Neck tension
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Neck tension
Dagsê,
Ek het besluit om 87gr Vmax in my .243 te gebruik in plaas van 75gr. Toe ek van die koeêls (75gr) trek, was party sommer regtig stram, terwyl ander makliker getrek het. My kop sê nou vir my iets is nie reg nie, en akkuraatheid gaan iewers suffer. Dit is Lapua doppe, een maal gevuur om te fireform vir AI, en net met 'n neck sizing die ge-size.
Enige raad, kommentaar sal waardeer word.
Dankie.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Neck tension
Ek "aneal" my doppe vir 243 elke 4de skoot en my nekspanning as ek koeëls trek voel almal dieselfde, skiet ook mooi akuraat!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Neck tension
Watter neck sizer gebruik jy Mac?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Neck tension
My Lee collet neck die maak dieselle....
Groetnis
Groetnis
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Neck tension
Gaan kyk op Youtube om die collet die op te stel met "cam over" van jou pers. Jy draai die matrys stadig in sodat jy by "cam over" die nek so druk dat die koeël nie wil ingaan nie. Maak nou die matrys vas en die druk van die vingers is nou uniform op al die nekke. Google Lee Collet die cam over en jy sal 'n Youtube video kry. Baie skelm manier om konstante druk te verseker. Daarom my vraag aan Mac.Armand Steenkamp wrote:My Lee collet neck die maak dieselle....
Groetnis
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Neck tension
HAha my magtag daar leer ek nou n ding!! Dankie oom Tripod!tripodmvr wrote:Gaan kyk op Youtube om die collet die op te stel met "cam over" van jou pers. Jy draai die matrys stadig in sodat jy by "cam over" die nek so druk dat die koeël nie wil ingaan nie. Maak nou die matrys vas en die druk van die vingers is nou uniform op al die nekke. Google Lee Collet die cam over en jy sal 'n Youtube video kry. Baie skelm manier om konstante druk te verseker. Daarom my vraag aan Mac.Armand Steenkamp wrote:My Lee collet neck die maak dieselle....
Groetnis
Groetnis
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 330
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: Neck tension
Goeie môre,
jammer ek val ook nou in. Ek het dieselfde probleem. As ek my koeëls seat met die herlaai
dan voel ek ook daar is wat malkik seat en ander wat moelik seat. Ek anneal so na elke 3de skoot.
Ek gebruik Lyman FL dies.
dankie
Henk
jammer ek val ook nou in. Ek het dieselfde probleem. As ek my koeëls seat met die herlaai
dan voel ek ook daar is wat malkik seat en ander wat moelik seat. Ek anneal so na elke 3de skoot.
Ek gebruik Lyman FL dies.
dankie
Henk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Neck tension
HJA
Ken hom nie die Lyman se foefies nie. Hoop iemand anders het vir jou raad.
Ken hom nie die Lyman se foefies nie. Hoop iemand anders het vir jou raad.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Neck tension
Ek vat ook 'n raaiskoot...
HJA - maak jy die doppe se nekke skoon van alle lube na jy gesize het en is die nekke mooi ge-"campfer"?
HJA - maak jy die doppe se nekke skoon van alle lube na jy gesize het en is die nekke mooi ge-"campfer"?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Neck tension
Neck size moet mos die nekke size tot 1 grootte,...as nekkie nie dieselfde grip gee nie dan is of die koeels nie ewe groot nie?? of die metaal/brass het nie dieselfde teruggedruk in die necksize proses nie.....anneal ons nie almal maar verkeerd nie?? wat sê die metaal ingenieurs??Mac wrote:
Enige raad, kommentaar sal waardeer word.
Dankie.
Ek dink ons anneal te koud en die metaal verander nie soos hy moet nie.....
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 330
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: Neck tension
Goeie middag,
Na ek my doppe gesize het sny ek hul lengtes en chamfer hulle en dan gaan hulle sonic toe.
Daarna was ek hulle droog hulle in die son en dan gekruit en koeëls geseat.
Weet nie of doen ek dalk iets verkeerd nie.
Dankie
Henk
Na ek my doppe gesize het sny ek hul lengtes en chamfer hulle en dan gaan hulle sonic toe.
Daarna was ek hulle droog hulle in die son en dan gekruit en koeëls geseat.
Weet nie of doen ek dalk iets verkeerd nie.
Dankie
Henk
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Neck tension
ps. Mac, u selling 75gr Vmaxes??Cobus(Cobb) wrote:Neck size moet mos die nekke size tot 1 grootte,...as nekkie nie dieselfde grip gee nie dan is of die koeels nie ewe groot nie?? of die metaal/brass het nie dieselfde teruggedruk in die necksize proses nie.....anneal ons nie almal maar verkeerd nie?? wat sê die metaal ingenieurs??Mac wrote:
Enige raad, kommentaar sal waardeer word.
Dankie.
Ek dink ons anneal te koud en die metaal verander nie soos hy moet nie.....
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
marco
Re: Neck tension
Ek het gekry dat wanneer ek my doppe ultra sonic totdat hulle binne in ook silwerskoon is ( nekke blink skoon binne) my punte baie swaar seat teenoor wanner ek die doppe se nekke vuil los. Ek glo dat die koolstof in die dop se nek help om bietjie te smeer met die seating van die nuwe punt. Ek het die toets gedoen die doppe geaneal en helfte silwerskoon nekke en helfte vuil gelos en het better groepe konstant geskiet met die vuil nekke.. so van daar af tumble ek net en los my nekke tot n mate vuil binne in. Maar net my eie waarneeming...
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Neck tension
Het dit dalk iets te doen met die feit dat die dikte van die nekwande verskil? Die dikker nekwande van Dop A gaan mos nie dieselfde nekspanning tot gevolg hê as die dunner wande van Dop B nie? Weet nie?
Hoor ook graag watter invloed dit op akkuraatheid sal hê.
Die ander ding is nutuurlik die invloed van oneweredige wanddiktes van doppe en die gevolglike verskil in dopvolumes...
Hoor ook graag watter invloed dit op akkuraatheid sal hê.
Die ander ding is nutuurlik die invloed van oneweredige wanddiktes van doppe en die gevolglike verskil in dopvolumes...
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Neck tension
Thanks vir die replies manne, Marius, ek gebruik redding dies, en het hulle opgestel volgens Gerad se skrywes. Ek moet ook erken dat die nek wande nie gesny is nie, want ek kon nog nie 'n 6mm mandrel opspoor nie, kan jy dit glo. Ek moet ook bieg dat ek nie te kwaai gestress het nie omdat dit Lapua doppe is, en hulle meet heel goed.
Ek het ook gedink aan die skoonmaak van die lube, maar elke nek is met spirits skoon gemaak, en dan getumble vir 2 ure. Die wat so styf sit klou vir die vaal hel, en dan skiet hulle soos niks los nadat die "seël" gebreek is.
Cobus, not yet, I first want to shoot a while with 87's before I decide finally, I only have about 500 or 600 75's left. Will keep you in mind, but will probably want to swap for 87's. I only managed to get 1200 87's
Dankie sovêr aan almal.
Ek het ook gedink aan die skoonmaak van die lube, maar elke nek is met spirits skoon gemaak, en dan getumble vir 2 ure. Die wat so styf sit klou vir die vaal hel, en dan skiet hulle soos niks los nadat die "seël" gebreek is.
Cobus, not yet, I first want to shoot a while with 87's before I decide finally, I only have about 500 or 600 75's left. Will keep you in mind, but will probably want to swap for 87's. I only managed to get 1200 87's
Dankie sovêr aan almal.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Neck tension
Mac
ek doen die volgende om konstandheid daar te stel:
Nekke is almal eweredig uniform in dikte
Doppe word gereeld uitgegloei (elke 3de laaislag)
Doppe word op konstante lengte gehou deur elke laaislag te meet en te sny indien nodig.
Doppe word ge- "partial full length sized"
Nekke word binne in ge-"deburr" met K&M se controlled depth tapered reamer ( https://www.kmshooting.com/catalog/new- ... m-338.html ) Die lekkerte van die tooltjie is dat jy kan beheer hoeveel jy uit die nek wegsny en almal is dieselfde gesny.
Grafiet word binne die nek gesmeer net voor die koeël "geseat" word met Wilson seating die. Die pers (ook K&M) het 'n mikrometer wat die spanning wat nodig is om die koeëls te seat omsit in 'n syfer sodat jy jou gelaaide patrone kan "batch" volgens nommer.

Daars nou vir jou n smart setup... baie nice... hulle beweer daar kom niks skeef uit n wilson die uit nie...
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Neck tension
Mooi laboratorium wat jy daar het, Thomas! 
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Neck tension
Dis dan nou hoe die ander helfte 2% laai...
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Neck tension
ThomastVdWalt wrote:Dis dan nou hoe die ander helfte 2% laai...
Ek is nie so 'n ervare herlaaier nie, so ek vra maar...
Ek het verneem dat partial fullsizing baie stres plaas op die sluitnokke van die grendel. Steek daar waarheid in?
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Neck tension
Hein M,
Ek het dit nog nie gemeet of ervaar nie. Ek sien nie hoe dit meer stres op die sluitnokke kan plaas as bv. net die nek size nie.
Ek moet miskien net noem dat my gebruik van die term miskien misleidend was omdat ek nie 'n vol lengte matrys vat en hom net effens uitskroef nie. 'n Kombinasie van matryse word gebruik, nl. Redding Universal decapping die, Foster se Bushing Bump Neck Sizing Die en 'n Redding Body Die wat opgestel is om nie aan die skouer te raak nie, maar wel die dimensie van die romp van die dop reg te stel. Ek is afgetree en het baie tyd om te speel!
Ek eindig met 'n gelaaide patroon wat 0,001" onder dimensie is op die skouer en romp van die dop, in die nek area is daar 0.0015" speling aan 'n kant.

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1520
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Neck tension
Thomast
Ek stem 100% saam jou en verstaan wat jy doen.
Om verwarring te voorkom, noem ons dit "precision full-length sizing".
Ek stem 100% saam jou en verstaan wat jy doen.
Om verwarring te voorkom, noem ons dit "precision full-length sizing".
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Neck tension
swc-tr, is jy ook afgetree? 
Ek moet byvoeg dat ek 'n artikel, geskryf deur German Salazaar, gevind het waar hy noem dat sg. "partial full length resizing" onnodige stress op die grendel se sluitnokke plaas.
Dit is beslis nie wat ek doen nie en ek vra om verskoning vir enige verwarring wat ek veroorsaak het met die verkeerde gebruik van bg. term.
My patrone gaan mooi in die kamer in en kom net so mooi weer uit nadat hulle gevuur is, sonder hakpekke of dat ek aan die slothefboom moet rem.
Sien? daar leer ek ook 'n nuwe term!
Ek moet byvoeg dat ek 'n artikel, geskryf deur German Salazaar, gevind het waar hy noem dat sg. "partial full length resizing" onnodige stress op die grendel se sluitnokke plaas.
Dit is beslis nie wat ek doen nie en ek vra om verskoning vir enige verwarring wat ek veroorsaak het met die verkeerde gebruik van bg. term.
My patrone gaan mooi in die kamer in en kom net so mooi weer uit nadat hulle gevuur is, sonder hakpekke of dat ek aan die slothefboom moet rem.
Sien? daar leer ek ook 'n nuwe term!
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Neck tension
Net vir interessantheid......
Met al die BAIE BAIE fyn herlaai werk, is julle manne al op 1 gat groepe??
Met al die BAIE BAIE fyn herlaai werk, is julle manne al op 1 gat groepe??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Neck tension
Cobus, ja, soos Gawie genoem het " 'n Blinde hoender vind ook nou en dan 'n mieliepit."