Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
alecjohnson wrote:Ek het warne QD op my CZ550 gehad en hulle het mooi op zero gehou met afhaal, maar hulle kon ek glad nie op 100m zero nie hardloop uit verstelling.
Dis fisies onmoontlik dat jy met n Vortex met 59MOA uit verstellings hardloop...
As jy op 100m zero moet jy maks 4MOA opstel om op op 250m te zero, indien jou spoed hier by 2850fps rond is.
Dan moet daar iets anders fout wees. Die scope sal so skeef sit dat jy dit met die oog sal optel, sou die monterings foutief is.
Nog nooit gese Zeiss HD5 is junk nie.... ek het 3 van hulle... Ek het gese die RZ800 reticle werk nie so lekker nie want dis te dik.... veral as jy kleiner wild skiet op ver afstande 5-25x.
Wys my hoeveel van die top manne in die wereld wat dit(Warne) gebruik in kompetisie ens.
Pappabeer wrote:
acssa wrote:Warne is junk!!!!! Baie gesukkel en als is dadelik reg na ek Leupold op gesit het. n Scope moet van bo na onder in die ringe vas trek!
my 2c....
Jy moet stadig met die groen goed wat jy rook... Jy gaan jouself begin glo.
Ek het ook net goeie resultate met Warne ringe gehad, ek sal graag wil verneem hoe jy te werk gegaan het om joune te monteer?
Pilot error is 'n lelike ding. Het jy nie ook op n stadium gedink die Zeiss HD5 is gemors oor jy nie geweet het hoe die zero stop funksie werk nie?
Last edited by acssa on Sun Jan 11, 2015 12:19 pm, edited 1 time in total.
Daar is ringe wat die scope horisontaal vas trek en dan soos warne vertikaal. As jy na material sterkte einenskape kyk kry jy maar min as ooit twee stukke metaal wat presies die selfde einenskape het.
Jy soek jou scope in die vertikale lyn met jou loop so bes moontlik. As die ringe die scope van links na regs vertikaal vas trek kan die scope meer uit n vertikale lyn wees as ringe wat van bo na onder vas trek.
Gaan kyk maar hoeveel van die wereld se top mannie skiet met watter soort ringe...
Gawie(7mm) wrote:
acssa wrote:Warne is junk!!!!! Baie gesukkel en als is dadelik reg na ek Leupold op gesit het. n Scope moet van bo na onder in die ringe vas trek!
my 2c....
Dagsê.
Het jy Warne QD monteerstukke gebruik?
Wat bedoel jy met "moet van bo na onder vastrek"
Ek stel baie belang in die onderwerp en sal graag meer inligting wil bekom.
Stefan ek vrstaan dit ook nie en die salesman by S&O ooknie. Hy het vir my die warne omgeruil vir thor en ek kan met die thor zero met nog verstelling na 600m.
Ek verstaan nou wat jy bedoel met vertikaal en horisontaal vastrek.
Ek neem aan dat as jy van die top manne praat, praat jy van die top 10 skuts in elke dissipliene. Ek stem saam dat die manne net die beste gebruik, maar indien jy op daai vlak is word jy heel moontlik geborg of kry jy die duurste en beste teen 'n afslag prys.
Ek tel nie onder die top 100 in enige dissipliene nie, maar my gewone warne ringe het my net goeie diens gegee van 100m tot 600m op my 243 vir 2 jaar lank. Ek het die moeite gedien om die ringe te "lap" en alhoewel dit die gewone "clam shell" ringe was kon ek hul afhaal en opsit en elke keer was ek binne 4 "clicks" van sero.
In my beskeie mening is dit goed genoeg vir die algemene jagter. Ek gebruik net warne se "picatinni rails" op my gewere en ek dink persoonlik dat "los" monteerstukke gewoonlik die wortel van baie manne se probleme is.
Ek sal maar versigtig wees om iets as "junk" af te maak, net omdat dit jou nie geval nie. Indien jy die beste en duurste kan bekostig is jy bevoorreg, maar baie van ons soek waarde vir geld en Warne bied dit by die emmers vol.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
acssa wrote:Nog nooit gese Zeiss HD5 is junk nie.... ek het 3 van hulle... Ek het gese die RZ800 reticle werk nie so lekker nie want dis te dik.... veral as jy kleiner wild skiet op ver afstande 5-25x.
Wys my hoeveel van die top manne in die wereld wat dit(Warne) gebruik in kompetisie ens.
Pappabeer wrote:
acssa wrote:Warne is junk!!!!! Baie gesukkel en als is dadelik reg na ek Leupold op gesit het. n Scope moet van bo na onder in die ringe vas trek!
my 2c....
Jy moet stadig met die groen goed wat jy rook... Jy gaan jouself begin glo.
Ek het ook net goeie resultate met Warne ringe gehad, ek sal graag wil verneem hoe jy te werk gegaan het om joune te monteer?
Pilot error is 'n lelike ding. Het jy nie ook op n stadium gedink die Zeiss HD5 is gemors oor jy nie geweet het hoe die zero stop funksie werk nie?
Die gesprek gaan hier oor die QD sisteem op n Mauser jaggeweer. Dit het dus niks met "die wêreld se top skuts" te doen nie, maar met 'n monterings platform wat veronderstel is om jou toe te laat om jou teleskoop maklik van jou geweer af te haal, en terug te sit, sonder dat POI vir jag doeleindes skuif.
Jy is nou besig met n argument oor hoekom geen formule een wenspan met n bakkie jaag nie, en dus die gevolgtrekking maak dat dit gemors is.
Om die oorspronklike vraag te beandwoord, ek is amper seker dat jou teleskoop effens onder spanning is as jy hom op jou geweer sit. Haal die ringe af, lap hulle mooi, maak seker daar is geen manier wat jou basis speling toelaat met waar die QD sisteen byt nie, en dan behoort jy reg te kom.
Ek dink ook nie warne se gewone ringe is so wonderlik bloot oor die feit dat jy nie net eenvoudig jou scope kan afhaal as jy moet en dan weer terugsit nie. Nee die hele ring word los geskroef met die gevolg dat die scope weer "geplumb" moet word. Ek sien nie die logika in die tipe mounts se ontwerp.
LUAN wrote:Ek dink ook nie warne se gewone ringe is so wonderlik bloot oor die feit dat jy nie net eenvoudig jou scope kan afhaal as jy moet en dan weer terugsit nie. Nee die hele ring word los geskroef met die gevolg dat die scope weer "geplumb" moet word. Ek sien nie die logika in die tipe mounts se ontwerp.
Dit is hoekom daar QD ringe is maat. Soos Dewald sê: Jy kan nie F1 met 'n bakkie ry nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Ja ek weet wat qd ringe is. Ek dink wat accsa ook probeer se het is dat die gewone warne ringe nie gebruikers vriendelik is. Ek hou maar by lynx en ander gewone ringe dan is daar nie pyne.
Niks verkeerd met warne nie, besit, warne, weaver, Recknagel en Lynx. En ek het nog nooit met enige van hulle enige probleme gahad nie en ek praat van derduisende skote. Lap jou ringe en moet goed nie te vas draai nie en n mens is fine. Mount probleme is meeste van die tyd verkeerde basise, of basise wat skeef gedrill en tap is en as jy onseker is gaan na n goeie geweersmit toe.. My warnes is QD en ek behou poi nog altyd en ek haal my teleskoop elke keer af na ek geskiet het.
Ek het Warne QD op my CZ 550 en haal hulle elke keer af wanneer wapen kluis toe gaan; hoef geen verstelling te doen wanneer ek weer skiet nie. Die Mauser se basisse is dalk anders.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
LUAN wrote:Ek dink ook nie warne se gewone ringe is so wonderlik bloot oor die feit dat jy nie net eenvoudig jou scope kan afhaal as jy moet en dan weer terugsit nie. Nee die hele ring word los geskroef met die gevolg dat die scope weer "geplumb" moet word. Ek sien nie die logika in die tipe mounts se ontwerp.
Waarvoor sal jy gewone ringe wil los en vasmaak op n jaggeweer?
LUAN wrote:Ek dink ook nie warne se gewone ringe is so wonderlik bloot oor die feit dat jy nie net eenvoudig jou scope kan afhaal as jy moet en dan weer terugsit nie. Nee die hele ring word los geskroef met die gevolg dat die scope weer "geplumb" moet word. Ek sien nie die logika in die tipe mounts se ontwerp.
Waarvoor sal jy gewone ringe wil los en vasmaak op n jaggeweer?
Uhm seker maar as jy die dag wil laat skroefdraad op die loop sny of as jy gou ander scopes wil opsit en toets.
Ek het 30mm QD Warnes op 'n 20 MOA Piccatiny rail en die POI skuif nie. Na ek die Rudolph se "windage" sentreer het het ek net 4 clicks gestel om hom te zero. Ek wil saamstem met Gawie dat die basisse baie belangrik is. Die scope moet ook vorentoe gestoot word in die rail voor jy hom vas draai.
Volgens Warne is dit nie nodig om hulle ringe te lap nie: Q: Do I need to Lap my new Warne scope rings?
A: No, you do not need to lap our scope rings, they are manufactured in such a way that when properly installed, they grasp onto the scope and hold it securely w/o damaging the scope tube or finish. If the scope rings appear to be out of alignment with each other, a more serious problem may be present and will need to be addressed, lapping would not improve that issue.
Opinies ?
Groete
Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
alecjohnson wrote:
Die thor werk vir my en die warne nie, ek moet 6 duim op verstel om op 100m te zero maar is dan uit verstelling uit, dis wat nie sin maak nie.
die thor kan ek maklik instel op langer afstande.
Ek sit nou met dieselfde probleem.
Het die Warne QD mounts (30mm) gekry om teleskoop op my CZ550 te monteer, en kan nie eens op 100m zero nie, hardloop uit vertikale verstellings uit.
Kon jy toe 'n QD oplossing vind? (wat nie EAW mounts is nie?)
EAW so 5k. Ek het vir my die thor gevat en die allen boute met normale boute high tensile vervang. N allenkey geneem en aan socket vasgeweld vir QD tool. Soek nogsteeds goeie qd mounts
alecjohnson wrote:EAW so 5k. Ek het vir my die thor gevat en die allen boute met normale boute high tensile vervang. N allenkey geneem en aan socket vasgeweld vir QD tool. Soek nogsteeds goeie qd mounts
Vir wat dit werd is, ek het Warne monterings op al my jaggewere behalwe twee. Een is oopvisier en die ander een het Redfield-tipe monterings op.
Ek het nog nooit `n oomblik se moeilikheid met enige Warne produk gehad nie en sal aanhou om hulle te gebruik. Dit sluit die QD ringe in wat ek nou al op twee verskillende .375's gebruik het (`n Brno 602 en deesdae `n Model 70 Winchester).
Wat die Lynx-tipe monterings aan betref gaan ek myself nie oormatig uitlaat nie, behalwe om te erken dat ek die goed HAAT. Ek is van mening dat dit inherent `n swak ontwerp is met te veel (te) klein skroefies en circlips wat dinge aanmekaar moet hou, om nie te praat van die feit dat die hele spulletjie krities afhanklik is van die korrekte verharding van sekere van die onderdele nie. Ander ouens verskil van my en gebruik die ontwerp met goeie sukses. Ek kan nie teen hulle sukses stry nie en is bly oor hulle goeie resultate en tevredenheid maar ek spandeer my geld sedertdien aan Warne en ek het nog net goeie resultate gehad.