lading(S335) net so geskiet het sou drukvlakke 80 000psi gewees het. Nou ek glo hierdie storie sal in die meeste gesoute herlaai kringe die tonge los maak.
Nou hierdie was vir my op daai stadium skokkend om die minste te se. Daar was eerstens n paar redes hoekom S365 nie die snelheid verskaf het wat verwag was nie. Eerstens was die CCI250 primer nie idiaal vir die groot hoeveelheid poeier nie en het n Fed215 dit heelwat verbeter. Tweedens is dit n algemene verskeinsel met hierdie tipe kalibers dat poeier eers linieer begin brand namate druk toeneem. Met laer drukvlakke is poeier baie traag om op hulle regte termogemiese eienskappe te brand. Derdens vererger lang vrybore van die kamers wat geredelik met die kalibers gekry word die situasie. Ons het vir die rekord toe regekom met S365 deur die lading aan te pas. Die feit bly staan dat geen verantwoordelike persoon in sy regdenkende hoedanigheid n poeier in S335 se brandtempo as alternatief kan voorstel in die plek van n poeier in die brandtempo van S365 nie.
Nou goed kom ons kom terug oor my vermaning. Ons het nie n bulletfile vir julle produkte op QL nie, so n mens summuleer julle produk met een wat wel in QL is en dieselfde basiese einskappe het nl Barnes TSX. Ons het elders op die forum geleer dat julle produk hoer spoed gelewer het as Barnes met presies dieselfde lading en TPL. Hierdie se nie veel nie want n paar aspekte kan hiervoor verantwoordelik wees. Indien n mens die konserwatiewe roete volg kan n mens dit toeskryf aan hoer graverings druk wat natuurlik piek druk verhoog en uiteindelik die spoed. Die enigste manier om hierdie werklik te toets is deur jou produk te stuur aan Somchem vir fisiese druktoetse. Hierdie diens is wel beskikbaar sover ek weet en sal n sterk oorweging wees vir enige koeelvervaardiger. Kan jy asb ons inlig of hierdie al gedoen is? Indien hierdie beskikbaar is kan mens n baie beter simulasie skep in QL.
Alliwyn druk is n interssante onderwerp en is iets wat ek regtig baie ondervinding mee het. Ek moes noodgedwonge hierop spesialiseer met die klomp Ackley's wat ek skiet waarvoor daar nie herlaaidata beskikbaar was nie. QL was vir my n ongelooflike handige en akkurate instrument wat n klomp liggies al die jare terug vir my laat aangaan het. Baie van my teotiee is ook deur die program bevestig. Tot dusver is dit by verre die mees akkuraadste instrument wat ons as helaaiers tot ons beskikking het vir berekende drukvlakke. 66 000-70 000psi wys nie altyd op n stelsel nie. Ek weet van n paar manne wat vir jare met 80 000psi lading sonder probleme skiet, maar die vraag is natuurlik of dit n veilige praktyk is? Met alle eerlikheid is dit n veilige herlaai praktyk om 66 000psi ladings vir enige iemand voor te skryf? Veral in ag genome dat beginners ook hier betrokke is? Nou elke mens kan net maak wat hy wil, maar hier op Jaracal stel ons verseker n meer konserwatiewe en veiliger benadering tot herlaai voor en dus die vermanings wat jy van tyd tot tyd hier sal vind. Ons vra ook dan dat elke lid dit so sal respekteer as n voorvereiste vir deelname hier.
Nou ek vat geensins jou aan nie, maar wys net wel hoe baie onkunde daar wel betrokke is in die department selfs onder sogenaamde kenners. Indien jy verder hieroor wil praat is jy meer as welkom om my te kontank via PM indien jy dit so verkies.
Groetnis
Wouter
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13646
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Peregrine punte
Is soos om n vet kind te vra of hy weet hoe proe n kitkat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2112
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Peregrine punte
Ek vat sommer n breek...
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Hello Wouter
Baie dankie vir die lang en warm verwelkoming. Ek het eers net so 'n warm boodskap vir jou geskryf en dit toe verloor wat dalk maar beter is. Ons kan gerus hier verder gesels want Peregrine het niks om voor weg te hardloop nie en na my mening is jou weergawe hier bo heel aanvegbaar.
In kort dink ek hier is baie onkunde onder die manne en ongelukkig ook by jouself rakende Peregrine. Dis seker ons eie skuld omdat ons nog net nie daarby uitgekom het om sinvol deel te neem aan julle uitstekende forum nie.
Laat my toe om myself beter voor te stel. Ek is 'n meganiese ingenieur met meer as 25 jaar se ernstige ontwerp ervaring en was al betrokke by baie innoverende produkte in my loopbaan. Die vervaardiging en nuwe produk reekse van Peregrine is my verantwoordelikheid. Ek is ook 'n direkteur en aandeelhouer van Peregrine bullets en ons werk regtig hard om 'n wêreld gehalte produk vir die mense van Suid Afrika te gee. Ek het vir baie jare feitlik niks met vuurwapens te doene gehad nie maar is die afgelope 18 maande noodgedwonge deur 'n baie stywe leer proses want ek glo nie mens kan in 'n senior posisie wees sonder 'n deeglike kennis van koeëls en herlaai en skiet nie. Behalwe.... ek sal nooit 'n goeie skut wees nie maar dit gee my meer as genoeg persoonlike en werks satisfaksie as ander mense die maksimum uit ons produkte haal. Gelukkig het ek blootstelling gehad aan 'n klomp baie kundige mense wat my ondersteun het en help leer het. Baie van hulle ook Peregrine kliente. Die lekker hiervan is dat ek myself enige tyd vreeslik dom kan hou as ek dit so verkies. Op die onderwerp wat jy nou aangehaal het is ek taamlik kundig en nie bang vir 'n openbare debat nie.
Ek persoonlik dink dit is baie onverantwoordelik en afbrekend om te verkondig dat Peregrine by herhaling mense verkeerd adviseer. Ons help daagliks baie mense en dis moontlik dat daar misverstande kan voorkom. Die baie kundige herlaai spesialiste wat ons gebruik (daar is net twee) voel jy is verkeerd. En dis baie diplomaties gestel. Die meer elegante/verantwoordelike reaksie van jou sou gewees het om ons te kontak toe jou vriend sy klaarblyklike slegte advies gekry het en ons te waarsku of reg te help. Dalk sal jy saamstem dat dit anders hanteer kon word. Ek stel voor dat ons die gedeelte van die gesprek verder voer op PM as jy wil.
Net 'n bietjie inligting oor Peregrine se QL en herlaai data. Ons het 'n bullet file beskikbaar op ons webwerf by www.peregrinebullets.com en enige iemand kan dit daar aflaai. Ek sal die QL file probeer aanheg saam met die skrywe. Dis baie handig en ek glo jy sal dit goed kan gebruik om jou vriende te help. Verder het ons ook baie volledige herlaai data op ons web werf en slegs dit is ons amptelike herlaai advies aan enige kliënt. Peregrine en die hele skiet gemeenskap sal dit ongelooflik baie waardeer indien jy enige foute daar opmerk en uitwys. Jy is welkom om dit slegs hier op die forum te doen maar laat weet my net persoonlik ook aub daarvan dat ek iets daaraan kan doen. Ons sal jou advies kontroleer en onmiddellik reg stel.

Ek het probeer om die QL file te upload maar die ".PRO" agtervoegsel word nie toegelaat nie. Enige iemand wat dit graag wil hê moet aub dit op ons web werf onder die herlaai venster gaan download.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Peregrine punte
Alliwyn wrote:Ek het probeer om die QL file te upload maar die ".PRO" agtervoegsel word nie toegelaat nie. Enige iemand wat dit graag wil hê moet aub dit op ons web werf onder die herlaai venster gaan download.
Aangeheg...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed, beter, 6millimeter!
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Glad nie. Ons doen baie moeite om handelaars en kliënte op te lei. Dis 'n onbegonne taak. Een van ons sterk punte is juis 'n groot verskeidenheid punte. Ongelukkig beland die verkeerde punte soms by die verkeerde geweer.tripodmvr wrote:Alliwyn, julle koeëls se kwaliteit en skietvermoë is nie onder verdenking. Ek skiet al vanaf die 90's met die ou Goodnel koeëls en julle produk is daarop geskoei. Gou het ek uitgevind oor lengte synde die 90 greiners nie wou skiet in my 243 nie. Die' word vervang met 80gr en daar begin my voorliefde vir monos en hul minder vleisskade. PMP betrek toe die mark en laai Barnes X in hul super reeks. Die meeste van die gewigte wat gebruik is stem ooreen met konvensionele koeëlgewigte. Ek weet slegs van die 300gr in die 375 wat goed gewerk het. Swak werkverrigting en drukprobleme maak dat PMP uiteindelik produksie staak.
Hierdie bietjie geskiedenis dui op geen of swak toetsing van die komponent wat bemark word. Goodnel sowel as PMP moet tog seker van groefdraai en lengtes van koeëls geweet het? Dit wil egter nie so voorkom as mens na dit kyk wat plaasgevind het nie. Ek wil nou dieselfde vraag aan Peregrine vra. Julle moet koeëls verkoop om 'n sukses van jul besigheid te maak. Al die formules en rekenaars is daar om koeëlgewigte en lengtes se werkverrigting na te gaan. Die slegte publisiteit verbonde aan die 140gr koeël wat te lank is het julle nie punte laat wen nie. Dra die kennis van ligter monos se werkverrigting oor aan jul kliente en dan sal hulle verstaan dat ligter beteken nie swakker nie - bemark dan slegs die' gewigte wat goed in die normale groefdraai sal werk. So 140gr koeël is dus 'n spesialis koeël meer bedoel vir skyfskiet as jag - sy gebruiker is 'n man wat vêr wil skiet op die baan.
Sien my skrywe as positiewe aanbevelings en nie kritiek nie. Julle het reeds die skietmanne se ondersteuning en behou dit met jul gehalte produk, maar een wat nie negatiewe kommentare gaan ontlok nie.
-
Tollie
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Tue Mar 13, 2012 7:21 pm
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Peregrine punte
Alliwyn baie dankie vir jou terugvoering sover, ek het die begenoemde gegewens by Corno gekry as ek reg is,soos ek geskryf her werk die lading vir my baie goed maar na aanleiding van Wouter se aanmaning is ek bietjie skrikerig! Manne soos Wouter Roets,tripomvr se kennis stel ons hoog op prys en hulle het al baie jare ondervinding met herlaai verwante aspekte. Ek hoor wat jy se dat jy n ingeneur is maar 18 maande se ondervinding sal nooit al herlaai se "spoke" kan blootstel nie. Het julle al julle drukvlakke laat toets by Somchem,ek het met Manie Johannes gesels en hy het vir my gese julle is al genooi om te kom toets? Ek hou van julle produk en wil dit graag aanhou gebruik,maar ek wil ook nie met die leeu se bal speel nie! As jy se dat die 66 gr S335 met n 300gr vrg2/3 veilig is in enige toestand warm of koud met enige lott nr S335 dan sal ek dit so aanvaar. Maar ek stel voor dat julle wel n draai maak by somchem en die nodige druk toetse doen.
Groete vossie
Groete vossie
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Goeie More Vossivossie1 wrote:Alliwyn baie dankie vir jou terugvoering sover, ek het die begenoemde gegewens by Corno gekry as ek reg is,soos ek geskryf her werk die lading vir my baie goed maar na aanleiding van Wouter se aanmaning is ek bietjie skrikerig! Manne soos Wouter Roets,tripomvr se kennis stel ons hoog op prys en hulle het al baie jare ondervinding met herlaai verwante aspekte. Ek hoor wat jy se dat jy n ingeneur is maar 18 maande se ondervinding sal nooit al herlaai se "spoke" kan blootstel nie. Het julle al julle drukvlakke laat toets by Somchem,ek het met Manie Johannes gesels en hy het vir my gese julle is al genooi om te kom toets? Ek hou van julle produk en wil dit graag aanhou gebruik,maar ek wil ook nie met die leeu se bal speel nie! As jy se dat die 66 gr S335 met n 300gr vrg2/3 veilig is in enige toestand warm of koud met enige lott nr S335 dan sal ek dit so aanvaar. Maar ek stel voor dat julle wel n draai maak by somchem en die nodige druk toetse doen.
Groete vossie
Gelukkig het ek nog geen slegte ervaring gehad met herlaai nie. Ons sal moet die Somchem toetse doen anders gaan dit 'n ewige stryery wees. Maar ek sal my nooit op QL verlaat nie.
Kom ek illustreer. QL neem glad nie die kondisie tussen jou loop en koeël in ag nie. Ek verwys na 'n "bekende maak" loop op 'n presisie 308 bisley geweer. Die loop se groewe is taamlik wyd, die koeël sleep swaar en kan op geen manier verby 'n 42.5gr S335 kruit lading skiet sonder om primers te blaas nie. Die meeste bisley manne skiet 44 of meer grein in kompetisies met dieselfde koeëls en dieselfde kamers en dieselfde loop lengtes maar ander vervaardigers. QL kan nie een vd twee akkuraat bereken sonder om te karring aan die brandspoed nie. As ek moet kies tussen QL gebruik of kyk wat sê die primers, die aksie en die dop, dan is die antwoord voor die hand liggend. Daar is heelwat aanbevole Peregrine ladings gepubliseer op ons webwerf wat QL aandui as gevaarlik met standaard Somchem data. En dit is vir ons 'n kommer, daarom sê ons uitdruklik dat veilige ladings opgewerk moet word volgens korrekte prosedures ten alle tye. Maar as ons "guru's" en daar nog baie ander manne is wat daardie selfde ladings gebruik en goed skiet en geen druk probleme terug rapporteer nie, gaan ons verseker nie Peregrine se gepubliseerde riglyne verander omdat QL dan kwansuis x of y sê nie.
Die manne wat QL "guru's" is manipuleer almal die shot start pressure en brandspoed faktor om QL te kalibreer. En dan verkondig hulle dit as wet. Ons aanbevole ladings vir jou geweer met die 300gr VRG3 is 62gr begin lading, 68gr aanbevole lading en 69gr maksimum lading. Volgens QL is dit 'n hoë lading. Nou sit hier op die oomblik ook 'n "guru" oorkant my met 40 jaar se herlaai ervaring, 50+ buffels, 20+ olifante, 20+ leeus, 30+ luiperds, hy het al ladings ontwikkel vir meer as 100 gewere, meer as 30 gewere besit en meer as 15 handwapens gelyk besit. En hy is gemaklik met die aanbevole lading van 66gr wat Corno vir jou gegee het en wat presies die regte MV gegee het volgens jou rapportering. As hy gemaklik is met daai lading, is ek ook gemaklik.
Laastens.... jy moet doen waarmee jy gemaklik is en wat in jou verwysings raamwerk veilig is. As jy 'n guru ken waarop jy vertrou en wat vir jou sê moenie daai lading in jou geweer skiet nie, en jy wil dan nie. Dan doen jy die regte ding.
Groete
Alliwyn
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Peregrine punte
Alliwyn, ek is glad nie 'n herlaai guru nie, maar het so bietjie persoonlike ondervinding met druk..... Die aksie, primer en dop is nie noodwendig altyd die beste manier om druk vas te stel nie. Ja, dit gaan vir jou tekens van druk wys, maar nie hoeveel druk jy het nie. Daai winterlading gee jou dalk net effens druk, maar wat gebeur wanneer jy in die somer skiet of jou rondtes in die son gelê het?Alliwyn wrote:vossie1 wrote: As ek moet kies tussen QL gebruik of kyk wat sê die primers, die aksie en die dop, dan is die antwoord voor die hand liggend.
Ek sien jy skryf QL af en jy is beslis nie die eerste of die laaste nie, maar QL het baie wat vir hom tel en as jy verstaan hoe QL werk, is dit 'n baie handige tool in die herlaaiproses.
Aim small, miss small
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Net 'n algemene opmerking.
Lees wat sê QL self oor hulle vermoë om interne drukke akkuraat te bereken. Daar staan uitdruklik die volgende:
"Ballistic programs such as QuickLOAD cannot predict EXACT internal ballistic results. Therefore one CANNOT use this software as a substitute for information gleaned from a reloading manual along with standard handload development and practices"
"Much of the data shipped with this program (particularly propellant data) contains approximated values."
"QuickLOAD cannot consider all possible internal ballistic effects resulting from any of the following: particular gun vagaries; or production tolerances in powder, bullets, primers, and cases; or resulting peculiarities and techniques"
Let daarop dat die hoofletter gebruik in die aanhaling hierbo net so voorkom in hulle disclaimer... Let ook op dat hulle aandui dat QL nie 'n plaasvervanger kan wees vir standaard hand laai ontwikkeling of hand laai praktyke nie.

Ek stem 100% met jou saam. Dis 'n uitstekende stuk gereedskap. Maar slegs as dit binne die korrekte konteks gebruik word.Eugene wrote:Alliwyn, ek is glad nie 'n herlaai guru nie, maar het so bietjie persoonlike ondervinding met druk..... Die aksie, primer en dop is nie noodwendig altyd die beste manier om druk vas te stel nie. Ja, dit gaan vir jou tekens van druk wys, maar nie hoeveel druk jy het nie. Daai winterlading gee jou dalk net effens druk, maar wat gebeur wanneer jy in die somer skiet of jou rondtes in die son gelê het?Alliwyn wrote:vossie1 wrote: As ek moet kies tussen QL gebruik of kyk wat sê die primers, die aksie en die dop, dan is die antwoord voor die hand liggend.
Ek sien jy skryf QL af en jy is beslis nie die eerste of die laaste nie, maar QL het baie wat vir hom tel en as jy verstaan hoe QL werk, is dit 'n baie handige tool in die herlaaiproses.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Peregrine punte
Alliwyn, gaan dit nou regtig so groot probleem wees om jou produk net by Somchem te laat toets dit sal almal dan met 'n geruste hart sal herlaai. Dit gaan net jou produk in 'n ander klas mark sit.
As ek mag vra wat is die idee agter die verkope van 40 koele per pakkie en nie 50 of 100 soos al die ander koel vervaardigers nie?
As ek mag vra wat is die idee agter die verkope van 40 koele per pakkie en nie 50 of 100 soos al die ander koel vervaardigers nie?