Dagse aan al die forum lede en gaste
Eerstens wil ek verduidelik hoe ek op die ontdekking af gekom het...
Op Vrydag middag om 15:00 kry ek 'n uitnodiging om die die volgende dag te gaan springbokke skiet (sowat 600km van my af) en net daar word die uitnodiging aanvaar! Jag kom mos eerste! So word die werkswinkel bietjie vroeër as normaal gesluit en vroulief word in 'n oogwink in kennis gestel dat die tasse gepak moet word en dat die naweek so pas n jag naweek geword het. Om 18:00 is ons reisvaardig en durf die pad suidwaarts aan... Zeerust, Lichtenburg, Ottosdal, Wolmeransstad, Bloemhof, Hoopstad... Nou met mamma wat bul gevat het moet daar nou so elke 100km of wat eers gestop word om bietjie bene te rek en so draai ons so om +- 22:00 van Hoopstad af Bultfontein toe. So ongeveer 15 km uit Hoopstad uit gewaar ek toe iets....
Ja wragtig, 'n dooie jakkals plat in die pad (welgedaan dink ek by my self so terwyl mamma nou lê en 'oë rus'). Ek ry nog so in gedagte en daar sien ek 2 swerkaters se ogies vir my blink op die skouer van die pad, 'n reun en 'n teef. Nou ja soos die kilometers verby tik tot by Soutpan het ek, in daardie 50km, 3 getrapte jakkalse gesien, een ampertjies self getrap (hyt my ontglip) en nog 4 in die pad grense gesien.
Nou dis nou waar die vraag ontstaan.
Is daar 'n probleem met jakkalse in daardie omgewing of is dit nou net blote toeval dat die jakkalse nou maar bloot net padkos gesoek het??
Is daar manne op die forum wat dalk in daardie area boer of wat beter kennis het van die area of 'n verduideliking vir die opmerking het.
Ek moet tog ook net nog iets so terloops noem. In Zeerust, waar ek vandaan is, is 8 jakkalse in 50km 'n probleem van epidermise perporsies!!!!
Jagters groete
Jaco
Jakkalse 'n probleem??!!
- JacoJ
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm
Jakkalse 'n probleem??!!
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde
.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
Visvang - Tweede
Die res - Derde
.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Jakkalse 'n probleem??!!
jaco hulle is baie volop in daai omgewing
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Jakkalse 'n probleem??!!
Ek het Ook al naby bloemhof en hoopstad gejag. Sommer helder oor dag die jakkalse gesien hulle is orals in daai area jys reg johans.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- JacoJ
- Full Member

- Posts: 117
- Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm
Re: Jakkalse 'n probleem??!!
Sako
Nou is daardie boere van die omgewing dan nie gepla nie, of wat gaan aan dat dit so baie bly?
Nou is daardie boere van die omgewing dan nie gepla nie, of wat gaan aan dat dit so baie bly?
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde
.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
Visvang - Tweede
Die res - Derde
.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
-
krige
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Sun Jun 15, 2014 7:42 pm
Re: Jakkalse 'n probleem??!!
Meeste boere hier mielie boere en is nie gepla met jakkelse net ouens met wilds kampe wat n probleem het met hulle .Hier is baie maar ons kap hulle elke kans wat ons kry
Krige
