Hi daar manne.
Ek het onlangs besluit om vi my 'n 6mm SLR(supper long range) te bou na ek bietjie op gelees het oor die verskillende 6mm kalibers. Dit was tussen SLR en XC wat die beste sou wees vir my jag en veldskiet aktiwiteite. Maar besluit toe op die SLR a.g.v die 243 dop wat se skouers net soos xc na 30 grade gedruk moet word en ook die lang nek vir ontbranding. En het ook op LR besluit omrede ek reeds 243 lisensie het en die dop en punt bly dan selfde wat niks extra papier werk nodig het nie.
Dit gese en daar gelaat. Wil ek maar net my lading met jul deel. Vir die wat dalk ook dink om vir hom 'n 6mm SLR te bou.
Ek het 26,5" loop,1/10 twist en skiet 87gn Hornady Hollow point boatails, skiet hul 1,2mm van groewe af en ek laai hom 44,3gn S365. My spoed is 3310fps. Groepering is lading van 3 skote en het hul gekry dat hul 3 mekaar sny op 1,2 van groewe af. So eks baie gelukkig met hom daar.
As daar enige manne is wat dalk ook SLR skiet en met swaarder of ligter punte skiet sal ek bly wees as jy jou lading kan deel vir ingeval ek dalk swaarder of ligter wil gaan.
groete
