Newby FT-R

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Newby FT-R

Post by Geno »

458Exp wrote:Ian, Waar het jy die Atlas gekry, ek is op soek na een.
Wil ek ook weet asb. Soek lankal na een wat nie 'n fong kong copy is nie.
Goed, beter, 6millimeter!
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Newby FT-R

Post by Sangoma (IAN) »

Julle sal moet invoer manne.
Ek gan vandag begin met my FT-R bipod. Bietjie met cad speel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Newby FT-R

Post by Geno »

Van watse site af het jy ingevoer, en wat het dit jou min of meer uitgewerk?

Of is joune een van Cor se bipods?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Newby FT-R

Post by Francoisv »

Geno wrote:
458Exp wrote:Ian, Waar het jy die Atlas gekry, ek is op soek na een.
Wil ek ook weet asb. Soek lankal na een wat nie 'n fong kong copy is nie.
Ek het noudiedag by 'n winkel naby Midstream Atlas Bipods gesien. Langsaan Let's Meat steakhouse.
Francois Vogel
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Newby FT-R

Post by Francoisv »

Sangoma
Wat Weeg jou geweer? Google F-class Bipods onder images. Alles wat mens dink om te doen is reeds gedoen
Francois Vogel
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Newby FT-R

Post by Ferdi Bam »

Riebeeker,

Die 223Rem werk redelik goed vir F-TR. Jy sal egter n geweer moet hê met minstens n 30" loop,
1-8T en met 75 -80gr punte skiet met n gemiddelde spoed van 2880/vps as n minimum.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Newby FT-R

Post by Riebeeker »

Baie dankie Ferdi. Jip so gedink - een geweer kan nie alles doen nie.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Newby FT-R

Post by Sangoma (IAN) »

Geno, nee ek het een van Cor se bipods. Ek glo nie myne is die "original" nie

Franchois, my geweer weeg so raps oor die 6kg sonder n bipod. Ek het darem nog heelwat gewig beskikbaar vir n lekker FT-R bipod. Ek het heelwat research gedoen op die internet ivm bipods. My pa het n ingeneurs winkel, so ek en hy speel mar lekker op die masjiene. Spaar darem ook heelwat geld as n mens sulke goed self kan doen.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Newby FT-R

Post by JTM »

Die sport lyk interessant. Skiet almal maar pasmaak gewere of is daar wat met rak gewere soos Savage model 12 FT/R skiet?
Jannie Welman
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Newby FT-R

Post by swc-tr »

Heelwat nuwe toetreders tot die sport skiet met Savage rakgewere (veral die F-TR model), party vaar besonders goed.
Dit is dus nie noodsaaklik vir 'n beginner om die pasmaak roete te volg nie, wanneer die loop moeg word en vervang moet word, het die skut se vaardigheid gewoonlik ook so verbeter dat dit 'n beter loop regverdig.
Gaan maak 'n draai op die Atlantis baan en gesels met die Bisley F-klas mense.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Newby FT-R

Post by Hein (Haan) »

Geno wrote:Van watse site af het jy ingevoer, en wat het dit jou min of meer uitgewerk?

Of is joune een van Cor se bipods?
Geno ek het van Sinclair af een bestel.
Ek het maar gewag tot hulle n lekker special aan het toe koop ek een.
Toe ek een gekoop het kon jy $50 afkry op n bestelling van $300, die bipod met sy rail was saam so $250 ek het maar toe n paar goedjies gekoop wat ons nie baie hier kry nie om die prys tot $300 te kry.
Die $50 het toe die shipping mooi gedek.
Post Reply