Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Goeie dag manne!
Ek wou reply op die topic van draai jakkalse, maar is eerder gese om 'n nuwe een te begin.
In die omgewing waar ek bly weet ek van tenminste 4 volwasse diertjies. Ek het selfs 'n vermoede dat daar 'n teelgat reg oor my huis is! Ek kry so nou en dan 'n nou ontkoming as 'n kleintjie oor die pad pyl wanneer ek huistoe gaan. Ek het een aand in die dowwe ligte van my kar 'n kleintjie gesien oor die bult hardloop en het daar gestop. toe hoor ek hoe hy saggies na sy ma roep. Die volgende oomblik klink dit vir my asof 'n baie agresiewe ma woes vir my knor!