Peregrine punte
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Peregrine punte
Naand manne.
Krap nou rond op S/O se site en kom toe op die peregrine punte af, nou ja weet nie veel nie so "here goes"
Watse punte is dit, kan jy met dit jag of is dit "paper punchers"?
As wel is dit die moeite werd om dit te koop sieninde dat dit so bekostigbaar is?
Hou van n bargain, nie van scrap nie. (Se glad nie dit is scrap nie.)
Dankie baie.
Rudie.

30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Peregrine punte
Peregrine is al 'n hele ruk op die mark en is al heelwat hier bespreek. Gebruik die soekfunksie.
Die' koele word gewoonlik in houers van 30 of 40 verkoop, so kyk mooi na wat dit jou per koeël kos.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Peregrine punte
My beskeie ondervinding: 140grx6.5 groepeer gladnie in my Steyr nie, key hole ook. Redelik duur. Dis my 2c
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Peregrine punte
Vir koper koeëls - vat swaarste lood/koper en verminder met 20%. Dit dui op 120gr mono wat sal werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Peregrine punte
Dankie manne!
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
-
OMarais
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Thu Feb 20, 2014 7:16 am
Re: Peregrine punte
Hi Rudiejacobs
Hulle het twee tipes punte een om lading ontwikkeling te doen en dan 'n punt vir jag wat 'n "plunger" voor het wat die punt laat mushroom met impak. Die gewig retensie van die punte is besonder goed. En hulle punte het bykans geen (minder as 0.05 mikron) verskil.
Ek het met my 270 laas jaar die VRG3 gelaai om mee te jag, op 300m (nie eintlik gemaak vir die afstand nie) deur 'n blesbok en op 170m deur 'n koedoe beide blad skote. Het 'n eland ook platgetrek maar die was 'n kop skoot so kom ons neem hom nie in ag.
Die punte is nie die goedkoopste op die mark nie maar gan lees verder en kontak (bel) hulle direk as jy meer inligting benodig.

wrm
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am
Re: Peregrine punte
Die Peregrine 180gr koeels skiet beter as enigiets anders in my 300 WinMag en jy kan 'n springbok op die skouer klits op 100m en daar's nie vleisskade nie (dit was 'n eksperiment :-).
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Peregrine punte
Ek weet net dat die Peregrine punt wat in SA gemaak word is duurder as 'n hele paar ingevoerde premium punte.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Peregrine punte
Sien daar is R200 vir 30, dit is dalk vir die target punte en nie jag punt nie?
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Peregrine punte
Jag is duurder as die skyfskiet koeëls.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
terven
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Jul 06, 2012 9:52 am
Re: Peregrine punte
HOOR HOOR!Boesman10 wrote:Ek weet net dat die Peregrine punt wat in SA gemaak word is duurder as 'n hele paar ingevoerde premium punte.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Peregrine punte
Wil iemand met 'n diklens bril net bietjie kyk na die 140gr 6.5mm. Rede: het vandag die Rangemasters se ouens gaan sien oor hulle papier skiet punt. Rangemaster is 2.5mm langer as jagpunt ( by benadering). Met die metery meet ons ook die peregrine en sien toe dat sy kontak in die geweer se groewe is net op sy 'bande' (hoop jy verstaan) dus net 12mm vir 140gr punt waar die rangemaster se kontak 16mm is. Asseblief die syfers is baie benaderd en moet my nou nie oor 1 mm aanvat nie, maar is dit goeie ontwerp/ praktyk. (rangemaster is 120gr punt). Ek sit met 20x140gr peregrine punte (6.5mm) wat almal keyhole, so indien iemand dit wil hê, ek is in Klerksdorp. Ek is erg vies oor die punte, het dit by S&O gekoop op aanbeveling van 'kenner van herlaai' en nou werk niks. Gaan 120gr Barnes X laai en daarmee jag.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Peregrine punte
Basie
Ek weet jy het seker klaar jou besluit gemaak, maar hoekom kontak jy nie die mense by Peregrine self nie. Hulle is baie hulpvaardig en sal net so graag soos jy wil he dat hul koeels moet werk. Die rooikoper wat Peregrine gebruik is duurder as geelkoper (brass) daarom is die koeels nie goedkoop nie. Ja, hulle is seker duurder as sommige ingevoerde koeels maar Peregrine maak op klein skaal koeels in vergelyking met baie van die koeels wat van oorsee af ingevoer word. En hoe kleiner die produksie hoe hoer die prys (van enige produk). Miskien moet ons nie vir Peregrine net goedsmoeds afskiet nie. Ek het ook al van hul koeels gebruik en hulle het uitstekend gewerk.
As julle Peregrine-koeels oorweeg, kontak gerus die mense by Peregrine vir raad.
Mooi loop

- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Peregrine punte
Ek sal nie weer iets anders in die bos gebruik as Peregrines nie Ek het die vrg 3 220g in my 3006 gebruik en die vleis skade met gearbox skote was die helfte minder as met die pro amms wat ek vantevore gebruik het
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Peregrine punte
Koos
Ek verstaan die beginsel van klein besigheid en het groot agting vir iemand wat nou in SA suksesvol is of poog om iets te bereik. Baie van ons sit so brood op die tafel. Peregrine het nie hul huiswerk gedoen/verkeerde inligting aan verkoopspersoneel- met 140gr punt in 6.5mm formaat. Jy is reg oor my besluit en dis ook twee vormig- koop NF scope by S&O met ringe en basis en word verwys na geweersmid om dit te monteer (teen prys) kry scope 5 dae later EN 63 skote verder ontdek ek die dem allan keys is los! Het die saak met geweersmid opgeneem en hulle het onverskoning gevra. Ek bly 220km van S&O!
Ek gaan die Frontiers met hul twee verskillende tipe punte probeer tesame met Barnes X.
Ek het Kanadese firma gekontak en kan enige punt of brass invoer.

Basie, ek sal my klagtes na Peregrine verwys. As die 140gr hul aanbeveling was is dit hulle wat dan dit moet regstel. Ek wat al lank monos skiet weet dat die koper/brass gou maak dat die koeëls te lank word. So my formule om reg te kies is gewone loodkern maksimum gewig minus 20%. Vir 6,5 sal dit beteken 156gr - 31= 125gr en ligter sal werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Peregrine punte
Tripodmvr
Baie dankie, jy het my kort na my klagte die raad gegee van die 20% en sover werk dit. Ek was net gister bekommerd oor die lengte van die 'brass' punt van Frontier, maar hulle het ook gesê die 120gr moet werk. Dis net top frustrerend wanneer jy opgewonde is en hoë verwagtinge koester van 'n nuwe 'speelding' dat nalatigheid/swak inligting jou dae bederf- praat nie eers van die finansiële impak nie!
Sal dit probeer skiet die week. Ons skietbaan is ongelukkig net sekere tye beskikbaar.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Peregrine punte
Ek het persoonlik die feit dat die 140gr Peregrine in 6.5mm nie stabiliseer nie en "keyhole" met hulle bespreek. Hulle het toegegee dat dit so kan wees en al aanbeveling was om ligter te gaan.
Ek het die 140gr ook destyds gekoop op aanbeveling van 'n verkoopsman. Ek verstaan nie hoekom dit nog altyd verkoop word as Peregrine weet dat dit nie sal stabiliseer nie.
Groete
Dawie

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Peregrine punte
Baie van Pergerine se gewigte neig na die normale loodkern koeëls. Kan verstaan as dit stompkoppe is, maar selfs dan is party baie lank. GS Custom darenteen het hul huiswerk goed gedoen en verskaf nie baie swaar koeëls in spitzer nie en het ook duidelike voorskrifte oor groefdraai. Gaan loer maar op hul webtuiste. Netso is Impalas ook lig vir kaliber weens hul brass konstruksie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Peregrine punte
Jammer vir die hijack Rudie, maar dis soortvan relevant.
Oom Tripod, die slim man agter die toonbank het my aangeraai om te hou by 180gr vir die 300WM.
Ek begin nou al hoe meer die gevoel kry ek moet hulle dalk gaan omruil vir die 165gr.
Wat sal oom voorstel?

300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Peregrine punte
Basie
Ek kan jou frustrasie verstaan as 'n nuwe speelding nie wil werk nie en ek wil nie vir S & O probeer verontskuldig nie, maar sjoe, dis darem nie rocket science om 'n teleskoop te monteer nie. Hoekom doen jy dit nie self nie? En om te toets of die skroefies vas is, is tog die eerste en mees elementêre ding wat 'n mens doen. Oor die koeëls kan ek jou frustrasie verstaan, maar nie oor die teleskoop nie - ek sou voorstel jy probeer self jou teleskope monteer in die vervolg. Dis basiese kennis wat elke geweereienaar behoort te hê.
Sterke en mooi loop

- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Peregrine punte
Hennie as ek reg is gaan jou Tikka die Europese neiging volg van n 1 in 11 duim groefdraai. In my 1 in 10 groefdraai 300wm was die 180 gr VRG 4 maar effe en toe ek oorskakel na die 165 gr VRG4 toe gaan dit sommer baie beter. My groter kommer met die lang koeels is dat hulle dalk genoeg kan stabiliseer op papier, maar in kontak met n bok (veral op korter afstand) is tuimeling n groot moontlikheid en dan is vleisskade en penetrasie n groot probleem. My gevoel is dat die 165gr en dalk nog die 150gr VRG4 vir jou n beter roep gaan wees.
MOSSIE
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Peregrine punte
Dankie Mossie.
Ek gaan hulle dan omruil vri 165gr en daar begin.
Groete
Ek gaan hulle dan omruil vri 165gr en daar begin.
Groete
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Peregrine punte
Geen probleem hennief.
Dit is baie interesant vir my, ek is ook eintlik net opsoek na goeie goedkoop punt om mee te speel.
As ek iets kan kry wat dan naby aan die jag punt is soveel beter.
Dit is baie interesant vir my, ek is ook eintlik net opsoek na goeie goedkoop punt om mee te speel.
As ek iets kan kry wat dan naby aan die jag punt is soveel beter.
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Peregrine punte
Koos
Ja ek moet my kop in skaamte laat sak oor die scope en het by al die ander plekke gesoek behalwe daar omdat ek 'assume' het; making an ass of you and me- daar is ook baie ander. Ek het die Frontier fabriek vandag besoek en die manne het dadelik hul 300m baan aangebied vir lading ontwikkeling- so maandag is ek daar.