algemene jakkals vra
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Jip, ek stem saam.
As die jakkals se gedrag wys, hy word nie veel deur jou gepla nie (d.w.s. hy snuffel-draf nog rond, jaag 'n muis ens) kan jy hom vandaar af inroep, gegewe jy's onder sy wind en die staanplek is oraait. As die staanplek nie na wense is nie, maak soos Kabous (Cobb) gemaak het.
As die jakkalse jou egter agter gekom het, agterdogtig reageer (draf doelgerig weg of staar jou stip aan ens) OF jou geruik het, maak soos Nico sê.
Hierdie tyd van die jaar is die jongerige jakkalse nog onervare en man kom soms met moord weg (letterlik en figuurlik). Dit is egter juis hierdie jongerige span waarop man nou so maklik afry, wat die maklikste en mooiste leer (nes kinders makliker leer as ons grootmense). As jy een geskiet het maak doodseker daar is nie nog van sy maatjies in die rondte nie. Hou nog 'n goeie tydjie aan met in die rondte lig en roep nog so bietjie.
Dis nie die jakkalse wat aan die bakkie se hakke hang wat ons later probleme gee nie, dit is daardie wat ons laat glip het wat later groot hartseer veroorsaak (veral as hul onder jou eie vee vang).
Mooiloop

- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: algemene jakkals vra
x
Last edited by NicoSmit on Thu Jan 29, 2015 10:13 am, edited 1 time in total.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: algemene jakkals vra
Ek dink jy leer maar elke situasie opsom met die tyd. Die graad wat ou jakkie het maak verseker saak. Ek het al geskiet wat onder my wind gekom het, ek net geskuif na waar die wind my nie pla nie en hulle het maar net weer ingekom. Dan het ek al n ou reun raakgery wat verseker van my moes weet ook onder my wind. Hy was oppad iewers heen. Geskat hoe sy roete moet loop en hom gaan inwag. Mooi in my kom vasloop.Maar moet se dis nooit vir my ideaal om een raak te lig met die ry en hy is nie binne skiet afstand nie. Voel ek het die 'elemente of surprise' verloor.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: algemene jakkals vra
ekt ook al baie hieroor gewonder.ekt een aand gery en lig toe ek 2 oe sien 100m van my af wat dadelik hardloop,hulle was bo my wind.ek het gestop en sommer die roeper op die bakkie se dak gesit en dadelik kos gespeel.altwee het omgedraai en reguit na my toe gekom.dalk was dit maar net gelukmusgrave270 wrote:Hoe maak mens indien jy tussen staanplekke 'n jakkals raaklig wat buite skiet afstand is, maar nie weghardloop as die lig op hom val nie. Probeer mens nader ry of stop en roep jy?
Ek week indien hy begin weghol moet mens hom nie probeer roep nie.
Groete
Ruan
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Johan
Maar het jy 'n kans gevat om hul met die roeper te probeer stop of het jy dit al so in die verlede gedoen?
Ek is geleer dat dit die verkeerdste ding is om te doen.
Maar het jy 'n kans gevat om hul met die roeper te probeer stop of het jy dit al so in die verlede gedoen?
Ek is geleer dat dit die verkeerdste ding is om te doen.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: algemene jakkals vra
Goeie raad en gesprek.....
N ander senario......ek het mooi staanplek gekry en beginne roep.....onmiddelik antw n jakkals reg windop van my....ver....1,8km. Ek het geen idee hoe dit daar lyk nie....so ek weet nie of daar so n mooi staanplek is soos waar ek staan nie....wat maak ek?????
Bly waar ek is en probeer daai jakkals inroep na my toe.....of skuif ek en vat my kanse met n nie te lekker staanplek????
Mooi loop
Francois

Ek haal die aan uit Oom Hein se standaard roepmetode :Francois Marais wrote:Goeie raad en gesprek.....
N ander senario......ek het mooi staanplek gekry en beginne roep.....onmiddelik antw n jakkals reg windop van my....ver....1,8km. Ek het geen idee hoe dit daar lyk nie....so ek weet nie of daar so n mooi staanplek is soos waar ek staan nie....wat maak ek?????
Bly waar ek is en probeer daai jakkals inroep na my toe.....of skuif ek en vat my kanse met n nie te lekker staanplek????
Mooi loop
Francois
"Indien daar op enige stadium vokaal op ?n jakkals roep gereageer word:
Die eerste reaksie is gewoonlik om onmiddelik ?n haas of bokkie te speel nadat ?n jakkals vokaal gereageer het. Ek het gevind dat stilte in hierdie geval die beste resultate lewer. Wag in stilte vir ongeveer 10-15 minute en lig steeds elke 40 sekondes. Indien geen jakkals opdaag nie, speel saggies (volume van 3 uit 10)?n hasie vir ongeveer 1 minuut en wag weer in stilte vir 5-10 minute.
Ek gebruik die metode vir die volgende 30 minute. Ek het gevind dat jakkalse nie weer geredelik antwoord voordat ?n tydperk van 30 minute verloop het nie en indien hulle wel antwoord is die kanse skraal dat hulle sal inkom. Indien geen jakkalse hulle verskyning maak in di? 30 minute nie, speel weer die jakkals roep waarop die jakkalse die eerste keer reageer het. Indien die jakkalse weer vokaal reageer is die vraag
? het hulle nader gekom?
? weg beweeg ?
? is hulle op dieselfde plek vanwaar hulle voorheen geantwoord het?
? het hulle spoorloos verdwyn?
Indien hulle nader gekom het hou aan met die metode van een minuut saggies speel en stilte van tussen 10-15 minute, een minuut saggies speel ens, vir die volgende 30 minute en speel dan weer die jakkals roep en hou so aan totdat hulle ingeroep en geskiet word. Dit is hier waar geduld regtig nodig is. Ons kan so vinnig moed opgee en gewoonlik is dit soos die spreekwoord s? - aanhouer wen.
Indien hulle wegbeweeg is dit gewoonlik ?n teken dat hulle skelm, uit hulle gebied, of bang is. Hier moet hulle agtervolg word en gepoog word om binne 500m van hulle te kom om te roep. Hier moet nie van aggressiewe jakkals klanke gebruik gemaak word nie (9;11;36) aangesien dit die jakkalse nog meer skugter kan maak.
Indien hulle op dieselfde plek bly antwoord is dit gewoonlik ?n teken dat jy buite hulle gebied is en moet jy daarom na hulle skuif. Probeer om nie te naby aan hulle te kom nie. Dit gebeur dikwels dat ek met die gebruik van die GPS die rigting so sekuur bepaal dat as ek stop om te roep, ek die jakkalse raak lig. Dit is gewoonlik ?n groot probleem want dan het hulle jou klaar gewaar en is dit gewoonlik onmoontlik om hulle in te roep.
Indien hulle spoorloos verdwyn het moet jy in die rigting skuif waar jy hulle laaste gehoor het. Nadat jy nader geskuif het, begin met ander hasie- of bokkie klank as wat jy voorheen gebruik het. Dit werk soms wondere om hier van ?n kombinasie klank soos ?n haas en kat/jakkals baklei of haas en jakkals baklei met tussen poses te gebruik. "
Ek sou heel moontlik die bogenoemde toepas op jou scenario. Indien ek nader skyf en nie 'n gepaste staanplek kry nie, dan hou ek maar verby en probeer 'n ander aand. Indien dieselfde weer gebeur moet mens dalk 'n ander metode probeer, afhangend van die terrein.
Groete
Ruan
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: algemene jakkals vra
Francois
Op 1,8km die tyd van die jaar nog, by ons, skuif ek eerder nader.
Cheers
D
Op 1,8km die tyd van die jaar nog, by ons, skuif ek eerder nader.
Cheers
D
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Op 'n familie lid van my se plaas het ons die probleem. Dis 'n beesplaas met boskampe en dan ook gras kampe wat hul in die verlede geploeg het. Die wind bepaal waar jy in die graskamp sit. 9/10 keer sal die jakkalse vanuit die boskampe antwoord maar jy kan nie nader skyf nie. Dan sal ek maar ten minste nog 'n uur op daai plek sit en roep en hoop dat hul uit die bosse sal kom.Francois Marais wrote:
Bly waar ek is en probeer daai jakkals inroep na my toe.....of skuif ek en vat my kanse met n nie te lekker staanplek????
Mooi loop
Francois
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: algemene jakkals vra
Dankie manne, goeie geselsie.
Nou my vraag, jy staan by n hek en is besig om oop te maak en Ta skreeu so hele ent weg.
Beteken dit hy het jou gewaar ( Bakkie ligte) of dalk per toeval?
Wat maak julle in so geval?
Nou my vraag, jy staan by n hek en is besig om oop te maak en Ta skreeu so hele ent weg.
Beteken dit hy het jou gewaar ( Bakkie ligte) of dalk per toeval?
Wat maak julle in so geval?
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: algemene jakkals vra
Daar is tye binne in die verskillende tye (soos geleer word) waar jakkalse se gedrag nie "tipies" is binne die standaard tye nie. Dit verskil van area en van jaar tot jaar partykeer. As jy baie jag en oor jare, kom jy dit agter wanneer dinge draai en pas jou strategie daarvolgens aan.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: algemene jakkals vra
Enkel jakkals roep of groep roep?Gernie wrote:Dankie manne, goeie geselsie.
Nou my vraag, jy staan by n hek en is besig om oop te maak en Ta skreeu so hele ent weg.
Beteken dit hy het jou gewaar ( Bakkie ligte) of dalk per toeval?
Wat maak julle in so geval?
Agresiewe blaf roep of meer jodel tipe roep?
Bo die wind of onder die wind?
"Hele ent weg"....hoe vêr is dit, 400m of 800+m?
Die antwoorde sal jou optrede bepaal....
Ek tree maar soos 'n "nog 'n poepol met 'n roeper" op, check wind en trek weg met fluitjie...
Hy kan of inkom of nie reageer, either way gaan ek hom of drop of "nie slimmer" laat,,
Merk maar sy adres, dalk ry ek later weer verby dan kan ons tee drink, ek en hy.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: algemene jakkals vra
stem saam dawie. jy sal oud word as jy vir raai jakkalse wag
HOU HOM DAAI DIKTE
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: algemene jakkals vra
nee ekt maar n kans gevat,dit was nog in my begin dae van jakkals jagmusgrave270 wrote:Johan
Maar het jy 'n kans gevat om hul met die roeper te probeer stop of het jy dit al so in die verlede gedoen?
Ek is geleer dat dit die verkeerdste ding is om te doen.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Ek jag gewoonlik alleen dus lig ek nie tussen staanplekke nie, maar ek het die laaste aand of 2 wat ek uit was saam iemand gegaan wat kon dryf, so om te lig tussen staanplekke is vir my n nuwe ding. Dit voel net vir my die kanse om n jakkals slim te maak nou groter is as wat dit was toe ek nie gelig het tussen staanplekke nie.johans wrote:nee ekt maar n kans gevat,dit was nog in my begin dae van jakkals jagmusgrave270 wrote:Johan
Maar het jy 'n kans gevat om hul met die roeper te probeer stop of het jy dit al so in die verlede gedoen?
Ek is geleer dat dit die verkeerdste ding is om te doen.
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: algemene jakkals vra
Hi Cobus, ja nee ek moes meer detail gegee het.
Dit was seker so km as ek moet skat en def n familie groep met joudel roep. Hulle was baie na aan onder my wind gewees, so het net nader gery en gelig om te sien of ons hulle nie kan raaklig en ligging kry nie.
Het seker vir 1.5km gery en niks gesien nie. Het toe plek gekies en geroep maar geen verdere reaksie of enige tekens.
Dit was seker so km as ek moet skat en def n familie groep met joudel roep. Hulle was baie na aan onder my wind gewees, so het net nader gery en gelig om te sien of ons hulle nie kan raaklig en ligging kry nie.
Het seker vir 1.5km gery en niks gesien nie. Het toe plek gekies en geroep maar geen verdere reaksie of enige tekens.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: algemene jakkals vra
Ek sou later weer daar omry, van onder die wind op die bearinglyn en maar kyk of iets wil oogwysGernie wrote:Hi Cobus, ja nee ek moes meer detail gegee het.
Dit was seker so km as ek moet skat en def n familie groep met joudel roep. Hulle was baie na aan onder my wind gewees, so het net nader gery en gelig om te sien of ons hulle nie kan raaklig en ligging kry nie.
Het seker vir 1.5km gery en niks gesien nie. Het toe plek gekies en geroep maar geen verdere reaksie of enige tekens.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Nooit. Daar is baie groter risiko daarin om nie te lig terwyl jy ry nie, sou ek raai. Veral hierdie tyd van die jaar.musgrave270 wrote: Ek jag gewoonlik alleen dus lig ek nie tussen staanplekke nie, maar ek het die laaste aand of 2 wat ek uit was saam iemand gegaan wat kon dryf, so om te lig tussen staanplekke is vir my n nuwe ding. Dit voel net vir my die kanse om n jakkals slim te maak nou groter is as wat dit was toe ek nie gelig het tussen staanplekke nie.
Hoe gaan jy weet van die jakkalse windaf van jou, as jy die staanplek inry sonder om te lig? Hoe gaan jy weet van die jakkalse waarby jy verby ry, as jy nie lig nie? Daar is nog baie ander detail'tjies in die veld waarop jy uitmis, as jy nie lig nie. Rooikatjie teen die hang, spore in die pad, 'n vars vangs, pyplyn wat lek, gedrag van ander veld diertjies, alternatiewe staanplekke as jy moet skuif ens ens.
Hierdie tyd van die jaar word die jonges baie keer raak gelig voordat hul ingeroep / geskiet word (onthou die areas wat aan hulle bekend is is nog baie klein en hulle word selde van ver af ingeroep)
Miskien so effe van 'n ander saak as dit net 1 ou slim jakkals is in 'n jakkalsproef blok, in die moeilike tyd. Dan verander die storie dalk so effe, maar selfs dan is dit beter om te ry en lig.
Ek jag ook baie alleen, maar dis net omdat ek nie 'n drywer het nie. As dit enigsins kan is ek agterop met die lig. As ek alleen jag het ek 'n lig wat ek uit die kajuit uit beheer en probeer nog steeds so veel moontlik raaklig.
Die geheim is net om nooit die ogies te brand wat jy raaklig nie. Neem maar die lig weg as jy die flits optel en bring die lig net so af en toe terug in die ringting, verkieslik bo-oor of langsaan verby. Onthou 'n lig so min of meer in daardie ringting is ook goeie kamoeflering vir jou en die bakkie.
Laastens is dit nie verkeerd om alleen te jag en na jou staanplek toe te ry, sonder om te lig nie. Ek sou dit egter doen as afwisseling van my normale roetine, maar slegs by uitsondering. As jy dit elke keer doen, gaan jy beslis minder jakkalse skiet, as wat moontlik was en waarskynlik 'n jakkals of 2 ietsie leer.
My stukkie opinie, nie noodwendig reg nie ...
Louis
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: algemene jakkals vra
Dawie wrote:Francois
Op 1,8km die tyd van die jaar nog, by ons, skuif ek eerder nader.
Cheers
D
Ek stem saam. Sal miskien so 25-30 minute gee (as ek nie getalle jaag nie), voor ek nader skuif. Ander storie in die moeiliker tyd.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: algemene jakkals vra
Dankie Oom Louis
Waardevolle les wat jy my nou hier leer. Ek het dit seker al gehoor maar het defnitief nie geluister nie.
Waardevolle les wat jy my nou hier leer. Ek het dit seker al gehoor maar het defnitief nie geluister nie.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: algemene jakkals vra
Louis/Dawie
Ek het gereken daar kan n paar jakkalse wees in die omgewing, het toe besluit om eers my kans te vat met die mooi staanplek wat ek het.....ek was n uur en 15 min oppi stand maar niks het kom oogwys nie.....ek kon ook nie weer die jakkals kry om te antw nie, alles gebeur ook nie altyd soos oom Hein se nie. Het toe nader geskuif en kon n so-so staanplek ongeveer 400m windaf kry van waar ek jakkals gemerk het.....
Nodeloos natuurlik om te se daar het ek geen reaksie gekry....ook nie iets wat kom loer het nie. Nou nog n vraag...dink julle n jakkals sal in n uur en 40 min se tyd so ver loop dat hy nou nioe meer die roeper hoor nie, of dat ek ho dalk nie meer sal hoor as hy antw nie.....ek dink tog nie so nie....

Cois ek reken dit gebeur soms dat puer jakkals stelle wat op die jag uit is met mekaar mekaar gesels en dat dit nie noodwendig v hul werf af sal wees nie. D.w.s. as jy dan nader skuif is hul reeds weg. Daarom dat Hein se siteem so werk dat jy eers 2de jakkalsroep moet gebruik om te hoor of hul geskuif het.
Ek kyk ook nogal na die maan. As die maan eers later gaan opkom, glo ek die kanse is beter dat jy hul gaan kry vanwaar hul geantwoord het. As die maan egter reeds op is mag hul dalk op jag uit wees. Selfde met net na skemer of net voor dagbreek, dan loop hulle rond. In die middernagure is hul waarskynlik nader aan hul werf.
Maar so werk dit ook nie altyd nie.
Ek kyk ook nogal na die maan. As die maan eers later gaan opkom, glo ek die kanse is beter dat jy hul gaan kry vanwaar hul geantwoord het. As die maan egter reeds op is mag hul dalk op jag uit wees. Selfde met net na skemer of net voor dagbreek, dan loop hulle rond. In die middernagure is hul waarskynlik nader aan hul werf.
Maar so werk dit ook nie altyd nie.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: algemene jakkals vra
Hallo Francois
Dit wat jy beskryf is presies wat nou by ons ook nou gebeur.
Jonges antwoord jou nie veral as jy naby is. Kom wel in op kos as jy baie naby is.
As 'n jakkals jou antwoord sal hy gewoonlik nie weer antwoord nie, veral as 'n ouer jou geantwoord het en dan as kleintjies die ouer antwoord is die kanse goed dat daai span (ouers ingesluit) jou nie weer gaan antwoord nie.
Ouer jakkalse kom nou swaar in by ons.
Hierdie week nog jonges geskiet wat noggie klaar gewissel het nie. Gewoonlik is hierdie moeilike tyd binne die kleintjie tyd wanneer jakkalse aant wissel is.
Jakkalse het nou 'n snaakse sku-heid op hulle. Die grotes wat ek nou dood kry ry ek op af of hulle wei my op my staanplek raak.
Dit wat jy beskryf is presies wat nou by ons ook nou gebeur.
Jonges antwoord jou nie veral as jy naby is. Kom wel in op kos as jy baie naby is.
As 'n jakkals jou antwoord sal hy gewoonlik nie weer antwoord nie, veral as 'n ouer jou geantwoord het en dan as kleintjies die ouer antwoord is die kanse goed dat daai span (ouers ingesluit) jou nie weer gaan antwoord nie.
Ouer jakkalse kom nou swaar in by ons.
Hierdie week nog jonges geskiet wat noggie klaar gewissel het nie. Gewoonlik is hierdie moeilike tyd binne die kleintjie tyd wanneer jakkalse aant wissel is.
Jakkalse het nou 'n snaakse sku-heid op hulle. Die grotes wat ek nou dood kry ry ek op af of hulle wei my op my staanplek raak.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: algemene jakkals vra
Dawie/Louis
Dankie vir julle terugvoer....tov die kleintjies deel ek die met julle....
Ek roep naby n pos waar n jakkals op die lyf gekry is......op my eerste jakkalsroep, rooi alleen, kry ek redelik aggresief antwoord uit drie rigtings.....jakkalse kom ook sterk in en skiet 3...na my tweede jakklasroep, tafjak2, kry ek weer sterk vokale reaksie uit twee rigtings...gaan voort met kos na 15 min....en skiet die twee ook nadat hulle op n gallop ingekom het.....skuif na n uur en 20 min na n volgende pos waar ek die namiddag n springbok lam gekry het wat heel opgevreet is.....pos is so 1.5km weg.
Hier roep ek selle manier as by eerste pos....kry nooit enige vokale reaksie nie...maar skiet oor die volgende 45min ook 5 jakke wat stil-stil inkom op n draffie......altwee staanplekke se jakkalse was n werpsel....al verskil....die wat aggresief gereageer het was al volbek gewissel en die laaste span het nog nie eers beginne wissel nie.....
Ek skiet stuusen die twee klompe jong jakkalse n ou stel, reun 6jaar, teef 4 jaar, hulle was so 1.2km weg van die gewisselde kinders, MAAR die teef het nie kleintjies gehad nie, so nie een van die stelle jonges is hulle kinders nie......Vraag, hoe ver sal die ouers wegtrek nadat hulle die kinders op hulle eie gelos het.....die res van die nag het ek nog drie staanplekke in die onmiddelikke omgewing gedoen, so tot 3km weg, maar het nie die ouers van die twee jong spanne gehoor of gesien nie......

Dis 'n moelike vraag om te antwoord. Hier doen 'n Franse meisie goeie navorsing op die oomblik met jakkalse en rooikatte wat ge-GPS collar is. Sover het sy al uitgevind dat hulle baie meer en onge-orden beweeg as wat ons aanvanklik gedink het. Die data is nog rou maar as sy klaar is gaan daar baie oulike goed uitkom.