Herlaaikursus - IBAHDI LODGE, TOUWSRIVIER
'n Praktiese herlaaikursus word aangebied deur Hendrik van Rensburg. Bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Die maksimum persone toegelaat op 'n kursus is 14. As u nie bespreek en betaal het nie kan u nie die kursus bywoon nie.
Datum van kursus:
• Arriveer op plaas enige tyd vanaf 18h00 op 13 Februarie 2015.
• Kursus begin om 08H00 op 14 Februarie 2015 tot die aand.
• Vertrek Sondag terug na huis na oggend ete.
Die volgende onderwerpe sal tydens die Kursus gedek word:
• Akkuraatmaking van gewere:
• Verskeie fisiese gebreke in die vuurwapen kan veroorsaak dat jy geen konstante akkuraathid kry nie. Dit word aangespreek.
• Herlaai van Akkurate ammunisie:
• Keuse van herlaai toerusting en komponente asook die korrekte gebruik daarvan ten einde volgehoue akkuraatheid te verseker:
• Vuurvorming. Dit word fisies gedoen op die 300m skietbaan wat 25meter is van die vertrek waar jy herlaai.
• Lading ontwikkeling (Die "Sweetspot" tegniek). Jy laai en skiet onder Hendrik se toesig totdat jy die regte resep gekry het.
• Die volhoubare akkurate laai van ammunisie: Wat gebeur as die geweer na 'n tyd begin bont skiet? Is dit dalk waar jy nou is - Ons spreek dit aan.
• Die korrekte skoonmaak en onderhoud van 'n geweer.
KOSTE: R1700 per persoon. Die prys bly onveranderd - al kom jy net 'n dag.
WAT SLUIT DIT IN:
• Aandete Vrydag, Brunch Saterdag oggend, aandete Saterdag en oggendete op Sondag. Koffie en beskuit is deurlopend beskikbaar.
• Slaap plek vir 2 nagte in die Lodge wat insluit
o Beddegoed;
o Toilet geriewe;
o Eetgery;
o Breekware;
o Alle fasiliteite soos die beskikbare gebou, skietbaan en swembad;
o Eskom krag.
• Kursesgelde;
• Vriendelike diens van personeel
WAT JY MOET SAAMBRING:
• Geweer, skoonmaak toerusting en al jou herlaai komponente wat jy gaan nodig he om vir jouself te laai. Daar is 4 perse.
• Enige drinkgoed soos koeldrank, en drank wanneer ons braai.
• Genoeg ys.
• Enige mediese sorg wat jy persoonlik mag nodig he.
• Toiletware, klere en handoek.
Daar is geen selfoon opvangs nie, maar wel 'n plaasfoon beskikbaar vir nood. WiFi is wel beskikbaar.
RSVP by: LIZETTE - 086 111 4330 of lizette@so.co.za
Herlaai kursus
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Herlaai kursus
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Herlaai kursus
Hendrik van Rensburg wat by S&O gewerk het, het my gevra om die herlaai kursus wat hy aanbied hier op te sit vir die wat sal belang stel. Ek het al drie van sy kursusse bygewoon en leer maar elke keer iets nuuts.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17