Herlaai manual?

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Herlaai manual?

Post by Benman »

Middag manne

Wat stel julle voor as dit kom by die koop van 'n herlaai manual, watter firma se manual is goed om na te kyk?

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Herlaai manual?

Post by 222 »

Benman

Google net vir "reloading manual" ek het al myne van die net afgelaai.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Herlaai manual?

Post by Stefan764 »

Benman

PM vir Wouter Roets. n Walking Talking herlaai handleiding daai Wouter. Hy sal jou kan help met boeke ook, haal gereeld iets slims uit een van sy boeke aan.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Herlaai manual?

Post by Geno »

Stefan764 wrote: n Walking Talking herlaai handleiding daai Wouter. Hy sal jou kan help met boeke ook, haal gereeld iets slims uit een van sy boeke aan.
So bek moet jam kry! (Of Bell's)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Herlaai manual?

Post by Hein M. »

Ludwig wrote: Ek het 2. Lyman se 49th Reloading Manual en ABC's of reloading deur Bill Chevalier en my eerlike opinie is dat hierdie boeke goed is vir die ou wat regtig nou vir die eerste keer kennis maak met herlaai. Vir die ou wat al die basiese goed ken is daar nie regtig veel in hierdie boeke wat van hulp is nie. Hierdie tipe boeke raak meestal net aan die heel basiese dinge en los 90% van die tegniese goed uit. Die ladings data in hierdie boeke beteken elkgeval nie veel vir ons plaaslike manne nie, omdat dit nie somchem kruite se data bevat nie. Daar is plaaslike forums soos hierdie en ander waar mens baie meer en beter toepasbare inligting kan bekom as in hierdie boeke.
Stem 100% saam!  Dit is jammer dat een van ons eie herlaaiguru's nie 'n ordentlike, gevorderde handleiding die lig laat sien nie.  So-iets sal beslis goed verkoop.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai manual?

Post by James Wilson »

Hein M. wrote:
Stem 100% saam!  Dit is jammer dat een van ons eie herlaaiguru's nie 'n ordentlike, gevorderde handleiding die lig laat sien nie.  So-iets sal beslis goed verkoop.

Hein M.
daarshy nou, ek het al meer van herlaai geleer in die laaste paar maande wat ek op die forum is, as enige ander tyd. ek dink wouter en sy partiere kan maar n boek uitgee met ons plaaslikke kruit en omstandighede. ek SAL koop!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai manual?

Post by James Wilson »

n.s maar omdat ek hou van lees kan een van julle manne maar n link laai waar ons so n handleiding kan download.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai manual?

Post by Wouter Roets »

Oom Stefaans
Ek dink jy gee darem nou so bietjie te veel krediet! Dit is maar die boeke wat so slim is, defnetief nie die leser nie!
Benman
Dit is waar wat Ludwig se en dit maak dit nogal moeilik met ons poeier(omskakelings). Met al die verskillende boeke word die meeste maar net oor en oor herhaal, maar snaaks genoeg by elke een van hulle het ek iets kleins opgetel wat deurgeglip het, en dit is hiedie tipe informasie wat vir my kosbaar is. Voor hierdie Forum moes ek honderde artikes lees en boeke koop om die nodige inligting te bekom.  Ek het in die laaste vier maande meer opgetel op die Forum as 10 jaar se boeke. Dit is wel so as jy nie met sekere kennis gesit het nie sou n mens nie die koring van die kaf kon onderskei nie! As jy nog steeds in die boeke belang stel dan gee ek vir jou n lys van die bestes. Gaan kyk by Zimbi en Safari and Outdoor, die meeste is daar.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Herlaai manual?

Post by namhunt »

Is iemand wat ken nie lus om 'n Jaracal herlaai manual saam te stel uit al die inligting op die forum nie? Dit kan goeie fondse vir die forum inbring.

Wonder maar net.
Daan
Post Reply