Teleskoop vir 308?

Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Jaco Bezuidenhout »

Dawie

Stem 100% saam met jou en Francois.

Jaco
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Hein M. »

Dawie Blaauw wrote: Francois

Baie dankie, jou laaste "post" gee goeie perspektief oor die hele GSC punte debat. Mens sou wragtag kon dink hierdie goed is die ongelooflikste op aarde, soos wat dit op die forum tot vervelens toe bemark word. Natuurlik sal daar ouens wees wat tevrede is met hulle, maar waaragtig is dit nie nie die "be all & end all" nie, en beslis hou Koos se argumente nie water nie.

Dink die manne moet bietjie bemarking 101 studeer, een van die belangrikste dinge in bemarking is dat jy NIE alle ander produkte afmaak as swakker as jou eie nie, eerder konsentreer op jou eie produk se voordele, indien enige.

Dawie
;)

Stem 100%.  Daar is niks wat my so maklik van 'n bemarker en sy produk afsit soos arrogansie nie :-[

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Biltongjagter

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Biltongjagter »

Francois en al die ander manne, wat hier op jou plasing van Desember 04, 2010, 09:34:07 PM Posted by: Francois Marais, gereageer het, antwoord ek saam en ook afsonderlik soos volg:

1.  % van w?reldmark - Francois, ek weet nie werklik nie, maar in terme van die enorme groot w?reldmark se omvang sou ek raai dat dit ongeveer 5% is.
(In Suid Afrika is daar meer as 200 000 biltong jagters alleen, dws meer as 10 000 jagters plaaslik gebruik GSC koe?ls.)
Daar is dus baie ruimte vir uitbreiding en dit is dan ook hoekom Gerard tans besig is om 'n fabriek in die VSA op te rig waarheen tans ? 65% van die GSC se plaaslike fabriek se produksie, uitgevoer word. Gerard Schultz sal hier meer spesifieke % kan aangee sou my 5% raai heeltemal verkeerd wees.

2. 
S?, die tyd van net loodkern koe?ls daar buite en alles wat daarmee saamgaan is vir altyd verby
"I beg to differ.......Daar sal altyd n paar "vlentergat" jakkalsjagters en bok oesters daar buite wees, ......."
Francois, ek weet nie hoekom wil jy nou juis verskil met my aangehaalde sin hierbo nie, want dit is 'n voldonge feit dat daar ander koe?ls as NET loodkern  koe?ls is op die mark - dit is al wat daardie sin beteken!

Verder, n?rens s? ek of enigiemand van GSC ons het 'n 'wonder koe?l' die lig laat sien nie. Gaan lees maar alles weer aandagtig deur en as jy so iets kry, wys my asseblief waar ek dit ges? het.
Inteendel, wys ek deurlopend daarop dat goeie skootplasing van die uiterste belang is. Kyk sommer of jy dit ook raaksien in my skrywes.

3.  Francois, op 29 Julie 2010 het jy twee pakkies koe?ls vir twee verskillende kalibers by my gekoop - van daar dan my
Welcome on board, Francois!
aan jou.
Weereens is daar n?rens beweer dat GSC koe?ls nou die w?reld gaan oordonder nie - maar harde feite rondom di? koe?ls se prestasies en vermoe?ns is daar vir almal om te sien en te ervaar en niemand kan dit weg redeneer nie.

Dawie Blaauw -
.... beslis hou Koos se argumente nie water nie.
Dawie, kan jy asseblief die argumente wat nie water hou nie hier vir ons weergee met die redes hoekom hulle dan nou nie water hou nie?

Hein M -
Daar is niks wat my so maklik van 'n bemarker en sy produk afsit soos arrogansie nie 
Hein, wys asseblief uit waar was ek arrogant.

Ek sien beslis nie die deel van kennis of inligting mbt 'n spesifieke produk as arrogansie nie.

Ek nooi ook enige ander forum lede om kommentaar te lewer en uit te wys wat verkeerd is in enige van my skrywes op hierdie forum.

Laastens, maar beslis nie die minste nie, wys ek forum lede daarop dat ek nie met hierdie skrywes enigsins my produk aan hulle bemark nie. Hoogstens wys ek die voordele daaraan verbonde in die gebruik daarvan aan lesers uit.
Dit staan dus elke leser daarvan vry om uit eie vrye wil te besluit of hy die voordele vir homself wil benut of nie.

Positiewe kritiek is altyd welkom en graag sal ek dit wil verneem van forum lede om sodoende dan beter in die toekoms my produk se voordele, ens. oor te dra aan lesers.

Groete,
Koos.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Louis Kriel »

Harris30-06 wrote: Giela jy het niks meer nodig as n 3-9x40 nie. daardie groot vergrotings is onnodig tot op 300m. ek het hetn Zeis 3-9x40 op my 30-06 en ek skiet blesbokke maklik tot op 350m.

groete

nico
Dis die beste advies wat Giela nog oor sy navraag gekry het.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Stefan764 »

Veiligste op n 308 is maar seker die 6x42....  ;)

Of hoe Taffie?  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Geno »

Stefan764 wrote: Veiligste op n 308 is maar seker die 6x42....  ;)

Of hoe Taffie?  ;)
Ja, ons moet met 'n handicap skiet  sodat julle nie te sleg lyk nie! hehehehe
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Piet Breedt »

Giela, ek gebruik n 4.5 -14 x 42 Burris Fullfield II met n Ballistic plex kruishaar op my .308 met groot lof. Ek het eers die 3 -9 x 40 Burris op gehad, en hy werk uitstekend vir bosveld jag, sowel as Blesbokke op die vlaktes. Ek het bloot die groter vergroting op gesit toe ek begin kompetisies skiet met die .308.

Wat die Ballistic plex so lekker maak is dat hy afmikpunte het op die kruishaar wat baie mooi ge kalibreer kan word vir die .308. Met n lading van 43gr S335 agter n 150gr Sierra Flat base, of 155gr Palma Match skiet my geweer baie mooi op sy merkies tot op 400m, wat van die .308 skielik n baie meer allrounder maak. My 100m zero ek om 3/4" hoog te skiet, wat dan al die ander merkies spot on maak.

Met hierdie kombnasie het ek die SA Jaggeweer Skietvereniging se Nasionale span gehaal in die eerste jaar van my deelname. Dit s? baie van die geweer/scope (cheet sheet) kombinasie, aangesien die afstande tot op 350m met die oog geskat moet word. Geen rangefinders word toegelaat. My .308 is n gewone Krico met 22" loop.

Ek was ook n groot Leupold man, maar het hulle almal verkoop na my eerste Burris. Hulle kos 50 - 60% van n Leupold, en werk vir my beter, en het ook n lewenslange waarborg.


Kyk gerus na hierdie video van hoe die Burris scopes gemaak word

http://www.burrisoptics.com/video8.html

Image

So lyk hulle:

http://www.burrisoptics.com/fullfield.html
Last edited by Piet Breedt on Tue Jan 25, 2011 7:35 pm, edited 1 time in total.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Teleskoop vir 308?

Post by fanie17 »

Ek sou nie n teleskoop met n lens meer as x40 of maks x44,dit is die voorste lens se deursnee, opsit nie.Dan kan jy die laagste ringe gebruik om die scope lekker laag op die geweer te kry.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
jmb

Re: Teleskoop vir 308?

Post by jmb »

Hi manne ek was vir 'n rukkie weg maar ek sien niks het nog verander nie. Wouter gee baie goeie raad, Francois Marais sit sy vete teen 308s voort( Laat my nogal baie dink aan 'n ou wat ophou rook het en nou die grootste anti roker is van almal) en Biltongjagter wil nog steeds wys dat enige geweer enigiets kan doen met 'n GS custom punt. :D
Biltongjagter

Re: Teleskoop vir 308?

Post by Biltongjagter »

Johan, lyk my jy was nogal 'n baie laaaaaaaaannnngggg rukkie weg aangesien my laaste skrywe in hierdie plasing op 5 Desember 2010 was!

Maar vertel bietjie vir ons of jy nou al een van daai sitbokke wat jou vrugte so verniel kon bykom met jou nuwe 7mm STW en die GSC koe?ls.
Dalk leer jy my van nog iets wat die GSC's kan doen.  8)

Pasop vir berg-op skiet, n?!

Groete,
Koos.
jmb

Re: Teleskoop vir 308?

Post by jmb »

Biltong ons het vorige week 2 tjies gekry. Hulle is toe sommer met 'n 222 van kant gemaak. Was nie nodig vir die 7mm nie. Hulle kruip nou eers bietjie weg. Dit is hier nou so warm dat jy in elk geval nie eers wil aan 'n geweer vat nie.
Post Reply