270 vir Gemsbok, koeël keuse?
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Hi julle
Veronderstel jy moet 'n gemsbok dood met 'n 270, wat sal jou voorkeur koeël wees? Ek dink aan of Hornady 130 gr GMX, of Nosler 150 Gr Accubond of 160Gr Partition of 'n 130 Barnes TSX. Ek weet skootplasing is die belangrikste faktor...
Ek wil nie verder as 300 jaarts skiet nie.
Ek probeer om altyd te range voor ek skiet, so plat skiet is nie so moerse issue nie.
Wat stel julle voor?

-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
130 Barnes sal die werk die mooiste doen.
Vermy nekskote.
My pa glo net in sy 270 en pmp pro am en het al BAIE gemsbokke hier in die kalahari geskiet.
Soos jy sê, skootplasing is die belangrikste.
Groete
KK
Vermy nekskote.
My pa glo net in sy 270 en pmp pro am en het al BAIE gemsbokke hier in die kalahari geskiet.
Soos jy sê, skootplasing is die belangrikste.
Groete
KK
- Sakkie Rust
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
135gr SMK
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Beide die noslers en die barnes gaan werk asook die hornady. Wie ookal die mooiste groepeer en die maklikste is om in die hande te kry.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Muismaree
Ek stel voor jy kyk na jou looplengte en wat se gewig koeel jou n goeie nodespoed bied. Van daar maak jy dan jou keuse oor die fabrikaat. Premuim koeels is wel te aanbeveel. n Teikenkoeel soos die SMK sal my heel laaste keuse wees vanwee die onvoorspelbare terminale verrigting van die tipe koeels.
Groetnis
Wouter

- Katefbessie
- Hero Member

- Posts: 778
- Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Muis,Wouter Roets wrote:Muismaree
Ek stel voor jy kyk na jou looplengte en wat se gewig koeel jou n goeie nodespoed bied. Van daar maak jy dan jou keuse oor die fabrikaat. Premuim koeels is wel te aanbeveel. n Teikenkoeel soos die SMK sal my heel laaste keuse wees vanwee die onvoorspelbare terminale verrigting van die tipe koeels.
Groetnis
Wouter
Ek stem saam met Wouter, om uit te brei oor die keuse van premium koel - My .270'ie was my eerste wapen en het al verskeie punte in hom geskiet onder andere die koele wat hier bo genoem is, maar 'n koel wat ek ten sterkste sal aanbeveel waarmee ek bitter goeie resultate kry is SWIFT se 130gr Scirocco.
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13645
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Katefbessie wrote:Muis,Wouter Roets wrote:Muismaree
Ek stel voor jy kyk na jou looplengte en wat se gewig koeel jou n goeie nodespoed bied. Van daar maak jy dan jou keuse oor die fabrikaat. Premuim koeels is wel te aanbeveel. n Teikenkoeel soos die SMK sal my heel laaste keuse wees vanwee die onvoorspelbare terminale verrigting van die tipe koeels.
Groetnis
Wouter
Ek stem saam met Wouter, om uit te brei oor die keuse van premium koel - My .270'ie was my eerste wapen en het al verskeie punte in hom geskiet onder andere die koele wat hier bo genoem is, maar 'n koel wat ek ten sterkste sal aanbeveel waarmee ek bitter goeie resultate kry is SWIFT se 130gr Scirocco.
As jy nie mono gaan nie is daai die koel wat ek sal gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- OupaZA
- Hero Member

- Posts: 588
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Jy sal nie somer Nosler in die Hande kry nie! Ek sal vir Barnes gaan.
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Het al gesien en self gebruik dat die 150gr Nosler partition (Federal ammo) baie goed werk, het gesien met mooi skote dat 'n groot Eland bul nie ver kom nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Flip, waar plaas jy dan jou skoot op die eland met die .270?
Dis 'n kaliber wat steeds groot agting by baie ouer manne het.
Dis 'n kaliber wat steeds groot agting by baie ouer manne het.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek en my broer (skiet altwee met 270s) het altyd (Ek skiet nou meestal met my 9.3x62) Kop, hoog nek en agter die blad geskiet. Ek het 2 jaar terug gesien hoe skiet my broer met PMP Pro-am 150gr 'n 387 kg uitgeslagte Eland bul agter die blad, bul het nie eers 30m gedraf nie toe val hy. Met die 270 vermy ek net die laer blad bene, daai bene is baie groot, dink nie die 150gr gaan dit maak niewin270 wrote:Flip, waar plaas jy dan jou skoot op die eland met die .270?
Dis 'n kaliber wat steeds groot agting by baie ouer manne het.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Enige van die koeels wat jy genoem het sal goed werk. Gebruik die een wat die beste groepeer in jou geweer.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Kyk ook maar na die 130 spartans. Groepeer beste van alles wat ek nog probeer het en prys is billik vir mono.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Stem hulle sal goed werk, baie goed in my 9.3x62 gewerkdehacked wrote:Kyk ook maar na die 130 spartans. Groepeer beste van alles wat ek nog probeer het en prys is billik vir mono.
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Dankie vir julle raad. Ek het bietjie gaan loer op QL, die 140Gr Barnes TSX loop teen 2920 op 'n node, dis maar 50fps stadiger as die 130Gr, maar met meer energie. Die dopvulling is maar crap, maar op die volgende node is die druk oor 62k psi. Gegewe die aanloklike pryse wat nou te kry is met S&O se Barnes uitverkoping, dink ek ek sal maar vir my 'n boksie aanskaf en probeer. 'n Blesbok of 2 sal eers moet sterf as proefkonyne.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Muismaree
As die 140greiner die node mis met 2000psi sal die 130greiner verseker hom kan slaan met drukvlakke onder die 60 000psi merk. Wat is jou looplengte op jou geweer?
Groetnis
Wouter
As die 140greiner die node mis met 2000psi sal die 130greiner verseker hom kan slaan met drukvlakke onder die 60 000psi merk. Wat is jou looplengte op jou geweer?
Groetnis
Wouter
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Hy doen, die verskil in lading tussen die 2 is maar min as ek reg onthou. Die geweer se loop is 615mm lank. Iets waaroor ek ook gewonder het, raak 'n 140 Gr mono nie bietjie lank nie?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek sal nie kans waag om 140gr te koop en hulle is te lank nie. Die 130gr mono sal verseker die werk goed doen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Muismaree
Ek het gou gaan loer en met n 130gr Barnes sal jy n nodespoed van 3140ft/sek slaan teen net oor die 61 000psi as S365 brand soos hy moet. Dis rapsie aan die hoe kant maar die kaliber/komponente sal dit kan hanteer. Dopvulling is uitstekend so alles en alles nie n slegte teoretiese lading nie. Hierdie lading sal meer as voldoende wees vir jou aplikasie. Die 140gr barnes se nodespoed is net onder die 2900ft/sek so daar is n taamlike verskil in soed sowel as energie. As n mens na hierdie node kyk sal die 150gr beter werk.
n 140gr mono koeel behoort nog mooi in n 1:10 spiraat loop te werk mits jou trompspoed nie te laag raak nie. Hierdie geld vir n 150gr koeel ook, maar jy begin op die grens raak van stabilisering.

- mva2912
- Newbie

- Posts: 38
- Joined: Thu Sep 04, 2014 11:00 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
More menere,
Soos julle kan sien is ek baie nuut hier en het nog baaaie om te leer! Het self 'n .270 WSM en het onlangs so boksie van Barnes se VOR-TX (140g) aangeskaf. Het nog nie veld toe gegaan met dit nie.
Twee vrae:
1) Enige iemand ondervinding met die?
2) Lees hierbo dat nekskoot vermy moet word. Rede?
Lekker dag!
M

Joy in looking and comprehending is nature's most beautiful gift...
.270 Sako WSM (Leupold)
.22 CZ Fullstock (Burris)
.270 Sako WSM (Leupold)
.22 CZ Fullstock (Burris)
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13645
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Die mono koel blom mooi oop en hou al sy gewig so jy kan vir die nek gaan as jy wil, as jy die werwil tref val hy net daar maar as jy die werwils mis gaan julle n lekker dag in die veld he met n bok wat n R2 grote gat in sy nek het. Die koel is meer bedoel vir gewig hou en diep penetreeer as jy n kopskoot nek skieter is sou ek eder n koel soos n Sierra GK, Hornady SST of Nosler Balistic tip vat wat bq met meer erens skade maakmva2912 wrote:More menere,
Soos julle kan sien is ek baie nuut hier en het nog baaaie om te leer! Het self 'n .270 WSM en het onlangs so boksie van Barnes se VOR-TX (140g) aangeskaf. Het nog nie veld toe gegaan met dit nie.
Twee vrae:
1) Enige iemand ondervinding met die?
2) Lees hierbo dat nekskoot vermy moet word. Rede?
Lekker dag!
M
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Bietjie van topic af, maar as julle werk op QL, kies julle SAAMI of CIP? My geweer is 'n Sako, weet nie of dit enigsins betrekking het op watter standaard ek moet kies nie?
- mva2912
- Newbie

- Posts: 38
- Joined: Thu Sep 04, 2014 11:00 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Baie dankie vir die antwoord Kaptein. Ek maak notas... Belowe!
Joy in looking and comprehending is nature's most beautiful gift...
.270 Sako WSM (Leupold)
.22 CZ Fullstock (Burris)
.270 Sako WSM (Leupold)
.22 CZ Fullstock (Burris)